• No results found

Genootskap Vrij-Statia

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Genootskap Vrij-Statia"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

GENOOTSKAP VRIJ-STATIA

HANNES HAASBROEK

'n Paar lede van die eerste b estu u rsk o m itee op die aand van die s tig tings vergadering.

Op 20 Junie 1979 is ’n vergadering van belangstellendes bele in die Nasionale Museum om te besin o o r die m oontlike stigting van ’n vereniging vir plaaslike geskiedenis in die O.V.S. Die meegaande foto is b y die geleentheid geneem. In die gewone volgorde verskyn m nr. Hannes Oberholzer, direkteur van die Nasionale Museum en sameroeper van die vergadering, prof. Jaap Bosch, rektor van die Bloemfonteinse Onderwyserskollege, mnr. J. Stem m et, h o o f van die Hoerskool Sand du Plessis, en prof. P.J. Nienaber,

d irekteur van Provinsiale

Museumdienste in die O.V.S.

Tydens hierdie vergadering is besluit o m so ’n gen ootskap te stig en ’n loodskom itee is aangewys om die nodige aanvoorwerk te doen. Die stigtingsvergadering is gehou o p 22 Augustus 1979 en daar is besluit op die naam van

GENOOTSKAP V R I J - S T A T I A . ’n Konstitusie is reeds aanvaar en die eerste bestuurskom itee bestaan uit verteenwoordigers van die Nasionale Museum, die Oorlogsm use um, die Militere Museum F ort Bloemfontein, die Provinsiale Museumdiens, die Vrystaatse Argief, die Departem ente Geskiedenis aan die U.O.V.S. en die Bloemfonteinse Onderwyserskollege, die Geskiedenisvereniging aan die

Vrystaatse Universiteit, die

D e p a rtem e n t van Onderwys, die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, die Stigting Simon van der Stel en vier verkose lede plus ’n sekretaris.

Die hoofdoelstelling van die G enootskap om vat die bevordering van en ’n dienslewering vir die bewaring en bestudering van historiese oorblyfsels en oorlewing van alle bevolkingsgroepe in die Oranje- Vrystaat. Die G en o o tsk ap sal sy doelstelling bevorder d e u r gereelde byeenkom ste en uitstappies vir lede en belangstellendes te h o u , asook aktief deel te neem en behulpsaam te wees met die bewaring en beskerming van historiese gedenkwaardighede. Verder

sal die insamel van d o k u m e n te en stukke van kultuur-historiese waarde wat aan die verantwoordelike instansies, byvoorbeeld museums en argiewe, oorgedra sal word aandag geniet, terwyl inligting en kennis met betrekking to t die Vrystaat se historiese verlede ingewin sal word om dit aan betrokke instansies te verskaf o f deur middel van ’n nuusbrief, inligtingsbrosjure o f ander publikasies bekend te stel.

Die Genoots kap sal hom ook beywer o m die twee Vrystaatse lede van

die Raad van Nasionale

Gedenkwaardighede to t hulp te wees in die uitvoering van hul reusetaak en lede sal gevra word om te help met inspeksies, instandhouding van verklaarde gedenkwaardighede, opstel van mem oranda o m tr e n t terreine, geboue o f voorwerpe wat verklaar beh o o rt te w ord, ens. Die verwagting

is juis dat die R.N.G. in die toekoms meer sal moet konsentreer op nasionale gedenkwaardighede en dat bewaring op plaaslike vlak steeds to t 'n groter mate die werk en verpligting sal word van die Provinsiale Administrasie en stadsrade.

Die G enoots kap is die eerste van sy soort in die O.V.S. en het o p ’n tydstip

tot stand gekom waarin die

belangstelling in ons geskiedenis ’n groot oplewing toon en die behoefte aan so ’n Genoots kap reeds groot is. Alle belangstellendes word uitgenooi o m by die G enoots kap aan te sluit en hul deel by te dra to t die vermeerdering van kennis o m tre n t die Vrystaatse Geskiedenis en die bewaring van ons erfenis. (Junior lede R1,00; senior lede R 5,00; Inrigtings- lede RIO,00). Aansoekvorms is verkrygbaar by die Nasionale Museum.

SPESIALE KINDERUITSTALLING

Van 1 to t 12 O k to b e r is daar ’n spesiale Kinderuitstalling in die Nasionale Museum gehou. Die program het die volgende ingesluit:

* Uitstalling van historiese kinderklere.

* Driedimensionele uitstalling oor die Openbare Kinderbiblioteek. * 'n Marionettevertoning deur SUKOVS.

* Daaglikse filmprogram.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Deze ontwikkeling heeft grote gevolgen, niet alleen voor de manier waarop communicatie tot stand komt, maar ook voor de verhoudingen tussen partijen die in de markt actief

American Women at the Dawn of the 1960s (New York: Basic Books, 2011); Helen Gurley Brown, Sex and the Single Girl (New York: Bernard Geis, 1962); Berebitsky, Sex and the Office:

[r]

foreign policy towards Indonesia throughout the Kennedy and Johnson years and the links between these policies and Washington’s priorities elsewhere in Southeast Asia during the

This could give a better view of the overall popularity of movies and TV series, and by analysing the metadata of tweets, like loca- tion and time, provides us with insights into

A model is set up in which the nominal yield on 10-year government bonds is explained by the debt- to-GDP ratio, the squared level of the debt-to-GDP ratio, the fiscal deficit,

Hieruit kwam naar voren dat Andrea en ik al goed zelfstandig een opzet hadden gemaakt en veel informatie hadden gevonden, maar ook dat er nog een grote uitdaging voor

Koos toen: “Die rottige haan, daar heb jij voor gezorgd.” Hij kondigde aan dat als hij door ouderdom niet meer in staat zou zijn naar Vinke- veen te komen, hij