• No results found

Jordaan, G. & Kruger, D. 2010. SAKOV 30: Feesbundel. [Boek resensie]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Jordaan, G. & Kruger, D. 2010. SAKOV 30: Feesbundel. [Boek resensie]"

Copied!
3
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

SAKOV 30:

FEESBUNDEL

SAAMGESTEL DEURGERRITJORDAAN ENDALEEN KRUGER ISBN 978-0-620-48212-7 UITGEGEE DEURSAKOV EERSTE UITGAWEDESEMBER2010

Resensent: THEO VANWYK

Pretoria

BOEKRESENSIE

SAKOV het in 2010 sy dertigjarige bestaan herdenk, onder andere met die welkome verskyning van Feesbundel Volume 1. Hierdie bundel verteenwoordig 72 stukke wat nog nie

voorheen in soortgelyke formaat gepubliseer is nie, asook spesifieke opdragwerke wat gegrond is op Liedboek van die Kerk 2001 se musiek.

Feesbundel Volume 1 is toeganklik vir die orrelis, nieteenstaande die feit dat ’n paar van die

werke heelwat van tradisionele kerkmusiek verskil. Soos verwag kan word, steun die styl en formaat van die komposisies sterk op die Protestantse kerkmusiektradisie, met bespeurbare ondertone van die Europese Barok en die Klassiek. Daar is nietemin ook werke met heerlik-2_orrel_artikels_1_rescue_11_2:1ML36-Inhoud.qxd 2011/12/15 10:41 AM Page 54

(2)

oordadige, romantiese en impressionistiese teksture wat sterk aan Reger en Karg-Elert herinner.

Die komposisies in hierdie bundel bied aan die uitvoerder ’n verskeidenheid om van te kies en wissel van eenvoudige harmoniese progressies en koraalpartitas, tot uitgebreide, Dupré-agtige aanbiedinge wat beslis as treffende postludes kan dien. Alhoe wel die musiek primêr vir eredienste bedoel is, sou dit, myns insiens, beslis nie onvanpas wees om van die werke by ’n uitvoeringsgeleentheid in te sluit nie.

Notasieladings wissel van baie maklik op die oog, met onversierde cantus firmus, tot ’n vlak

wat hoë eise aan die orrelis se noteleesvaardigheid stel. Dit is opvallend dat min van die komposisies met vermoeiende clichés opgesaal is. ’n Welkome ele ment van die bundel is die goeie ewewig wat bestaan tussen die werke vir beide ma nuale en pedale, en dié wat slegs vir die manuale geskryf is, asook die insluiting van meer as een toonsetting van ’n bepaalde koraalwerk, byvoorbeeld nommers 20 en 21.

Die meerderheid komposisies is werklik goed gekomponeer en sonder enige soet -sappigheid – dikwels ’n wesenlike swakheid in koraalgebaseerde werke. Daare n teen vind ek dat in sommige van die komposisies (veral waar koor-en-orrel/instru men tale kombinasies ter sprake is), die uitstaande kwaliteit van die inleidings bewegings ongelukkig nie deurlopend volgehou word nie, wat dan ’n verlies aan spontaneïteit en klank-logika tot gevolg het.

Die komposisies kan op die meeste orrels uitgevoer word. Die meerderheid stuk ke bevat aanduidings rondom die gebruik van manuale en pedale. Innoverende registrasie-aanwysings verteenwoordig ’n sprankelende kaleidoskoop van klank teksture in ’n interessante kombinasie van registers. Sommige van die aanduidings ver wys bloot na toonhoogtevlakke en bepaalde registereienskappe. Die registrasie voorstelle van ’n komponis kan natuurlik in bepaalde omstandighede ook sy eie uitdagings bied, soos die skep van effektiewe crescendo’s en decrescendo’s waar die bepaalde orrel se spesifikasies beperk is.

Drie- en vierstemmige komposisies vir kore is waardevolle toevoegings tot Feesbundel Volume 1, asook die aantal vrouestemminiature vir SSA. Ingesluit is ook die instrumentale

benadering tot sommige van die koraalwerke met koor, orrel, ’n diskant of ’n gepaste op -sionele melodiese instrument (nr. 15). In a cappella-werke is die harmonie oor die algemeen

funksioneel en die vloei van die musiek gebalanseerd. Sommige van die koorwerke, daar -enteen, volg ’n patroon van sterk klankstrukture, afgewissel deur vrolike uitbarstings van die orrel in ’n musiekidioom wat sterk steun op die kundigheid van ervare musici.

Soveel komponiste van formaat het tot hierdie projek bygedra. Hulle verteen woordig die room van Suid-Afrikaanse komponiste, onder andere Henk Temmingh, Roelof Temmingh, Gerrit Olivier, Jacobus Kloppers, Niel van der Watt en Hendrik Hofmeyr. Daarby is dit bemoedigend dat jonger orrelmusiekkomponiste, soos Gerrit Jordaan, Herman Jordaan, Andrew Cruickshank en Ockie Vermeulen, om enkeles te noem, se werk ingesluit is. Ek is veral getref deur die werke van Henk Temmingh en Jacobus Kloppers, wie se idiomatiese aanslag duidelik om ’n ervare hand en voet vra.

Koraalgebaseerde kerkmusiek is oor eeue heen gekomponeer, en die kuns van gesang begeleiding en koraalpreludespel is onlosmaaklik verweef in die aanbieding van elke kerk orrelis. Verder staan psalms en gesange in die kern van erediensgebeure. Deeglike voor -bereiding om hierdie musiekvorme met waardigheid en eerbied aan die ge meente te bring, is 2_orrel_artikels_1_rescue_11_2:1ML36-Inhoud.qxd 2011/12/15 10:41 AM Page 55

(3)

die orrelis se primêre plig. Die probleme en uitdagings wat met orrelspel en die sing van gesange en psalms gepaardgaan, word soms deur die oningewyde onderskat, en dus vereis hierdie kunsbeoefening ’n behoorlike inname en internalisering van die geskrewe musiek. Om hierdie rede is die Feesbundel ’n baie welkome hulpmiddel in terme van aan-biddings verryking

deur musiek

Die enorme afstande tussen dorpe en stede in ons land in ag geneem, beteken dat orreliste, veral diegene op die platteland, dit moeilik vind om orrel- en/of koorbladmusiek van gehalte in die hande te kry. Dit is dus voordelig om ’n versameling van gehalte komposisies in een maklik verkrygbare en redelik geprysde publikasie te hê.

Die bundel is binne stewige omslae met ’n draadrug gebind. Die papier is van goeie gehalte en die funksionele bindkonstruksie sal verseker dat die boek gemaklik op die speeltafel oop sal bly. Die grafika op die omslag deur Magdaleen Kotzé is smaakvol en elegant, en is beslis ’n welkome wegbreek van die lastige en onooglike plastiekbedekking wat ’n mens deesdae in soortgelyke publikasies kry.

Oor die afgelope dertig jaar het SAKOV ’n passie vir die bevordering van kerkmusiek, en in besonder orrelmusiek, aan die dag gelê. Ook hierdie Feesbundel getuig daarvan. Ek beveel

dit ten sterkste aan ten opsigte van waardevolle inhoud, voorkoms en bekostigbaarheid. 2_orrel_artikels_1_rescue_11_2:1ML36-Inhoud.qxd 2011/12/15 10:41 AM Page 56

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

ontmoed~gen moest. De Brauw werd toen ook gekozen.. Over de gebruikmaking door den Koning van zijn ontbindingsrecht mocht, meende Gefken, de Kamer geen oordeel

(INNOCENTI REPORT CARD 8, pagina 1 UNICEF Innocenti Research Center, 2008).. Whether in health, in education, or in material well- being, some children will always fall

Laad jezelf op met inspirerende woorden, goede voorbeelden uit de praktijk, een prikkelend debat en mini-workshops over het vergroten van jouw professionaliteit en werkplezier?. Wil

Verder zal het Vlaams luik van het Gene- ratiepact dat overlegd zal worden met de sociale partners, ook nieuwe mogelijkheden moeten scheppen voor oudere werkzoekenden middels zowel

• Van de respondenten die mogelijk of zeker te maken hebben gehad met ouderenmishandeling doet 37 procent een melding binnen de eigen organisatie;. 20 procent doet een

Voor deze respondenten geldt naar eigen zeggen dat er binnen de organisa- tie al voldoende wordt gedaan in de aanpak van ouderenmishandeling: “Op dit moment heeft onze

Maar omdat ook in dit debat de angst voor veranderingen door de conservatieven stevig is gevoed, dreigt alles te verworden tot ’ too little, too late’. Het waren niet voor niets

De oplossing en zeer veel andere werkbladen om gratis te