• No results found

Dunnet, D. 2013. The grand organ of Norwich Cathedral. [CD-bespreking]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Dunnet, D. 2013. The grand organ of Norwich Cathedral. [CD-bespreking]"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

88 89

P

riory Records het die afgelope paar jaar verskeie reekse cd’s uitgereik met titels soos Great

European Organs, Popular Organ Music en Great Australian Organs. ’n Nuwe toevoeging tot die

Priory-diskoteek is die dvd-reeks The Grand Organ of ... . Daar is alreeds 13 uitreikings waarvan

The Grand Organ of Norwich Cathedral nr. 12 is. Verskeie bekende Engelse orrels is so bekendgestel,

o.a die orrels in Liverpool Anglikaanse-katedraal, St. Paul’s-katedraal in Londen en die orrel in die King’s College-kapel van Cambridge. Die aanbieding behels gewoonlik ’n uitvoering van orrelstukke waarin die verskillende klankkleure van ’n betrokke orrel mooi gehoor word, gevolg deur ’n demonstrasie waarin die orrelis die instrument van afdeling tot afdeling bekendstel. Ter afsluiting is daar ook ’n onderhoud met die orrelis waarin toeligting gegee word oor die programkeuse.

Die orrelis van Norwich-katedraal, David Dunnett, het die Norfolk-graafskap en die onmiddellike omgewing van die stad Norwich as inspirasie gebruik vir sy programsamestelling: skaapboerdery, die waterweë, die landelikheid rondom Norwich, die Norwich Poppeteater en die katedraal se kruietuin. Ander stukke is gekies omdat dit bv. die tongwerke soos die Tuba Mirabilis 8’, die Cornet, die fluitregisters en die strykerregisters van die orrel goed demonstreer. Verder is twee werke van komponiste wat nou verbind is met die katedraal ingesluit: Ronald Watson (’n lid van die gemeente) se Kum Ba’ yah en Heathcote Statham (orrelis vanaf 1928 tot 1966) se Rhapsody on a Ground. Om die musikale prentjie af te rond, is Percy Fletcher se grootse

Festival Toccata en Iain Farrington se jazzerige Live Wire bygevoeg.

David Dunnett se spel getuig van ’n deurwinterde musikus wat die eenvoudigste tot die moeilikste werke met tegniese vernuf en musikale oortuiging kan voordra. Kameraskote op die orrelis wys ook met watter gemak hy die verskillende speelhulpe benut ten einde registrasieveranderinge te bewerkstellig, manuaalwisselings toepas en die swelpedale beheer.

Die tegniese span vir hierdie uitreiking moet ook gekomplimenteer word. Behalwe dat daar dikwels gefokus word op die manuale en pedale op toepaslike momente in die uitvoering van

’n stuk, word detail in die kerkmeublement en katedraal-interieur, die gotiese argitektuur, asook monumente en gedenkstene om die katedraal belig. Kort insetsels van die landelike omgewing en die stadsprofiel word ook oordeelkundig aangewend.

In die sg. Special features gee Dunnett ’n interessante en onderhoudende oorsig van die katedraal se orrelgeskiedenis, en saam met die kamera word byna elke afdeling in die orrel getoon. Hoewel die imposante orrelkas die naaf van die katedraal domineer, is dit gans te klein om al die pypwerk te huisves. Om die probleem op te los, is sekere afdelings van die orrel in die sy-galerye gehuisves. Verder speel Dunnett ook kort uittreksels en improvisasies ter demonstrasie van die verskillende registerfamilies.

Die uitreiking bestaan uit drie klank- en beeldskywe: ’n cd, ’n dvd en ’n Blueray-skyf. Die skyfhouer toon ’n pragtige kleurfoto van die orrelkas op die voorkant en die program op die agterkant. Die hele pakket bevat ook ’n boekie met programaantekeninge, ’n kort cv en swart-en-wit foto van die uitvoerende kunstenaar, asook ’n kort stukkie geskiedenis oor en ’n volledige disposisie van die orrel.

Hierdie puik produk kan van harte aanbeveel word: nie net weens die hoë gehalte spel, die opvoedkundige aard en algemene aanbieding nie, maar ook omdat dit ’n goeie skeut vermaaklikheid bevat. (Vir verdere inligting: www.prioryrecords.co.uk)

THE GRAND ORGAN OF NORWICH

CATHEDRAL

G.F. Handel: Coro from ‘Water Music’; J.S. Bach: Sinfonia

on Cantata no. 29; Sheep may Safely Graze; H. Statham:

Rhapsody on a Ground; P. Whitlock: Folk Tune; G.F. Händel: Hornpipe from ‘Water Music’; C. Saint-Saëns:

Fantaisie in E Flat; J. Alain: Le Jardin Suspendu; A. Guilmant: March on a Theme of Handel; W. Walond:

Voluntary in G; R. Watson: Kum Ba’ yah; P. Fletcher:

Festival Toccata; E. Elgar: Angel’s Farewell from ‘The

Dream of Gerontius’; I. Farrington: Live Wire.

David Dunnett (orrel)

PRIORY PRDVD 11 (DVD & CD 77:40) Engelse kommentaar ingesluit

Opname: Norwich-katedraal, Norwich, Engeland (2013)

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Het voorwerp wordt dan op de hoofdas over een afstand van 1,5f dichter naar de lens geschoven... Op een zomerdag duikt Joost in

Alan Turing (Benedict Cumberbatch) voor zijn decodeermachine, in de film – maar niet in het echt – vernoemd naar zijn eerste liefde, Christopher.... Zijn werk bekortte de

vraag 10: Welk van de onderstaande antwoorden zijn van toepassing op de portefeuillestrategie binnen uw organisatie/afdeling. Geef dit aan op een schaal

koerante, verf) te eksperimenteer.  Speel saam met jou kleuter.  Ontdek ‘n fantasiewêreld saam met jou kleuter.. Beskryf die terreine in jou lewe waarop jy meer kreatief wil

Nabyheid (proximity) word toegepas wanneer dit voorkom asof eenderse voorwerpe naby mekaar voorkom. Hierdie vermoe word sluiting genoem. Sluitingsvermoe en visuele

Another important point to make around the limitation of biblical sources treatment, is that the researcher will limit his usage of biblical sources and focus primarily on the Book

Als je een snaar aanslaat zonder op een fret te drukken, gaat de hele snaar tussen de brug en de kam trillen.. Door een snaar tegen een fret aan te drukken, wordt de

zendtijd toe te kennen voor en aleer een definitieve regeling is getroffen. Wat is dan gemakkelijker, dan deze regeling op dç lllnge haan te schuiven en zo