• No results found

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf"

Copied!
53
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op

kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

deur

P C Payne

BA, LLB

Studentenommer: 20727755

Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes van die graad Magister Legum in Arbeidsreg aan die Noordwes-Universiteit

(Potchefstroomkampus)

Studieleier: Prof P.H. Myburgh (NWU) November 2012

(2)

i Inhoudsopgawe

Lys van afkortings iii

Hoofstuk 1 1 Inleiding 1

Hoofstuk 2 2 Die probleme wat kleinsakeondernemings ondervind 4

2.1 Agtergrond van kleinsakeondernemings 4

2.2 Die Witskrif oor Nasionale Strategie op die ontwikkeling en bevordering van kleinsakeondernemings in Suid-Afrika 7

2.2.1 Inleiding 7

2.2.2 Die Nasionale Kleinsakeondernemingsraad (NSBC) 9

2.3 Die rol van kleinsakeondernemings in die ekonomie 10

2.4 Die WAV en kleinsakeondernemings 12

Hoofstuk 3 3 Kollektiewe Bedinging en die rol van bedingingsrade 15

3.1 Agtergrond 15

(3)

ii

3.1.2. Die rol van bedingingsrade binne die kollektiewe bedingingsproses ten einde minimum voorwaardes van indiensneming en voorgeskrewe lone

daar te stel 21

3.1.3. Die bindende aard van kollektiewe ooreenkomste 23 3.1.4. Die basis waarop die Minister bedingingsraadooreenkomste kan uitbrei

na besighede wat nie-partye tot die bedingingsooreenkomste is nie 27 3.1.5. Die risiko indien die maatskappy nie voldoen aan die ooreenkoms nie 30

Hoofstuk 4

4 Die akkommodasie van kleinsakeondernemings in die Metal Engineering

Industries Bargaining Council 32

4.1 Fundamentele beginsels by vrystellings 33 4.2 Die vrystellingsproses soos vervat in die hoofooreenkoms van die MEIBC 35

4.2.1 Die aansoek om vrystelling 35

4.2.2 Die proses wat gevolg moet word 36

4.2.3 Beskikbare remedies indien die aansoek afgekeur word 37 4.3 Die Appèlproses wat gevolg moet word 38

4.4 Probleme wat voorkom 39

Hoofstuk 5

5 Gevolgtrekking 41

(4)

iii Lys van afkortings

BCEA – Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 COSATU – Congress of South African Trade Unions EEA – Wet op Gelyke indiensneming 55 van 1998

Grondwet – Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 ILO – Internasionale Arbeidsorganisasie

KVBA - Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie SACCI - South African Chamber of Commerce and Industry SACOB - South African Chamber of Businesses

SBDA – Kleinsakeonderneming-Ontwikkelingsagentskap SBDC - Small Business Development Corporation

SEDA - Small Enterprise Development Agency

SICCA - Sethi International Centre for Corporate Accountability SMME - Klein- en medium sakeondernemings

MEIBC - Metal Engineering Industries Bargaining Council

NEDLAC - Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad NSBC - Nasionale Kleinsakeondernemingsraad

(5)

1 Hoofstuk 1

1 Inleiding

Artikel 23 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 handel oor die reg op billike arbeidsverhoudinge en bepaal ook verder dat elkeen oor die reg op billike arbeidspraktyke beskik.1 Dit is daarom duidelik dat daar nie op die regte van werknemers en werkgewers inbreuk gemaak mag word met arbeidspraktyke wat onbillik teenoor enige persoon uitgeoefen word nie. Hierdie reg word ondermeer in nasionale wetgewing en baie spesifiek in die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 gereguleer. Artikel 22 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (hierna verwys as die Grondwet) stel dat elke burger die reg het om vrylik ‘n bedryf, beroep of professie te beoefen.2 Hierdie reg word ook deur wetgewing gereguleer.3

Die oogmerk van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 (hierna verwys as WAV) is onder andere om aan die verpligtinge wat die Republiek as ‘n lid van die Internasionale Arbeidsorganisasie aangeneem het uitvoering te gee.4

Die oogmerk is verder ook om aan artikel 23 van die Grondwet uitvoering te gee. Die WAV streef daarna om gelykheid in die arbeidsreg daar te stel ten einde effek te gee aan die fundamentele regte wat binne die Grondwet5 vervat word asook die implementering van ordelike kollektiewe bedinging.6 Die lang titel van die WAV stel onder andere die volgende as oogmerke, naamlik om effek te gee aan die reg op billike arbeidspraktyke soos in die Grondwet7 omskryf word asook om kollektiewe bedinging te fasiliteer en aan te moedig binne die werkplek en sektorale vlak.8 Artikel 1 van die WAV is meer spesifiek en lees as volg:9

1 Die doel van die Wet

1 A 23(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika ,1996. 2 A 22 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika ,1996. 3 A 1 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

4 A 1(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 5 Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika ,1996. 6 A 1(d)(i) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

7 A 23(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. 8 A 1 (d)(i)(ii) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 9 A 1 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

(6)

2

Die doel van hierdie Wet is om ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike geregtigheid, arbeidsvrede en die demokratisering van die werkplek te bevorder deur bereiking van die hoofoogmerke van hierdie Wet, naamlik-

(a) om uitvoering te gee aan die fundamentele regte verleen by artikel 27 van die Grondwet en dit te reguleer;

(b) om uitvoering te gee aan die verpligtinge wat die Republiek as 'n lidstaat van die Internasionale Arbeidsorganisasie aangegaan het;

(c) om 'n raamwerk daar te stel waarbinne werknemers en hulle vakbonde, werkgewers en werkgewersorganisasies-

(i) kollektief kan beding om lone, terme en voorwaardes van diens en ander aangeleenthede van onderlinge belang te bepaal; en

(ii) nywerheidsbeleid te formuleer; en

(d) om die volgende te bevorder-

(i) ordelike kollektiewe bedinging;

(ii) kollektiewe bedinging op sektorale vlak;

(iii) werknemer deelname aan besluitneming in die werkplek; en (iv) die doeltreffende beslegting van arbeidsgeskille.

Op so ‘n wyse kan ongelykhede binne die werksverhouding uit die weg geruim word. Sodra daar na arbeidsverhoudinge gekyk word, is dit duidelik dat daar binne die werkplek ‘n ongelyke verhouding ten opsigte van die werknemer en die werkgewer bestaan omrede die werknemer altyd teenoor die werkgewer ‘n onderlinge posisie sal beklee.

Melvin Goldberg stel as volg dat een van die doelwitte van die WAV is om die kleinsakeonderneming te akkommodeer:10

One intention of the Labour Relations Act 66 of 1995 (LRA) is to promote the participation of small enterprises in the collective bargaining system in South Africa.

Die doel van hierdie skripsie is om binne die raamwerk van die WAV vas te stel of die deelname van kleinsakeondernemings in terme van kollektiewe bedinging bevorder kan word. Hier sal kortliks na die belangrikheid van die kleinsakeonderneming binne die ekonomie verwys word en dan meer spesifiek na die WAV se bepalings rondom

10 Goldberg Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa Law Democracy & Development 83.

(7)

3

kollektiewe bedinging gekyk word om sodoende vas te stel wat die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings, spesifiek binne die ingenieursbedryf, is.

Artikel 30(1)(b) van die WAV bepaal dat elke bedingingsraad se grondwet vir die verteenwoordiging wat aan klein- en medium sakeondernemings gebied moet word voorsiening moet maak.11 Hierdie ondersoek sal daarop fokus of daar wel in praktyk aan hierdie bepalings uitvoering gegee word en meer spesifiek, indien daar in ag geneem word dat daar in artikel 32 van die WAV voorsiening gemaak word vir die uitbreiding van kollektiewe ooreenkomste na nie-partye tot so ‘n ooreenkoms, waar die nie-partye geen verteenwoordiging geniet nie. Kleiner werkgewersorganisasies en vakbonde word uitgesluit as partye tot die bedingingsraadooreenkomste omdat hulle nie genoegsame verteenwoordiging binne die betrokke sektor geniet nie. Die vraag wat dikwels na vore kom is waarom kleinsakeondernemings wat nie partye is tot die bedingingsraadooreenkomste dan ook dieselfde minimumloon as vergoeding aan hulle werknemers moet voorsien sowel as dieselfde byvoordele moet verskaf soos in die geval van groot sakeondernemings. Dit is ook duidelik dat kleinsakeondernemings nie oor die groot kapitaalomset van ‘n groot sakeonderneming beskik om hierdie addisionele kostes te absorbeer nie.

Die volgende vraag wat ontstaan is of hierdie bepaling uitvoering gee aan die oogmerke van die WAV en aan onder andere die reg van die sakeman om vrylik ‘n bedryf, beroep of professie te kies en te beoefen soos in artikel 22 van die Grondwet bedoel word. Artikel 22 bepaal ook dat die beoefening deur die reg gereguleer kan word, met ander woorde dat dit ‘n beperking op die reg kan plaas.12

Daar word ook gekyk of daar uitvoering gegee word aan die werkgewer se reg op billike arbeidspraktyke soos in artikel 23 van die Grondwet uiteengesit is.

11 A 30 (1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 12 A 22 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika ,1996.

(8)

4 Hoofstuk 2

2 Die probleme wat kleinsakeondernemings ondervind

2.1 Agtergrond van kleinsakeondernemings

Navorsing oor die ontwikkeling van kleinsakeondernemings dui op die doel van die WAV om die belange van kleinsakeondernemings binne die kollektiewe bedingingsisteem te bevorder.13 In die tagtigerjare het die wêreld ‘n groot strukturele transformasie ondergaan omrede daar aan internasionale standaarde voldoen moes word.14 Daar is baie druk op Suid-Afrika uitgeoefen om ook aan hierdie internasionale standaarde te voldoen.15 Groot veranderings het egter ook binne die arbeidsreg totstand gekom as gevolg van kapitaalverskuiwing, tegnologiese verandering asook sosiale en kulturele veranderings.16 Die tipe bedinging waarvan daar gebruik gemaak word staan as gesentraliseerde bedinging bekend wat ook vir die daarstel van nakomingsvereistes verantwoordelik is en in effek ook druk op kleinsakeondernemings plaas.17

Dit is belangrik dat klein- en medium sakeondernemings (hierna verwys as SMME’s) in Suid-Afrika moet groei en ontwikkel sodat dit ekonomiese probleme soos werkloosheid asook ekonomiese implikasies wat negatiewe uitwerkings op organisasies uitoefen kan bekamp.18 Verskillende organisasies en regeringsdepartemente het in die afgelope tydperk gepoog om die potensiaal van die Suid-Afrikaanse kleinsakeondernemingsektor te verbeter deur bystand te bied ten opsigte van die ontwikkelingsproses wat daaraan

13 Goldberg 1997 “Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa” Law, Democracy and Development 83.

14 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 83.

15 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 83.

16 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 83.

17 Dit kan gesien word as werknemers wat verteenwoordig word deur ‘n bedingingsraad indien daardie werknemers binne die definisie van daardie spesifieke bedingingsraad val.

Gesentraliseerde bedinging kan ook beoefen word binne ondernemings en organisasies wat handel op nasionale vlak. Grogan Collective Labour Law 9.

18 SACOB “Developing the Small Business Sector in South Africa”: A Review of Regulatory and Other Obstacles by the South African Chamber of Business.(February 1999) 3.

(9)

5

verbonde is.19 Baie van hierdie ontwikkelingsprosesse het nie in hul doel geslaag nie omrede dit meer gepas is vir die ontwikkeling van groot sakeondernemings terwyl die SMME’s nie deur die gebruik van hierdie ontwikkelingsprosesse ontwikkeling ondergaan nie.20 Die rede hiervoor is dat daar ‘n mate van gebrek bestaan ten opsigte van die ondersteuning wat vereis word deur SMME’s en dat dit onduidelik is wat die behoeftes van SMME’s is.21

Dit veroorsaak ook dat hierdie hulpbronne tot die ontwikkelingsproses geen bydrae tot die suksesvolle ontwikkeling van hierdie organisasies maak nie.22 Sommige van hierdie ontwikkelingsprosesse beskik ook nie oor ‘n bepaalde doel wat bereik moet word nie, maar fokus eerder daarop om ‘n wyer doel te bereik wat dan ook veroorsaak dat hierdie verskeie doelwitte soms in konflik met mekaar uitgeoefen word.23 Daar is ook in die Witskrif van die Nasionale Strategie vir Ontwikkeling en Bevordering van kleinsakeondernemings bevind dat daar wetgewing bestaan wat ‘n beperking op die groei en ontwikkeling van SMME’s binne die Suid-Afrikaanse arbeidsreg plaas.24

Die Ntsika Enterprise Promotion Agency kan as ‘n regeringsorganisasie gesien word wat nie-finansiële ondersteuningsdienste aan SMME’s bied.25 Hierdie ondersteuningsdienste sluit onder andere die toegang tot tegnologie asook die opleiding van werknemers wat binne daardie SMME’s dienste lewer in.26

Die organisasie wat as die Small Enterprise Development Agency (SEDA) bekend staan is in Desember 2004 deur die Departement van Handel en Nywerheid ontwikkel. SEDA maak onder andere voorsiening vir die bevoegdhede soos vervat binne Ntsika Enterprise Promotion Agency.27 Hierdie organisasie maak ook voorsiening vir ondersteuningsdienste vir SMME’s op ‘n nasionale vlak28 en vir die ontwikkeling van SMME’s binne daardie

19 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 20 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 21 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 22 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 23 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 24 Gen Not R3.1.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995.

25 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 26 Anon 2004 http:// www.thedti.gov.za.

27 Anon 2004 http:// www.thedti.gov.za. 28 Anon 2004 http://www.thedti.gov.za.

(10)

6

spesifieke areas wat deur die regering as belangrike areas ten opsigte van ontwikkeling geag word.29

Die volgende statistiek vanaf die South African Chamber of Businesses (hierna verwys as SACOB) dui op statistiek wat in 1999 verkry is. Daar moet ingedagte gehou word dat SACOB intussen deur Sethi International Centre for Corporate Accountability (hierna verwys as SICCA)30 vervang is. Die rede waarom daar na die statistiek soos volgens SACOB verwys word dien bloot as verduideliking van die kwessie wat ter sprake is. SICCA word ook verder hieronder bespreek.

SACOB verteenwoordig 40000 besighede in Suid-Afrika, waarvan 80% as klein- en medium sakeondernemings beskou kan word.31 SACOB is verantwoordelik vir die verteenwoordiging en bystand van die belange van daardie organisasies.32 Die Besigheidskamer is daarop ingestel om te verseker dat daar nie op die ontwikkeling van SMME’s, of die werkgewers van die organisasies, beperkings geplaas word nie.33

SACOB is van mening dat die regulerende omgewing se bepalings en voorskrifte van so ‘n aard is dat dit fasilitering bied vir organisasies sodat beter ontwikkeling kan plaasvind.34 Om dit te bereik moet daar gekyk word na regulasies wat beperkings op SMME’s plaas ten opsigte van hul groei en ontwikkeling en dit moet aangepas word dat dit ‘n positiewe uitkoms tot gevolg sou hê.35

Hierdie uitkomste kan gesien word as die vrystelling van sekere SMME’s ten opsigte van regulasies wat ontwikkeling beperk.36 Die probleem wat na vore kom is dat die SMME-sektor uit meer as een miljoen ondernemings bestaan en dat dit ook ‘n groot impak sou hê op die ekonomie indien hierdie organisasies vrygestel word van regulasies wat in wetgewing vervat word asook

29 Anon 2004 http://www.thedti.gov.za.

30 Anon http://www.sicca-ca.org. SICCA Kan gesien word as ‘n onafhanklike nie-winsgewend liggaam wat organisasies bystaan ten einde hul korporatiewe prestasie te verbeter asook die besigheidspraktyk op ‘n meer doeltreffende wyse te bestuur. Deur hierdie strategieë te volg kan daar gesê word dat daar ‘n positiewe impak op die individuele sowel as kollektiewe gedeelte van die organisasie uitgeoefen word.

31 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 32 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 33 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 3. 34 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 4. 35 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 4. 36 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 4.

(11)

7

ontwikkeling in sekere omstandighede beperk.37 Die Besigheidskamer bepaal ook dat SMME’s wat poog om hul eie ontwikkeling te onderdruk tot op so ‘n wyse dat hulle steeds die voordeel van die vrystellings en bystand kan geniet, ten sterkste verbied sal word.38 Ongeag hierdie probleem meen SACOB dat dit steeds belangrik is dat SMME’s in Suid-Afrika in sekere areas bystand moet verkry.39

2.2 Die Witskrif oor Nasionale Strategie op die ontwikkeling en bevordering van kleinsakeondernemings in Suid-Afrika

2.2.1 Inleiding

Die doel van die Witskrif is om ‘n raamwerk daar te stel om sodoende die ontwikkeling asook bevordering van kleinsakeondernemings binne Suid-Afrika te bevorder.40

Die Minister van Handel en Nywerheid, Trevor A. Manuel stel die volgende:41

Omrede Suid-Afrika ‘n groot werkloosheidsyfer toon van oor die een miljoen werklose mense plaas dit die regering in die situasie om seker te maak dat werkloosheid bekamp moet word en dat bestaande organisasies op ‘n volhoubare wyse uitgebrei en bevorder moet word. SMME word beskou as ‘n belangrike aspek in terme van ekonomiese groei in Suid-Afrika. Reg deur die wêreld speel SMME ‘n belangrike rol deur die arbeidsreg die nodige diepte en volhoubaarheid te verskaf en die stimulasie en bystand wat verskaf word aan hierdie SMME sal daartoe lei dat die ekonomie hoër hoogtes bereik, meer gediversifiseerd is, produktiwiteit verbeter is en entrepreneurskap aanmoedig en bevorder word in die land. Die Witskrif dien as ‘n sekere bydrae tot die stimulering van SMME organisasies en die privaat sektor word ook beskou as ‘n belangrike instrument wat gebruik word om volhoubare groei daar te stel. Die voorskrifte en beleide wat vervat word in die Witskrif word op so ‘n wyse uitgelê sodat dit voldoen aan die behoeftes van SMME in die land. Die doel van die Witskrif is om ‘n platform daar te stel sodat SMME se ontwikkeling op ‘n gereelde basis moet plaasvind.

37 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 4. 38 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 4. 39 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 4. 40 Gen Not R in GG 16317 van 20 Maart 1995.

41 Gen Not R in GG 16317 van 20 Maart 1995. Hierdie bespreking kom vanuit die voorwoord van die Witskrif oor Nasionale Strategie op die ontwikkeling en bevordering van

(12)

8

Die doel wat bereik wil word met hierdie raamwerkwetgewing is om ‘n omgewing vir kleinsakeondernemings te ontwikkel waarvolgens hulle kan handeldryf.42 Hierdie raamwerk sal saam met ontwikkelingsprogramme op streeks- en plaaslike vlakke geïmplementeer word.43 Die Witskrif stel ook verder dat daar gefokus moet word op ‘n verdere vyf doelwitte, naamlik44 die fasilitering van gelyke inkomste asook ekonomiese geleenthede; die stimulering van ekonomiese groei; die bevordering van ondersteuning tussen kleinsakeondernemings; die ontwikkeling van langtermyndienskontrakte; asook die gelyke bevordering en uitbreiding van klein- sowel as groot sakeondernemings.45 Die behoeftes en belange van kleinsakeondernemings moet geakkommodeer word deurdat daar van ‘n meer eenvoudige sisteem van kollektiewe bedinging gebruik gemaak moet word.46 Daar moet weg beweeg word van die beginsel van beperkings en vrystellings omrede bedingingsrade eerder op verteenwoordiging en behoeftes van verskillende industrieë, soos kleinsakeondernemings, moet fokus.47 In gevalle waar daar geen kollektiewe bedinging teenwoordig is nie, moet die nodige stappe steeds geneem word ten einde aan die minimum arbeidstandaarde te voldoen.48 Daar moet ook op ondersteuningsprogramme gefokus word ten einde sekere tekortkominge in die werkplek te identifiseer, aan te spreek en te ontwikkel.49

2.2.2 Die Nasionale Kleinsakeondernemingsraad (NSBC)

Die NSBC kan as ‘n ondersteuningsraamwerk gesien word wat op ‘n effektiewe wyse in belang van kleinsakeondernemings optree.50 Die rol en funksies van hierdie raad word in terme van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (hierna verwys as NEDLAC) ontwikkel en alle nie-regeringsorganisasies wat betrokke is by die ondersteuning van kleinsakeondernemings sal ook deur die NSBC verteenwoordig

42 Gen Not R3.1.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 43 Gen Not R3.1.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 44 Gen Not R3.1.2 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 45 Gen Not R3.1.2 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 46 Gen Not R4.8.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 47 Gen Not R4.8.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 48 Gen Not R4.8.3 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 49 Gen Not R4.8.3 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 50 Gen Not R5.2.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995.

(13)

9

word.51 Die Kleinsakeonderneming-Ontwikkelingsagentskap (SBDA) word deur die regering gebruik om te verseker dat die verskillende strategieë van ontwikkeling in SMME’s geïmplementeer word.52 Die SBDA kan as ‘n nie-winsgedrewe organisasie beskou word.53

Die doel van die regering, nadat die Wet op Nasionale Kleinsakeondernemingswet 102 van 1996 daargestel is, was om kleinsakeondernemings in ‘n omgewing te plaas waar hulle gestimuleer en uitgebrei kan word.54 Daarom is die Ministeriële Vasstelling vir Kleinsakeondernemings aangeneem om werkgewers wat minder as 10 werknemers in diens het van sekere bepalings binne die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 vry te stel.55 Dit maak voorsiening vir regte van werknemers wat handel oor jaarlikse verlof, oortyd en die bepaling van werksure.56

Die South African Chamber of Commerce and Industry (hierna verwys as SACCI) het die volgende kommentaar gelewer op die Medium-Term Budget Policy Statement (MTBPS) ten opsigte van die gedetailleerde plan wat handel oor die vermindering van kostes verbonde aan die bestuur van ‘n besigheid:57

The Minister does mention support to SME development, but similar commitments have been made in the past without significant delivery. The crucial problem stifling the growth of the small business sector is the regulatory burden. SACCI would want to see definite plans towards reducing the ease and cost of doing business.

Finansiering word ook as een van die onderliggende probleme beskou wat ‘n werkgewer van ‘n SMME in ‘n sekere mate tot suksesvolle ontwikkeling beperk. Die rede hiervoor is dat daar ‘n groot risiko verbonde is aan lenings wat deur die werkgewer uitgeneem word omrede sekuriteit op daardie lening gevestig moet word en die lening

51 Gen Not R5.2.3 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 52 Gen Not R5.3.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 53 Gen Not R5.3.3 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 54 Gen Not R3.1.1 in GG 16317 van 20 Maart 1995. 55 GN R1295 in GG 20587 van 5 November 1999. 56 GN R1295 in GG 20587 van 5 November 1999.

57 Anon 2012 http://www.sacci.org.za. SACCI COMMENTS ON THE 2012 MTBPS Thursday, 25 October 2012 16:30

(14)

10 slegs teen ‘n hoë rentekoers verskaf kan word.58

Hiermee saam moet onmiddellik na die teenkant van die munt gekyk word, naamlik dat die kleinsakeman moet toesien dat sy kostestruktuur van so ‘n aard is dat dit sy voortbestaan kan verseker.

2.3 Die rol van Kleinsakeondernemings in die ekonomie

Die SMME’s word as die hoofkomponent ten opsigte van ekonomiese volhoubaarheid beskou aangesien dit as die grootste hoeveelheid organisasies in geïndustrialiseerde lande gesien word.59 As gevolg van werkloosheid wat in die verlede ontstaan het, het baie mense begin om hul eie besighede op te rig om op so ‘n wyse ‘n bydrae tot die ekonomie te kan maak asook om aan hul eie behoeftes te kan voorsien.60 Hierdie werknemers was as entrepreneurs sowel as individualiste geklassifiseer.61

Daar bestaan egter nie ‘n spesifieke definisie vir ‘n kleinsakeonderneming nie, maar daar kan wel gekyk word na die verskillende sektore wat bestaan asook tot hoe ‘n mate hierdie organisasie tot die ekonomie van daardie spesifieke sektor ‘n bydrae lewer.62 Die enigste wet wat voorsiening maak vir die definisie van ‘n kleinsakeonderneming is die Wet op Nasionale Kleinondernemings 102 van 1996.63 Wanneer daar gekyk word na artikel 1 van die Wet op Nasionale Kleinondernemings 102 van 1996 bepaal dit dat ‘n kleinsakeonderneming gesien kan word as ‘n bepaalde en afsonderlike sake-entiteit wat bestuur word deur een of meer eienaars en bedryf word binne die ekonomiese sektor of subsektor soos geklassifiseer word in kolom 1 van die bylae as ‘n mikro-, ‘n baie klein, ’n klein of medium onderneming.64

Daar moet ook voldoen word aan die maatstawwe soos uiteengesit is in kolomme 3, 4 en 5 van die Bylae van hierdie Wet.65

58 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 12.

59 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 87.

60 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 87.

61 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 87.

62 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 88.

63 Die Nasionale Kleinondernemingswet 102 van 1996.

64 A 1 van die Nasionale Kleinondernemingswet 102 van 1996. 65 A 1 van die Nasionale Kleinondernemingswet 102 van 1996.

(15)

11

Hierdie maatstawwe, wat vervat word in die Bylae, kan gesien word as die totale voltydse ekwivalent van betaalde werknemers,66 totale jaarlikse omset67 asook die totale bruto batewaarde waarvan vaste bates uitgesluit word.68 Hierdie bogenoemde maatstawwe kan gesien word as die kriteria waarvolgens sakeondernemings geevalueer word ten einde te bepaal binne watter klas69 die organisasie val, of wat die grootte van die spesifieke organisasie is.

Vosloo, die vorige besturende direkteur van die Small Business Development Corporation (hierna verwys as die SBDC) is van mening dat kleinsakeondernemings ook vir plaaslike ontwikkeling verantwoordelik is. Dit voorsien belangrike dienste aan medium en groot sakeondernemings, skep geleenthede vir entrepreneurs en lewer ook dienste aan kliënte wat nie deur groot sakeondernemings verskaf word nie.70 Kleinsakeondernemings skep in effek ook vinniger werksgeleenthede en dien as bron vir die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede binne die arbeidsreg.71 Verder is dit ook duidelik dat daar nie baie finansiële beperkings soos insetkoste nodig is om ‘n kleinsakeonderneming binne ‘n landelike gebied te vestig nie.72

Alhoewel kleinsakeondernemings se rol binne die ekonomie in die algemeen as positief bestempel word, bestaan daar ook sekere struikelblokke wat deur hierdie sakeondernemings ervaar word wat nie deur groot sakeondernemings in die gesig gestaar word nie.73 Die redes hiervoor is onder andere dat daar ‘n tekort aan entrepreneurs met bestuursvaardighede is, die teenwoordigheid van ‘n lae administratiewe vermoë en die onvermoë om professionele dienste te lewer.74 Die eienaars van kleinsakeondernemings stel dat die WAV sekere regulasies daarstel wat

66 Kolom 3 in die Bylae van die Nasionale Kleinondernemingswet 102 van 1996. 67 Kolom 4 in die Bylae van die Nasionale Kleinondernemingswet 102 van 1996. 68 Kolom 5 in die Bylae van die Nasionale Kleinondernemingswet 102 van 1996.

69 Die klas waarvan gepraat word dui op ‘n mikro-, ‘n baie klein,’n klein of medium onderneming soos aangedui word in die Bylae van die Nasionale Kleinondernemingswet 102 van 1996. 70 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South

Africa 90.

71 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 90.

72 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 90.

73 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 90.

74 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 90.

(16)

12

veroorsaak dat hierdie werkgewers se bedrywighede op so ‘n wyse beheer word dat dit ‘n negatiewe impak op die werkgewer en sy organisasie openbaar.75

In sekere omstandighede word die vereistes en beperkings so ernstig dat dit ‘n bedreiging daarstel vir die voortbestaan van die werkgewers se organisasie.76

2.4 Die WAV en kleinsakeondernemings

Soos reeds hierbo bespreek was een van die belangrikste oogmerke van die WAV om die nodige voorsiening te maak vir klein- en medium sakeondernemings binne die Suid-Afrikaanse kollektiewe bedingingsraamwerk.77 Die doel was dat daar ‘n sekere bedeling ontwikkel moes word in die WAV om voorsiening te maak vir hierdie doel en omstandighede wat daaruit voortvloei.78 Die vraag wat gevra kan word is soos volg: Maak die huidige WAV voorsiening vir die probleme wat ten opsigte van SMME’s in die arbeidsmark ontstaan?79 Die WAV maak egter nie voorsiening vir ‘n definisie van ‘n kleinsakeonderneming nie en stel dat dit eerder binne die prerogatief van die tersaaklike bedingingsraad val om te bepaal of die organisasie bestempel kan word as ‘n kleinsakeonderneming al dan nie.80

Die WAV maak egter op drie verskillende wyses ‘n impak op kleinsakeondernemings.81 Die eerste is dat daar nie werkplekforums in terme van die WAV gestig kan word binne ‘n organisasie wat minder as 100 werknemers in diens het nie.82

Tweedens word daar gestel dat die bedingingsrade verantwoordelik is daarvoor om kleinsakeondernemings

75 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 90.

76 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 90.

77 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 93.

78 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 93.

79 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 93.

80 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 93.

81 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 93.

(17)

13

te beskerm deur die nodige verteenwoordiging daar te stel83 en die uitbreiding van ooreenkomste asook die uitsondering wat bestaan vir nie-partye te skep.84 Derdens in die geval waar ‘n bedingingsraad nie binne ‘n sekere sektor ontstaan nie, maak die WAV voorsiening vir statutêre rade wat deur die registrateur uitgebrei word ten einde te voldoen aan die nodige verteenwoordiging wat uitgeoefen moet word.85 Die magte van statutêre rade is nie so omvattend soos die van bedingingsrade nie behalwe in gevalle waar partye daartoe ooreenkom.

Sodra daar na die probleme waarmee kleinsakeondernemings gekonfronteer gekyk word, is dit duidelik soos wat reeds bo vervat is dat die kleinsakeondernemings ‘n tekort aan verteenwoordiging ervaar wanneer daar bedingingsraadooreenkomste aangegaan word. Dit is met ander woorde duidelik dat hierdie kleinsakeondernemings uitgesluit word van die bedingingsproses. Die ekonomiese faktore wat van toepassing is dra ook tot die gekompliseerdheid van hierdie probleem by. Die rede hiervoor is dat die bestuurders van kleinsakeondernemings nie oor die tyd beskik om teenwoordig te wees by vergaderings waar die Minister beslissings maak oor sekere arbeidsaangeleenthede wat ‘n direkte impak op daardie werkgewer se onderneming daarstel. Daar moet ook in gedagte gehou word dat kleinsakeondernemings die grondslag van ons land se ekonomie uitmaak en indien die nodige beskerming nie aan die kleinsakeondernemings verskaf word nie, dit moontlik tot ernstige agteruitgang van die land se ekonomie sou lei.86 Die rede waarom kleinsakeondernemings as die grondslag van die land se ekonomie beskou word is bloot omdat groot sakeondernemings gereeld gebruik maak van dienste wat deur kleinsakeondernemings gelewer word.87 Kleinsakeondernemings beskik egter oor komponente wat groot sakeondernemings nie oor beskik nie. Voorbeelde hiervan kan gesien word as dienslewering aan die publiek terwyl groot

83 A 30(1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

84 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 94.

85 A 43(2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

86 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 87.

87 Voorbeelde hiervan sou wees in die geval waar Sasol sekere werk uitkontrakteer aan kleiner ingenieursbedrywe omrede hulle op ‘n druk skedule werk waarvolgens ‘n diens gelewer moet word maar daar nie genoeg tyd beskikbaar is om die diens op hul eie te lewer nie. Dus word daar gebruik gemaak van ‘n kleiner ingenieursbedryf wat sodoende help om die druk te verlaag.

(18)

14

sakeondernemings se kliëntebasis eerder gesien kan word as dienste wat aan ander organisasies gelewer word.

Die hoofprobleem wat na vore kom is dat bedingingsrade sekere terme en voorwaardes daarstel waaraan klein- sowel as groot sakeondernemings, wat binne ‘n spesifieke definisie of diensbestek val, moet voldoen.88 Die ander probleem is dat kleinsakeondernemings nie oor die nodige verteenwoordiging beskik tydens hierdie bedingingsproses nie asook die feit dat indien daar wel verteenwoordiging vir kleinsakeondernemings teenwoordig is daardie verteenwoordigers nie oor die nodige kundigheid beskik om die kleinsakeman ten volle te verteenwoordig nie.89 Die werkgewer beskik ook nie oor die tyd om op daardie spesifieke dag wat die bedinging plaasvind daar aanwesig te wees nie omrede hy sy besigheid hands on moet bestuur en ook nie kan bekostig om ‘n plaasvervanger in sy plek aan te stel vir daardie tydperk nie.90 ‘n Verdere tekortkoming van die werkgewer is dat hy ook nie oor die nodige kundigheid beskik om deel te neem aan die bedingingsproses nie.91

88 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 8. 89 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 8. 90 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 8. 91 SACOB Developing the Small Business Sector in South Africa 8.

(19)

15 Hoofstuk 3

3 Kollektiewe Bedinging en die rol van Bedingingsrade

3.1 Agtergrond

Die hoofdoel van die WAV is om ‘n raamwerk daar te stel waarbinne werknemers en hul vakbonde sowel as werkgewers en werkgewersorganisasies kollektiewe ooreenkomste92 kan aangaan om op so ‘n wyse te bepaal wat die voorgeskrewe minimumloon is en verder om die terme en voorwaardes van indiensneming asook ander sake van gemeenskaplike belang wat hierby sou aanwending vind te reël.93 Op hierdie wyse word na die individu wat lid is van ‘n vakbond se belange omgesien waar die vakbond namens hierdie persoon beding vir beter diensvoorwaardes. Daar word ook omgesien na die belange van nie-vakbondlede indien die bedingingsraadooreenkoms uitgebrei word tot daardie persone.

Grogan94 stel die volgende in verband met bedingingsrade:

Bargaining councils are the statutory successors to the industrial councils that existed under the 1956 LRA, restyled and revamped to cater for new potential membership and functions. The primary function of bargaining councils, like their predecessors, is to regulate relations between management and labour in the sectors of employment over which they have jurisdiction by concluding collective agreements, and to settle disputes between parties falling within their registered scope.

Goldberg stel dat bedingingsrade gesien kan word as die statutêre forums wat deur die WAV daargestel word ten einde onder andere kollektiewe bedinging ten opsigte van kleinsakeondernemings in Suid-Afrika te reguleer.95 Dit word egter beweer dat werkgewers en werknemers van groot sakeondernemings beter verteenwoordiging

92 A 213 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. ‘n Geskrewe ooreenkoms wat handel oor die terme en voorwaardes van indiensneming asook enige wedersydse belange wat tussen een of meer geregistreerde vakbonde aan die een kant sowel as een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies aan die ander kant voorkom.

93 A 1(c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 94 Grogan Workplace Law 335.

95 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 94.

(20)

16

binne bedingingsrade geniet as die werknemers van kleinsakeondernemings.96 Die probleme wat ondervind word ten opsigte van verteenwoordiging van kleinsakeondernemings by bedingingsrade word nie in alle omstandighede as ‘n probleem ondervind nie, omrede daar in verskeie sektore net SMME’s teenwoordig is.97 Die probleem kom voor waar daar groot sakeondernemings binne ‘n sekere gebied of sektor saam met SMME’s dienste lewer.98

Die WAV maak spesifiek vir die verteenwoordiging van kleinsakeondernemings binne die werkplek voorsiening. Die doel is dat kleinsakeondernemings aangemoedig moet word om deel te neem aan bedingingsrade se onderhandelingsprosesse.99

Dit is belangrik dat die grondwet van ‘n bedingingsraad vir die behoorlike verteenwoordiging van klein- en medium sakeondernemings voorsiening maak.100 Die registrateur moet ook seker maak of daar binne die grondwet van hierdie bedingingsraad voorsiening gemaak is vir die verteenwoordiging van klein- en medium sakeondernemings voordat die bedingingsraad geregistreer kan word.101 Wetgewing maak voorsiening vir die uitbreiding van bedingingsraadooreenkomste na partye wat van die bestek waarbinne die raad funksioneer deel vorm102 indien sekere voorwaardes nagekom word in terme van verteenwoordiging van werkgewers en vakbonde binne daardie spesifieke sektor.103

Alvorens daar op hierdie hoofpunte gefokus word moet daar eers gekyk word na wat presies verstaan word met die rol van bedingingsrade. Die basis waarvolgens bedingingsrade binne ‘n sektor of area binne daardie spesifieke sektor gevestig word, word duidelik binne die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 vervat.

96 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 94.

97 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 95.

98 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 95.

99 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 95.

100 A 30(1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 101 A 29(11)(b)(iii) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 102 A 32 (1)(2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 103 A 32 (3)(4) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

(21)

17

Bedingingsrade se primêre doel is om kompetisie tussen verskillende organisasies op ‘n gelyke voet te plaas. Bedingingsrade moet ook voorsiening maak vir die daarstel van bystandsdienste binne ‘n spesifieke sektor wat help om demokrasie binne die werkplek te bevorder.104

3.1.1. Die vorming van bedingingsrade

Bedingingsrade bestaan uit verteenwoordigers van een of meer geregistreerde vakbonde of werkgewersorganisasies.105 Dit kan egter beskou word as die basis vir die daarstel van kollektiewe bedinging op sektorale vlak waarby werknemers en hul geregistreerde vakbonde en werkgewers sowel as werkgewersorganisasies, binne ‘n raamwerk van arbeidsverhoudinge, moet funksioneer.106 Sodra hierdie onderskeie partye ‘n ooreenkoms bereik het, kom daar ‘n afdwingbare ooreenkoms tot stand.107 Dit is ook duidelik dat een of meer geregistreerde vakbonde of werkgewersorganisasies ‘n bedingingsraad daarstel vir ‘n bepaalde sektor sodat die werkgewers en werknemers gelyke verteenwoordiging binne die bedingingsraad geniet.108 Die tersaaklike bedingingsraad kan ook na meer as een sektor uitgebrei word.109

Wanneer daar gekyk word na die privaatsektor kan ‘n bedingingsraad gevestig word deur te bepaal watter spesifieke dienste en produkte binne die sektor of industrie gelewer word.110 Wanneer daar ‘n bedingingsraad opgerig word, moet die partye tot daardie raad ‘n ooreenkoms bereik ten opsigte van watter sektore binne die bestek van die bedingingsraad ingesluit sal word.111 Die SIC-kodes soos voorgeskryf deur die Departement van Handel en Nywerheid112 kan in hierdie opsig handig te pas kom. Bedingingsrade word vir spesifieke sektore afgebaken maar kan ook in geografiese

104 A 28 (1)(k) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 105 A 27 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 106 A 1 (c)(d) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 107 TWIU (SA) v Fabricius 1987 ILJ 90 (T).

108 A 30 (1)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 109 A 27 (4) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 110 Du Toit et al Labour Relations Law 261.

111 Basson Essential Labour Law 268.

(22)

18

areas of distrikte waarbinne die partye opereer, verdeel word.113 Alvorens ‘n bedingingsraad aansoek kan doen om registrasie, moet daar eers ‘n konstitusie of grondwet deur daardie spesifieke bedingingsraad aangeneem word.114 Dit is duidelik dat bedingingsrade in terme van artikel 27(1) van die WAV opgerig kan word deur te voldoen aan twee basiese stappe.115 Hierdie stappe kan as volg gesien word:116

(1) Een of meer geregistreerde vakbonde en een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies kan 'n bedingingsraad vir 'n sektor en gebied instel deur-

(a) 'n konstitusie aan te neem wat aan die vereistes van artikel 30 voldoen; en

(b) registrasie van die bedingingsraad ingevolge artikel 29 te verkry.

Bedingingsrade word vrywilliglik gestig, maar kan alleenlik gestig word wanneer een of meer geregistreerde vakbonde asook een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies by die Registrateur aansoek doen om registrasie.117 Individuele werkgewers mag slegs lede word van bedingingsrade indien hulle reeds as lede van werkgewersorganisasies erken is.118

Sodra die bedingingsraad geregistreer is ontvang dit statutêre erkenning.119 Alle aansoeke rondom registrasies moet deur die partye self na die Registrateur van arbeid gestuur word deur middel van ‘n voorgeskrewe vorm.120

By hierdie vorm moet daar ook ‘n grondwet of konstitusie van die bedingingsraad wat aansoek doen, geheg word.121 Sodra die aansoek ontvang is moet die Registrateur dit in die Staatskoerant publiseer sodat alle besware rondom hierdie aansoek aangehoor kan word.122 ‘n Kopie van

113 Du Toit et al Labour Relations Law 261.

114 National Manufactured Fibres Employers’ Association v CWIU 1997 8 BLLR 1041 (AH). Daar moet egter voldoen word aan artikel 29(1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 115 Basson Essential Labour Law 268.

116 A 27 (1)(a)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 117 Grogan Collective Labour Law 84.

118 Grogan Collective Labour Law 84. 119 Grogan Collective Labour Law 84. 120 Grogan Collective Labour Law 84.

121 A 27 (1)(a)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 122 A 29 (3) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

(23)

19

hierdie aansoek moet aan die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (hierna verwys as NEDLAC) gestuur word om deeglik ondersoek in te stel asook om seker te maak dat die kennisgewing voorsiening maak vir besware wat die publiek mag opper.123 Besware kan gesien word in gevalle waar die daarstel van die bedingingsraad benadeling of inbreuk maak op die regte van sekere partye. Een aspek van die goedkeuringsproses is om seker te maak dat daar voldoen word aan artikel 30(1)(b) van die WAV.124 Hierdie artikel word ook later hieronder bespreek. Indien daar enige besware ten opsigte van die Registrateur se besluit bestaan kan dit in terme van artikel 111 van die WAV na die Arbeidshof verwys word.125 Indien daar geen besware in die voorgeskrewe tydperk van 30 dae126 ingedien is nie, is die Registrateur verplig om hierdie aansoek tot die oprigting van ‘n bedingingsraad goed te keur. Indien daar enige geskil rondom die vraag of ‘n spesifieke onderneming binne die bestek van ‘n bedingingsraad val, moet die geskil aangaande afbakening na die KVBA verwys word.127

Daar word nie spesifiek in Hoofstuk 3 deel C van die WAV na die verteenwoordiging wat die partye moet geniet om deel van ‘n bedingingsraad te word verwys nie, maar wel in deel F wat oor die algemene bepalings betreffende bedingingsrade handel. Die riglyne wat in deel F van Hoofstuk 3 vervat word bepaal die volgende:128

(1) By oorweging van die verteenwoordigendheid van die partye by 'n raad, of partye wat registrasie van 'n raad verlang, moet die registrateur, met inagneming van die aard van die sektor en die ligging van die gebied ten opsigte waarvan registrasie verlang word, die partye by 'n raad as verteenwoordigend beskou ten opsigte van die hele gebied, selfs indien 'n vakbond of werkgewersorganisasie wat 'n party by die raad is, geen lede in 'n gedeelte van daardie gebied het nie.

123 A 29 (3)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 124 A 30 (1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

125 A 111 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. Hierdie artikel bepaal dat enige persoon oor die reg beskik om te appelleer teen ‘n beslissing indien daardie persoon gegrief is. Die hof het ook bepaal dat ‘n persoon wat beskik oor ‘n regmatige belang die toets rondom Locus Standi aanwending vind. Dit is ook beslis in die saak tussen Ninian and Lester (Pty) Ltd v Crouse NO and others 2009 30 ILJ 2889 (AAH).

126 A 29 (3)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 127 A 62 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 128 A 49(1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

(24)

20

Dit is egter duidelik dat verteenwoordiging nie alleen gemeet word aan die hoeveelheid lede wat beskou word as ‘n lid van ‘n spesifieke vakbond nie, maar dat daar verder gekyk word na die invloed wat die vakbond of werkgewersorganisasie binne die sektor openbaar.129 ‘n Geregistreerde vakbond se spesifieke toepassingsbestek hoef egter nie presies met die bestek van die spesifieke raad ooreen te stem alvorens die vakbond toegelaat sou word as ‘n lid tot die ooreenkoms nie aangesien ‘n vakbond toegelaat word om in meerdere sektore op te tree indien hul grondwet daarvoor voorsiening maak.130

Die aansoek om registrasie van ‘n bedingingsraad kan in sekere omstandighede afgewys word. Dit sou tipies gebeur in gevalle, soos reeds hierbo bespreek is, waar daar ‘n geldige beswaar geopper word omdat die applikant nie aan die voorgeskrewe bepalings voldoen nie,131 indien die sektor of area nie gepas is vir hierdie aansoek nie132 of indien die applikant nie voldoende in die sektor of gebied waarbinne aansoek gedoen word verteenwoordig word nie.133 Indien die spesifieke gebied nie afgebaken kan word soos in artikel 29(8)(b) van die WAV bepaal word nie, moet die Minister die spesifieke sektor of gebied afbaken en die Registrateur daarvan in kennis stel.134 Sodra hierdie aansoek goedgekeur is, word die bedingingsraad van ‘n sertifikaat voorsien wat die gespesifiseerde area omskryf waarbinne dienste gelewer moet word.135 Artikel 213 van die WAV bepaal dat ‘n geregistreerde omvang van besigheid gesien kan word as die sektor of area waarbinne ‘n raad geregistreer is om dienste te verrig ingevolge wetgewing.136 Die howe het beslis dat ‘n geregistreerde omvang van besigheid gesien kan word as die wyse waarop ‘n spesifieke aktiwiteit uitgeoefen word.137 Sodra ‘n raad werksaamhede en pligte vanuit die Wet verkry beskik daardie raad oor die jurisdiksie om sy bevoegdhede uit te oefen.138 Partye tot die raad kan nie aanspreeklik gehou word

129 Grogan Collective Labour Law 84.

130 Paper Printing Wood and Allied Workers Union v Pienaar NO and others 1993 14 ILJ 1187 (A). 131 A 29 (4)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

132 A 29 (4)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 133 A 29 (4)(c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 134 A 29 (9) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 135 A 29 (15)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 136 A 213 (c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

137 Photocircuit SA (Pty) Ltd and others v Minister of Manpower and another 1993 14 ILJ 878 (C). at 888.

(25)

21

vir verpligtinge of aanspreeklikhede wat deur die raad uitgeoefen moet word nie indien hulle as lede van daardie raad geklassifiseer word.139 Die partye tot die raad kan ook nie persoonlik aanspreeklik gehou word vir enige verliese wat uit die bona fide optrede van ‘n ander party mag voortspruit wat sy funksies binne die raad uitoefen nie.140

3.1.2. Die rol van bedingingsrade binne die kollektiewe bedingingsproses ten einde minimum voorwaardes van indiensneming en voorgeskrewe lone daar te stel Bedingingsrade word tradisioneel as die belangrikste statutêre kollektiewe bedingingsmeganisme in Suid-Afrika beskou soos bevind in die saak tussen Adonis v Western Cape Education Department 1998 6 BLLR 564 (AH).141 Oor die jare het die aantal vakbonde ook uitgebrei waarby erkenningsooreenkomste ontwikkel is en dit bygedra het tot meer gunstige indiensnemingsooreenkomste met werkgewers wat ook gelei het tot die behoefte aan meer bedingingsrade ten einde gesentraliseerde bedinging aan te moedig.142

Wanneer daar van gesentraliseerde bedinging gepraat word is dit belangrik om in gedagte te hou dat daar sekere voordele sowel as nadele bestaan.143 Vakbonde is van mening dat gesentraliseerde bedinging gesien kan word as die daarstel van ooreenkomste deur opgeleide onderhandelaars wat tot een kollektiewe ooreenkoms per sektor lei wat deur ‘n aangewese agent afgedwing word.144

Daarteenoor is die argument dat dit eerder gesien kan word as die ondermyning van ekonomiese groei, dat daar ‘n tekort aan buigbaarheid is omdat daar nie aandag gegee word aan plaaslike verskille binne ‘n organisasie nie en dat daar ‘n groter risiko bestaan vir werkgewers om ‘n staking in die gesig te staar.145

139 A 50 (3) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 140 A 50 (4) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

141 Adonis v Western Cape Education Department 1998 6 BLLR 564 (AH). 142 1998 6 BLLR 564 (AH).

143 Du Toit et al Labour Relations Law 259. 144 Du Toit et al Labour Relations Law 259. 145 Du Toit et al Labour Relations Law 259.

(26)

22

Die beste argument waarom daar van gesentraliseerde bedinging gebruik gemaak moet word is vir die feit dat dit geleenthede daarstel om vergoedingsongelykhede uit die weg te ruim.146 ‘n Sosiale verantwoordelike vergoedingsbeleid word die mees effektiewe op sektorale vlak geformuleer ten einde konfronterende belange asook gelyke ekonomiese geleenthede binne die organisasie te skep.147

Die internasionale tendens is dat daar geneig word na bedinging op organisasievlak.148 Wanneer daar na hierdie omstandighede verwys word is dit duidelik dat menslike hulpbronontwikkeling sowel as effektiewe bestuur op die mees effektiewe wyse gereguleer sou word op organisasievlak-ooreenkomste.149

Du Toit150 stel dat die Suid-Afrikaanse arbeidsreg nog nooit regtig aan die formulering van gesentraliseerde bedingingstrukture op nywerheidsvlak aandag gegee het nie asook dat daar geen verbod op bedinging buite die statutêre raamwerk bestaan nie.151 Die WAV stel dat bedingingsrade ontwikkel kan word of tot stand kom op ‘n vrywillige basis deur een of meer geregistreerde vakbonde asook een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies.152

Die Congress of South African Trade Unions (hierna verwys as COSATU) is van mening dat die inkorporering van kleinsakeondernemings binne die bedingingsraad ‘n noodsaaklike element is om gelykheid binne ‘n sektor te verseker.153

Die probleem hiermee is dat bedingingsrade nie hul beloftes teenoor kleinsakeondernemings kan nakom nie omrede hulle nie buigbaar is nie.154 Die vakbonde is egter van mening dat

146 Du Toit et al Labour Relations Law 260. 147 Du Toit et al Labour Relations Law 260. 148 Du Toit et al Labour Relations Law 260. 149 Du Toit et al Labour Relations Law 260. 150 Du Toit et al Labour Relations Law 260. 151 Du Toit et al Labour Relations Law 260. 152 Du Toit et al Labour Relations Law 260.

153 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 97.

154 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 97.

(27)

23

hulle wel oor die bevoegdheid beskik om die belange van kleinsakeondernemings te beskerm asook die nodige verteenwoordiging daar te stel.155

Die grondwet van bedingingsrade moet vir die verteenwoordiging van klein- en medium sakeondernemings voorsiening maak.156 Artikel 30(2)(b) van die WAV stel dat verteenwoordiging vir klein- en medium sakeondernemings uitgesluit sou wees of nie toepassing sou vind indien dit oor bedingingsrade in die staatsdiens handel nie.157

Vanweë die bindende aard van kollektiewe ooreenkomste bepaal artikel 31 van die WAV dat behoudens die grondwet of konstitusie van ‘n bedingingsraad word ‘n kollektiewe ooreenkoms wat binne daardie raad gesluit is geag bindend te wees op partye tot die raad sowel as partye tot die kollektiewe ooreenkoms.158 Kollektiewe ooreenkomste sou ook bindend wees op elke party by die kollektiewe ooreenkoms sowel as die lede van elke ander party by die kollektiewe ooreenkoms vir sover as wat die bepalings van daardie ooreenkoms van toepassing is op die verhouding tussen die party en lede van die ander party.159

3.1.3. Die bindende aard van kollektiewe ooreenkomste

‘n Kollektiewe ooreenkoms kan gedefinieer word as ‘n skriftelike ooreenkoms wat handel oor indiensnemingsvoorwaardes of enige sake van gemeenskaplike belang tussen een of meer geregistreerde vakbonde aan die een kant en een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies aan die ander kant.160 Werknemers wat ten tye van die ooreenkoms lede van hierdie spesifieke vakbond is, sal gebonde wees aan die ooreenkoms tussen die werkgewer en die vakbond/vakbonde wat die meerderheid werknemers binne die werkplek verteenwoordig.161 Artikel 23 van die WAV reguleer die regseffek van ‘n kollektiewe ooreenkoms en stel dat ooreenkomste wat bereik word

155 Goldberg 1997 Small enterprises, the Labour Relations Act and collective bargaining in South Africa 97.

156 A 30 (1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 157 A 30 (2)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 158 A 31 (a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 159 A 31 (b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 160 A 213 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

(28)

24

tussen partye tot die ooreenkoms bindend sou wees162 asook op elke ander party en hul lede.163 Werknemers wat nie-lede van geregistreerde vakbonde is sal ook gebonde wees in die geval waar die geregistreerde vakbond aan die meerderheid lede binne die spesifieke werkplek verteenwoordiginging bied indien die kollektiewe ooreenkoms na die nie-partye uitgebrei is.164 Artikel 23(1)(d) van die WAV het daartoe bygedra dat die onsekerheid rondom die effek van kollektiewe ooreenkomste ten opsigte van nie-lede uit die weg geruim word deurdat daar spesifiek uiteengesit word wanneer nie-lede gebonde gehou sal word aan kollektiewe ooreenkomste.165

In sekere omstandighede sou die effektiwiteit van kollektiewe ooreenkomste op risiko geplaas word indien ‘n individuele werknemer of werkgewer oor die bevoegdheid sou beskik om te kon besluit om nie meer deur die verteenwoordigende vakbond verteenwoordig te word nie166 of indien hulle oor die bevoegdheid sou beskik om hulle self vanaf die ooreenkoms te onttrek. Die WAV maak duidelik voorsiening daarvoor dat ‘n persoon wat ‘n lid van ‘n vakbond is, gebonde sal wees aan die ooreenkoms vir die volle duur van die kollektiewe ooreenkoms waarop daardie tersaaklike vakbond ooreengekom het.167 Daardie ooreenkoms sal egter bindend wees op elke persoon in terme van artikel 23(2) van die WAV wat stel:168

(2) 'n Kollektiewe ooreenkoms is vir die hele termyn van die kollektiewe ooreenkoms bindend op elke persoon wat ingevolge subartikel (1) (c) gebind is en wat lid was op die tydstip toe dit bindend geword het of wat 'n lid word nadat dit bindend geword het, ongeag of daardie persoon vir die kollektiewe ooreenkoms lid van die geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie bly, al dan nie.

Die effek van artikel 23(2) van die WAV word in twee hofsake duidelik geïllustreer. In die saak tussen Vista University v Botha and others169 1997 18 ILJ 1040 (AH) het dit

162 A 23(1)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 163 A 23(1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 164 A 23(1)(d)(iii) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 165 A 23(1)(d) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 166 Grogan Collective Labour Law 127.

167 A 23 (1)(c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 168 A 23(2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 169 Vista University v Botha and others 1997 18 ILJ 1040 (AH).

(29)

25

gehandel oor ‘n groep werknemers wat gestaak het oor bepaalde sake waarvoor daar duidelik binne ‘n kollektiewe ooreenkoms voorsiening gemaak word. Hierdie ooreenkoms was steeds geldig. Die werknemers het uit die vakbond bedank. Die hof het egter beslis dat die ooreenkoms steeds geldig is en dat die staking daarom onbeskermd geag sou word. Die hof het ‘n interdik toegestaan waarin die werknemers verbied was om te staak.170 ‘n Saak wat dien as ondersteuning van hierdie beslissing is BMW v NUMSA171 2012 33 ILJ 140 (AAH) waar ‘n kollektiewe ooreenkoms voorsiening gemaak het vir sekere prosedurele vereistes waaraan voldoen moes word voordat ‘n primêre staking kon plaasvind. Hierdie prosedurele vereistes sou afdwingbaar wees teen die werknemers van die organisasie indien dit nie contra bones mores sou wees nie.172 ‘n Voorbeeld hiervan sou wees waar daar onregmatig inbreuk gemaak word op ‘n individu se reg op vryheid van assosiasie in gevalle waar dit nie beskou kon word as ‘n geldige geslotegeledere ooreenkoms nie.

Die tweede hofsaak is die saak tussen Mzeku and others v Volkswagen SA Ltd and others 2001 22 ILJ 1575 (AAH) waar beslis is dat ‘n ooreenkoms wat ontstaan tussen ‘n vakbond en die werkgewer ingevolge waarvan die werknemers moet ophou om te staak op ‘n spesifieke dag en terugkeer na hul verpligtinge, bindend sou wees.173

Die hof het verder gestel dat hoewel dit onduidelik is of die ooreenkoms se terme en voorwaardes dit reguleer, dit steeds oor sake van gemeenskaplike belang handel.174 Daar is verder bevind dat verteenwoordigende vakbonde wat die meerderheid lede binne die werkplek verteenwoordig wel oor die bevoegdheid beskik om kollektiewe ooreenkomste uit te brei na nie-lede binne die organisasie.175 Dit kan gesien word as die voordeel wat slegs die vakbond toekom wat die meerderheid binne ‘n werkplek verteenwoordig.176

Individuele dienskontrakte tussen ‘n werknemer en ‘n werkgewer sal ook aan hierdie kollektiewe ooreenkoms onderhewig wees.177 In gevalle waar ‘n kollektiewe

170 1997 18 ILJ 1040 (AH).

171 BMW v NUMSA 2012 33 ILJ 140 (AAH). 172 2012 33 ILJ 140 (AAH).

173 Mzeku and others v Volkswagen SA Ltd and others 2001 22 ILJ 1575 (AAH). 174 Grogan Collective Labour Law 128.

175 2001 22 ILJ 1575 (AAH). 176 2001 22 ILJ 1575 (AAH).

(30)

26

ooreenkoms vir ‘n onbepaalde tydperk gesluit is, kan die een party wat die ooreenkoms wil termineer dit slegs doen indien hy redelike skriftelike kennis gegee het aan die ander party.178

Die werkgewers of werknemers mag egter nie indiensnemingskontrakte daarstel wat afstand doen van enige regte wat binne ‘n kollektiewe ooreenkoms vervat word nie.179 Daar bestaan egter geen belet rondom werkgewers en ongeregistreerde vakbonde om kollektiewe ooreenkomste te sluit nie, maar dit is duidelik dat slegs ooreenkomste tussen geregistreerde vakbonde en werkgewersorganisasies statutêre erkenning geniet.180 Sodra vasgestel is wat presies bedoel word met die begrip “terme en voorwaardes” van indiensneming, is dit duidelik dat dit breedvoerig omskryf word, maar die woord “enige” ander sake van gemeenskaplike belang, beteken dat die wetgewer voorsiening maak dat kollektiewe ooreenkomste op so ‘n wyse ‘n wye gebied dek ten opsigte van direkte en indirekte verhoudinge binne die werkplek.181 Dit is egter van belang dat kollektiewe ooreenkomste op skrif gestel moet wees, hoewel dit nie altyd geonderteken hoef te word nie.182 ‘n Voorbeeld hiervan kan gesien word in die saak tussen National Union of Metalworkers of SA and others v Hendor Mining Supplies183 waar die Arbeidshof beslis het dat in die geval waar ‘n vakbond ‘n ooreenkoms sluit ingevolge waarvan sy lede aan ‘n sekere persoon moet rapporteer, ongeag die feit dat die persoon beskuldig word van rassistiese aanmerkings wat gemaak is teenoor die lede, gesien kan word as ‘n kollektiewe ooreenkoms wat die lede van daardie vakbond bind en daarom verbied om aan ‘n staking in hierdie verband deel te neem.184

Daar is ook verder beslis dat dit belangrik is dat hierdie kollektiewe ooreenkoms skriftelik moet wees omrede ‘n mondelinge ooreenkoms wat later vervang sal word deur ‘n skriftelike ooreenkoms nie as ‘n kollektiewe ooreenkoms erken sou word nie.185

178 A 23(4) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 179 A 199 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 180 Grogan Collective Labour Law 124.

181 Grogan Collective Labour Law 124.

182 Diamond and others vs Daimler Chrysler (Pty) Ltd and Others 2006 27 ILJ 2595 (AH). at 27 183 National Union of Metalworkers of SA and others v Hendor Mining Supplies 2003 24 ILJ 2171

(AH).

184 2003 24 ILJ 2171 (AH). 185 2003 24 ILJ 2171 (AH).

(31)

27

Daar is reeds deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (hierna verwys as die KVBA) se Kommissarisse uitgewys dat daar ‘n redelike graad van formaliteit verbonde is ten einde ‘n skriftelike kollektiewe ooreenkoms daar te stel.186 Die feit dat ‘n kollektiewe ooreenkoms onderteken moet word om van krag te wees word nie duidelik in wetgewing vervat nie alhoewel die Arbeidshof beslis het dat die kollektiewe ooreenkoms nie van krag kan wees indien dit nie onderteken is nie.187 Daar bestaan wel ‘n uitsondering indien beide die partye ooreenkom dat die kollektiewe ooreenkoms eers van krag sou wees sodra beide hierdie partye dit geonderteken het.188 Artikel 31 van die WAV maak voorsiening vir die bindende aard van kollektiewe ooreenkomste wat binne bedingingsrade gesluit word.189 Die partye wat gebonde gehou kan word aan hierdie ooreenkomste is die partye tot die bedingingsraadooreenkoms,190 die lede van elke ander party vir sover die bepalings vervat in die ooreenkoms ‘n uitwerking het op die verhouding tussen so ‘n party en die lede van ‘n ander party, van toepassing sou wees.191 ‘n Party word egter nie outomaties tot ‘n ooreenkoms gebind indien die werkgewers binne die bestek van daardie bedingingsraad val nie.192 Om gebonde te wees moet die werkgewer ‘n party tot die ooreenkoms wees asook in gevalle waar die ooreenkoms uitgebrei word in terme van artikel 32 van die WAV.193 Hierdie proses word breedvoerig hieronder uiteengesit.

3.1.4. Die basis waarop die Minister bedingingsraadooreenkomste kan uitbrei na besighede wat nie-partye tot die bedingingsooreenkomste is nie

Ingevolge artikel 32 van die WAV kan ‘n bedingingsraad die Minister skriftelik versoek dat ‘n kollektiewe ooreenkoms wat binne ‘n bedingingsraad gesluit is, uitgebrei word na enige persone wat nie ‘n party tot die kollektiewe ooreenkoms is nie maar wat wel binne

186 Communication Workers Union v Telkom SA Ltd 1998 19 ILJ 89 (CCMA). 187 Grogan Collective Labour Law 125.

188 Samancor Ltd v National Union of Metalworkers of SA and others 2000 21 ILJ 2305 (AH). 189 A 31 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

190 A 31 (a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 191 A 31 (b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 192 Grogan Collective Labour Law 129.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Durch eine südöstlich-nordwestlich verlaufende Niederung von dem geschlossenen Decksandgebiet getrennt, konnte sich noch ein niedriger Decksandrücken bilden, der etwas westlich

Aus dem letzteren Grabchen, das in Zusammenhang gebracht worden ist mit der Drei- pfostenreihe, die als Gebaude 34 erörtert wurde, stammen einige Scherben, deren jüngste Rössener

Die Ware der Chamer Gruppe in Hienheim ist in der Regel stark gemagert (mit Körnern und Broeken bis zu einer GröBe von 8 mm). Zur Beschreibung der Magerung dieses Repertoires

Die Dameskomitee het egter nooit aanbeveel dat die Pietersburgse konsentras iekamp verskuif moes word nie en daar is geen gegewens in die amptel ike dokumente

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van

). Offisie1e Koerant: G.K. Offisiele Koerant: G.K.. boere, nedersetters of persone in •n permanente werk in die gebied uitgebrei moes word en dat die toelating

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons