• No results found

Die konsep Standaardafrikaans : 'n kritiese oorsig en 'n Hallidayaanse perspektief

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die konsep Standaardafrikaans : 'n kritiese oorsig en 'n Hallidayaanse perspektief"

Copied!
376
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE KONSEP STANDAARDAFRIKAANS: 'N KRITIESE

OORSIG EN 'N HALLIDAY AANSE PERSPEKTIEF

M. VAN DEN BERG M.A. (DUITS)

Proefskrif voorgele vir die graad Philosophiae Doctor

in Afrikaans en Nederlands aan die

Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys.

Promotor:

Prof. W.A.M. Carstens

November 2000

Potchefstroom

(2)

ABSTRACT

The general term standard Language, as well as the more specific terms: Standard Afrikaans, Standard EngLish and Standard Dutch is problematic, due to their complex nature. The problem is aggravated by the ambiguous meanings attached to these terms by linguists.

This study attempts to clarify the problems surrounding the term standard Language, and specifically those related to the term Standard Afrikaans.

Although this study concentrates on the concept Standard Afrikaans, the views of linguists on the concepts Standard EngLish and Standard Dutch were also taken into consideration, as the current format of Standard Afrikaans has been strongly influenced by English and Dutch since its first concrete normation in 1917.

In order to clearly define the concept Standard Afrikaans, the great number of ambigious definitions and explanations of the concepts standard Language, Standard Afrikaans, Standard English and Standard Dutch were brought together and arranged in such a way that common denominators regarding these varied opinions of linguists could be identified.

A 'contradiction-free' definition of the concept Standard Afrikaans, which was based upon these common denominators, was formulated.

Based upon the identified mam cause of linguists' diversified opinions regarding the concept standard language, linguists' views of this concept were categorized: those according to which standard Language is an idealized form of language, and those according to which standard Language is regarded as a form of language usage in real life situations.

The diversified data on twentieth century linguistic views regarding Standard Afrikaans which could be traced in relevant literature were placed in chronological order and commented upon - thus giving a critical outline and discovering the relations between these views.

(3)

A second objective of this study is a definition of the concept Standard Afrikaans from a Hallidayean perspective. After having explained relevant aspects of Halliday's systemic functional model of language, a definition of the concept Standard Afrikaans was formulated according to this model.

Seeing that the definition based upon common denominators, could not account for the differences concerning the viewpoints of linguists, and specific foreknowledge is required to fully comprehend the Hallidayean definition, a third integrating definition was formulated. The latter grasped the core of the concept Standard Afrikaans (as disclosed by this study) in easily accessible language, so that a clear understanding of the form, function and status of Standard Afrikaans is made possible, especially for teachers (the main conveyors of the concept Standard Afrikaans), but also for other language normators.

Key words: standard language, standard variety, Standard Afrikaans, Standard English and Standard Dutch.

(4)

OPSOMMING

Die algemene konsep standaardtaal, sowel as die taalspesifieke konsepte standaardtaal, StandaardaJrikaans, Standaardengels en Standaardnederlands, is problematies. Die problematiek spruit nie net uit die komplekse aard van hierdie konsepte nie, maar ook uit die feit dat linguiste teenstrydige betekenisse aan hierdie terme heg.

In hierdie studie word gepoog om die onduidelikhede en verwarring rondom die konsep standaardtaal (en veral rondom die konsep StandaardaJrikaans) op te klaar.

Hoewel die hoofklem in hierdie studie op die konsep StandaardaJrikaans val, is linguiste se opvauings oor die konsepte Standaardengels en Standaardnederlands hierby betrek, omdat Nederlands en Engels die twee tale is wat sedert die eerste konkrete normering van StandaardaJrikaans in 1917 die grootste invloed op die huidige vorm van StandaardaJrikaans uitgeoefen het.

Ten einde tot 'n duidelike definisie van die konsep StandaardaJrikaans te kom, is die geweldige hoeveelheid teenstrydige definisies en andersoortige omskrywings van die konsepte standaardtaal, StandaardaJrikaans, Standaardengels en Standaardnederlands byeengebring, en op so 'n wyse georden dat gemene delers ten opsigte van linguiste se opvattings oor hierdie konsepte geYdentifiseer kon word.

'n 'Teenspraakvrye' definisie van die konsep StandaardaJrikaans, wat op hierdie gemene delers gebaseer is, is geformuleer.

Op grond van die geYdentifiseerde kernoorsaak van linguiste se uiteenlopende opvattings oor die konsep standaardtaal is linguiste se opvattings gekategoriseer: die waarvolgens standaardtaal 'n geYdealiseerde taalvorm is, en die waarvolgens standaardtaal as 'n vorm van taalgebruik-in-die­ werklikheid beskou word.

Die gediversifiseerde data wat in die literatuur ten opsigte van twintigste-eeuse opvattings van linguiste oor die konsep StandaardaJrikaans opgespoor kon word, is, ter wille van die bied van 'n kritiese oorsig daaroor en die blootlegging van verbande daartussen, chronologies georden en gekommentarieer.

(5)

Die tweede doelstelling van hierdie studie is die omskrywing van die konsep Standaardafrikaans vanuit 'n Hallidayaanse perspektief. Nadat relevante aspekte van Halliday se sistemies­ funksionele taalmodel uiteengesit is, is 'n definisie van Standaardafrikaans in terme daarvan geformuleer.

Omdat die gemene-deler-definisie nie die uiteenlopende standpunte van linguiste verreken nie, en bepaalde agtergrondskennis 'n voorvereiste vir volledige begrip van die Hallidayaanse definisie is, is 'n derde, integrerende definisie geformuleer. In laasgenoemde definisie is die kern van die konsep Standaardafrikaans (soos wat dit uit hierdie studie na vore getree het) in maklik verstaanbare taal vasgevat, sodat veral onderwysers (die hoofoordraers van die konsep Standaardafrikaans), maar ook ander taalnormeerders, daaruit 'n duidelike beeld van die vorm, funksie en status van Standaardafrikaans kan verkry.

Sleutelterme: Standaardtaal, standaardvarieteit, Standaardafrikaans, Standaardengels en Standaardnederlands.

(6)

INHOUDSOPGAWE

HOOFSTUK 1: INLEIDING

1.1 Probleemstelling ... 1

1.1.1 Standaardafrikaans: 'n problematiese konsep ... 1

1.1.2 Relevansie van hierdie studie ... 2

1.2 'n Oorsig oor die botsende standpunte van linguiste ... 3

1.2.1 Die mate van inklusiwiteit. ... 3

1.2.2 Standaardtaal: fokale varieteit? ... 4

1.2.3 Standaardtaal: ideaal of werklikheid? ... 4

1.3 Leemtes in die Afrikaanse vakliteratuur... 5

1.3.1 'n Naslaanbron ... 5

1.3.2 'n Chronologiese oorsig ... 5

1.3.3 Die ontginning van insigte vanuit Nederlandse en Engelse standaardtaalperspektief... 5

1.3.4 Die wenslikheid van 'n algemeen aanvaarde definisie van Standaardafrikaans ... 5

1.3.5 StandaardafrikaanslAfrikaans in sistemies-funksionele perspektief ... 6

1.4 Doelstellings ... 8

1.5 Sentraal-teoretiese stellings ... 8

1.6 Terminoiogieverklaring ...~... 9

1.7 Ondersoekmetode en dokumenteringswyse ... 10

1.8 Samevatting ... 12

HOOFSTUK 2: ORDENING EN INPERSPEKTIEFSTELLING V AN DEFINISIES, SKEMATIESE VOORSTELLINGS EN ANDERSOORTIGE OMSKRYWINGS 2.1 Inleiding ... 14

2.1.1 Inkleding van hierdie hoofstuk ... 14

2.1.2 Presisering van die begrip definisie ... 15

2.2 Definisies ... 16

2.2.1 Definisies van die konsep standaardtaal ... 16

2.2.2 Definisies van Standaardengels ... 37

2.2.3 Definisies van Standaardnederlands... ... 54

2.2.4 Definisies van die konsep Standaardafrikaans: 'n inperspektiefstellende situering ... 59

2.3 Skematiese voorstellings ... 112

2.3.1 'n Sirkel met speke: die multidimensionaliteit van die konsep standaardtaal ... 113

2.3.2 Konsentriese sirkels: Standaardvarieteite as algemeen gebruiklike en algemeen bruikbare kernstandaarde ... 116

2.3.3 Driehoeke: Statusverskille tussen standaard- en niestandaardvarieteite ... 127

2.3.4 Skematiese voorstellings van allerlei aard wat statusverskille op die vertikale vlak aandui: standaardvarieteite teenoor niestandaardvarieteite ... 129

2.3.5 'n Reguitlyn (klien): Statusverskille op die horisontale vlak in terme van die akrolek -mesolek -basilek -kontinuum ... 132

(7)

2.3.6 Visuele voorstellings ter illustrasie van die gelykwaardigheid van

standaard- en niestandaardvarieteite ... 135

2.3.7 'n Diagrammatiese analise van die tipes varieteite binne die repertoire van Afrikaans ... 138

2.3.8 'n Kegel: standaardtaal as sinekdogelese varieteit.. ... 139

2.3.9 Die tweeslagtige aard van die konsep standaardtaal in beeld: geInstitusionaliseerd en niegeInstitusionaliseerd ... 141

2.4 Niedefinisiematige omskrywings van en opmerkings oor die konsep standaardtaal ... 146

2.4.1 Inleiding ... 146

2.4.2 Aspekte rakende konsep standaardtaal waaroor linguiste eenstemmig is ... 147

2.4.3 Aspekte rakende die konsep standaardtaal waaroor linguiste verskil.. ... 150

2.5 Samevatting...•...•....•...•...•...•....•...•...•...•...•... 175

HOOFSTUK 3: OPVATTINGS OOR DIE KONSEP STANDAARDAFRIKAANS GEDURENDE DIE 20STE EEU 3.1 Inleiding .••.•...•...•.••...•.•...•...•... 190

3.2 Tendensmatige veranderinge t.o.v. opvattings oor die konsep Standaard­ afrikaans ... 190

3.2.1 Terminologiese verandering ... 191

3.2.2 Van algemeen-beskaafde na algemeen bruikbare taalvorm... 191

3.2.3 Van ontoeganklike superieure taalvorm na gelykwaardige varieteit ... 192

3.2.4 AB-Afrikaans 'Chomskyaans' en Standaardafrikaans 'Laboviaans'? ... 193

3.2.5 Die swaai van AB-Afrikaans na Standaardafrikaans: 'n klemverskuiwing ... 196

3.2.6 Standaardafrikaans word' n inklusiewer begrip ... 196

3.2.7 Die standaarduitspraak van Afrikaans word 'n ruimer begrip ... 198

3.2.8 Die veranderde verhouding van Standaardafrikaans tot Nederlands en Engels onderskeidelik ... 201

3.2.9 Die invloed van die Suid-Afrikaanse sosiopolitieke bestel op die verskillende sienings van Standaardafrikaans ... 203

3.3 Samevatting•...•....•.•....••.•...•••.•••.•••..•••.••.•••....••••.••..•.••.••••.•.•.•...••...••••... 205

HOOFSTUK 4: OPV ATTINGS OOR DIE KONSEP STANDAARDTAAL: DIE GEMENE DELERS 4.1 Inleiding ...•...••...•...•..••...••••••..•••••••..••.•••••••.••.••••.•..•••.•••.••••..•••••.•••....•.•...•.••.•. 209

4.2 Standaardafrikaans en ander standaardtale: ontwikkelingsooreenkomste... 210

4.3 Die konsep standaardtaal: gemene delers ... 214

4.3.1 Standaardtaal as statusvarieteit.. ... 214

4.3.2 Die algemene bruikbaarheid en verstaanbaarheid van standaardtale ... 218

4.3.3 Die gekodifiseerdheid van standaardvarieteite ... 220

4.3.4 Standaardtaal: sekonder verworwe varieteit.. ... 222

4.3.5 Die mate van inklusiwiteit van standaardvarieteite ... 223

4.3.6 Standaardtaal: ideaal of werklikheid? ... 229

4.4 Samevatting van gemene deters en 'n 'teenspraakvrye' definisie van die konsep Standaardafrikaans ... 237

(8)

HOOFSTUK 5: 'N HALLIDA YAANSE PERSPEKTIEF OP DIE KONSEP STANDAARDTAAUSTANDAARDAFRIKAANS

5.1 Inleiding ... 245

5.2 Waarom Halliday se taalmodel? ... 245

5.2.1 Bruikbaarheid binne Suid-Afrikaanse skole ... 246

5.2.2 Ooreenkomste tussen die Hallidayaanse taalmodel en taalonderrig binne die UGO-model ... 246

5.3 Waarom nie ander taalmodelle nie? ... 255

5.3.1 Die moontlikheid van 'n Laboviaanse modeL ... 255

5.3.2 Die moontlikheid van die funksiegeorienteerde/funksionalistiese Praagse Skool ... 256

5.3.3 Die moontlikheid van ander funksiegeorienteerde benaderings ... 258

5.3.4 Waarom is slegs funksiegeorienteerde taalbenaderings ondersoek? ... 259

5.4 Halliday se sistemies-funksionele taalmodel ... 259

5.4.1 Inleiding ... 259

5.4.2 Halliday as teenpool van Chomsky ... 260

5.4.3 Relevante aspekte van Halliday se sistemies-funksionele taalmode1.. ... 261

5.5 'n Hallidayaanse perspektief op die konsep Standaardafrikaansl standaardtaal ... 284

5.5.1 'n Opsomrning van toepaslike aspekte van die Hallidayaanse modeL ... 285

5.5.2 Standaardafrikaans in Hallidayaanse terme ... 287

5.5.3 'n Hallidayaanse definisie van die konsep Standaardafrikaans ... 294

5.6 Die bruikbaarheid van die Hallidayaanse definisie binne die UGO­ benadering... 295

5.7 Samevatting... 297

HOOFSTUK 6: SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKINGS 6.1 Hoofdoel van studie •••••••••••••..••••••••.•••••••••••••••••.•••....•.•••.•••.•..•••••••••.••••••••.•.•••.•.••••••• 306

6.2 Titel ... 307

6.3 '0 Kritiese oorsig: byeenhring en ordening ... 307

6.3.1 Standaardengels en Standaardnederlands ook betrek ... 307

6.3.2 Definisies, skematiese voorstellings en niedefinisiematige omskrywings ... 308

6.4 Tendensmatige verandering t.o. v. opvattings oor die konsep Standaardafrikaans ... 312

6.5 Ooreenstemmende ontwikkelingstendense: Standaardafrikaans, Standaardengels en Standaardnederlands ... 314

6.6 Opvattings oor die konsep standaardtaal: die gemene delers ... 315

6.7 Opvattings oor die konsep standaardtaal: die uiteenlopende standpunte ... 319

6.8 Die gemene delers as basis van 'n definisie van die konsep Standaardafrikaans ... 319

6.9 Standaardafrikaans vanuit Hallidayaanse perspektief: 'n bruikbare model?... 320

(9)

6.10 'n Vergelyking van die Hallidayaanse en die gemene-deler-definisie ... 325

6.11 Gevolgtrekking rakende die vorm,Junksie en status van standaardvarieteite ...•...•.•...•....•...•.•....•.•...••••...••••.•.•••...• 328

6.11.1 Die funksie van standaardvarieteite ... 329

6.11.2 Die vorm van standaardvarieteite ... 329

6.11.3 Die status van standaardvarieteite ... 331

6.12 Gevolgtrekking rakende die ge'idealiseerde of reele aard van Standaardafrikaans ... " ... 332

6.13 '0 Bruikbare definisie vir onderwysers ... 334

6.14 Gevolgtrekking oor die bydrae van hierdie stu die ... 335

6.15 Leemtes en aanbevelings •....•...•..•...•.•....••....•.•...•.•...•.•..•...••••...••••.•••.•...•... 337

(10)

HOOFSTUK 1

Inleiding

1.1 Probleemstelling

1.1.1 Standaardafrikaans: 'n problematiese konsep

Linguiste is dit met mekaar eens dat standaardtaal een van die moeilikste taalkundige begrippe is om te definieer (Van Coetsem, 1990:13; Odendal, 1992:18; Carstens, 1993:118; De Beaugrande, 1997:449 en McArthur, 1998:118-119).

Die problematiek rondom die konsep standaardtaal word ge"intensiveer deur die feit dat verskillende linguiste verskillende betekenisse aan die term standaardtaal heg (Thomas, 1991: 10) en deur die feit dat linguiste hulself selfs soms weerspreek (Webb, 1983:372). Sommige linguiste beskou standaardtaal byvoorbeeld as 'n "ge"idealiseerde norm" van hoe taalgebruikers die betrokke taal behoort te gebruik (vgl. o.a. Van Rensburg, 1983: 135; Milroy & Milroy, 1985:22-23; Stroop, 1990:164; Jeffrey, 1995:89 en Du Plessis, 1999) terwyl ander linguiste presies die teenoorgestelde siening van standaardtaal het. Die laasgenoemde groep linguiste beskou standaardtaal naamlik as 'n vorm van taalgebruik-in-die-werklikheid, wat inderdaad daagliks in algemene omgang gebruik word (vgl. o.a. Coetzee, 1982:274-281; Van der Plank, 1985:114; Webb & De Villiers, 1985:193-197; Crowley, 1997:21 en Van Bree, 1996:39).

Die terme standaardtaal en Standaardafrikaans word dikwels ook gebruik sonder om dit behoorlik te definieer. In die bekende RSG-program, Die tale wat ons praat (uitgesaai op 22 Maart 1998) vra Anton Prinsloo byvoorbeeld - sonder om die term te definieer - aan prof. Johan Combrink, voorsitter van die Taalkommissie of die Taalkommissie hulle net met Standaardafrikaans besig hou. Combrink se antwoord dat die opdrag van die Taalkommissie die hele Afrikaans insluit, werp ook nie lig op die presiese betekenis van die begrip Standaardafrikaans nie. In 'n gesaghebbende bron oor die uitkomsgebaseerde onderrig­ benadering wat tans in Suid-Afrikaanse skole ge"implementeer word, word aangevoer dat taalonderrig leerders onder andere moet bemagtig om "standard forms of language where

(11)

appropriate" (Department of Education, 1997:LLCI -2) te kan gebruik, maar geen poging word aangewend om die se1fs 'n werksdefinisie van die konsep standaardtaa1 te verskaf nie. (Vgl. hieroor ook Antonissen en Gough, 1998:40.) Se1fs in die jongste uitgawe van die A WS

(1991: 11), wat as die gesagsbron oor geskrewe Afrikaans beskou word, word die term Standaardafrikaans in die formu1ering van die derde grondbeginse1 van die Afrikaanse spelling gebruik, sonder om presies te definieer wat die Taa1kommissie daaronder verstaan.

1.1.2 Re1evansie van hierdie studie

Vanwee die veranderde Suid-Afrikaanse sosiopo1itiese beste1 sedert 19942 is Standaard­ afrikaans, wat in sy huidige vorm nie as nasiona1e simboo13 van a1 sy sprekers kan dien nie, in die branding. Sommige linguiste (vgl. o.a. Van Rensburg, 1991; Links, 1992:4-8 en Kroes, 1995:275) ste1 byvoorbee1d voor dat Standaardafrikaans met e1emente uit sy Afrikavarieteite verruim moet word, of se1fs dat sy dia1ektiese basis na Kaapse Afrikaans verander moet word (vgl. Ponelis, 1998:68).

Odenda1 (1996a:6) wys op ander fa sette van die huidige Standaardafrikaans wat sal moet verander sodat Standaardafrikaans aan die vereistes van die veranderde maatskappy kan vol­ doen: dit sal minder "boektaa1" en minder eksk1usief moet wees.

Meiring (1991:41) en Stander (1998:10-11) is se1fs van mening dat die intertaa1vorm van nie­ moedertaa1sprekers van Afrikaans, wat Standaardafrikaans as doe1wittaa1 het, as varieteite van Standaardafrikaans beskou moet word.

Hierdie herbesinning oor die konsep Standaardafrikaans is reeds in die vroee tagtigerjare deur Coetzee (1982:271-289) gelnisieer. Sedert hierdie artike1, waardeur die konsep Standaard­ afrikaans volledig van sy "a1gemeen-beskaafde"-worte1s losgemaak is, het 'n groot aanta1 pub1ikasies oor die konsep Standaardafrikaans verskyn (vgl. o.a. Webb & De Villiers, 1985; Odenda1, 1992, Carstens, 1993; Van der Rheede, 1994; Biye1a, 1995; Kroes, 1995; Odenda1, ] 996b; Prins1oo, 1997 en Pone1is, 1998). Dft op sigse1f is bewys daarvan dat die wetenskaplike gesprek oor die konsep Standaardafrikaans nog glad nie afges1uit is nie.

(12)

oordraging van Standaardafrikaans deur die onderwys word egter bemoeilik deur die problematiek wat die konsepte Standaardafrikaans en standaardtaal ornring.

Die konsepte Standaardafrikaans en standaardtaal is problematies omdat (taal)onderwysers verskillende opvattings daaroor het; omdat botsende standpunte van linguiste oor hierdie konsepte taalonderwysers (en ander taalnormeerders) verwar; en omdat algemeen aanvaarde leidinggewende definisies daarvan ontbreek. Om hierdie rede word daar in hierdie stu die gepoog om die onduidelikheide en teenstrydighede wat hierdie konsepte omring, grotendeels uit die weg te ruim.

1.2 'n Oorsig oor die botsende standpunte van Iinguiste

In die Afrikaanse, Engelse, Nederlandse en Duitse vakliteratuur word die ondersoeker gekonfronteer met botsende en verwarrende standpunte van linguiste oor die konsep standaardtaal, Standaardafrikaans, Standaardnederlands en Standaardengels onderskeidelik.

Uit die nagevorsde literatuur blyk dit dat linguiste se sienings van die algemene konsep standaardtaal, sowel as van die taalspesifieke konsepte Standaardafrikaans, Standaardengels en

Standaardnederlands veral oor die volgende drie sleutelkwessies uiteenloop:

(i) In watter mate is standaardtaal (of eintlik die standaardvarieteit van 'n bepaalde taal) 'n inklusiewe begrip?

(ii) Het standaardvarieteite fokale of natuurlike sprekers, of word standaardvarieteite van bepaalde tale deur al hulle sprekers as 'kunsmatige' taalvorme of skool aangeleer?

(iii) Verwys die term standaardtaal na 'n ideaal ('n ge"idealiseerde norm), of na 'n empiries waarneembare entiteit, wat daagliks as kommunikasiemiddel aangewend word?

1.2.1 Die mate van inklusiwiteit

Oor die mate van inklusiwiteit wat met standaardvarieteite verbind behoort word, het linguiste enger, wyer, of besonder wye beskouings. Volgens die enger opvatting is standaardvarieteite eksklusief hoefunksievarieteite (vgl. o.a. Milroy & Milroy, 1985:54; Van Leuvensteijn & Berns, 1990:13; Combrink, 1997:13; Ponelis, 1998:4 en Du Plessis, 1999). Volgens die wyer beskouing van die konsep standaardtaal is standaardvarieteite taalvorme wat in hoe- en laefunksie­

(13)

kommunikasiesituasies gebruik kan word (vgl. o.a. Coetzee, 1982:280; De ViIliers, 1985: 100; Webb & De Villiers, 1985:202; Carstens, 1993:128-131). Vanuit'n besonder wye perspektief beskou, beskik standaardvarieteite oor 'n volledige registerrepertoire, van hoogs formeel tot hoogs informeel (vgl. o.a. Trudgill, 1983:17; Stubbs, 1990:561; Stander, 1990:145; Titlestadt, 1995:181 en Honey, 1997:1).

In ooreenstemming met die standpunte wat linguiste in verband met die "gei"dealiseerde" of reele aard van standaardtaal inneem, huldig hulle ook verskillende menings wat die mate van uitspraakinklusiwiteit en leksikale inklusiwiteit van standaardtale betref. Hierdie kwessie word in hoofstuk twee (par. 2.4.3.1.2), sowel as in hoofstuk vier (par. 4.3.5) aangeroer.

1.2.2 Standaardtaal: fokale varieteit?

Ook oor hierdie aspek verskil Iinguiste van mekaar. Sommige linguiste beantwoord die bostaande vraag met 'n besliste nee, omdat hulle standaardvarieteite as eksklusief hoefunksievarieteite beskou, wat op skool as 'n soort 'tweede' taal aangeleer moet word (vgl. o.a. Halliday, 1984a:vi; Daniels, 1994:18-19; Webb & De Vi11iers, 1985:197 en Ponelis, 1998:4). Ander linguiste beskou standaardvarieteite weI as fokale varieteite. Van Bree (1996:32) praat byvoorbeeld van "standaardtaalgezinnen" en Joseph (1981 :63) beskou die standaardvarieteit van 'n bepaalde taal as "the one focal to the people of power and prestige".

Coetzee (1982:271) wys, met verwysing na Algemeen-beskaafde Afrikaans, daarop dat so 'n situasie, waarin sommige sprekers moedertaalsprekers van die standaardvarieteit is, meebring dat die betrokke standaardvarieteit vir ander gebruikers van die taal 'n "haas onbereikbare ideaal" is, terwyl die moedertaal- of fokale sprekers daarvan hulle glad nie oor taalvorme hoef te bekommer nie.

1.2.3 Standaardtaal: ideaal of werklikheid?

Du Plessis (1995:34) vat 'n belangrike saak raak, wanneer hy daarop wys dat linguiste se antwoorde op die vraag na die "gei"dealiseerde" of reele aard van standaardtaal die oorsprong is van die uiteenlopende standpunte wat linguiste oor ander aspekte van die konsep standaardtaal huldig.

(14)

verskillende linguiste in verskillende bronne as absolute en as relatiewe norme, as prototipes en as kernstandaarde, as homogene en as heterogene entiteite, as konteksneutrale en as konteksafuanklike varieteite beskryf word.

In die literatuur word ook 'n derde standpunt oor die geYdeaIiseerde of reele aard van standaard­ tale aangetref. 'n Klein groepie linguiste (vgl. o.a. Traugott & Pratt, 1980:324-325; Van Coetsem, 1990: 10; McArthur, 1992:982 en Carstens, 1993: 136) beskou standaardtale naamlik as navolgingswaardige modelle en as vorme van werklike taalgebruik.

1.3 Leemtes in die Afrikaanse vakliteratuur

In verband met die tema van hierdie studie kan daar, na die mening van hierdie navorser, vyf Ieemtes in die Afrikaanse vakliteratuur gei'dentifiseer word:

1.3.1 'n Naslaanbron

Tot op hede is die groot verskeidenheid inligting oor verskillende Iinguiste se sienings van die konsep Standaardafrikaans, wat oor die Afrikaanse taaikundige vakliteratuur verspreid Ie, nie in een sentrale bron byeengebring nie.

1.3.2 'n Chronologiese oorsig

Daar bestaan ook nie 'n bron waarin 'n omvattende chronologiese oorsig gegee word oor Afrikaanse linguiste se sienings van die konsep Standaardafrikaans nie.

1.3.3 Die ontginning van insigte vanuit Nederlandse en Engelse standaardtaalperspektief Hoewel Nederlands en Engels die twee tale is wat (gedurende verskillende fases van die twintigste eeu) die grootste invioed op die normering van Afrikaans gehad het, word die konsep Standaardafrikaans in geen bron, op 'n indringende wyse, met twintigste-eeuse opvattings oor die konsepte Standaardnederlands en Standaardengels onderskeidelik in verband gebring nie. Na die mening van hierdie navorser sou s6 'n studie kon meehelp om Afrikaanse linguiste se sienings van die konsep Standaardafrikaans te interpreteer, en veral te orden.

1.3.4 Die wenslikheid van 'n algemeen aanvaarde definisie van Standaardafrikaans

Aangesien dit veral onderwysers is wat standaardvarieteite van tale aan potensiele standaardtaalgebruikers oordra, is dit, na die mening van hierdie navorser, noodsaaklik dat 'n

(15)

definisie van Standaardafrikaans, waarmee soveel as moontlik Afrikaanse linguiste hulle kan vereenselwig, geformuleer word, sodat dit landswyd as uitgangspunt vir die onderrig van Standaardafrikaans gebruik kan word. 'n Definisie wat op die gemene delers van linguiste se sienings oor die konsep Standaardafrikaans gebaseer is, sou hierdie funksie kon vervul.

1.3.5 StandaardafrikaanslAfrikaans in sistemies-funksionele perspektief

Hoewel die Engelse linguis M.A.K. Halliday en die sistemies-funksionele linguistiek interna­ sionale bekendheid en aansien geniet, word daar in die Afrikaanse literatuur min gewag gemaak van Halliday. Sy sistemies-funksionele taalmodel word, na die wete van hierdie navorser, in geen bron met die konsep Standaardafrikaans in verband gebring nie.

1.3.5.1 'n Bekendstelling van die sistemies-funksionele linguistiek

Die sistemies-funksionele linguistiek het in die vroee sestigerjare van die twintigste eeu deur die werk van M.A.K. Halliday in Brittanje sy beslag gekry. Halliday is aanvanklik sterk deur die antropoloog, Malinowski (die skepper van die konsepte "context of situation" en "context of culture"), Firth (die eerste professor in Linguistiek in Brittanje), die Praagse Skool, Hjelmslev en Whorf belnvloed (Matthiessen & Bateman, 1991 :3).

Die sistemies-funksionele linguistiek is die teen pool van die Transformasioneel-Generatiewe Grammatika. Laasgenoemde is 'n manifestasie van die filosofies-Iogiese benadering van taal, waarvolgens sterk onderskeid getref word tussen die ideale en die werklike (tussen competence en performance), terwyl eersgenoemde taal vanuit 'n etnografies-retoriese perspektief benader, waarvolgens die gaping tussen die ideale en die werklike geminimaliseer word (Halliday, 1984b:2-4).

Binne die sistemies-funksionele linguistiek word taal nie as 'n sisteem van reels beskou nie, maar as 'n sisteem van betekenisopsies, wat die besit is van 'n hele taalgemeenskap. Hierdie sisteem van betekenisopsies is ingebed in die kultuur van 'n bepaalde taal (Halliday, 1984b:5-6). Die sistemies-funksionele grammatika is 'n 'natuurlike' grammatika, in die sin dat elke onderdeel daarvan verduidelik kan word in terme van die betekenisfunksie wat dit vervul (Halliday, 1994:xiii). Halliday beskou 'n taal (soos Afrikaans) nie as 'n sisteem van taalvorme waaraan betekenisse geheg word nie, maar 'n sisteem van betekenisse, vergesel van taalvorme

(16)

waardeur die betekenisse gerealiseer kan word, of tot uitdrukking gebring kan word (Halliday, 1994:xiv).

Die waarde van 'n Ha1lidayaanse perspektief op Standaardafrikaans

Waarom sou dit sin he om Standaardafrikaans vanuit 'n Hallidayaanse of sistemies-funksionele perspektief te ondersoek?

So 'n ondersoek maak eerstens sin omdat 'n Hallidayaanse definisie van Standaardafrikaans na aIle waarskynlikheid baie goed binne die uitkomsgebaseerde4 onderwysbenadering, wat tans in Suid-Afrikaanse skole gevolg word, sal pas. Binne Halliday se sistemies-funksionele taalmodel, sowel as binne 'n uitkomsgebaseerde onderrigbenadering, val die klem naamlik op die betekenisgewende funksie van taal binne verskillende kontekste, en om 'n holistiese benadering van taal as teks binne konteks.

Hierdie ondersoek het 'n tweede nut: dit plaas Afrikaans binne die kader van 'n lewenskragtige, relevante, internasionale linguistiese skool.

1.3.5.2 Motivering van die lewenskragtigheid van die sistemies-funksionele linguistiek Ter stawing van die relevansie en lewenskragtigheid van die sistemies-funksionele linguistiek (wat reeds in die sestigerjare van die twintigste eeu sy beslag gekry het) kan 'n reeks argumente aangevoer word:

(i) Gedurende Julie 2000 is The 27th International Systemic Functional Linguistics Congress by die Universiteit van Melbourne gehou.

(ii) Hierdie navorser het op 10 Desember 1998 op die Internet 'n byna l00-bladsye-Iange, geselekteerde bibliografie van internasionale publikasies oor die sistemies-funksionele linguistiek opgespoor. Hierdie bibliografie is op 28 Maart 1997 deur M.A.K. Halliday, C.M.I.M. Matthiessen en Alice Caffarel op die netwerk geplaas. Op 23 November 1999 is 'n aanvulling5, getiteld Recent Publications, wat op 22 November 1999 opgedateer is, opgespoor. Hierdie lys bevat artikels, voordragte, tesisse en selfs CD-ROM's.

(iii) Sedert 1997 tree Roy O. Freedle as reeksredakteur van die bekende Advances in Discourse Processes op. ' n Hele aantal van hierdie volumes, waarvan die jongste een in 2000 verskyn het, is aan die sistemies-funksionele linguistiek gewy. Die 22ste6 volume

(17)

(1989), die 50ste volume (1995) en die 57ste volume (1996) van hierdie reeks is aan Michael Halliday opgedra.

(iv) Ons lewe in die eeu van rekenaars en die sistemies-funksionele grammatika is by uitstek geskik vir rekenaarmatige teksgenerasie juis omdat elke laag van die linguistiese sisteem binne die sistemies-funksionele taalmodel georganiseer is as 'n netwerk van interafuank­ like keuses (Matthiessen & Bateman, 1991 :4).

(v) M.A.K. Halliday het teen 1989 reeds meer as honderd internasionale publikasies die lig laat sien. (Vg1. in die verband die Iys van publikasies wat deur Hasan en Martin saamge­ stel is.)

(vi) Doelstellings

Soos dit uit die titel van hierdie proefskrif blyk, het hierdie stu die 'n tweerlei doel:

(i) Die bied van 'n kritiese oorsig oor linguiste se sienings van die konsep Standaard­ afrikaans (en van die verwante konsepte standaardtaal, Standaardnederlands en Stan­ daardengels), deur middel van 'n byeengebring, ordening en inperspektiefstelling van sodanige sienings, sodat gemene delers ten opsigte van linguiste se sienings van die konsep Standaardafrikaans (en van die verwante konsepte standaardtaal, Standaard­ engels en Standaardnederlands) geYdentifiseer kan word, in terme waarvan 'n definisie van die konsep Standaardafrikaans geformuleer kan word.

Oi) 'n Uiteensetting van relevante aspekte van Halliday se sistemies-funksionele taalmodel sodat 'n definisie van die konsep Standaardafrikaans, wat binne 'n uitkomsgebaseerde onderrigmode17 bruikbaar sou kon wees, in terme daarvan geformuleer kan word.

(vii) Sentraal-teoretiese stellings

Hierdie studie gaan uit van die tese dat die verwarring wat daar tans ten opsigte van die konsep Standaardafrikaans bestaan, grootliks opgeklaar sou kon word deur middel van 'n ordening en perspektiefstelling van die uiteenlopende omskrywings daarvan deur verskillende linguiste.

Hierdie navorser is van oordeel dat 'n aantal gemene delers uit die uiteenlopende omskrywings van linguiste van die konsep Standaardafrikaans (en van die verwante konsepte standaardtaal, Standaardnederlands en Standaardengels) sal uitkristalliseer, sodat 'n definisie van die konsep

(18)

Standaardajrikaans, wat algemeen vir linguiste aanvaarbaar is, in terme daarvan geformuleer kan word.

Funksionele betekenisgewing binne bepaalde sosiale kontekste staan binne 'n sistemies­ funksionele model, sowel as binne 'n uitkomsgebaseerde taalonderrigmodel, sentraal. Op grond hiervan word daar in hierdie studie uitgegaan van die veronderstelling dat 'n definisie van die konsep Standaardafrikaans, wat in terme van Halliday se sistemies-funksionele taalmodel geformuleer is, binne die huidige uitkomsgebaseerde Suid-Afrikaanse onderwysbenadering bruikbaar behoort te wees.

(viii) Terminologieverklaring

Die term varieteit word gebruik volgens die betekenis wat Du Plessis (1995: 14) daaraan heg. Hiervolgens is dit 'n neutrale term, wat geen waarde-oordeel veronderstel nie, maar bloot verwys na "'n stel linguistiese items met 'n ooreenstemmende geografiese en/of sosiale en/of taalkontakverspreiding" .

Hoewel taal normaalweg as groter eenheid as 'n varieteit beskou word, in die sin dat 'n bepaalde taal 'n groot aantal varieteite insluit, word die terme standaardtaal en standaardvariifteit dikwels deur linguiste as sinonieme begrippe gebruik. Die frase "Engels is 'n standaardtaal" beteken nie dat Engels net oor 'n standaardvarieteit beskik nie, maar dat die volle repertoire van Engels ook 'n standaardvarieteit insluit.

Die terme standaardtaal en standaardvarieteit word vir die doel van hierdie studie as sinonieme beskou, in die sin dat beide na die standaardvorm van ' n bepaalde taal verwys.

Die term geolek word met verwysing na 'n geografiese varieteit van 'n taal gebruik en die term sosiolek met verwysing na 'n sosiale varieteit.

Die terme register en registervarieteit word met verwysing na die aard van die sosiale situasie gebruik en die terme styl of stilistiese varieteit met verwysing na die vlak van formaliteit van die taalgebruik.

In hoofstuk vyf word die terme dialek en register volgens die betekenisse wat Halliday daaraan heg, gebruik. Daarvolgens is registers gebruiksvarieteite en dialekte gebruikersvarieteite.

(19)

(ix) Ondersoekmetode en dokumenteringswyse

Aangesien hierdie navorser nie toegerus is om 'n landswye kwantitatiewe ondersoek oor taalgebruikers, of selfs net onderwysers, se sienings van die konsep Standaardafrikaans te doen nie, en omdat die deursneetaalgebruiker juis nie oor sulke konsepte besin nie, word relevante uitsprake van linguiste in hierdie studie ondersoek.

Deur middel van rekenaarsoektogte en die opvolging van die bibliografiese gegewens wat in die opgespoorde bronne (boeke, artikels, woordeboeke en ensiklopediee) gevind is, is soveel as moontlik definisies en andersoortige omskrywings van die algemener konsep standaardtaal, sowel as van die taalspesifieke konsepte Standaardafrikaans, Standaardengels en Standaard­ nederlands, versamel.

Dit is as vanselfsprekend aanvaar dat inligting oor linguiste se sienings van die konsep standaardtaal by hierdie studie betrek moes word, en omskrywings van die konsepte Standaardnederlands en Standaardengels is om twee redes by hierdie studie gelnkorporeer: enersyds ter wille van die lig wat dit op die konsep Standaardafrikaans werp, en andersyds op grond van die feit dat Engels en Nederlands die twee tale is wat die grootse invloed op die normering van Afrikaans uitgeoefen het (of nog steeds uitoefen).

'n Metode moes gevind word om die omvattende en gediversifiseerde data (wat alles in hoofstuk twee opgeteken is) te orden.

In die eerste plek is 'n onderskeid getref tussen definisies, skematiese voorstel1ings en niedefinisiematige omskrywings van die konsepte standaardtaal, Standaardafrikaans, Standaardnederlands en Standaardengels. Die verskillende tipes omskrywings is afsonderlik gelys (vgl. par. 2.2, 2.3 en 2.4 onderskeidelik).

In die tweede plek is die definisies (d.i. kompakte samevattings van die wesenskenmerke) van die konsepte standaardtaal, Standaardafrikaans, Standaardengels en Standaardnederlands onderskeidelik afsonderlik gelys, chronologies georden en geYndekseer (vgl. par. 2.1-2.2.4). Definisies van die konsepte standaardtaal, Standaardafrikaans, Standaardengels en Standaard­ nederlands is onderskeidelik deur die simbole S, A, E, en N aangedui, en binne taalverband in chronologiese volgorde genommer.

(20)

Daarna is die niedefinisiematige omskrywings, sowel as die skematiese voorstellings van die konsepte, op gei'ntegreerde wyse, volgens tematiese samehange georden. Die skematiese voorstellings verskyn in par. 2.3.1 - 2.3.9 en die niedefinisiematige omskrywings in par. 2.4. Aangesien die hoofklem op die konsep Standaardafrikaans val, en aangesien slegs 16 definisies van die konsep Standaardafrikaans opgespoor kon word (waarvan die meeste ml 1980 geformuleer is), word die definisies van die konsep Standaardafrikaans voorafgegaan deur 'n chronologiese oorsig oor die uitsprake wat sedert die eerste normering en kodifikasie van Afrikaans tot vandag (2000) oor die konsep Standaardafrikaans gemaak is (vgl. par. 2.2.4.2). Een van die hoofdoelstellings van hierdie studie is die bied van 'n kritiese oorsig oor linguiste se opvauings oor die konsep Standaardafrikaans. Sonder hierdie chronologiese oorsig sou dit nie moontlik gewees het om so 'n kritiese oorsig te bied nie.

In hoofstuk drie word die data wat in hierdie oorsig vervat is, met die gelyste definisies en skematiese voorstellings van die konsep Standaardafrikaans ge·integreer en s6danig georden, dat die tendensmatige veranderinge wat deur die loop van die twintigste eeu Lo.v. linguiste se opvauings van die konsep Standaardafrikaans plaasgevind het, duidelik na vore gebring kan word. Hoofstuk drie is dus in 'n groot mate die verwesenliking van die doelstelling waarna daar in die eerste deel van hierdie proefskrif verwys word: die bied van 'n kritiese oorsig oor linguiste se sienings van die konsep Standaardafrikaans.

Al die data wat in hoofstuk twee vervat is, word in hoofstuk vier op s6 'n wyse saamgevat dat die aspekte i.v.m. die konsep standaardtaal waaroor linguiste saamstem (d.w.s. die gemene delers t.o.v. hulle beskouings), sowel as die aspekte i.v.m. die konsep standaardtaal waaroor hulle verskil, na vore gebring word. Hoofstuk vier kulmineer in die formulering van 'n definisie van die konsep Standaardafrikaans in terme van die gemene delers wat t.o.v. linguiste se sienings van die konsep standaardtaal g6dentifiseer is.

Hoofstuk vyf word aan die verwesenliking van die tweede doelstelling van hierdie studie gewy, d.i. aan die omskrywing van die konsep Standaardafrikaans vanuit 'n Hallidayaanse perspektief. Soos hoofstuk vier loop hoofstuk vyf uit op die formulering van 'n definisie van die konsep Standaardafrikaans, die keer in terrne van Halliday se sistemies-funksionele taalmodel.

In die slothoofstuk (hoofstuk 6) word die insigte waartoe hierdie navorser deur die loop van hierdie studie gekom het, saamgevaL

(21)

Samevatting

Die leser is In hierdie hoofstuk bekend gestel aan die probleemveld wat in hierdie stu die

ondersoek word: die problematiese konsep Standaardafrikaans (vgl. par. 1.1.1 en 1.2). 'n Kort oorsig is gegee oor sleutelkwessies rakende die konsepte Standaardafrikaans en standaardtaal waaroor linguiste verskillende standpunte het.

Daar is ook aangedui waarom dit (tans) sin maak om die problematiek rondom die konsep Standaardafrikaans te probeer opklaar, en in watter opsigte hierdie studie 'n bydrae tot die Afrikaanse vakliteratuur sou kon lewer.

Die funksionele benadering van die sistemies-funksionele linguistiek is kortliks teenoor die strukturele benadering van die Transformasioneel-Generatiewe Grammatika gestel (vgl. par. l.3.5.1). Argumente is aangevoer waarom dit sin maak om Afrikaans met die sistemies­ funksionele linguistiek in verband te bring en om die konsep Standaardafrikaans vanuit Hallidayaanse perspektief te probeer definieer.

Nadat die doelstellings en uitgangspunte van hierdie stu die verwoord is (vgl. par. 1.4 en 1.5), is die ondersoekmetode, sowel as die wyse waarop die versamelde data in die afsonderlike hoofstukke opgeteken, toegelig en georden gaan word, verduidelik (vgl. par. 1.7).

Die betekenisse wat in die studie aan vakterme soos taal, variiiteit, standaardtaal, standaard­ varieteit, registeriregistervarieteit, styllstilistiese varieteit, geolek en sosiolek geheg word, is in paragraaf 1.7 verklaar.

Eindnote

I Aangesien die bladsye oor elke leerarea in hierdie dokument apart genumeer is, word die betrokke leerarea se afkorting telkens vooraan gevoeg. LLC dui op Language, Literacy and Communication.

2 Sedert die 1994-verkiesing is Afrikaans, kragtens artikel 6(1) van die Grondwet van Suid-Afrika

(1996), een van elf amptelike tale van Suid-Afrika. Afrikaans staan dus nie meer, soos sedert 1925, in kompetisie met een ander amptelike taal (Engels) nie, maar met tien amptelike tale.

(22)

in hierdie proses 'n ondergeskikte ral gespeel het. Om hierdie rede en as gevolg van die apartheidstigma wat (via sy blanke sprekers) aan Standaardafrikaans kleef, kan dit nie as simbool van al sy sprekers (wit en bruin) dien nie (Van Rensburg, 1992:193). Van Rensburg (1992:187) stel dit duidelik dat Standaard­

afrikaans tans, nag in amptelike vorm, nag ten opsigte van skoolleerplaninhoude en voorgeskrewe boeke, aan al sy sprekers se behoeftes voldoen.

4 Marx (1997) bespreek die sentrale rol van die leerarea Tale, kommunikasie en geletterdheid binne die

uitkomsgebaseerde onderrigbenadering. Hoewel sy Halliday se naam nooit noem nie, beskryf sy die uitkomsgebaseerde onderrigbenadering in terme van begrippe binne Halliday se sistemies-funksionele taalmodel: 'n holistiese taalonderrigmodel, waarbinne die leerders leer am die taal vir effektiewe kommu­ nikasie (of betekenisoordrag) binne verskillende kontekste te gebruik.

5 Hierdie aanvulling word gereeld opgedateer. Die jongste opdatering is op 2 November 2000 gedoen. 6 Kyk in die bibliografie onder Hasan en Martin (1989), Fries en Gregory (1995) en Berry, e.a. (1996) vir

inligting oar vol. 22, 50 en 57 onderskeidelik.

7 Binne hierdie model word die klem geplaas op die verwerwing van konteksspesifieke kommunikasie­

vaardighede, nie op struktureel-grammatiese beheersing nie (vgl. hieroor Marx, 1997:342-344). In die vyfde hoofstuk van hierdie praefskrif word die taalbenadering wat binne hierdie model geld, op uitvoerige wyse met die van Halliday vergelyk.

(23)

HOOFSTUK 2

Ordening en inperspektiefstelling van definisies,

skematiese voorstellings en andersoortige

omskrywings

2.1 InJeiding

2.1.1 InkJeding van hierdie hoofstuk

Die konsep standaardtaal' is een van die moeilikste begrippe binne die (sosio)linguistiek om te definieer (Van der Wal, 1990: 127; Donaldson, 1991: 119; Odendal, 1992: 18; De Beaugrande, 1997:449 en McArthur, 1998:118-119); gevolglik word daar in die literatuur verskillende omskrywingstegnieke gebruik om die konsep standaardtaal, sowel as die meer spesifieke konsepte Standaardafrikaans, Standaardengels en Standaardnederlands, te probeer verduidelik.

Soms word 'n definisie daarvan gegee; soms word slegs een of twee fasette daarvan as deel van 'n lang bespreking oor verskillende aspekte van standaardtale (bv. die ontstaan daarvan, die plek daarvan binne 'n taalbeplanningsopset, ens.) uitgelig; soms moet die eienskappe daarvan afgelei word uit 'n bespreking van bepaalde niestandaardtaaleienskappe; soms word die konsepte aan die hand van skematiese voorstellings verduidelik.

In hierdie hoofstuk word gepoog om die talryke definisies, skematiese voorstellings en andersoortige (niedefinisiematige) omskrywings van hierdie konsepte te orden. Met die oog op die ordening daarvan word die definisies van die konsepte standaardtaal, Standaardafrikaans, Standaardengels en Standaardnederlands onderskeidelik in afsonderlike afdelings van hierdie hoofstuk gelys. Binne elkeen van hierdie afdelings word die definisies chronologies georden. Ten einde kruisverwysings te vergemaklik, word die definisies van die verskillende tale en die van standaardtaal in die algemeen met verskillende simbole aangedui. Die definisies van die konsep Standaardafrikaans word met 'n A (plus 'n getal) aangedui, die van die konsep Standaardnederlands met 'n N (plus 'n getal), die van Standaardengels met 'n E (plus 'n getal) en

(24)

Die magdom andersoortige (niedefinisiematige) omskrywings van hierdie konsepte word, net soos die skematiese voorstellings daarvan, tematies of kontekstueel gekategoriseer.

2.1.2 Presisering van die begrip dejinisie

Die onderskeid tussen definisies en andersoortige omskrywings is nie sonder meer duidelik nie. Die woord "omskrywing" word in meer as een woordeboek vir die verklaring van die begrip "definisie" gebruik. In die HAT (1994: 133) word die begrip "definisie" soos volg verklaar: "Noukeurige omskrywing, bepaling by. van 'n woord of begrip". Labuschagne en Eksteen (1993: 125) koppel die begrip "definisie" ook aan 'n "noukeurige omskrywing van 'n begrip" en selfs die WAT (1956:55) se verklaring by die lemma "definisie" bevat die woord "omskrywing".

Die WAT se verklaring van die woord "definisie" bevat egter ander informasie wat vir die onderskeid tussen "definisie" en "omskrywing" baie belangrik is. Hierdie verklaring lui soos volg: "Noukeurige bepaling en duidelike omskrywing van die algemene en besondere kenmerke of eienskappe van 'n begrip, sodat dit begrens en van ander begrippe afgeskei word; begripsbepaling". Die belangrike saak is dat 'n definisie 'n omskrywing van "kenmerke of eienskappe" van 'n begrip is. Dit gee dus 'n samevatting van die wesenskenmerke van 'n saak.

Die Collins English Dictionary (1994:415) bied die bruikbaarste verklaring van die begrip "definisie". Hierdie woordeboek gee o.a. die volgende twee verklarings van die woord definisie:

(1) "a formal and concise statement of the meaning of a word" en

(2) "specifications of the essential properties of something, or of the criteria which uniquely identify it".

In hierdie verklaring van die woord definisie is veral die woorde "formal", "concise" en "essential properties" belangrik omdat slegs die omskrywings wat formele (dit is volgens bepaalde vormvereistes), kompakte samevattings van die wesenskenmerke van 'n bepaalde konsep is, vir die doel van hierdie studie as definisies beskou word2. Die vormvereiste waaraan

sodanige definisies moet voldoen, is die tipiese aanvangswoorde "X is ...", of "X behels ... ", of "X word gedefinieer as ... " waar X standaardtaal of Standaardafrikaans of Standaardengels of Standaardnederlands verteenwoordig.

(25)

2.2 Definisies

2.2.1 Definisies van die konsep standaardtaal

Tot diep in die sewentigerjare van die twintigste eeu is die term Algemeen-Beskaafd (AB) in Afrikaanse en Nederlandse vakliteratuur gebruik om na die standaardvorm van 'n bepaalde taal te verwys. "Die AB is algemeen gedefinieer as 'n bepaalde taalgroep se dialek of sosiolek, wat as gevolg van 'prestige' verhef is tot die Algemeen-Beskaafde taalgebruik" (Coetzee, 1982:271). Die term beskaaf dui daarop dat "AB die taalvorm is wat algemeen deur opgevoede en geletterde sprekers en skrywers gebruik word", maar die term algemeen dui nie op die taalvorm wat die meeste voorkom nie, want binne 'n AB-denkraamwerk, word "norme gestel deur meerderes, nie deur die meerderheid nie" (Du Toit, 1982: 17).

Sedert die laat sewentigerjare word die term Algemeen-Beskaafd nie meer gebruik nie, in elk geval nie in sosiolinguistiese literatuur nie (Carstens, 1994:236). Die standaardvarieteit van 'n taal word nie meer as die taalgebruik van 'n klein bevoorregte en beskaafde groepie beskou nie, maar as 'n funksionele, bo-dialektiese taalvorm, wat (kwantitatief gesien) algemene gebruiks­ waarde oor die he Ie taalgebied het.

'n Groep van die in Afrikaans of in Nederlands geformuleerde definisies van die konsep standaardtaal, wat hier onder gelys word, is definisies van Algemeen-Beskaafd. Die eerste, in Afrikaans geformuleerde, definisie van die konsep standaardtaal, waaraan die begrip algemene beskaafdheid nie gekoppel is nie, is die van De Villiers (1985).3

Vervolgens word die definisies van die konsep standaardtaal, wat hierdie navorser in die literatuur kon opspoor, in chronologiese volgorde gelys. Kommentaar4 word by sommige van hierdie definisies gelewer.

S.l Louw (1941: 8-9) definieer Algemeen-Beskaafd soos volg:

"Hierdie vorm van die taal dan, as geskrewe sowel as spreektaal, wat glad me, of hoogstens in geringe mate lokale kenmerke vertoon; wat in die kerk, op skool, aan die

(26)

reel ook die kunswerke gelewer word; kortom, die vorm van die taal waarin die volk hom op kultuurgebied uitlewe, word genoem die algemeenbeskaafde taalvorm" (Louw,

1941:8-9).

S.2 Le Roux en Pienaar (l945:xix) definieer standaarduitspraak soos volg:

"Standaarduitspraak is dus nie sonder meer die uitspraak van die beskaafdes, die ontwikkeldes, die vooraanstaandes nie; dis ook nie sommer te bestempel as die uitspraak wat jy in hierdie of daardie stad te hore kry nie; nee, dis die uitspraak wat die algemene die meeste nastreef en die afwykende die meeste vermy; dis die uitspraak wat jou die beste laat verstaan word oor die hele spraakgebied. Hierdie standaarduitspraak is nie noodwendig die uitspraak van die meeste sprekers nie dis nie bloot 'n saak van aantalle nie -, maar dis weI die uitspraak van die meeste toonaangewende sprekers" (Le Roux en Pienaar, 1945:xxi). 5

Kommentaar:

[1] Hoewel hierdie definisie net op die standaarduitspraak konsentreer, kom belangrike eienskappe van standaardtale tog hierdeur na vore: die algemene aanvaarbaarheid daarvan, die algemene verstaanbaarheid daarvan en die verband tussen 'n standaardtaal en die toonaangewendes van die betrokke taalgemeenskap.

[2] Aanvanklik het taalkundiges - ook t.o.v. Standaardafrikaans- die klem baie sterk op uitspraak­ en aksentverskille tussen standaard- en niestandaardvorme laat val, maar tans is die verdraag­ saamheid t.o.v. uitspraakverskille baie grater. Titlestadt (1995:180; en Trudgill, 1996:6) is selfs van mening dat Standaardengels met enige aksent gepraat kan word.

S.3 "Standard language: That dialect of a language which has gained literary and cultural supremacy over the other dialects and is accepted by the speakers of other dialects as the most proper form of that language" (Pei & Gaynor, 1954:203).

SA Algemeen-beskaafd is: "Taal wat in aIle toonaangewende kringe van 'n volk gebesig (kan) word en as gemeengoed beskou word - teenoor streektaal of groeptaal; standaard­ taal" (WAT, 1956: 148).

S.5 In 19566 definieer Garvin en Mathiot (1970: 365) 'n gestandaardiseerde taal as "a codified form of a language, acccepted by and serving as a model to, a larger speech community".

(27)

S.6 Joseph (1987 :28) verduidelik hoe Coseriu (1962) voortbou op De Saussure se skaakbeeld om die konsep norm of standaardtaal in terme van die karakteristieke skuiwe van 'n individu of 'n groep individue te definieer:

"Saussure had compared langue to the rules of chess, parole to an actual game being played; Coseriu (1962:60) likens the norm to the characteristic moves and ways of playing ... of an individual or group of individuals. The rules are fixed; the course of an actual game is infinitely variable; characteristic moves and ways of playing are less constant than rules, more constant than the course of a single game. The characteristics of an individual may actually differ from those of the group as a whole; in fact given the level of human individuality they are certain to differ in some way or other. Thus Coseriu divides the norm into two sublevels: the 'social' norm hierarchically closer to langue, and the 'individual' norm, closer to parole (1962:96-8)". (Kursivering deur MvdB.)

Kommentaar:

[1] Die konsep standaardtaal beteken dus vir Coseriu In raamwerk van spelreels waarbinne die individu(e) die vryheid het om bepaalde skuiwe binne bepaalde spelsituasies uit te voer. Die siening van Coseriu stem tot In baie groot mate ooreen met die beskouing van Carstens (1993:136) en Van Coetsem (1990:17) wat van mening is dat standaardtaal twee "gesigte" vertoon (enersyds as norm, ideaal of vaste verwysingsraamwerk en andersyds as realiteit waarbinne funksionele variasie voorkom).

[2] Coseriu se "definisie" van standaardtaal pas baie goed binne 'n sosiolinguistiese raamwerk omdat die verband tussen die gekose skaakskuif (taalgebruiksvorm) en die spesifieke spelsituasie (sosiale konteks) duidelik daaruit af te lei is.

(3) Oit sluit ook aan by die Hallidayaanse beskouing van werklike taalgebruik as keuses uit die potensiaalskat (d.L die skat van potensieel bruikbare taalvorme wat tot die beskikking van die taalgebruiker is) van die betrokke taal.

S.7 Veith (1986:187) haal 'n gedeelte uit die American College Dictionary (Barnhart & Stein, 1963:1177) aan waarin die adjektief standard soos volg verklaar word: " ... of a variety of a given language, or the usage in the language) characterized by preferred pronunciation, expressions, grammatical constructions, etc., the use of which is consi­ dered essential to social or other prestige, failure to conform to them tending to bring the speaker into disfavor...".

(28)

"ALGEMEEN-BESKAAFD: taal wat in alle toonaangewende kringe van '0

aangewend en as gemeengoed beskou word, in teenstelling met streekstaal ens. bekend as standaardtaal" (Van der Merwe, 1963b:234).

volk Ook

S.9 In '0 artikel uit die bg. versamelwerk definieer Van der Merwe (1963a: 119) standaardtaal

soos volg: "Die Algemeenbeskaaf is die taal waarin dialektiese verskille, die leeftyds­ eienaardighede en vakterme nie op die voorgrond tree nie".

S.1O Garvin (1964:522) definieer standaardtaal as "a codified form of language, accepted by and serving as a model to a larger speech community".

S.lI "Standard language That dialect of a language which has gained literary and cultural supremacy over the other dialects and is accepted by the speakers as the most proper and socially desirable form of the language" (Pei, 1966: 258).

S.12 Haugen (1968:268) gebruik 'n genealogiese metafoor om standaardtaal te definieer:

"If we adopt the metaphor of the traditional family tree of languages, S[tandard] L[anguages] are artifacts that result either from pruning or grafting the tree. The gardeners are a special priesthood of taste and learning, who are entrusted by society with the codification and elaboration of a code that is the conscious heritage of the social establishment" .

Kommentaar:

Hierdie metafoor beskryf In idealistiese, preskriptiewe benadering waarvolgens linguiste en opgevoede taalgebruikers die wese van die standaardtaal bepaal.

die

S.l3 Stewart (1968), soos aangehaal deur Fishman (1972: 18), definieer die standaardise­ ringsproses soos volg:

"Standardization is the codification and acceptance, within a community of users, of a formal set of norms defining 'correct' usage".

Vit hierdie definisie van die standaardiseringsproses kan die volgende definisie van standaardtaal afgelei word:

Standaardtaal is '0 gekodifiseerde, formele stel norme, wat deur 'n taalgemeenskap as norme vir 'korrekte' taalgebruik aanvaar word.

(29)

Kommentaar:

Hierdie definisie stem grotendeels ooreen met Garvin (1964, vgl. def. 8.10) se definisie. Taalnorme en korrekte taalgebruik word deur Garvin egter nie so eksplisiet met mekaar in verband gebring nie.

S.14 In die terminologielys7 van die 1969-uitgawe van

Inleiding tot die Taalkunde

word die konsep Algemeen-Beskaaf soos volg gedefinieer: "'n sentrale tekensisteem wat 'n reeks tekensisteme saambundel in 'n groter taaleenheid en tewens algemeen as norm aanvaar word" (Van der Merwe, 1969:205).

S.15 Uit De Klerk (1969: 155) se definiering van die begrip "AB-spreker" kan afgelei word dat die AB~taalvorm deur hom as'n geolekties en sosiolekties neutrale entiteit beskou word: "Iemand is 'n AB-spreker wanneer sy taalgebruik nie sy herkoms (hetsy territoriaal hetsy sosiaal) verraai nie".

S.16 Fishman (1972:25)8 definieer soos volg:

" ... the standard variety of a language is likely to be that variety that stands for the nation as a whole and for its most exalted institutions of government, education, and high culture in general. It is this variety which comes to be associated with the mission, glory, history, and uniqueness of an entire 'people' and, indeed, it is this variety which helps unite individuals who do not otherwise constitute an interaction network into a symbolic speech community or 'people' ".

S.17 "Die Standard- Varietat ist die durch unterschiedlich herrschende gesellschafts- und machtpolitische Verhaltnisse in historischem Prozess als tiberregionales Verstan­ digungsmittel legimierte und institutionalisierte Varietat einer Sprachgemeinschaft. Die Standard-Varietat ist kodifiziert durch eine Reihe von Normen, die ihren korrekten schriftlichen und mtindlichen Gebrauch festlegen. Sie dient als intersubjektive Verkehrs­ sprache und findet ihre haufigste Anwendung im Rahmen staatlicher und gesellschaft­ licher Institutionen, sowie in allen formalen Kontexten, die Sanktionen befiirchten lassen, wenn sie nicht korrekt benutzt wird. Der Standard wird in Schulen gelehrt, sein Ge­ brauch verschafft in der Regel Prestige und begtinstigt den Erwerb sozialer Privi1egen" (Dittmar, 1973: 134).

(30)

Vanwee die ingewikkelde, Duits-filosofiese formulering van Dittmar se definisie, is dit moeilik om dit in Afrikaans te vertaal. 'n Redelik direkte vertaling sou soos volg kon lui: "Die standaardvarieteit is die varieteit van 'n spraakgemeenskap wat deur verskillende dominerende gemeenskaps- en magspolitiese verhoudings binne die historiese proses as bowestreekse kommunikasiemiddel gelegitimiseer en ge"institusionaliseer is. Die standaardvarieteit is gekodifiseer deur 'n reeks norme wat die korrekte skriftelike en mondelinge gebruik daarvan bepaal. Die standaardvarieteit dien as interpersoonlike verkeerstaal en word veral op die terrein van staats- en gemeenskapsinstellings, sowel as in aIle formele kontekste, waarbinne die verkeerde gebruik daarvan vrees vir sanksionering kan laat ontstaan, aangewend. Die standaardvorm word in skole geleer; die gebruik daarvan verskaf in die reel prestige en begunstig die verkryging van sosiale voorregte. Ander taalvarieteite kan in 'n ondergeskikte verhouding tot die standaard­ varieteit staan. Dit hang egter in wese van sosiale waardebeoordeling af."

Kommentaar:

Min definisies van die konsep standaardtaal is so veelkantig soos die een. Dittmar roer bykans elke faset van die konsep standaardtaal aan: (i) dit word gesien as 'n hoefunksievarieteit wat in formele, openbare situasies aangewend word; (ii) norme vir die korrekte mondelinge en skriftelike gebruik daarvan is gekodifiseer; (iii) dit word (sekonder) op skool aangeleer; (iv) dit is 'n bo­ dialektiese kommunikasiemiddel; (v) die standaardtaal verkry sy statusposisie om taaleksterne, magspolitiese redes; (vi) die status van die standaardtaal berus op sosiale (nielinguistiese) waardebeoordeling, en daarom word spekers wat nie die standaardvorm beheers nie, op sosiale terrein benadeel.

S.l8 "'Standard' languages/dialects are those (which among other things) carry prestige, tends to be stabilized in writing, and are maximally intelligible to the whole speech commu­ nity" (Pride, 1973: n.l).

Kommentaar:

Die laaste gedeelte van hierdie definisie is amper woordeliks dieselfde as dft wat Le Roux en Pienaar (1945:xix) in die Uitspraakwoordeboek van Afrikaans oor standaarduitspraak se: "...dis die uitspraak wat jou die beste laat verstaan word oor die hele taalgebied ...", maar waar Le Roux en Pienaar standaardtaalgebruik aan uitspraak (d.w.s. die gesproke vorm van 'n taal) koppel, koppel Pride standaardtaal aan die geskrewe vorm van 'n taal. Pride vestig ook die aandag op 'n ander belangrike saak, d.i. die feit dat die standaardvorm in geskrewe vorm gestabiliseer word. Thomas (1991 :53) sluit hierby aan wanneer hy daarop wys dat die kodifisering van standaardtale

(31)

volgens die "twin principles" van stabiliteit en elastisiteit plaasvind. Ook Botha (1989:148) verwys na die standaardvorm van In taal as In "taamlik bestendige vorm" van die taal.

S.19 "STANDARD LANGUAGE The socially favoured variety of a language, often based on the speech of the educated population in and around the cultural and/or political centre of the speech community. Such standard dialects are imitated and used as auxilary language by speakers of other regional and social dialects for the purpose of formal discourse and writing as well as for teaching the language to foreigners" (Hartmann & Stork, 1974:218).

S.20 Wolfram en Fasold (1974:18) gee weI 'n aigemene definisie van die begrip standaard­

taaf, maar beklemtoon dat 'n meer spesifieke definisie slegs in samehang met die spesifieke situasie van die spesifieke taal geformuleer kan word. Wolfram en Fasold definieer "a standard language" as "a codified set of language norms which are consi­ dered socially acceptable to the most prestigious social class in society".

Kommentaar:

Hierdie definisie pas volledig binne die denkraamwerk van diegene wat die standaardvorm van 'n taal as die algemene taalgebruik van 'beskaafde' of toonaangewende sprekers van die betrokke taalgemeenskap beskou. Wolfram en Fasold verwys glad nie na die rol van die onderwys nie en beskou standaardtaal as 'n klasgebonde taalvorm of sosiolek.

S.21 Lewandowski (1976:756-757) definieer standaardtaal soos volg: "Die historisch legi­ mierte und institutionalisierte tiberregionale Verkehrssprache einer Sprachgemeinschaft, die Umgangssprache(n) und Dialekte tiberlagert und durch Normen des korrekten mtind­ lichen und schriftlichen Gebrauchs festgelegt und tradiert wird. Als am weitesten ver­ breitetes offentliches VersHindigungsmittel wird die Standardsprache in Schulen ver­ mittelt und begtinstigt den sozialen Aufstieg; sie ist gegentiber Dialekten und Soziolekten das abstraktere und sozial tibergreifendere Kommunikationsmittel".

Weer eens is 'n woordelikse vertaling van hierdie Duitse formulering baie moeilik. Die onderstaande Afrikaanse weergawe is so letterlik as moontlik uit die Duits vertaal:

"Die histories gelegitimiseerde en geInstitusionaliseerde bowestreekse verkeerstaal (kom­ munikasietaal) van 'n spraakgemeenskap, wat omgangstale en dialekte oordek en wat deur norme vir korrekte mondelinge en skriftelike gebruik vasgele en oorgedra (tradisie

(32)

skole oorgedra en bevoordeel dit sosiale statusverhoging; gestel teenoor dialekte en so­ siolekte is dit die abstrakter en sosiaal oorkoepelendste kornrnunikasiemiddel".

Kornmentaar:

Hierdie definisie stem grootliks met die van Dittmar (vgl. def. S. 17) ooreen. Lewandowski bring egter twee sake na vore waarna Dittmar nie verwys nie. Die eerste hiervan is die opvatting van die

standaardvorm as die "sosiaal oorkoepelendste kommunikasiemiddel" en die tweede is die opvatting van die standaardvorm as "abstrakter" taalvorm as die sosiolekte en dialekte. Die eersgenoemde opvatting stem ooreen met die siening van standaardtaalvorme as die algemeen gebruiklike of algemeen gebruikte vorme van 'n bepaalde taal (vgl. o.a. Coetzee, 1982:280 en Carstens, 1993:117) en die laasgenoemde opvatting sluit aan by die beskouing van die standaard­ vorm van 'n taal as 'n "kunsmatiger" taalvorm as die fokale varieteite (vgl. o.a. Ponelis, 1998:4). Lewandowski gebruik die woord "abstrakter" waarskynlik om daarmee aan te dui dat die

standaardvorm "verder" van die taalgebruiker af staan as die (op natuurlike wyse aangeleerde) sosiolekte en dialekte.

S.22 Hoewel Haugen (1997:348-351)9 se omskrywing van die vier "crucial features in taking the step ... from vernacular to standard" - wat reeds in 1977 die eerste keer gepubliseer is - nie aan die vormvereiste "standaardtaal is ... " voldoen nie, bied dit tog 'n kort samevatting van die wesenskenmerke van 'n standaardtaal; daarom word Haugen se omskrywing saam met ander definisies gelys. Die volgende definisie van standaardtaal kan, volgens die oordeel van hierdie navorser, in terme van Haugen se "crucial features" in die ontwikkeling van vernakulere varieteit tot standaardtaal geformuleer word: Stan­ daardtaal is 'n varieteit wat die taalgemeenskap uit 'n aantal dialekte van die bepaalde taal as model/norm gekies het, waarvan die vorm sodanig in woordeboeke en grammatikas gekodifiseer is dat minimale variasie daarin voorkom, waarvan die funksies maksimaal ­ in ooreenstemming met die veranderde maatskaplike en kulturele omstandighede van sy sprekers - uitgebrei is en wat deur die gemeenskap aanvaar word, d.i. wat die lede van die taalgemeenskap bereid is om aan te leer en deel te maak van hulle taalgebruik omdat dit vir hulle bepaaJde sosiale voordele inhou.

Kommentaar:

Die sinvolheid van Haugen se analitiese omskrywing van die vier kardinale kenmerke van die ontwikkelingslyn waardeur 'n vernakulere taalvorm moet beweeg alvorens dit as standaardvorm

beskou kan word, blyk o.a. uit die feit dat Haugen se insigte deur 'n groot aantal linguiste in hul omskrywings van standaardtaal gebruik word. Sowel De Vries (1987:128) as Van Bree (1990:288­ 291) maak bv. gebruik van die insigte van Haugen om die standaardiseringsproses van

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In contrast to prior research conducted that compared narrative versus factual advertising, the findings of this study revealed no significant main effect of text format on

Wat opvalt aan de theorieën van Adorno en Vande Veire is dat zij een grote waarde hechten aan de kunst, omdat het ons iets duidelijk kan maken over de maatschappij. Tegelijkertijd

The hypothesis is that bigger firm size will result in higher profit levels and by adding the size variable, the effect of market share of profitability increases.. 2.2.2

overgebleven vragen van de AV daarentegen (AV1, AV3, AV7 & AV8) valt het te betwijfelen of deze vragen goed de ervaring van een keeper weerspiegelen. Daarbij werden alle vragen

symptoom werd gekeken is (1) dat dit symptoom net als Emotionele Instabiliteit (bor6) centraal staat in het borderline netwerk van alle deelnemers en dat (2) duidelijk wordt dat

Contrary to our expectations, participants in the active Sensator condition (where feedback was provided by the Sensator) did not create better routes than those using

This study examined the relationship between Internet used, online exposures on political information about Indonesian legislative election, political knowledge, political

They have developed questions relating to twelve different elements and processes within the organization relating to the performance management system including: vision and