• No results found

Die grondwetlikheid van die uitsluiting van teenoorgestelde geslag lewensmaats van die strekwydte van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van 1990

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die grondwetlikheid van die uitsluiting van teenoorgestelde geslag lewensmaats van die strekwydte van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van 1990"

Copied!
62
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die grondwetlikheid van die uitsluiting van

teenoorgestelde geslag lewensmaats van die strekwydte

van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van

1990

JS Van Zyl

orcid.org/

0000-0003-0273-7658

LLB

Mini-skripsie voorgelê ter

gedeeltelike

nakoming vir die graad

Magister Legum

in Boedelreg aan die Noordwes-Universiteit

Studieleier:

Prof M Carnelley

Gradeseremonie:

Mei 2019

(2)

ABSTRACT

The number of people who are involved in opposite sex permanent life partnerships is drastically increasing in South Africa. However, the greater freedom such a relationship brings also entails risks, especially for the surviving partners, to demand maintenance in terms of the Maintenance of Surviving Spouses Act. The South African legal position currently determines that only heterosexual life partners that formalise their relationship by the conclusion of a civil marriage, customary marriage or the completion of a civil union, can rely on a maintenance claim in terms of the Maintenance of Surviving Spouses Act.

In the light of recent legislation and case law, there are currently strong arguments against the current legal position as it may give rise to unfair discrimination against the survivor in a opposite sex permanent life partnership that cannot claim maintenance against the estate of the predeceased in terms of section 2(1) of the Maintenance of Surviving Spouses Act. The crux of the matter, however, appears to be whether section 2(1) complies with the criteria of the constitutional limitation clause seen in the light of the confined constitutional equality clause. Judicial review shows that courts regularly see, in light of the criteria set out in section 36 of the Constitution of the Republic of South Africa, the adverse effects that the nature and extent of the distinction between same sex and opposite sex permanent life partnerships has on the rights of disadvantaged persons. On the other hand, it is has been persuasively argued that the right to equality does not mean that everyone can demand equal treatment.

However, there were also recent developments according to which South African courts acknowledge that persons of opposite sex permanent life partnerships can use universal partnerships as well as other remedies to give legal recognition and protection to their relationship in order to achieve a similar result as a claim in terms of section 2(1). In 2006, the South African Law Reform Commission acknowledged that parties to a permanent life partnership needed legal protection where after the Draft Domestic Partnerships Bill had emerged. The purpose of the aforementioned Draft Bill is to ensure that partners in domestic partnerships enjoy

(3)

the right to equality and dignity as well as to reform family law to comply with the applicable provisions of the Bill of Rights. However, the Draft Bill has not yet been promulgated and is it unclear whether the Draft Bill will in any event be raised to legislative status.

However, it appears from this research that there is no justification for the current legal position in an open and democratic society such as South Africa based on the constitutional values of human dignity, equality and freedom. Therefore, proactive action by the legislative authority at this stage is advocated in order to reconcile the principles of family law with the constitutional value of equality (and inevitably included is the constitutional value of human dignity) by means of innovative thinking, which at the same time will promote legal certainty.

(4)

KEYWORDS

Civil Union Act 17 of 2006 Constitutional limitation clause

Constitution of the Republic of South Africa, 1996 Domestic partnership

Draft Domestic Partnerships Bill, 2008 equality clause

Intestate succession

Intestate Succession Act 81 of 1987 maintenance

Maintenance of Surviving Spouses Act 27 of 1990 Permanent life partnership

Surviving spouse Unfair discrimination

(5)

OPSOMMING

Die aantal persone in Suid-Afrika wat in teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskappe betrokke raak, is besig om drasties toe te neem. Die groter vryheid wat só ʼn verhouding meebring bring egter ook risiko’s, veral vir die langslewende om onderhoud te kan eis in terme van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades. Die Suid-Afrikaanse regsposisie bepaal tans dat slegs heteroseksuele lewensmaats wat hul verhouding formaliseer deur die sluiting van ʼn siviele huwelik, gebruiklike huwelik of die voltrekking van ʼn burgerlike verbintenis, hulself kan beroep op ʼn onderhoudseis in terme van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades.

In die lig van onlangse wetgewing en regspraak word daar tans sterk argumente aangevoer teen die huidige regsposisie aangesien dit aanleiding kan gee tot onbillike diskriminasie teen die langslewende in ʼn permanente heteroseksuele lewensvennootskap wat nie ʼn onderhoudseis teen die bestorwe boedel van die vooroorledene ingevolge artikel 2(1) van die Wet op die Onderhoud van Langslewende Gades kan instel nie. Die kruks van die saak blyk egter die feit of artikel 2(1) voldoen aan die kriteria van die grondwetlike beperkingsklousule, gesien in die lig van die verskanste grondwetlike gelykheidsklousule. Regspraak toon aan dat howe, gesien in die lig van die kriteria van artikel 36 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, gereeld aandag vestig op die nadelige uitwerkings wat die aard en omvang van die onderskeid tussen dieselfde geslag en teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskappe het op die regte van benadeeldes. Hierteenoor is al in die verlede oorredend aangevoer dat die reg op gelykheid nie beteken dat elkeen op gelyke behandeling kan aandring nie.

Daar was egter ook onlangse ontwikkelings waarvolgens Suid-Afrikaanse howe erkenning gegee het daaraan dat persone van teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskappe van universele vennootskappe asook ander remedies gebruik kan maak om regserkenning en beskerming aan hulle verhouding te verleen ten einde ʼn soortgelyke resultaat as ʼn eis in terme van artikel 2(1) te kan

(6)

bewerkstellig. In 2006 het die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie erken dat partye tot ʼn permanente lewensvennootskap wetlike beskerming benodig en het die Draft Domestic Partnerships Bill tot voorskyn gekom. Die doelwit van die voormelde Konsep-wetsontwerp is om te verseker dat vennote in huishoudelike vennootskappe die reg op gelykheid en waardigheid geniet asook om die familiereg te hervorm om te voldoen aan die toepaslike bepalings van die Handves van Regte. Die Konsep-wetsontwerp is egter nog nie gepromulgeer nie en is dit onduidelik of die Konsep-wetsontwerp enigsins tot wetgewing status verhef sal word.

Hoe dit ook al sy, blyk dit uit hierdie navorsingsverslag dat daar geen regverdiging vir die huidige regsposisie in ʼn oop en demokratiese samelewing soos Suid-Afrika gebaseer op die grondwetlike waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid, kan bestaan nie. Vervolgens word pro-aktiewe optrede deur die wetgewende gesag op hierdie stadium bepleit om met behulp van innoverende denke die voorskrifte van die familiereg met die grondwetlike waarde van gelykheid (en onvermydelik inbegrepe hierby die grondwetlike waarde van menswaardigheid) te versoen wat terselfdertyd regsekerheid sal bevorder.

(7)

KERNWOORDE

Civil Union Act 17 van 2006

Draft Domestic Partnerships Bill, 2008

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 Gelykheidsklousule Grondwetlike beperkingsklousule Huishoudelike vennootskap Intestate erfopvolging Langslewende gade Onbillke diskriminasie Onderhoud Permanente lewensvennootskap

Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987

(8)

INHOUDSOPGAWE

ABSTRACT ... i

KEYWORDS ……….…iii

OPSOMMING ... iv

KERNWOORDE ...………vi

LYS VAN AFKORTINGS ... x

1 Inleiding ... 1

1.1 Probleemstelling ... 1

1.2 Navorsingsvraag... 3

1.3 Raamwerk ... 3

2 Posisie van teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskappe met spesifieke verwysing na Volks v Robinson ... 5

2.1 Feite van die saak ... 5

2.2 Hooggeregshof beslissing ... 7

2.3 Konstitusionele Hof beslissing ... 7

2.3.1 Meerderheidsuitspraak deur Regter Skweyiya ... 8

2.3.2 Meerderheidsuitspraak deur Regter Ngcobo ... 9

(9)

2.3.4 Minderheiduitspraak deur Regter Sachs ... 10

2.4 Gevolgtrekkings en kritiek op die beslissing van die Konstitusionele Hof ... 11

3 Posisie van partye van dieselfde geslag tot ʼn permanente lewensvennootskap voor en na die inwerkingtreding van die CUA met spesifieke verwysing na Gory v Kolver ... 144

3.1 Agtergrond ... 144

3.2 Gory saak ... 144

3.3 Civil Union Act ... 166

3.4 Laubscher v Duplan ... 166

3.4.1 Agtergrond ... 166

3.4.2 Konstitusionele Hof beslissing ... 177

3.5 Gevolgtrekking ... 221

4 Grondwetlike beperkingsklousule ... 22

5 Moontlike remedies ... 29

5.1 Universele vennootskap ... 29

5.2 Ander moontlike remedies ... 32

5.2.1 Testate Erfopvolging ... 32

5.2.2 Onregverdige verryking ... 32

(10)

6 Draft Domestic Partnerships Bill, 2008 ... 35

6.1 Agtergrond ... 35

6.2 Geregistreerde huishoudelike vennootskappe ... 36

6.2.1 Registrasie-prosedure ... 36

6.2.2 Regsgevolge ... 36

6.3 Ongeregistreerde huishoudelike vennootskappe ... 37

6.3.1 Registrasie-prosedure ... 37

6.3.2 Regsgevolge ... 38

6.4 Gevolgtrekking ... 39

7 Samevatting, slot en aanbevelings ... 40

(11)

LYS VAN AFKORTINGS

Boedelbelastingwet Boedelbelastingwet 45 van 1955

CA Children’s Act 38 van 2005

CSA Children’s Status Act 82 van 1987 CUA Civil Union Act 17 van 2006 Huwelikswet Huwelikswet 25 van 1961

Inkomstebelastingwet Inkomstebelastingwet 58 van 1962

Intestate Erfopvolgingswet Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987

Konsep-wetsontwerp Draft Domestic Partnerships Bill

PEPUDA Promotion of Equality and Prevention of

Unfair Discrimination Act 4 van 2000

PER Potchefstroomse Elektroniese Regsblad

SAJHR South African Journal on Human Rights

THRHR Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-

Hollandse Reg

Unisa Universiteit van Suid-Afrika

Wet Wet op Onderhoud van Langslewende

(12)

Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998

(13)

HOOFSTUK 1 1 Inleiding

1.1 Probleemstelling

Al hoe meer mans en vrouens woon deesdae in Suid-Afrika saam as teenoorgestelde geslag lewensmaats1 en vermy om verskillende redes die

preekstoel.2 Lewensvennootskappe3 blyk veral ʼn oorwegende verskynsel onder die

20-40 jarige ouderdomsgroep te wees met ʼn toename van ongeveer 50 persent tussen 1996 en 2007.4 Volgens ʼn 2007 gemeenskapsopname was die tempo van

saamwonery in Suid-Afrika vir die ouderdomsgroep van 30-34 oor die algemeen byna 13 persent vir vroue en 15 persent vir mans.5 Die groter vryheid wat so ʼn

verhouding meebring bring egter ook risiko’s, veral vir die langslewende om onderhoud te kan eis in terme van die Wet op Onderhoud van die Langslewende Gade6 (hierna die Wet) wat dikwels die mees kwesbare tref.

Ingevolge artikel 4(q), saamgelees met artikel 1 van die Boedelbelastingwet7 word

die waarde van enige eiendom wat vanuit die eerssterwende se boedel aan 'n langslewende toeval, van boedelbelasting uitgesluit.8Verder meer word skenkings

tussen lewensmaats in terme van artikel 56(1)(b) saamgelees met artikel 1 van die Inkomstebelastingwet9 van skenkingsbelasting uitgesluit.10 In beide hierdie

gevalle ontvang partye tot ʼn permanente11 lewensvennootskap12 tussen

1 Die term “lewensmaats” sluit vir doeleindes van hierdie studie ook lewensvennote,

kohabitante en huishoudelike vennote in. Behoudens vir Hoofstuk 6 hieronder en enkele uitsonderings sal die term “lewensmaats” hoofsaaklik gedurende hierdie studie gebruik word.

2 Moore en Govender 2013 Journal of Comparative Family Studies 624.

3 Die term “lewensvennootskap” sluit vir doeleindes van hierdie studie ook ‘n

saamwoonverhouding en huishoudelike vennootskap in. Behoudens vir Hoofstuk 6 hieronder en enkele uitsonderings sal die term “lewensvennootskap” hoofsaaklik gedurende hierdie studie gebruik word.

4 Moore en Govender 2013 Journal of Comparative Family Studies 624. 5 Moore en Govender 2013 Journal of Comparative Family Studies 624. 6 Wet op Onderhoud van die Langslewende Gades 27 van 1990. 7 Boedelbelastingwet 45 van 1955 (hierna die Boedelbelastingwet). 8 Abrie et al Bestorwe boedels 183.

9 Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (hierna die Inkomstebelastingwet). 10 Le Roux en Frantzen “Skenkings” 3.

11 Permanensie het geen definitiewe toets of definisie wanneer vasgestel moet word of ‘n

(14)

ongetroude kohabitante van die teenoorgestelde geslag en gades dieselfde behandeling.

In terme van die Wet geniet partye van die teenoorgestelde geslag tot ʼn permanente lewensvennootskap egter nie dieselfde status as wettige gades nie en kan die teenoorgestelde geslag langslewende nie ʼn onderhoudseis teen die bestorwe boedel van die vooroorledene ingevolge artikel 2(1) van die Wet instel nie. Die grondwetlikheid van hierdie onderskeid is ʼn ope vraag wat ook uiteindelik die navorsingsvraag daarstel wat hierdie studie sal onderspan.

Ten einde die navorsingsvraag te kan beantwoord sal regspraak soos Volks v Robinson13 en die onlangse Laubscher v Duplan14 ondersoek word met spesifieke

verwysing na die langslewende se reg om te kan eis in terme van die Wet in die

het in sy verslag oor huishoudelike vennootskappe [South African Law Reform Commission Project 118 Report on Domestic Partnerships (Maart 2016) 14] egter ‘n aantal faktore neergelê wat in ag geneem kan word in die bepaling van die permanente aard van ‘n lewensvennootskap:

The respective ages of the partners; the duration of the partnership; whether the partners took part in a ceremony manifesting their intention to enter into a permanent partnership; what the nature of that ceremony was and who attended it; how the partnership is viewed by the reactions and friends of the partners; whether the partners share a common abode; whether the partners own or lease the common abode jointly; whether and to what extent the partners share responsibility for living expenses and the upkeep of the joint home; whether and to what extent one partner provides financial support for the other; whether and to what extent the partners have made provision for one another in relation to medical, pension and related benefits; whether there is a partnership agreement and what its contents are; and whether and to what extent the partners have made provision in their wills for one another.

12 ‘n Lewensvennootskap word algemeen verstaan as twee persone wat as lewensmaats in ‘n

intieme verhouding met mekaar saamwoon sonder om met mekaar in ‘n regsgeldige huwelik te tree of ‘n burgerlike verbintenis te sluit. In Paixao v Road Accident Fund 2012 (6) SA 377 (HHA) par 29 verduidelik die Appèlhof breedvoering wat as ‘n lewensvennootskap gesien kan word:

A plaintiff’s assertion, without more, that he or she was in life partnership, cannot be taken as sufficient proof of this fact. (In this case the fund conceded that the relationship was a life partnership.) Proving the existence of a life partnership entails more than showing that the parties cohabited and jointly contributed to the upkeep of the common home. It entails, in my view, demonstrating that the partnership was akin to and had similar characteristics – particularly a reciprocal duty of support – to a marriage. Its existence would have to be proved by credible evidence of a conjugal relationship in which the parties supported and maintained each other. The implied inference to be drawn from these proven facts must be that the parties, in the absence of an express agreement, agreed tacitly that their cohabitation included assuming reciprocal commitments – ie a duty to support – to each other. Courts frequently undertake this exercise without much difficulty – as this and other cases such as Amod, Satchwell and Du Plessis demonstrate. Life partnerships therefore do not present exceptional evidential difficulties for defendants.

13 Volks v Robinson 2005 (5) BCLR 446 (KH) (hierna die Volks saak). 14 Laubscher v Duplan 2017 (2) SA 264 (KH) (hierna die Laubscher saak).

(15)

geval van ʼn permanente lewensvennootskap tussen partye van dieselfde geslag voor en na die inwerkingtreding van die Civil Union Act15. Aandag sal geskenk

word aan die verskille tussen dieselfde geslag en teenoorgestelde geslag lewensmaats veral in die lig van die opmerking inGory v Kolver16 dat regte gegee

aan dieselfde geslag lewensmaats nie weggeneem word deur die aanvaarding van die CUA nie.17 Verwysing sal gemaak word na die grondwetlike beperkingsklousule

waarna die universele vennootskap as ʼn instelling asook ander moontlike remedies om beskerming te bied aan heteroseksuele partye wat in permanente lewensvennootskappe betrokke is, aangeraak sal word. Die moontlike invloed van die Draft Domestic Partnerships Bill van 2008 sal vervolgens aandag geniet waarna moontlike oplossings voorgestel sal word.

1.2 Navorsingsvraag

Na aanleiding van bostaande bespreking kan die navorsingsvraag soos volg geformuleer word: Tot watter mate is die uitsluiting van teenoorgestelde geslag lewensmaats tot permanente lewensvennootskappe van die strekwydte van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van 1990, grondwetlik?

1.3 Raamwerk

Ten einde die navorsingsvraag sistematies te kan aanspreek, sal die tema as volg gestruktureer word:

Hoofstuk 2: Posisie van teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskappe met spesifieke verwysing na Volks v Robinson 2005 (5) BCLR 446 (KH);

Hoofstuk 3: Posisie van partye van dieselfde geslag tot ʼn permanente lewensvennootskap voor en na die inwerkingtreding van die Civil Union Act 17 van 2006 met spesifieke verwysing na Gory v Kolver 2007 (4) SA 97 (KH);

Hoofstuk 4: Grondwetlike beperkingsklousule;

15 Civil Union Act 17 van 2006 (hierna die CUA).

16 Gory v Kolver 2007 (4) SA 97 (KH) (hierna die Gory saak). 17 Gory saak para 29.

(16)

Hoofstuk 5: Moontlike remedies;

Hoofstuk 6: Draft Domestic Partnerships Bill, 2008; en Hoofstuk 7: Samevatting, slot en aanbevelings.

(17)

HOOFSTUK 2

2 Posisie van teenoorgestelde geslag permanente

lewensvennootskappe met spesifieke verwysing na Volks v Robinson18

2.1 Feite van die saak

In die Volks saak het Mnr. Shandling (hierna genoem S), 'n manlike prokureur van Kaapstad, vier jaar na die afsterwe van sy vrou in 1981, 'n permanente lewensvennootskap met 'n vrou, ʼn ene Me Robinson (hierna genoem R) aangegaan.19 Hierdie lewensvennootskap het vir sestien jaar voortgeduur het

totdat S in 2001 afgesterf het.20 S en R het saam 'n woonstel bewoon tot die

oorledene se dood, waarna R nog 'n jaar in die woonstel aangebly het.21

Gedurende die bestaan van die partye se permanente lewensvennootskap was R nooit permanent in diens geneem nie en het sy nooit 'n wesenlike of gereelde inkomste ontvang nie.22 R is egter deur S finansieel ondersteun deurdat hy onder

meer vir haar huishoudelike benodighede betaal het, geld in haar rekening gedeponeer het, haar as sy afhanklike by sy mediese skema geregistreer het en ook vir haar as 'n begunstigde in sy testament aangewys het.23 R het weer op

haar beurt bygedra tot die algemene uitgawes van die huishouding en vir S daagliks versorg wat bipolêr en manies depressief was.24 Die partye is as 'n

egpaar beskou deur talle van hulle gemeenskaplike vriende en het dikwels werksfunksies saam bygewoon.25 Terselfdertyd het dit ook geblyk asof S se drie

kinders wat uit sy eerste huwelik gebore is, vir R aanvaar het.26

18 Volks v Robinson 2005 (5) BCLR 446 (KH) (hierna die Volks saak). 19 Smith 2010 PER 240.

20 Smith 2010 PER 240. 21 Smith 2010 PER 240. 22 Volks saak paras 5.

23 Volks saak paras 5 en 7; Smith 2010 PER 240. 24 Volks saak para 6; Smith 2010 PER 240. 25 Smith 2010 PER 240.

(18)

Na S se dood het R probeer om 'n eis vir onderhoud teen S se bestorwe boedel in te stel kragtens die Wet.27 As 'n verlenging van die wedersydse plig van

onderhoud wat tussen gades tot 'n geldige huwelik bestaan, verleen die Wet aan die "langslewende" van 'n "huwelik" wat beëindig is deur die dood van een van die gades na 1 Julie 1990, die reg om 'n eis vir onderhoud teen die oorledene se bestorwe boedel in te stel tot die mate waarin die oorlewende se eie middele en verdienste onvoldoende is.28 Die aldus ingestelde eis is egter beperk tot die

oorlewende se "redelike onderhoudingsbehoeftes” vir die res van sy of haar lewe of totdat hy of sy hertrou.29 Die Wet definieer die konsep "eie middele"30 en bied

'n redelik omvattende metode vir die bepaling van die oorlewende se "redelike onderhoudsbehoeftes".31

Die probleem waarmee R egter gekonfronteer was, was die definisie van "langslewende", wat gedefinieer word in artikel 1 van die Wet as 'n "langslewende gade in 'n huwelik wat deur die dood ontbind is".32 Gevolglik is R se onderhoudseis

deur die eksekuteur van S se boedel verwerp op die basis dat R nooit met S getroud was nie en dus nie vir die doel van die Wet as 'n "gade" kon kwalifiseer nie.33 R het gevolglik aansoek gedoen by die Kaapse Hooggeregshof om as S se

"langslewende" vir doeleindes van die Wet verklaar te word, alternatiewelik die grondwetlikheid daarvan te bevraagteken.34 R het aangevoer dat die Wet se

verwysings na "huwelik", "gade" en "langslewende" nie voorsiening maak vir die

27 Smith 2010 PER 240. 28 Smith 2010 PER 240-241. 29 Smith 2010 PER 241.

30 A 1 van die Wet definieer “eie middele” as ook enige geld of goed of ander geldelike voordeel

wat die langslewende gade ingevolge die huweliksgoederereg of die erfreg of andersins by die dood van die afgestorwe gade toeval.

31 Smith 2010 PER 241. By die bepaling van die redelike onderhoudsbehoeftes van die

langslewende word, benewens enige ander faktor wat in aanmerking geneem behoort te word, die volgende faktore in ag geneem:

(a) Die bedrag in die boedel van die afgestorwe gade beskikbaar vir verdeling aan erfgename en legatarisse;

(b) Die bestaande en verwagte vermoëns, verdienvermoë, geldelike behoeftes en verpligtinge van die langslewende en die duur van die huwelik; en

(c) Die lewenspeil van die langslewende tydens die duur van die huwelik en sy ouderdom by die dood van die afgestorwe gade.

32 Smith 2010 PER 241. 33 Smith 2010 PER 241. 34 Smith 2010 PER 241.

(19)

langslewende van ʼn permanente lewensvennootskap nie wat dus sulke persone nie toelaat om ingevolge die Wet voordeel te trek nie; 'n situasie wat die regte op gelykheid en menswaardigheid soos vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (hierna die Grondwet) skend.35

2.2 Hooggeregshof beslissing

Die Kaapse Hooggeregshof het bevind dat die Wet onbillik diskrimineer op grond van gelykheid en menswaardigheid.36 Die Kaapse Hooggeregshof het in breë

trekke beveel dat: (i) die definisie van "langslewende"37 gelees moes word asof dit

die woorde "en die langslewende lewensmaat van 'n lewensvennootskap insluit"; en (ii) dat twee nuwe definisies, naamlik "gade" en "huwelik" voortaan in die Wet gelees moes word, wat albei gedefinieer moes word om “ʼn permanente lewensvennootskap" in te sluit.38 In ooreenstemming met gepaste grondwetlike

beginsels, is die uitspraak van die Kaapse Hooggeregshof na die Konstitusionele Hof verwys vir bevestiging.39

2.3 Konstitusionele Hof beslissing

Die meerderheid van die Konstitusionele Hof was nie bereid om daardie kohabitante wat uitdruklik of by implikasie onderneem het om mekaar te onderhou, gelyk te stel aan getroude paartjies nie en te aanvaar dat die enigste verskil tussen hulle die bestaan van 'n huweliksertifikaat was nie.40 Waar die

huwelik onmiddellike verpligtinge skep wat soms tot na die dood van een van die huweliksmaats verduur moet word, is enige verpligting(e) wat tussen kohabitante ontstaan geskep, "volgens ooreenkoms en slegs tot die mate van daardie ooreenkoms".41 Dit het die gevolg dat dit nie onregverdig was vir die Wet om te

onderskei tussen oorlewende gades en oorlewende lewensmaats wat onderhoud

35 Smith 2010 PER 241.

36 Volks saak para 22; Smith 2010 PER 241; Kruuse 2009 SAJHR 383; Wildenboer 2005 SA

Publiekreg 460.

37 “Langslewende” word in a 1 van die Wet gedefinieer as ‘n langslewende gade in`n huwelik

wat deur die dood ontbind is.

38 Volks saak para 24; Smith 2010 PER 241-242.

39 Smith 2010 PER 242; Wildenboer 2005 SA Publiekreg 460. 40 Smith 2010 PER 243.

(20)

betref nie, aangesien dit onvanpas sou wees om so 'n plig op 'n bestorwe boedel te plaas in 'n geval waarin geen sodanige plig by wyse van regswerking gedurende die leeftyd van die oorledene opgelê is nie.42

2.3.1 Meerderheidsuitspraak deur Regter Skweyiya

Met inagneming van die vraag of die Wet die gelykheidsregte van permanente lewensvennote geskend het, was Regter Skweyiya bereid om te aanvaar dat die Wet diskrimineer op grond van huwelikstatus.43 As 'n gelyste grond in artikel 9 van

die Grondwet het dit gevolg dat sulke diskriminasie vermoedelik onbillik was tot die teendeel vasgestel kon word.44 In hierdie verband was die kern van Regter

Skweyiya se bevinding dat aangesien die huwelik as 'n "belangrike sosiale instelling" konstitusioneel en internasionaal erken word, dit nie onregverdig was dat die Wet onderskeid tref tussen diegene wat getroud was en diegene wat nie getroud was nie.45 In gevalle waar dit gepas was, sou die eersgenoemde groep

bevoordeel kon word.46 Daarbenewens kan die posisie van ongetroude

lewensmaats nie met eggenote tot 'n huwelik vergelyk word nie, aangesien die huweliksinstelling onder meer dadelik aanleiding gee tot regte en verpligtinge wat opgelê is ongeag die wense van die partye, terwyl dit nie waar is in die geval van ongetroude lewensmaats nie.47 Regter Skweyiya het bevind dat die onderhoudsverpligting wat deur die Wet opgelê is, 'n uitbreiding is van die wedersydse plig tot onderhoud.48 As sodanig beperk die Wet ook die reg van 'n

testateur om vrylik oor sy boedel te beskik.49 Volgens Regter Skweyiya is dit dus

nie onbillik om ʼn onderskeid te maak tussen langslewendes van ʼn huwelik en langslewendes van ʼn permanente saamleefvennootskap nie en is dit heeltemal gepas om nie ʼn onderhoudsverpligting in terme van die Wet op ʼn bestorwe boedel af te dwing waar geen sodanige plig ex lege gedurende die leeftyd van die

42 Volks saak para 60; Smith 2010 PER 243. 43 Smith 2010 PER 242.

44 Volks saak para 50; Smith 2010 PER 242. 45 Volks saak para 50; Smith 2010 PER 242. 46 Volks saak para 50; Smith 2010 PER 242.

47 Volks saak paras 51-54; Smith 2010 PER 242; Hoexter en Olivier The Judiciary in South Africa

88.

48 Volks saak paras 55-56;Smith 2010 PER 242. 49 Volks saak para 57; Smith 2010 PER 242.

(21)

oorledene ontstaan het nie.50 Die oplegging van só ʼn onderhoudsverpligting sou

derhalwe onvanpas, onbillik, irrasioneel en onhoudbaar wees.51 Verder is ook

bevind dat in die lig van die bogemelde fundamentele verskille tussen langslewendes van ʼn huwelik en langslewendes van ʼn permanente saamleefvennootskap, R se reg op menswaardigheid nie geskend is nie.52

2.3.2 Meerderheidsuitspraak deur Regter Ngcobo

In 'n afsonderlike uitspraak wat ooreenstem met die meerderheid stel Regter Ngcobo dit duidelik dat die huwelik as instelling in artikel 15(3)(a)(i) van die Grondwet erken word en dat hierdie erkenning in lyn is met die verpligtinge opgelê deur internasionale en regionale menseregte-instrumente.53 In die lig

hiervan mag die reg in sekere omstandighede 'n onderskeid tussen getroude en ongetroude persone tref en ook beskerming aan getroude persone verleen wat nie die geval sal wees met ongetroude persone nie.54 Hy beslis dat die doel van die

bepalings in die Wet is om beskerming te verleen aan die reg van getroude persone om onderhoud van die oorlede gade te ontvang en dat die diskriminasie gevolglik nie onbillik is nie.55

2.3.3 Minderheidsuitspraak deur Regters Mokgoro en O'Regan

Bogenoemde twee regters het nie saamgestem met die benadering waarvolgens dit regverdig is om te diskrimineer tussen verhoudings wat ex lege ʼn verpligting op onderhoud plaas en ander verhoudings waar daar geen sodanige verpligting is nie, aangesien sodanige benadering daarop neerkom dat die belangrikheid van die grondwetlike verbod op diskriminasie op grond van huwelikstatus ondermyn sal

50 Volks saak para 60; Wildenboer 2005 SA Publiekreg 461. 51 Volks saak para 60.

52 Volks saak para 62; Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 43.

53 Wildenboer 2005 SA Publiekreg 462; Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir

doeleindes van Boedelbeplanning 26-27.

54 Wildenboer 2005 SA Publiekreg 462; Kruuse 2009 SAJHR 384; Bekker Die Belang van die

Definisie van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning 27.

55 Wildenboer 2005 SA Publiekreg 462; Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir

(22)

word.56 As dit nie op onbillike diskriminasie neerkom om die huwelik anders te

reguleer as ander verhoudings waarin dieselfde wetlike verpligtinge nie deur die Wet aan die vennote aan daardie verhouding opgelê word nie, sal die huwelik onvermydelik bevoorreg bly.57 Volgens hierdie regters is die diskriminasie onbillik

deurdat daar nie soortgelyke remedies vir die langslewende vennoot van 'n huishoudelike vennootskap (wat sosiaal en funksioneel soortgelyk aan 'n huwelik is) beskikbaar is nie.58

2.3.4 Minderheiduitspraak deur Regter Sachs

In sy minderheidsuitspraak verklaar Regter Sachs dat die feit dat teenoorgestelde geslag persone nie kies om ʼn huwelik te sluit nie, nie alleen kwalifiseer as voldoende basis om te bevind dat ‘n oorlewende lewensmaat in die posisie van R nie geregtig sou wees op onderhoud nie slegs omdat die opsie om te trou nooit uitgeoefen is nie.59 Inderdaad, het Regter Sachs oortuigend daarop gewys dat die

huweliksopsie dikwels net in teorie bestaan.60 Hy is verder ook van mening dat

daar nie gekonsentreer moet word op die feit of die partye getroud is of nie, maar eerder op die funksie wat sodanige verhouding in die samelewing vervul.61 Hy stel

dat die definisie-benadering daarop neerkom dat slegs persone wat aan die huidige definisie van ʼn huwelik (soos dit was voor die inwerkingtreding van die Civil Union Act62) voldoen, geregtig is op die gevolge van huweliksluiting en dat

slegs so 'n huwelik geregtig is op beskerming deur die reg.63 In teenstelling

hiermee impliseer die funksionele benadering dat, as gevolg van veranderinge in die samelewing, dit tyd geword het dat die definisie van huwelik herformuleer

56 Volks saak para 107; Wildenboer 2005 SA Publiekreg 463; Bekker Die Belang van die Definisie

van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning 27.

57 Volks saak para 135; Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir doeleindes van

Boedelbeplanning 27.

58 Volks saak para 134; Wildenboer 2005 SA Publiekreg 463; Meyerson 2010 Constitutional Court

Review 309; Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning 27.

59 Volks saak para 156; Smith 2010 PER 244. 60 Volks saak para 157; Smith 2010 PER 244.

61 Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning 28. 62 Civil Union Act 17 van 2006 (hierna die CUA).

63 Wildenboer 2005 SA Publiekreg 465; Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir

(23)

moet word ten einde regsbeskerming te verleen aan die funksie wat 'n betrokke verhouding vervul.64 In die toepassing van die funksionele benadering op die

betrokke saak, beslis hy dat dit in twee gevalle onbillik sal wees om permanente ongetroude lewensvennote van die bevoordelings van die Wet uit te sluit, naamlik:65

(a) waar albei partye onderneem het om mekaar finansieel sowel as emosioneel te ondersteun;66 en

(b) waar 'n verantwoordelikheid vir wedersydse onderhoud uit die aard van die lewensvennootskap voortvloei.67

Gevolglik beslis hy dat die bepalings van die Wet in die lig van artikel 9(3) van die Grondwet onbillik diskrimineer.68

2.4 Gevolgtrekkings en kritiek op die beslissing van die Konstitusionele Hof

Die regsposisie met betrekking tot wedersydse onderhoud tussen partye van die teenoorgestelde geslag tot ʼn permanente lewensvennootskap is deur die beslissing in die Volks saak onveranderd gelaat.69

Kritiek teen hierdie beslissing word hoofsaaklik gebaseer eerstens op onbillike diskriminasie soos aangevoer in die minderheidsuitspraak van Regters Mokgoro en O'Regan en tweedens deurdat die meerderheidsbesluit van die Konstitusionele Hof nie die bestaan van 'n kontraktuele plig van onderhoud tussen teenoorgestelde geslag lewensmaats in ʼn permanente lewensvennootskap erken nie wat duidelik onversoenbaar is met ander hofuitsprake wat betrekking het op feitlike pligte van onderhoud, waarin die

64 Wildenboer 2005 SA Publiekreg 465; Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir

doeleindes van Boedelbeplanning 28.

65 Wildenboer 2005 SA Publiekreg 465; Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir

doeleindes van Boedelbeplanning 28.

66 Volks saak para 214; Wildenboer 2005 SA Publiekreg 465; Bekker Die Belang van die Definisie

van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning 28.

67 Volks saak para 218; Wildenboer 2005 SA Publiekreg 465; Bekker Die Belang van die Definisie

van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning 28.

68 Volks saak para 227; Wildenboer 2005 SA Publiekreg 465; Bekker Die Belang van die Definisie

van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning 28.

(24)

howe geredelik bevind het dat die bestaan van so 'n onderhoudsplig uit die feite van die betrokke saak afgelei kon word.70

Een so saak was Du Plessis v Road Accident Fund71 waar die bestaan van 'n

kontraktuele plig van onderhoud tussen die oorledene en sy homoseksuele lewensmaat 'n integrale rol gespeel het in die Padongeluksfonds se aanspreeklik vir skadevergoeding weens die verlies van onderhoud wat die oorlewende gely het.72 Hier het die hof bevind dat ʼn derde party se inmenging met die

kontraktuele plig van onderhoud tussen die lewensmaats weens sy spesifieke aard en daarom in die lig van die heersende boni mores van die samelewing, die oplegging van deliktuele aanspreeklikheid in die vorm van die afhanklike se aksie regverdig.73 Dit beteken dat die langslewende slegs met ʼn eis teen ʼn derde party

kan slaag indien hy of sy kan bewys dat die kontraktuele plig van onderhoud tussen homself en die oorledene wettig afdwingbaar was asook dat die inmenging met hierdie plig 'n delik daarstel.74 Dat die Du Plessis saak betrekking gehad het

op homoseksuele teenoor heteroseksuele permanente lewensvennootskappe, behoort irrelevant te wees, aangesien geslag geen invloed het op die vermoë van twee persone om 'n ooreenkoms te sluit om mekaar te onderhou nie.75

Inaggenome bogenoemde moet die uitspraak in die Volks saak gekritiseer word vir die gefragmenteerde en inkonsekwente regsposisie wat dit geskep het.76 Regter

Froneman fokus ook in sy minderheidsuitspraak in die meer onlangse Laubscher v Duplan77 wat in Hoofstuk 3 hieronder meer breedvoerig bespreek sal word, op die

probleme wat die nie-erkenning van die waarde van ‘n kontraktuele onderhoudsverpligting tussen lewensmaats, teenoor die ex lege verpligting wat huweliksluiting, teweegbring.78

70 Smith 2010 PER 253; Hoexter en Olivier The Judiciary in South Africa 88.

71 Du Plessis v Road Accident Fund 2004 (1) SA 359 (HHA) (hierna die Du Plessis saak). 72 Smith 2010 PER 253; Mamashela en Carnelley 2006 Obiter 387.

73 Du Plessis saak para 17; Smith 2010 PER 253; Mamashela en Carnelley 2006 Obiter 387. 74 Smith 2010 PER 253.

75 Smith 2010 PER 254.

76 Smith 2010 PER 254; Kruuse 2009 SAJHR 380.

77 Laubscher v Duplan 2017 (2) SA 264 (KH) (hierna die Laubscher saak). 78 Laubscher saak paras 83 en 84.

(25)

Wat ‘n onderhoudseis in terme van die Wet betref, maak die reg tans geen onderskeid tussen heteroseksuele en homoseksuele lewensmaats nie en is dit dus ook nie vir lewensmaats van dieselfde geslag moontlik om ingevolge die Wet ‘n onderhoudseis in te stel nie.79 Die mening kan dus uitgespreek word dat die

bestaan van 'n wedersydse onderhoudsplig tussen lewensmaats die sleutel faktor behoort te wees om te bepaal of 'n plig tot onderhoud wat inter vivos bestaan het tot na die dood verleng kan word.80

Laasgenoemde moet in gedagte gehou word wanneer die konsep-Domestic Partnerships Bill in Hoofstuk 6 hieronder bespreek word.

79 Smith The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need

for and Application of a Domestic Partnership Rubric 270.

(26)

HOOFSTUK 3

3 Posisie van partye van dieselfde geslag tot ʼn permanente

lewensvennootskap voor en na die inwerkingtreding van die CUA met spesifieke verwysing na Gory v Kolver81

3.1 Agtergrond

Indien een van die gades van ʼn regsgeldige huwelik tot sterwe kom sonder om ʼn geldige testament na te laat maak die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 (hierna die Intestate Erfopvolgingswet) voorsiening vir die langslewende gade om van die bestorwe boedel te erf.82 Partye tot ʼn permanente lewensvennootskap kan

egter nie oor die algemeen van mekaar erf nie.83 Die uitspraak van die

Konstitusionele Hof in die Gory saak het egter hierdie posisie aansienlik verander.84

3.2 Gory saak

In die Gory saak was Gory (hierna genoem G) en Brooks (hierna genoem B) twee mans wat in ʼn homoseksuele permanente lewensvennootskap met mekaar betrokke was.85 B het sonder ʼn geldige testament te sterwe gekom86 en het sy

ouers gevolglik aangevoer dat hulle die intestate erfgename van die geheel van hulle seun se boedel was.87 G het egter die eis verdedig op grond van die feit dat hy in ʼn permanente lewensvennootskap met die oorledene betrokke was en

81 Gory v Kolver 2007 (4) SA 97 (KH) (hierna die Gory saak). 82 Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 44. 83 Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 44. 84 Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 44.

85 Gory saak para 2; Vermeulen Boedelimplikasies vir partye wat getrou het of ‘n siviele

vennootskap voltrek het ingevolge die Civil Union Act 27.

86 A 1(1)(d)(i) van die Intestate Erfopvolgingswet bepaal dat indien ‘n persoon intestaat sterf en

nie oorleef word deur ‘n eggenoot of afstammeling nie, maar oorleef word deur beide sy ouers, erf sy ouers die intestate boedel in gelyke dele.

(27)

gevolglik in terme van die Intestate Erfopvolgingswet as die langslewende gade geregtig was om te erf.88

Ingevolge artikel 1 van die Intestate Erfopvolgingswet word daar voorsiening gemaak vir gades om intestaat van mekaar te erf.89 Daar word egter geen

verwysing gemaak na persone wat in ʼn permanente lewensvennootskap betrokke was om intestaat te kan erf nie.90

In die Gory saak is daar gevolglik aangevoer dat artikel 1 van die Intestate Erfopvolgingswet uitgebrei moet word sodat dieselfde geslag lewensmaats ook intestaat van mekaar kan erf.91 Die Konstitusionele Hof het tot die beslissing

gekom dat die Intestate Erfopvolgingswet diskriminerend van aard is en dat beskerming na hierdie persone uitgebrei moet word.92 Gevolglik is beslis dat die

Intestate Erfopvolgingswet voortaan gelees moet word asof die volgende woorde na die definisie van die woord “gade” in die Intestate Erfopvolgingswet verskyn:93

or partner in a permanent same-sex life partnership in which the partners have undertaken reciprocal duties of support.94

Die Gory saak het dus die posisie rakende intestate erfopvolging uitgebrei sodat persone in homoseksuele permanente lewensvennootskappe ook nou intestaat van mekaar kan erf mits hulle kan bewys dat hulle gedurende die bestaan van hul permanente lewensvennootskap onderneem het om mekaar te onderhou.95

Hiermee saam is dit belangrik om te let op die inhoud van paragraaf 29 van die Gory saak waar Regter van Heerden haarself as volg uitlaat:96

88 Gory saak para 3; Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van

hetero- en homoseksuele saamwonende persone 23.

89 Vermeulen Boedelimplikasies vir partye wat getrou het of ‘n siviele vennootskap voltrek het

ingevolge die Civil Union Act 27.

90 Vermeulen Boedelimplikasies vir partye wat getrou het of ‘n siviele vennootskap voltrek het

ingevolge die Civil Union Act 27.

91 Vermeulen Boedelimplikasies vir partye wat getrou het of ‘n siviele vennootskap voltrek het

ingevolge die Civil Union Act 27-28.

92 Vermeulen Boedelimplikasies vir partye wat getrou het of ‘n siviele vennootskap voltrek het

ingevolge die Civil Union Act 28.

93 Gory saak para 66(f); Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 44. 94 Gory saak para 66(f); Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 44. 95 Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 44.

(28)

Unless specifically amended, section 1(1) will then also apply to permanent same-sex life partners who have undertaken reciprocal duties of support but who do not “marry” under any new dispensation……..Once this impediment is removed, then there would appear to be no good reason for distinguishing between unmarried heterosexual couples and unmarried same-sex couples in respect of intestate succession.97

3.3 Civil Union Act

Die CUA het op 30 November 2006 inwerking getree, slegs sewe dae na die uitspraak in die Gory saak.98 Die CUA stel enige twee persone ongeag hulle geslag

in staat om met mekaar te trou of ʼn burgerlike vennootskap met mekaar te sluit.99 In terme van artikel 13(1) van die CUA is die onveranderlike gevolge van huweliksluiting wat op gemeenregtelike huwelike kragtens die Huwelikswet100 van

toepassing is, ook op huwelike of burgerlike vennootskappe wat kragtens die CUA gesluit is, van toepassing.101

3.4 Laubscher v Duplan102

3.4.1 Agtergrond

In die Laubscher saak het die Applikant verlof gevra om direk ingevolge artikel 167(6)(b) van die Grondwet na die Konstitusionele Hof teen ʼn bevel van die Hooggeregshof in Pretoria te appelleer.103 Die regsvraag wat voor die

Hooggeregshof gedien het, was of die Respondent wat sedert 2003 met Laubscher (hierna die oorledene) in ʼn homoseksuele permanente lewensvennootskap betrokke was, geregtig is om van die oorledene se intestate boedel te erf.104

97 Gory saak para 29.

98 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 5.

99 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 5-6.

100 Huwelikswet 25 van 1961 (hierna die Huwelikswet).

101 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 6.

102 Laubscher v Duplan [2016] ZACC 44 (hierna die Laubscher saak) 103 Laubscher saak para 1.

(29)

Dit is belangrik om hier te noem dat die oorledene en die Respondent nog nooit hulle lewensvennootskap amptelik geformaliseer of geregistreer het nie, maar wel wedersydse pligte van onderhoud teenoor mekaar onderneem het.105 By die dood van die oorledene, het die oorledene geen afstammelinge of oorlewende ouers nagelaat nie.106 Die applikant, die oorledene se broer, was die enigste oorlewende

kind van die oorledene se ouers.107

Die regsvraag het genoodsaak dat die Hof oorweging moes gee aan die beslissing in die Gory saak, artikel 1(1) van die Intestate Erfopvolgingswet en die CUA.108 In

die Gory saak het die Konstitusionele Hof bevind dat artikel 1(1) van die Intestate Erfopvolgingswet ongrondwetlik en ongeldig was tot die mate dat die volgende woorde uit die omskrywing van “gade” weggelaat is:109

Or partner in a permanent same-sex partnership in which the partners have undertaken reciprocal duties of support.110

Gevolglik was daardie woorde terugwerkend met ingang van 27 April 1994 ingelees.111 Dit is egter belangrik om ingedagte te hou dat die CUA nog nie

inwerking getree het toe die Gory saak beslis is nie.112

Die Hooggeregshof was gevolglik van mening dat dit nie kan afwyk van die in lees van woorde weens die beginsel van stare decisis nie en het beveel dat die Respondent die enigste intestate erfgenaam van die oorledene se boedel was.113

3.4.2 Konstitusionele Hof beslissing

Die Applikant het aangevoer dat sedert die inwerkingtreding van die CUA slegs homoseksuele lewensmaats wat ingevolge die genoemde wet trou of ʼn burgerlike vennootskap geformaliseer en geregistreer het, in staat sou wees om intestaat

105 Laubscher saak para 3. 106 Laubscher saak para 3. 107 Laubscher saak para 3. 108 Laubscher saak paras 5-6. 109 Laubscher saak para 8. 110 Laubscher saak para 8. 111 Laubscher saak para 8. 112 Laubscher saak para 8. 113 Laubscher saak para 9.

(30)

van sy oorlede lewensmaat te kan erf en as sodanig is Respondent nie ʼn “gade” soos beoog in artikel 1(1)(a) van die Intestate Erfopvolgingswet nie.114 Die

applikant het ook aangevoer dat die Gory saak slegs ʼn tussentydse maatreël was totdat die wetgewer die onvermoë van homoseksuele permanente lewensmaats reggestel het om regserkende verbintenisse aan te gaan.115 Die werking van die

CUA het derhalwe hierdie posisie reggestel, aangesien homoseksuele lewensmaats wat burgerlike verbintenisse ingevolge die CUA sluit, nou outomaties binne die omskrywing van “gade” ingesluit word.116

Verder het die Applikant verwys na die uitspraak van die Konstitusionele Hof in die Volks saak ter ondersteuning van sy stelling dat homoseksuele permanente lewensmaats ʼn keuse het om burgerlike verbintenisse aan te gaan en ontvang dieselfde regsbeskerming as teenoorgestelde lewensmaats.117 Die handhawing van

die Gory saak wanneer dieselfde beskerming nie uitgebrei word na teenoorgestelde lewensmaats nie, sal dus onbillik diskriminerend wees.118

Aan die ander kant het die Respondent aangevoer dat die Gory saak nie ʼn tussentydse maatreël was nie en dat die wysiging onbepaald duur tot die tydstip waarop die wetgewer dit verander of herroep, ʼn besluit wat die Konstitusionele Hof in die hande van die wetgewer gelaat het.119 Daarbenewens was die Respondent van mening dat die CUA nie die Gory saak beslissing herroep het nie.120 Die doel van die Gory beslissing was om homoseksuele permanente

lewensmaats in aanmerking te bring om van die ander een intestaat te erf, alhoewel hulle nie getroud is nie.121

114 Laubscher saak para 11. 115 Laubscher saak para 11. 116 Laubscher saak para 11. 117 Laubscher saak para 12. 118 Laubscher saak para 12. 119 Laubscher saak para 13. 120 Laubscher saak para 13. 121 Laubscher saak para 13.

(31)

Ten einde vas te stel of die Respondent kwalifiseer as ʼn intestate opvolger, het die Konstitusionele Hof drie punte vir oorweging geïdentifiseer, naamlik:122

· Of die remedie in Gory saak ʼn tussentydse maatreël was?;123

· Die wisselwerking tussen die beslissing in die Gory saak en die CUA en of die

CUA die Intestate Erfopvolgingswet spesifiek gewysig het?;124 en

· Of die beginsels van die Volks saak op hierdie saak van toepassing was?125

Wat die eerste punt betref, het die Konstitusionele Hof bevind dat die Gory saak beslissing nie tussentyds was nie en dat die Gory-hof dit duidelik maak dat die in lees van onbepaalde duur was, alhoewel dit onderhewig is aan wysiging of herroeping deur die Parlement.126

Die Konstitusionele Hof het ʼn tweeledige benadering aangeneem in die hantering van die tweede punt.127 Eerstens, ʼn kontekstuele aanslag ten opsigte van die

vraag of die CUA die situasie reggestel het wat die Gory saak beslissing wou poog om aan te spreek en tweedens, ʼn interpretatiewe aanslag ten opsigte van artikel 1(1) van die Intestate Erfopvolgingswet (soos gewysig deur die beslissing in die Gory saak).128 Met betrekking tot die eerste been, het die Konstitusionele Hof (in

stryd met sy eie uitspraak in paragraaf 29 van die Gory saak) beslis dat die rede vir die beslissing in die Gory saak om nie weg te val met die inwerkingtreding van die CUA nie as volg is:129

I agree that an inequality may exist between opposite-sex permanent partners and their same-sex counterparts by virtue of the Gory order. The question is whether same-sex permanent partners ought to be deprived of the Gory benefit or whether the benefit should be extended to include opposite-sex permanent partners. …In my view, the Court in Gory had clearly foreseen the enactment of CUA and had envisioned that same-sex permanent partners would continue to be protected despite not concluding a “marriage” (or union as it turned out to be), under the new dispensation. Any indication to the contrary is best left to Parliament to decipher.130

122 Laubscher saak para 19. 123 Laubscher saak para 19. 124 Laubscher saak para 19. 125 Laubscher saak para 19. 126 Laubscher saak paras 22 en 24. 127 Laubscher saak para 25. 128 Laubscher saak para 25. 129 Laubscher saak para 30. 130 Laubscher saak paras 31-32.

(32)

Met betrekking tot die tweede been het die Konstitusionele Hof pertinent daarop gewys dat daar al gewaarsku is teen die afleiding dat wetgewing uitdruklik herroep is.131 Vir hierdie doel is die gemeenregtelike toets dat slegs waar wette onversoenbaar is, ʼn geïmpliseerde herroeping kan bestaan.132 In hierdie saak was

die Konstitusionele Hof van mening dat die applikant nie voldoende kon bewys hoe die beslissing in die Gory saak met die bepalings van die CUA onverenigbaar was nie.133 Gevolglik het die CUA nie die Intestate Erfopvolgingreg spesifiek

gewysig nie.134

Alhoewel die meerderheidsuitspraak van die Duplan-hof dit omonwonde stel dat:

Volks continues to apply with full precedential force within the context of maintenance of surving spouses.135

was die Konstitusionele Hof nie oortuig daarvan dat die Volks saak op hierdie saak van toepassing was nie omrede die Volks saak onder andere gemoeid was met testate erfopvolging, ʼn oorlewende se reg op onderhoud in terme van die Wet en nie in terme van artikel 1(1) van die Intestate Erfopvolgingswet nie en die Volks saak in wese gehandel het oor die grondwetlike reg op gelykheid en nie gebaseer was op die interpretasie van die beslissing in die Gory saak in die lig van inwerkingtreding van die CUA nie. 136 Gevolglik het die Konstitusionele Hof as volg

bevind:

Civil unions concluded under CUA constitute a new category of beneficiary for purposes of ISA and are distinguishable from same-sex permanent life partnerships. As a result, same-sex permanent partners will continue to enjoy intestate succession rights under section 1(1) of ISA, as per the Gory order, until such time that the Legislature specifically amends the section. It is not for this Court to proscribe protections it previously extended when there is no clear legislative indication that the proscription is mandated. To do so would undermine the aspirations of the human rights culture that we seek to cultivate.

131 Laubscher saak para 39. 132 Laubscher saak para 39. 133 Laubscher saak para 39. 134 Laubscher saak para 39. 135 Laubscher saak para 50. 136 Laubscher saak para 46.

(33)

Whether to provide “equality of the graveyard or the vineyard” to permanent same-sex partners, is a matter best left to the competencies of the Legislature.137

Vervolgens is die appèl van die hand gewys.138

3.5 Gevolgtrekking

Dit is dus duidelik dat die heersende regsposisie tans toelaat dat partye in ʼn homoseksuele permanente lewensvennootskap wat die keuse uitoefen om nie hul verhouding kragtens die CUA te formaliseer nie, steeds geregtig sal wees om intestaat van hul oorlede lewensmaat te kan erf.139 Terwyl individue in permanente

heteroseksuele lewensvennootskappe van die bepalings in artikel 1 van die Intestate Erfopvolgingswet uitgesluit word indien hulle nie hulle verhouding formaliseer nie.140 Gevolglik onstaan die vraag of dit steeds grondwetlik ingevolge

artikel 9 van die Grondwet is dat daar sodanige onderskeid tussen heteroseksuele en homoseksuele permanente lewensvennootskappe getref word.141

137 Laubscher saak para 55. 138 Laubscher saak paras 55 en 57.

139 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 23.

140 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 23.

141 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

(34)

HOOFSTUK 4

4 Grondwetlike beperkingsklousule

Artikel 9 van die Grondwet142 bepaal dat elkeen gelyk is voor die reg en op gelyke

beskerming en voordeel van die reg geregtig is. Die Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act143 gee effek aan artikel 9 van die

Grondwet.144 Artikel 6 van PEPUDA bepaal as volg:

Neither the State nor any person may unfairly discriminate145 against any person.

Indien die huidige regsposisie gemeet word aan die gelykheidsklousule soos vergestalt in artikel 9 van die Grondwet, ontstaan die vraag onvermydelik of die huidige regsposisie inderdaad gelyke beskerming en voordeel aan elke persoon verleen. In dieselfde asem is dit egter belangrik om ingedagte te hou dat die reg

142 A 9 van die Grondwet lui as volg:

(1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg. (2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.

143 Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act 4 van 2000 (hierna

PEPUDA).

144 Aanhef van PEPUDA.

145 A 1 van PEPUDA definieer “diskriminasie” as volg:

'discrimination' means any act or omission, including a policy, law, rule, practice, condition or situation which directly or indirectly-

(a) imposes burdens, obligations or disadvantage on; or

(b) withholds benefits, opportunities or advantages from, any person on one or more of the prohibited grounds.

A 1 van PEPUDA definieer “verbode gronde” as volg:

(a) race, gender, sex, pregnancy, marital status, ethnic or social origin, colour, sexual orientation, age, disability, religion, conscience, belief, culture, language and birth; or

(b) any other ground where discrimination based on that other ground- (i) causes or perpetuates systemic disadvantage;

(ii) undermines human dignity; or

(iii) adversely affects the equal enjoyment of a person's rights and freedoms in a serious manner that is comparable to discrimination on a ground in paragraph (a).

(35)

op gelykheid nie die staat verhoed om onderskeid te tref en om sekere groepe of individue anders te behandel nie.146 Die grondliggende rede hiervoor is gewortel in

die feit dat die gelykheidsbeginsel nie vereis dat elke persoon dieselfde behandel moet word nie, maar slegs vereis dat mense wat hulself in dieselfde posisie bevind vanuit ʼn morele oogpunt dieselfde behandel behoort te word.147

In Harksen v Lane148 het die Konstitusionele Hof die stappe neergelê wat gevolg

moet word om vas te stel of daar in ‘n gegewe geval billik of onbillik gediskrimineer word. Eerstens moet vasgestel word of daar bloot tussen persone of kategorieë van persone gedifferensieer word.149 In die geval van blote

differensiasie moet daar ‘n rasionale verband wees tussen die differensiasie en die legitieme regeringsdoel wat dit beoog om te bereik.150 Indien daar egter nie so

verband bestaan nie, is dit in stryd met artikel 9(1) van die Grondwet en dus ongrondwetlik.151 Vervolgens moet vasgestel word of die diskriminasie onbillike

diskriminasie daarstel wat ‘n twee-stadium analise vereis.152

In die eerste stadium moet vasgestel word of die differensiasie neerkom op “diskriminasie” en indien wel moet tweedens bepaal word of dit “onbillike diskriminasie” daarstel.153 Indien die diskriminasie neerkom op een van die gelyste

gronde in artikel 9(3) van die Grondwet, geld die vermoede dat die diskriminasie onbillik is.154 Indien die diskriminasie op ‘n ongespesifiseerde grond gebaseer is,

geld die vermoede nie en moet die applikant bewys dat die diskriminasie onbillik is.155

146 Currie en De Waal The Bill of Rights Handbook 239.

147 Currie en De Waal The Bill of Rights Handbook 239. In Zondi v President of the Republic of

South Africa 1999 (111) BCLR 1313 het die hof bevind dat die reg op gelykheid nie beteken dat elke individu op gelyke behandeling kan aandring nie.

148 Harksen v Lane 1998 (1) SA 300 (KH) (hierna die Harksen saak). 149 Harksen saak para 42.

150 Harksen saak para 42; Currie en De Waal The Bill of Rights Handbook 239. 151 Harksen saak para 42.

152 Harksen saak para 44. 153 Harksen saak para 44.

154 Pretoria City Council v Walker 1998 (2) SA 363 (KH); Huysamen Grondwetlike perspektiewe

op die intestate erfopvolging van hetero- en homoseksuele saamwonende persone 17.

(36)

In Prinsloo v Van der Linde156 is bevind dat diskriminasie op 'n ongespesifiseerde

grond plaasvind as dit ongelyke behandeling van individue behels gebaseer op eienskappe of kenmerke wat die potensiaal het om die fundamentele waardigheid van mense aan te tas, of om hulle in 'n vergelykbare ernstige wyse nadelig te beïnvloed. Indien onbillike diskriminasie wel plaasgevind het, moet vervolgens vasgestel word of die diskriminasie ingevolge artikel 36 van die Grondwet geregverdig kan word.157

Indien die stappe soos neergelê in die Harksen saak op die situasie onder bespreking van toepassing gemaak word, is dit duidelik dat die Wet differensieer tussen die langlewende van ‘n huwelik en die langlewende van ‘n permanente lewensvennootskap.158 Die bepalings van die Wet is gemik op die verskaffing van

onderhoud en ondersteuning aan die langlewende van ‘n huwelik wat die regeringsdoel daarstel.159 Volgens Regter Ngcobo kan daar nie twyfel getrek word

dat die differensiasie wat die Wet maak, rasioneel verband hou met sy doel nie.160

Indien volhard word met die argumentasie dat die differensiasie op grond van huwelikstatus, ‘n grond vermeld in subartikel 9(3) van die Grondwet plaasvind, word die diskriminasie ingevolge artikel 9(5) as onbillik beskou.161 Die meerderheid

van die Regters het egter in die Volks saak bevind dat die bepalings van die Wet nie in stryd is met die gelykheidsklousule nie sonder om aandag te skenk aan die kontraktuele plig tot onderhoud wat tussen heteroseksuele lewensmaats kan bestaan.162 In die onlangse Laubscher saak het Regter Froneman voorts in sy

minderheidsuitspraak laat blyk dat die nie-erkenning van die waarde van ‘n kontraktuele onderhoudsverpliging tussen lewensmaats, teenoor die ex lege verpligting wat huweliksluiting teweegbring, problematies is.163 Dit mag suggereer

dat daar moontlik twyfel by sommige van die Konstitusionele Hof regters bestaan,

156 Prinsloo v Van der Linde 1997 (31) SA 1012 (KH) paras 28, 31 en 33.

157 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 17.

158 Volks saak para 74. 159 Volks saak para 74. 160 Volks saak para 74. 161 Volks saak para 50. 162 Smith 2010 PER 254.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

Het aantal eieren per opgehokte hen ligt tussen 250 en 350 eieren, het voerverbruik per ei ligt tussen 140 en 180 gram en de uitval varieert van 2 tot 40 procent. Dit heeft

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

Nadat 'die .fre- kwensietabel opgestel is ( intervalle.. STATISTIEKE UIT DIE STANDVERSPRTI~G. Dus kan ons aanneem dat die prestasi in standverspring styg by die

Wanneer Petrus homself aan die lesers bekendstel as slaaf van Jesus Christus, bring hy daarmee 'n besondere aspek van sy verhouding tot Jesus Christus na vore:

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

regering in die verband verduidelik: Die Duitsers moes tot staatlose burgers verklaar word sodat wetgewing aan- vaar kon word om hulle tot Britse burgers te

hoofsaaklik gevolg en nie die van empiriese verwerking van gegewens nie 9 om welke rede die gegewens van die vraelys dan ook nie volledig verstrek word nie