• No results found

Daar is wel ander remedies in die Suid-Afrikaanse regstelsel beskikbaar vir partye betrokke in ʼn teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskap ten einde dieselfde resultaat as in artikel 2(1) van die Wet te kan bewerkstellig.223

Voorbeelde hiervan word vervolgens bespreek. 5.2.1 Testate Erfopvolging

Die partye in ʼn teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskap kan mekaar as erfgename in hulle afsonderlike of gesamentlike testamente aanwys.224

Die boedel van die oorledene sal dan in terme van sy of haar testamentêre bepalings op sy of haar begunstigde(s) vererf.225 Daar sal altyd effek aan die testateur se bedoeling gegee word, ongeag die feit dat die testateur na die langslewende as “sy vrou” of “haar man” verwys, solank dit net duidelik in hierdie omstandighede is dat enige verwysing na die man of vrou na die langslewende van ʼn teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskap verwys.226

5.2.2 Onregverdige verryking

As een lewensmaat ten koste van die ander lewensmaat verryk is, kan die verarmde lewensmaat onder sekere omstandighede 'n verrykingseis instel.227 In

Kommissaris van Binnelandse Sake v Willers228 het die hof beslis dat die beslissing

in Nortjé v Pool229 waarin bevind is dat die bestaan van ʼn algemene

verrykingsaksie uitgesluit is, nie aanspreeklikheid uitsluit op grond van onregverdige verryking in gevalle waar sodanige aanspreeklikheid nie vooraf bestaan het nie.230 Die hof bevind voorts dat daar in elke aangeleentheid ʼn

223 Dercksen De Facto Huwelike – Tyd vir ‘n Nuwe Benadering in die SA Reg? 15.

224 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 37.

225 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 37-38.

226 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 38.

227 Heaton 2005 THRHR 667.

228 Kommissaris van Binnelandse Sake v Willers 1994 (3) SA 283 (A). 229 Nortjé v Pool 1966 (3) SA 96 (A).

diskresie deur die hof uitgeoefen moet word ten aansien van die uitbreiding van aanspreeklikheid gegrond op verryking.231

Tot op hede het ons reg egter nog geen algemene verrykingsaksie erken nie of enige spesifieke verrykingsaanspreeklikheid binne die konteks van permanente lewensvennootskappe erken nie.232 Om hierdie rede moet daar tot die

gevolgtrekking gekom word dat onregverdige verryking as ʼn doeltreffende remedie op sy beste spekulatief van aard is.233

5.3 Gevolgtrekking

Dit behoort op hierdie stadium duidelik te wees dat kragtens die Wet die langslewende gade van ʼn siviele huwelik, gebruiklike huwelik of van ʼn burgerlike verbintenis, ʼn onderhoudseis teen die boedel van die eerssterwende kan indien, alhoewel die bedrag geëis ingevolge artikel 2(1) van die Wet beperk word tot ʼn bedrag voldoende om in die langslewende se redelike onderhoudsbehoeftes te voorsien tot dood of hertroue, en ʼn eis net ingedien kan word sover sy of haar eie middele en/of verdienste nie in staat is om hom of haar te onderhou nie.234

Daarteenoor in die geval van ʼn teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskap kan die langslewende gade nie sodanige eis in terme van die Wet indien nie.235 Dit blyk tans dat indien die oorledene nie hom of haar in sy of

haar testament benoem het nie, het die langslewende van ʼn teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskap geen regte op enige eiendom op die boedel van die eerssterwende nie, behalwe dit wat hy of sy ingevolge hulle kontraktuele ooreenkoms kan eis, of dit waarop hy of sy by die ontbinding van ʼn universele vennootskap (indien bewys) geregtig is of kragtens die gewone reëls van onregverdige verryking.236 In die lig hiervan word voorgestel dat partye wat in

231 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

homoseksuele saamwonende persone 39.

232 Smith The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need

for and Application of a Domestic Partnership Rubric 383; Heaton 2005 THRHR 667.

233 Smith The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need

for and Application of a Domestic Partnership Rubric 383; Heaton 2005 THRHR 667.

234 Dercksen De Facto Huwelike – Tyd vir ‘n Nuwe Benadering in die SA Reg? 13-14. 235 Dercksen De Facto Huwelike – Tyd vir ‘n Nuwe Benadering in die SA Reg? 14. 236 Dercksen De Facto Huwelike – Tyd vir ‘n Nuwe Benadering in die SA Reg? 14.

ʼn heteroseksuele permanente lewensvennootskap betrokke wil raak ʼn behoorlike ooreenkoms moet opstel met betrekking tot aangeleenthede soos onderhoudsverpligtinge, onderhoud van die gemeenskaplike eiendom en verdeling van bates by beëindiging van die lewensvennootskap.237

HOOFSTUK 6

6 Draft Domestic Partnerships Bill, 2008238

6.1 Agtergrond

In 2006 het die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie erken dat partye tot ʼn permanente lewensvennootskap wetlike beskerming benodig.239 Gevolglik het die

Konsep-wetsontwerp te voorskyn gekom.240 Die doelwit van die Konsep-

wetsontwerp is om te verseker dat vennote241 in huishoudelike vennootskappe242

die reg op gelykheid en waardigheid geniet asook om die familiereg te hervorm om te voldoen aan die toepaslike bepalings van die Handves van Regte deur die:243

(a) recognition of the legal status of domestic partners;

(b) regulation of the rights and obligations of domestic partners;

(c) protection of the interests of both domestic partners and interested parties on the termination of domestic partnerships; and

(e)final determination of the financial relationships between domestic partners and between domestic partners and interested parties when domestic partnerships terminate.244

Die Konsep-wetsontwerp verskaf aan individue wat nie onder enige bestaande huwelikswette245 getroud is nie, die keuse om ʼn geregistreerde huishoudelike

238 Draft Domestic Partnerships Bill in GK 36 in SK 30663 van 14 Januarie 2008 (hierna die

Konsep-wetsontwerp).

239 Bester en Louw 2015 PER 2969.

240 GK 36 in SK 30663 van 14 Januarie 2008.

241 A 1 van die Konsep-wetsontwerp definieer ‘n huishoudelike vennoot as volg:

Means a partner in a domestic partnership and includes a former domestic partner.

242 A 1 van die Konsep-wetsontwerp definieer ‘n huishoudelike vennootskap as volg:

Means a registered domestic partnership or unregistered domestic partnership between two persons who are both 18 years of age or older and includes a formerdomestic partnership. In Bakker 2009 34(1) Tyskrif vir Regswetenskap 36 word die mening gehuldig dat die definisie nie werklik aandui wat ‘n huishoudelike vennootskap is nie, maar indien die Konsep- wetsontwerp in sy geheel gelees word dui dit op lewensvennootskappe wat in terme van die Konsep-wetsontwerp geregistreer is of erkenning uit hoofde van die Konsep-wetsontwerp ontvang.

243 A 2 van die Konsep-wetsontwerp. 244 A 2(a)-(d) van die Konsep-wetsontwerp.

245 Huwelikswet, Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 (hierna die Wet

vennootskap te sluit.246 ʼn Persoon wat egter deur die reg verbied word om ʼn

huwelik te sluit op grond van bloed- of aanverwantskap mag nie ʼn huishoudelike vennootskap registreer nie.247 ʼn Huishoudelike vennootskap kan slegs geregistreer word indien ten minste een van die voornemende vennote ʼn Suid-Afrikaanse burger is en albei partye 18 jaar of ouer is.248 Dieselfde vereistes is van toepassing

in die geval van voornemende partye wat ʼn ongeregistreerde huishoudelike vennootskap wil sluit.249