• No results found

6.3.1 Registrasie-prosedure

ʼn Ongeregistreerde huishoudelike vennootskap is ʼn vennootskap waar die vennote hulle nie deur ʼn formele registrasie van die vennootskap in terme van die Konsep-wetsontwerp verbind nie.258 Die vennootskap is nie teenoor derdes

afdwingbaar nie.259

254 Kragtens a 7(1) van die Konsep-wetsontwerp bestaan daar geen algemene gemeenskap van

goed tussen huishoudelike vennote nie.

255 A 7(1), (3) en (4) van die Konsep-wetsontwerp. 256 A 12(1) en 18(1) van die Konsep-wetsontwerp. 257 A 18(2) van die Konsep-wetsontwerp.

258 Manthwa Recognition of domestic partnerships in South African law 56.

259 Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en

6.3.2 Regsgevolge

Ongeregistreerde huishoudelike vennote is nie aanspreeklik om mekaar te onderhou nie en nie een van die vennote is geregtig om onderhoud van die ander vennoot te eis nie, behalwe waar die Konsep-wetsontwerp daarvoor voorsiening maak.260 By die beëindiging van ʼn ongeregistreerde huishoudelike vennootskap,

hetsy deur dood of deur skeiding, mag een of beide ongeregistreerde huishoudelike vennote by die hof aansoek doen om ʼn bevel vir die onderhoud, intestate erfopvolging261 en of die verdeling van eiendom.262 Wanneer die hof

moet besluit of so ʼn aansoek toegestaan moet word, moet die hof alle omstandighede met betrekking tot die verhouding in ag neem, insluitend die faktore wat in artikel 26(2)(a)-(i) relevant mag wees.263

Kragtens artikel 29(1) mag die langlewende vennoot van ʼn ongeregistreerde huishoudelike vennootskap na die dood van die eerssterwende vennoot van die ongeregistreerde huishoudelike vennootskap, aansoek doen by die hof vir ʼn onderhoudsbevel teen die boedel van die eerssterwende vennoot tot sy of haar dood, hertroue of registrasie van ʼn ander geregistreerde huishoudelike vennootskap vir sover hy of sy nie in staat is om hom- of haarself te onderhou nie.264

260 A 27 van die Konsep-wetsontwerp.

261 Kragtens a 33 van die Konsep-wetsontwerp moet aansoek gedoen word om ‘n bevel vir

intestate erfopvolging binne twee jaar na die datum waarop die ongeregistreerde huishoudelike vennootskap beëindig is.

262 A 26(1) van die Konsep-wetsontwerp.

263 A 26(2) van die Konsep-wetsontwerp lui as volg:

When deciding on an application for an order under section 26 of this Act, a court must have regard to all the circumstances of the relationship, including the following matters as may be relevant in a particular case:

(a) the duration and nature of the relationship; (b) the nature and extent of common residence;

(c) the degree of financial dependence or interdependence, and any arrangements for financial support, between the unregistered domestic partners;

(d) the ownership, use and acquisition of property; (e) the degree of mutual commitment to a shared life;

(f) the care and support of children of the unregistered domestic partnership; (g) the performance of household duties;

(h)the reputation and public aspects of the relationship; and

the relationship status of the unregistered domestic partners with third parties.

6.4 Gevolgtrekking

Indien die Konsep-wetsontwerp tot wetgewing realiseer sal dit die uitwerking wat die Volks saak mee gebring het op die wedersydse onderhoudsplig tussen partye van die teenoorgestelde geslag tot ʼn permanente lewensvennootskap en wat tans die bestaande regsposisie is, wysig. Voorts sal dit ook die Wet wysig deurdat artikel 19 van die Konsep-wetsontwerp dit onomwonde stel dat enige verwysing na “gade” in die Wet uitgelê moet word om in te sluit ʼn geregistreerde huishoudelike vennoot. Die Wetgewer het egter nog geen dringendheid getoon ten opsigte van die volvoering van die konsep-Domestic Partnerships Bill tot wetgewing nie en bly die regsposisie in Suid-Afrika dus nog steeds onveranderd.265

HOOFSTUK 7

7 Samevatting, slot en aanbevelings

Die aantal persone wat in teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskappe betrokke raak, is besig om in Suid-Afrika drasties toe te neem.266 Die groter vryheid wat so ʼn verhouding meebring bring egter ook

risiko’s, veral vir die langslewende om onderhoud te kan eis in terme van die Wet.267 Die Suid-Afrikaanse regsposisie bepaal tans dat slegs heteroseksuele

lewensmaats wat hul verhouding formaliseer deur die sluiting van ʼn siviele huwelik, gebruiklike huwelik of die voltrekking van ʼn burgerlike verbintenis hulself kan beroep op ʼn onderhoudseis in terme van die Wet.268

Die regsprekende gesag het deur middel van die Konstitusionele Hof in die Volks saak bevind dat teenoorgestelde geslag lewensmaats wat in permanente lewensvennootskappe betrokke is nie hulself kan beroep op die voordele voortspruitend uit ʼn huwelik nie, omrede hulle die keuse uitgeoefen het om nie in die huwelik te tree nie, terwyl hulle in staat was om dit te kan doen en gevolglik daarmee saam dat die bestaan van 'n kontraktuele plig van onderhoud tussen heteroseksuele lewensmaats tot ʼn permanente lewensvennootskap nie bestaan nie.269 Dieselfde Konstitusionele Hof het egter in die Gory saak beslis dat ʼn

homoseksuele lewensmaat geregtig is om van sy oorlede lewensmaat te erf ten spyte daarvan dat die partye nie ʼn huwelik of burgerlike vennootskap gesluit het nie.270

Die CUA het slegs sewe dae na die uitspraak in die Gory saak inwerking getree en het die Konstitusionele Hof kort na die inwerkingtreding daarvan in die onlangse Laubscher saak bevind dat partye betrokke in ʼn homoseksuele permanente lewensvennootskap wat die keuse uitoefen om nie hul verhouding kragtens die CUA te formaliseer nie, steeds geregtig sal wees om intestaat van hul oorlede

266 Moore en Govender 2013 Journal of Comparative Family Studies 624. 267 Meyersfeld Constitutional Court Review 278.

268 Meyersfeld Constitutional Court Review 278. 269 Volks saak para 60; Smith 2010 PER 243.

lewensmaat te kan erf terwyl hul teenoorgestelde geslag eweknieë in heteroseksuele permanente lewensvennootskappe, van die bepalings in artikel 1 van die Intestate Erfopvolgingswet uitgesluit word indien hulle nie hulle verhouding formaliseer nie.271 In die lig hiervan is die huidige Suid-Afrikaanse

posisie dus duidelik: Dieselfde geslag lewensmaats tot ʼn permanente lewensvennootskap is op die reg om intestaat te erf, ‘n onveranderbare gevolg van huweliksluiting geregtig, ten spyte van die feit dat hulle die keuse uit geoefen het om nie hulle verhouding te formaliseer in terme van die CUA nie.272

Sterk argumente word gevolglik aangevoer teen die huidige regsposisie aangesien dit aanleiding kan gee tot onbillike diskriminasie teen die langslewende van ʼn teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskap wat nie ʼn onderhoudseis teen die bestorwe boedel van die vooroorledene ingevolge artikel 2(1) van die Wet kan instel nie.273 Die kruks van die saak blyk egter te wees of artikel 2(1) van die Wet voldoen aan die kriteria van die grondwetlike beperkingsklousule gesien in die lig van die verskanste grondwetlike gelykheidsklousule.274 Regspraak toon aan, dat

howe gereeld, gesien in die lig van die kriteria van artikel 36, aandag vestig op die nadelige uitwerkings wat die aard en omvang van die onderskeid tussen dieselfde geslag en teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskappe het op die regte van benadeeldes.275 Hierteenoor is al egter in die verlede oorredend

aangevoer dat die reg op gelykheid nie beteken dat elkeen op gelyke behandeling kan aandring nie.276

Alhoewel artikel 2(1) van die Wet tans geen beskerming aan die langslewende van ʼn teenoorgestelde geslag permanente lewensvennootskap verleen nie, was daar egter wel onlangse ontwikkelings waarvolgens Suid-Afrikaanse howe erkenning

271 Laubscher saak paras 39 en 46.

272 Mamashela en Carnelley 2006 Obiter 386; Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die

intestate erfopvolging van hetero- en homoseksuele saamwonende persone 23.

273 Meyerson Constitutional Court Review 295.

274 Bannister The implications of a relational feminist interpretation of socio-economic rights for

cohabiting partners 22.

275 South African Law Reform Commission Project 118 Report on Domestic Partnerships (Maart

2006).

276 Currie en De Waal The Bill of Rights Handbook 239. In Zondi v President of the Republic of

South Africa 1999 (111) BCLR 1313 het die hof bevind dat die reg op gelykheid nie beteken dat elke individu op gelyke behandeling kan aandring nie.

gee daaraan dat persone in permanente lewensvennootskappe van universele vennootskappe (asook ander remedies) gebruik kan maak om regserkenning en beskerming aan hulle verhouding te verleen wat gevolglik ʼn soortgelyke resultaat kan bewerkstellig as ʼn eis in terme van artikel 2(1) van die Wet.277

Hiermee saam moet ingedagte gehou word dat die bestaan van ʼn universele vennootskap dikwels baie moeilik is om te bewys, en word aan die hand gedoen dat partye wat in ʼn permanente lewensvennootskap betrokke wil raak ʼn behoorlike ooreenkoms moet opstel met betrekking tot aangeleenthede soos onderhoudsverpligtinge, onderhoud van die gemeenskaplike eiendom en verdeling van bates by beëindiging van die lewensvennootskap.278 In teorie is onregverdige verryking ook

ʼn remedie wat tot die beskikking van lewensmaats tot ʼn permanente lewensvennootskap staan.279 Tot op hede het ons reg egter nog geen algemene

verrykingsaksie erken nie of enige spesifieke verrykingsaanspreeklikheid binne die konteks van permanente lewensvennootskappe erken nie.280 Die doeltreffendheid

van hierdie remedie blyk op hierdie stadium dus op sy beste spekulatief van aard te wees.281

In Hoofstuk 6 is die Konsep-wetsontwerp vir huishoudelike vennootskappe ontleed om te bepaal of dit ʼn moontlike platform bied om partye tot permanente lewensvennootskappe te reguleer.282 Die opstel van die Konsep-wetsontwerp kan

eerstens as ʼn positiewe stap beskou word om aan partye tot permanente lewensvennootskappe werklike beskerming te bied.283 Die Konsep-wetsontwerp is

egter nog nie gepromulgeer nie en is dit onduidelik of die Konsep-wetsontwerp enigsins tot wetgewing status verhef sal word.284

277 V saak para 614H; Heaton 2005 THRHR 665.

278 Dercksen De Facto Huwelike – Tyd vir ‘n Nuwe Benadering in die SA Reg? 16.

279 Smith The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need

for and Application of a Domestic Partnership Rubric 382.

280 Smith The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need

for and Application of a Domestic Partnership Rubric 383; Heaton 2005 THRHR 667.

281 Smith The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need

for and Application of a Domestic Partnership Rubric 383; Heaton 2005 THRHR 667.

282 Manthwa Recognition of domestic partnerships in South African law 51. 283 Manthwa Recognition of domestic partnerships in South African law 51. 284 Smith 2016 De Rebus 37.

Hoe dit ook al sy, blyk dit dat daar geen regverdiging vir die huidige regsposisie in ʼn oop en demokratiese samelewing soos Suid-Afrika kan bestaan nie.285 Al wat

gerusstellend op hierdie stadium behoort te wees, is die fokus wat Regter Froneman se minderheidsuitspraak in die onlangse Laubscher saak plaas, op die probleme wat die nie-erkenning van die waarde van ‘n kontraktuele onderhoudsverpligting tussen lewensmaats, teenoor die ex lege verpligting wat huweliksluiting, teweegbring.286 Pro-aktiewe optrede deur die wetgewende gesag

word gevolglik op hierdie stadium bepleit om met behulp van innoverende denke die voorskrifte van die familiereg met die grondwetlike waarde van gelykheid (en onvermydelik inbegrepe hierby die grondwetlike waarde van menswaardigheid) te versoen wat terselfdertyd regsekerheid sal bevorder.287

285 Brink v Kitshoff 1996 4 SA (KH) para 42. 286 Laubscher saak paras 83 en 84.

BIBLIOGRAFIE Literatuur

Abrie et al Bestorwe boedels

Abrie W et al Bestorwe boedels 9de uitgawe (Proplus Lynnwoodrif 2011)

Bakker 2009 34 (1) Tyskrif vir Regswetenskap

Bakker P “Die Civil Union Act, Draft Domestic Partnership en moontlike deregulering van die huwelik” 2009 34 (1) Tyskrif vir Regswetenskap 28-47

Bannister The implications of a relational feminist interpretation of socio-economic rights for cohabiting partners

Bannister T The implications of a relational feminist interpretation of socio- economic rights for cohabiting partners (LLD-verhandeling Stellenbosch Universiteit 2016)

Barratt “Transforming dignitas into dignity? A case study of adultery in South African law”

Barratt A “Transforming dignitas into dignity? A case study of adultery in South African law” ongepubliseerde bydrae gelewer by die 2de Internasionale Privaatreg Konferensie (September 2011 Universiteit van Nicosia)

Bekker Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning

Bekker CA Die Belang van die Definisie van ‘Gade’ vir doeleindes van Boedelbeplanning (LLM-verhandeling Noordwes Universiteit 2008)

Bester en Louw 2015 PER

Bester BC en Louw A “Domestic Partners and ‘The Choice Argument’: Quo Vadis?” 2018 PER 2951-2982

Bonthuys 2016 PER

Bonthuys E “Exploring universal partnerships and putative marriages as tools for awarding partnership property in contemporary family law” 2016 PER 1-27

Currie en De Waal The Bill of Rights Handbook

Currie I en De Waal J The Bill of Rights Handbook 5e uitg (Juta Kaapstad 2005)

Damons Non-Formalised Cohabitation: Does the Swedish Model of Statutory Regulation Provide a Solution for South Africa?

Damons NT Non-Formalised Cohabitation: Does the Swedish Model of Statutory Regulation Provide a Solution for South Africa? (LLM-verhandeling Universiteit van die Wes-Kaap 2015)

Dercksen De Facto Huwelike – Tyd vir ʼn Nuwe Benadering in die SA Reg?

Dercksen EJJ De Facto Huwelike – Tyd vir ʼn Nuwe Benadering in die SA Reg? (LLM-verhandeling Unisa 1997)

Erasmus Implikasies van die beëindiging van ʼn saamwoonverhouding

Erasmus FJ Implikasies van die beëindiging van ʼn saamwoonverhouding (LLM-verhandeling Unisa 1995)

Heaton 2005 THRHR

Heaton J “An overview of the current legal position regarding heterosexual life partnerships” 2005 THRHR 662-670

Hoexter en Olivier The Judiciary in South Africa

Hoexter C en Olivier M The Judiciary in South Africa (Juta Kaapstad 2014)

Huysamen Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en homoseksuele saamwonende persone

Huysamen RF Grondwetlike perspektiewe op die intestate erfopvolging van hetero- en homoseksuele saamwonende persone (LLM-verhandeling Noordwes Universiteit 2010)

Kotze 1999 PER

Kotze A “Die reg van die homoseksuele ouer om beheer en toesig oor ‘n kind te verkry in die lig van die bepalings van die grondwet” 1999 PER 1-70

Kruuse 2009 SAJHR

Kruuse H 2009 “’Here’s to You, Mrs Robinson’: Peculiarities and Paragraph 29 in Determining the Treatment of Domestic Partnerships” 2009 SAJHR 380-391

Le Roux en Frantzen “Belasting op Toegevoegde Waarde”

Le Roux G en Frantzen E “Skenkings” in Le Roux G en Frantzen E Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs (Sentrum vir Aktepraktyk (Edms) Bpk Pretoria 2017) 1-8

Mamashela en Carnelley 2006 Obiter

Mamashela M en Carnelley M “Cohabitation and the Same-Sex Marriage. A Complex Jigsaw Puzzle” 2006 Obiter 379-390

Manthwa Recognition of domestic partnerships in South African law

Manthwa TA Recognition of domestic partnerships in South African law (LLM-verhandeling Unisa 2015)

Meyersfeld Constitutional Court Review

Meyersfeld B “If you can see, look: domestic partnerships and the law” 2010 Constitutional Court Review 271-294

Meyerson D “Who’s in and who’s out? Inclusion and exclusion in the family law jurisprudence of the Constituitional Court of South Africa” 2010 Constitutional Court Review 295-316

Moore en Govender 2013 Journal of Comparative Family Studies

Moore E en Govender R “Marriage and Cohabition in South Africa: An Enriching Explanation?” 2013 Journal of Comparative Family Studies 623- 639

Rautenbach 2005 TSAR

Rautenbach IM “The limitation of rights and ‘reasonableness’ in the right to just administrative action and the rights to access to adequate housing, health services and social security” 2005 TSAR 627-654

Robinson et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg

Robinson JA et al Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 3de uitgawe (Printing Things 2008)

Smith The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need for and Application of a Domestic Partnership Rubric

Smith BS The Development of South African Matrimonial Law with Specific Reference to the Need for and Application of a Domestic Partnership Rubric (LLD-verhandeling Universiteit van Vrystaat 2009)

Smith 2010 PER

Smith B “Rethinking Volks v Robinson: The implications of applying a “contextualised choice model” to prospective South African Domestic Partnerships Legislation” PER 238-300

Smith 2016 De Rebus

Smith B “Unmarried same-sex couples more favourable legal position than heterosexual counterparts” 2016 De Rebus 37-39

Vermeulen Boedelimplikasies vir partye wat getrou het of ʼn siviele vennootskap voltrek het ingevolge die Civil Union Act

Vermeulen P Boedelimplikasies vir partye wat getrou het of ʼn siviele vennootskap voltrek het ingevolge die Civil Union Act (LLM-verhandeling Noordwes Universiteit 2014)

Wildenboer 2005 SA Publiekreg

Wildenboer L “Marrying domestic partnerships and the Constitution: A discussion of Volks NO v Robinson 2005 5 BCLR 446 (CC)” 2005 SA Publiekreg 459-467

Regspraak

Brink v Kitshoff 1996 4 SA (KH)

Brümmer v Minister for Social Development and Others 2009 6 SA 323 (KH) Butters v Mncora 2012 (4) SA 1 (HHA)

Du Plessis v Road Accident Fund 2004 (1) SA 359 (HHA)

Du Toit v Minister of Welfare and Population Development and Others 2002 (10) BCLR 1006 (KH)

EA v EC (09/25924) [2012] ZAGPSHC 219 (25 Oktober 2012) Gory v Kolver 2007 (4) SA 97 (KH)

Harksen v Lane 1998 (1) SA 300 (KH)

J v Director General, Department of Home Affairs 2003 (5) SA 621 (KH) Kommissaris van Binnelandse Sake v Willers 1994 (3) SA 283 (A) Larbi-Odam v MEC for Education 1998 (1) SA 745 (KH)

Laubscher v Duplan 2017 (2) SA 264 (KH)

Lillie v Berry (17701/2013) [2014] ZAWCHC 153 (17 Oktober 2014) McDonald v Young 2012 (3) SA 1 (HHA)

Meyer v Meyer [2014] JOL 32284 (KZD) Nortjé v Pool 1966 (3) SA 96 (A)

Paixao v Road Accident Fund 2012 (6) SA 377 (HHA) Ponelat v Schrepfer 2012 1 SA 206 (HHA)

Pretoria City Council v Walker 1998 (2) SA 363 (KH) Prinsloo v Van der Linde 1997 (31) SA 1012 (KH) Sepheri v Scanlan 2008 (1) SA 322 (C)

S v Makwanyane 1995 3 SA 391 (KH) V v De Wet 1953 1 SA 613 (O)

Volks v Robinson 2005 (5) BCLR 446 (KH)

V v V (5508/11) [2013] ZAGPPHC 530 (17 April 2013)

Zondi v President of the Republic of South Africa 1999 (111) BCLR 1313

Wetgewing

Boedelbelastingwet 45 van 1955 Children’s Act 38 van 2005

Children’s Status Act 82 van 1987 Civil Union Act 17 van 2006

Inkomstebelastingwet 58 van 1962

Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act 4 van 2000 Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998

Wet op Kindersorg 74 van 1983

Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van 1990 Wet op Voogdy 192 van 1993

Goewerment kennisgewings

GK 36 in SK 30663 van 14 Januarie 2008

Internet bronne

South African Law Reform Commission 2011 Discussion Paper 126 – Prescription Periods http://salawreform.justice.gov.za [datum van gebruik 16 Augustus 2018]

Ander

South African Law Reform Commission Project 118 Report on Domestic Partnerships (Maart 2006)