• No results found

'n Kritiese bestuursrekeningkundige evaluering van boerbokboerdery

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Kritiese bestuursrekeningkundige evaluering van boerbokboerdery"

Copied!
104
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

ʼn Kritiese bestuursrekeningkundige evaluering

van boerbokboerdery

Willem Abraham Stefanus Fourie Studentenommer: 20082584

Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening van die vereistes vir die graad Magister Commercii in Bestuursrekeningkunde aan die Potchefstroomkampus van die

Noordwes-Universiteit

Studieleier: Prof Merwe Oberholzer

Ingedien: Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus November 2011

(2)

Inhoudsopgawe Abstract iii Opsomming v Erkennings vii Taalversorging viii Inhoudsopgawe ix

Lys van tabelle xiii

Lys van figure xiii

(3)

ABSTRACT

The aim of this study was firstly to perform, from the existing literature, a SWOT ("Strengths, weaknesses, opportunities and threats") analysis of the boerbok industry. Secondly, to design a case study where a number of management accounting evaluation techniques (i.e. performance measurement (short-term focus), capital investment evaluation (long-term focus) and risk have been identified to compare the financial results of different scenarios between boerbok, sheep and cattle farming. In the case study, Scenarios 1, 2 and 3 assumed a farm size of 200 hectares and capital available of R200 000, R500 000 and R900 000, respectively. Scenarios 4, 5 and 6 assumed a farm size of 500 hectares, with the same capital as the above amounts, respectively; and Scenarios 7, 8 and 9 assumed a farm size of 900 hectares, with the same capital as the above amounts, respectively.

The study concluded, from the SWOT analysis, that the boergoat inherently has the potential to be an important source of red meat in future markets. The sum total of the management accounting techniques indicated that the boerbok is in general financially the best specimen choice for farming, e.g. in seven of the nine scenarios it has the highest score. The recommendation is that the user must determine which of performance (short-term), return on capital (long-term) or risk are the most important considerations before a decision is made regarding to the choice of preferred specimen. The study‟s recommendation is to select boerbok farming in case both short-term financial performance and long-term return on capital are the most important factors. If risk is the major consideration, cattle farming should be selected. If the overall financial analysis outlined in the study is considered, boerbok farming should be selected, followed by sheep farming. Note that these recommendations are made for specific scenarios; therefore, the general recommendation is that each decision-maker should take his/her own unique situation‟s variables into account in this financial analysis.

The limitations of the study, which arose because a number of assumptions were made, are as follows: The results of the investigation are only valid for the Potchefstroom and surrounding areas and, carrying capacity, based on this area's average, may even differ in the area; Dosage is

(4)

based on the needs of the environment as in January 2011; Buying and selling prices are as at January 2011; The input costs for livestock handling infrastructure may differ, as farming practices and approaches differ; The physical shape of the farm could have a direct impact on the fencing expenditure; Lamb and calf growth percentages may vary as a result of different farming practices and approaches; and The combination of initial capital and farm size may influence the results. As a result of these constraints (assumptions), it is very risky to generalise, but the practical value of the study is that a Microsoft Excel programme was developed, which can be used for calculations, similar to calculations in this study, which is available at the following web address: http://sites.google.com/site/rooivleisvergelyking/. Therefore, variables such as farm size, capital available, carrying capacity, costs and prices can be changed for each unique scenario, and the results will be calculated accordingly. The contribution of this study is that it supports the decision regarding the choice between the types of red meat farming for several unique scenarios, because every land user can determine which of these species are recommended according to the different management accounting evaluation techniques.

The value of the study is that it is the first attempt where the viability of three species of red meat farming is compared by means of a case study with different scenarios. The gap for further research that should be done is as follows: The number of evaluation techniques can be extended to give more substance to the results; The number of species in the comparison can be extended; An analysis of the behaviour of costs between the different scenarios can be done; and The optimal combination of farm size and capital available can be determined.

Key words: Boergoat, Cattle, Sheep, Farming, Farming feasibility, Contribution per hectare, Wean percentage, Production per hectare, Production cost, Relevant cost, Relevant income

(5)

OPSOMMING

Die doel van die studie is om eerstens uit die bestaande literatuur ʼn SWOT (“Strengths, weaknesses, opportunities and threats”)-analise van die boerbokbedryf te doen. Tweedens is ʼn gevallestudie ontwerp, waar ‟n aantal bestuursrekeningkundige evalueringstegnieke geïdentifiseer is, om vir verskillende scenario‟s die prestasiemeting (korttermynfokus), kapitaalinvesteringsevaluering (langtermynfokus) en risiko van boerbokboerdery met vleisskaap- en -beesboerderye te vergelyk. In hierdie ondersoek is ʼn gevallestudie gebruik om vir verskillende scenario‟s finansiële vergelykings te tref. Vir Scenario‟s 1, 2 en 3 word ʼn plaasgrootte van 200 hektaar en kapitaal beskikbaar van R200 000, R500 000 en R900 000, respektiewelik, veronderstel. Scenario‟s 4, 5 en 6 veronderstel ʼn plaasgrootte van 500 hektaar met dieselfde as bogenoemde kapitaalbedrae beskikbaar, respektiewelik, en Scenario‟s 7, 8 en 9 veronderstel ʼn plaasgrootte van 900 hektaar met dieselfde as bogenoemde kapitaalbedrae beskikbaar, respektiewelik.

Volgens dié studie is die gevolgtrekkings afgelei dat volgens die SWOT-analise, bokke die inherente potensiaal en die geleentheid het wat gunstige toekomstige markte aandui. Die somtotaal van die bestuursrekeningkundige tegnieke hou voor dat bokke oor die algemeen finansieel die beste presteer, naamlik dat bokke in sewe uit die nege scenario‟s die hoogste telling het. Die aanbeveling is dat die gebruiker moet bepaal watter van prestasie, opbrengs op kapitaal of risiko die vernaamste is alvorens ʼn besluit geneem word. Vanuit die studie is die aanbeveling dat indien korttermyn finansiële prestasie en/of langtermyn opbrengs op kapitaal die belangrikste is, daar met boerbokke geboer moet word. Indien risiko die belangrikste oorwegingsfaktor is, moet daar met beeste geboer word. Indien daar na die algehele finansiële analise, soos uiteengesit in die studie, gekyk word, moet daar eerstens met boerbokke geboer word en tweedens met skape. Alhoewel hierdie aanbevelings gemaak word vir die spesifieke scenario‟s, is die algemene aanbeveling dat elke besluitnemer sy/haar eie unieke situasie se veranderlikes behoort te gebruik en sodoende die finansiële analise te doen.

Die beperking van die studie, wat ontstaan het aangesien ʼn aantal aannames gemaak is, is soos volg: Die resultate van die ondersoek is slegs geldig tot die Potchefstroom en naby-omliggende

(6)

gebied en die drakrag, gebaseer op die gebied se gemiddeld, kan selfs in die gebied verskil; Dosering is gegrond op die behoeftes van die omgewing soos in Januarie 2011; Aankoop- en verkooppryse is op Januarie 2011 gebaseer; Die insetkoste van veehanteringsgeriewe kan verskil soos wat boerderypraktyke en benaderings verskil; Die fisiese vorm van die plaas kan ʼn direkte invloed op die omheiningskoste hê; Lam- en kalfpersentasie kan verskil soos praktyke en benaderings van verskillende boere verskil; en Die kombinasie van aanvangskapitaal en plaasgrootte kan ʼn invloed op die resultate hê. As gevolg van hierdie beperkings (aannames), is dit baie riskant om te veralgemeen, maar die praktiese waarde van die studie is daarin opgesluit dat die Microsoft Excel-program wat vir berekenings in hierdie studie gebruik is, ook aan die leser beskikbaar gestel word deur die volgende webadres: http://sites.google.com /site/rooivleisvergelyking/. Dus kan veranderlikes, soos plaasgrootte, kapitaal beskikbaar, drakrag, koste en pryse na gelang van elke unieke scenario verander word, en die resultate daarvolgens bereken word. Die bydrae van die studie is dat dit die besluitneming rakende die keuse tussen die tipe rooivleisbedryf vir verskillende unieke scenario‟s vergemaklik, want elke grondgebruiker kan hiermee bepaal watter spesie volgens die verskillende bestuursrekening-kundige evalueringstegnieke aanbeveel word.

Die waarde van die studie is dat dit die eerste poging is om die lewensvatbaarheid van drie rooivleisproduserende spesies deur middel van ʼn gevallestudie met verskillende scenario‟s met mekaar te vergelyk. Verdere navorsing behoort in die volgende verbande gedoen te word: Die aantal evalueringstegnieke kan uitgebrei word om meer substansie aan die resultate te gee; Aansluitend hiermee kan die aantal spesies in die vergelykings ook uitgebrei word; ʼn Ontleding van die gedrag van koste tussen die verskillende scenario‟s kan gedoen word; en Die optimale kombinasie van plaasgrootte en beskikbare kapitaal kan bepaal word.

Sleutelwoorde: Boerbok, Beeste, Skape, Boerdery, Boerderylewensvatbaarheid, Bydrae per hektaar, Speenpersentasie, Produksie per hektaar, Produksie koste, Relevante koste, Relevante inkomste

(7)

ERKENNINGS

Ek spreek my dank hartlik uit teenoor die volgende persone; my werk sou nooit voltooid gewees het indien dit nie vir hierdie persone was nie.

 My Skepper vir al die insigte en leiding wat Hy my gegee het.

 Prof Merwe Oberholzer, sekerlik die beste studieleier wat bestaan. Dankie vir al die leiding, geduld en e-posse!

 My gesin – soos al die ander dinge in my lewe was julle weereens daar om my te help.  Annelize, dankie vir al jou hulp en raad en koffie!

 Cecile van Zyl wat die taalversorging van die skripsie behartig het.  Huis Klitskraal.

(8)

Cecile van Zyl Taalpraktisyn Sel: 072 389 3450 E-pos: Cecile.vanZyl@nwu.ac.za

16 November 2011

Wie dit mag aangaan

RE: Taalversorging van skripsie: ʼn Kritiese bestuursrekeningkundige evaluering

van boerbokboerdery

Hiermee verklaar ek dat die bovermelde skripsie deur WAS Fourie (studentenommer: 20082584) deur my taalversorg is. Kontak my gerus indien daar enige navrae in hierdie verband is.

Die uwe

(9)

INHOUDSOPGAWE

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1

1.1 Inleiding 1

1.2 Vorige navorsing en probleemstelling 2

1.3 Doelwitte 4 1.4 Hipotese 5 1.5 Navorsingsbenadering 5 1.5.1 Navorsingsvlak 5 1.5.2 Navorsingsontwerp 6 1.5.3 Navorsingsmetodologie 11

1.6 Afbakening van studie-area 16

1.6.1 Geografiese omgewing 16

1.6.2 Vergelykende studie 16

1.7 Beperkings van die studie 17

1.8 Definisies 18

1.9 Wetenskaplikheid 18

1.10 Oorsig 19

(10)

HOOFSTUK 2: ARTIKEL 23 Artikel Voorblad 24 Artikel Opsomming 25 1 Inleiding 26 2 Agtergrond 28 2.1 Sterkpunte 28 2.2 Swakpunte 29 2.3 Geleenthede 30 2.4 Bedreigings 31 3 Teorie 31 3.1 Prestasiemeting 32 3.2 Kapitaalinvesteringsevaluering 33 3.3 Risiko 33

4 Metode en ontwerp van gevallestudie 34

5 Bevindinge 37

5.1 Scenario 1 (200 hektaar en R200 000 kapitaal) 37

(11)

5.2.1 Gemiddelde telling volgens evalueringstegniek 39

5.2.2 Vergelyking tussen nege scenario‟s 40

6 Bespreking en gevolgtrekkings 41 6.1 SWOT-analise 41 6.2 Evalueringstegnieke 42 6.2.1 Prestasiemeting 42 6.2.2 Kapitaalinvesteringsevaluering 43 6.2.3 Risiko 43 6.3 Nege scenario‟s 44

7 Samevatting en praktiese implikasie 45

Bronverwysings 47

Summary 51

HOOFSTUK 3: SAMEVATTING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELING 53

3.1 Inleiding 53

3.2 Samevatting van bevindings en bespreking 54

3.2.1 SWOT-analise 54

(12)

3.3 Aanbevelings 55

3.4 Navorsingsleemtes 56

3.5 Wetenskaplikheid 57

3.6 Beperkings tot die navorsing 58

3.7 Waarde van die studie 58

3.8 Praktiese implikasie van die studie 59

3.9 Slot 59

BYLAAG 61

Korrespondensie 89

(13)

LYS VAN TABELLE

Tabel 1: Resultate van evalueringstegnieke: 200 hektaar en R200 000 37 Tabel 2: Scenario 1 (200 hektaar en R200 000 kapitaal): Nie-parametriese en

parametriese vergelyking

38

Tabel 3: Opsomming van resultate van Scenario 1 tot Scenario 9: Gemiddeldes per evalueringstegniek

39

Tabel 4: Prestasiemeting, kapitaalinvesteringsevaluering en risiko ten opsigte van nege scenario‟s

40

Tabel 5: Matriks van beskikbare kapitaal en beskikbare weidingsoppervlakte 44

LYS VAN FIGURE

Figuur 1: Huisbou-analogie 6

Figuur 2: Karteringsontwerpe – Vlak 1 8

Figuur 3: Karteringsontwerpe – Vlak 2 9

(14)

BENADERING VAN DIE STUDIE

Volgens die Noordwes-Universiteit (Regulasie A13.4.5) kan ʼn skripsie in die “tradisionele boekformaat” of in die meer hedendaagse “artikelformaat” ingedien word. Omdat die outeur van mening is dat die studie praktiese waarde vir boerderye en ander navorsers het, is die laasgenoemde formaat is vir hierdie studie gekies. Deur die resultate in ʼn vakjoernaal te publiseer kan daartoe bydrae om die studie so wyd as moontlik bekend te maak.

Ten tye van inhandiging van die studie is die artikel reeds ingestuur na die vakjoernaal Agrekon, waar ʼn dubbel portuurevaluering gedoen sal word. Agrekon is ʼn geakkrediteerde joernaal van die DoE (Department of Education) in Suid-Afrika.

Hoofstuk 1 van die studie is die inleiding. Hoofstuk 2 is die artikel, in presies dieselfde formaat waarin dit aan Agrekon gestuur is. Daarom is daar soms verkille in tegniese aspekte (byvoorbeeld verwysing na bronne in die teks), aangesien die artikel volgens die vereistes van die joernaal verwerk is. Hoofstuk 3 gee ʼn samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings. Aangesien daar ʼn ruimte beperking ten opsigte van die artikel is, is besluit om al die resultate wat in tabelle en figure saamgevat word, in ʼn bylaag agter in die skripsie te toon. Die artikel toon byvoorbeeld net die tabel vir een van nege scenario‟s as voorbeeld, en daarna ʼn samevatting van al nege scenario‟s. Die res van die tabelle kan in die bylaag besigtig word.

Die leser word ook daarop gewys dat die titel van die artikel, Die lewensvatbaarheid van boerbokboerdery: ʼn Vergelykende studie, verskil van die titel van die skripsie, ʼn Kritiese bestuursrekeningkunde evaluering van boerbokboerdery. Dit is juis om die indruk te wek dat die studie wyer, en nie slegs tot die artikel beperk is nie. Om die artikel as ʼn geheel sinvol te maak, was dit nodig om gedeeltes wat in Hoofstukke 1 en 3 voorkom ook in die artikel in Hoofstuk 2 te herhaal.

Die artikel is ingedien met die student as eerste outeur en die studieleier as tweede outeur. Dit is die beleid van die Noordwes-Universiteit (Regulasie A13.15.4) dat, by publikasie van ʼn deel van ʼn skripsie, die naam van die studieleier as mede-outeur gemeld moet word. Hierdie studie is ʼn

(15)

skripsie, wat beteken die omvang is beperk. Daarom is daar slegs een hooffokus wat slegs ʼn enkele artikel regverdig.

(16)

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 Inleiding

Die wêreldpopulasiegroei is tans verantwoordelik daarvoor dat die aarde se natuurlike hulpbronne spoedig besig is om te kwyn (Brown, 2005:1-10). Dit het tot gevolg dat daar in groot dele van die wêreld ʼn voedseltekort ontstaan het wat die aandag op boerdery-praktyke wat meer voedsel met dieselfde beskikbare hulpbronne kan produseer gevestig het. Ander faktore wat ook die situasie met betrekking tot beperkte hulpbronne vererger, is natuurrampe, ekonomiese resessies en oorloë. Aan die ander kant beleef die moderne wêreld ʼn groen revolusie, wat tot gevolg het dat die maksimum hoeveelheid voedsel met die minimum insette geproduseer moet word, om die hulpbronuitwissing hok te slaan (Jiaqiang et al., 2009:72). Dit is ook bekend dat die gemiddelde primêre vleisdieet veel meer insette verg as die gemiddelde primêre plantedieet; en daarom het dit vir vleisproduseerders dringend nodig geword om steeds met dieselfde insette die maksimum vleisuitsette op ʼn volhoubare wyse te produseer (Pimentel & Pimentel, 2003:660-663). Die boerbok kan ʼn moontlike oplossings vir die voedseltekort wees as gevolg van verskeie eienskappe waaroor hierdie spesie beskik (Lochner, 2002:52-53).

In die hedendaagse ekonomiese toestande het dit vir boerderye kritiek geword dat dit so winsgewend moontlik bedryf moet word (Lindenbach-Gibson & Gray, 2009:3). Die lewensvatbaarheid van ʼn boerdery lê daarin dat ʼn boer die hoogste moontlike inkomste kan genereer met die grond en insette tot sy beskikking (Malan, 2000:165-170). Volgens Odendal en Gouws (2004:652) impliseer lewensvatbaarheid ʼn goeie kans vir aanvaarding of voortbestaan. Finansiële lewensvatbaarheid beteken dus dat byvoorbeeld ʼn belegging of ʼn projek vanuit ʼn finansiële oogpunt ʼn goeie kans het om suksesvol te wees. Gesien in die bogenoemde lig is inligting nodig wat aan boere beskikbaar gestel moet word om hulle te help om hul boerdery finansieel lewensvatbaar te hou. Die relevansie van die studie lê opgesluit in die laasgenoemde stelling, aangesien die fokus op die finansiële lewensvatbaarheid van rooivleisboerderye sal val.

Volgens Malan (2000:165) impliseer ekonomiese boerdery ʼn winsgewende boerdery. Indien ʼn boerdery nie winsgewend is nie, kan dit gesien word as ʼn onekonomiese eenheid. Goeie

(17)

finansiële bestuur is ʼn proses wat die boer in staat stel om sy doelwitte op die winsgewendste manier te behaal. Winsgewendheid kan aangehelp word deurdat produksiekoste so laag as moontlik gehou word en elke dier in die produksie ten volle benut word (Cox, 2007:1). Die Suid-Afrikaanse boerbok word as die beste vleisbok ter wêreld beskou weens sy talle inherente voordele (Malan, 2000:166). Gesien in die lig van die wêreldbeskouing van die boerbok en die groot vraag na bokvleis, is dit nie verbasend dat Gouws (2002:12-14) aanvoer dat die aanbod van Suid-Afrikaanse boerbokke ver minder is as die vraag daarna nie.

Die fokus van die studie is om die finansiële lewensvatbaarheid van die boerbokboerdery in Suid-Afrika, en spesifiek in die Potchefstroom-omgewing, te ondersoek. Die boerbok kan as alternatief vir rooivleisboere in Suid-Afrika dien, aangesien die vraag daarna so groot is (Van Rooyen, 2009:4-6). ʼn Kritiese evaluering sal gedoen word met behulp van bestuurs-rekeningkundige ontledings, sowel as tegnieke en metodes om ʼn vergelyking te tref tussen boerbokboerdery en ander rooivleisproduserende boerderye in dieselfde geografiese omgewing. Aangesien die vraag na boerbokke in Suid-Afrika baie toegeneem het, het daar ʼn groot mark ontstaan, maar die aanbod is op dié stadium baie klein (De Waal, 2006:14). Die rede vir die klein aanbod is moontlik dat boere oningelig is met betrekking tot die voordele wat boerbokke bied. Dié studie wil die voordele uitwys wat boerbokboerdery as alternatief in die rooivleisboerderybedryf bied, en vir boere aandui hoe hulle moontlik ekonomies meer uit hul boerdery kan kry.

1.2 Literatuurstudie en probleemstelling

Die bedryfsimplikasies van verskeie aspekte van boerbokboerdery is al oor die jare nagevors. Casey en Van Niekerk (1988:292) het ʼn studie oor die oorsprong van boerbokke, en uit watter streke hulle vandaan kom, gedoen. Hul ondersoek toon onder andere dat die boerbokbedryf tot stand gekom het met die stigting van die boerbokvereniging in 1959. In ʼn studie van Ferreira et al. (2003:75) is bevind dat boerbokke op ʼn voedselrantsoen met ʼn kleiner metaboliseerbare energiewaarde dieselfde as skape presteer, wat hulle dan ook geskik maak vir voerkraaldoeleindes en hulle dus as ʼn meerdoelige dier uitwys. Die vleisgehalte en

(18)

vleiseienskappe is deur Malan (2000:166) ondersoek en die bevinding was dat daar groot groeipotensiaal vir die boerbokvleismark is vanweë die lae-vetinhoud en die wêreld se gesondheidbewustheid. Botha (1999:10-12) het bevind dat in ʼn wêreld waar al hoe meer klem gelê word om meer gesond te leef, is die boerbok koning ten opsigte van bekostigbare en gesonde rooivleis. Bokvleis word deur talle verbruikers in die wêreld verkies as gevolg van die feit dat bokke oor die beste spier-vet-beenverhouding beskik, indien dit met dié van varke, beeste en skape vergelyk sou word (Botha, 1999:10-12).

Casey en Van Niekerk (1988:294) het bepaal dat die aanpasbaarheid van enige plaasdier ten opsigte van die klimaat en verskillende produksietegnieke een van die belangrikste ekonomiese karaktereienskappe ten opsigte van die produksie-potensiaal en opbrengs op belegging van die boerdery is. Mason (1988:348) het bevind dat die produksie ʼn aanduider is van die omgewingsaanpasbaarheid van ʼn dier en dat boerbokke ʼn reputasie vir hoë vrugbaarheid het.

Ferreira et al. (2003:75) het bevind dat die boerbok 49 persent minder water inneem per kilogram gewig opgetel as dié van ʼn vleisrasskaap op hoë- en lae-energie diëte. Die boerbok neem ook 56 persent minder water per kilogram per dag in. Volgens Gouws (2002:12-14), wat die huidige vraag na die boerbokbedryf en die groei in die mark ondersoek, is bevind dat die mark van 1990 tot 2000 met agt persent per jaar gegroei het. Midgley (2007) het bepaal dat die aspek wat die grootste invloed op meer winsgewendheid in ʼn vleisboerdery het, die aantal diere wat verkoop word, is, en dié agt persent groei is dus ʼn duidelike teken daarvan. Die gehalte van die diere speel ook ʼn belangrike rol. Dus behoort ʼn boer daarna te strewe om meer diere, maar ook diere van ʼn beter gehalte, te teel.

Die probleem is dat dit duidelik uit vorige navorsing na vore kom dat daar reeds baie inligting rondom die fisiese en bedryfsaspekte van die boerbokbedryf bestaan, maar min oor die finansiële lewensvatbaarheid van die bedryf. Dié studie kan dus die leemte wat bestaan, rakende inligting oor die finansiële lewensvatbaarheid van die boerbokbedryf in Suid-Afrika, vul. Uit vorige studies is dit duidelik dat daar ʼn groot vraag na boerbokvleis is en dat stygende insetkoste ʼn negatiewe invloed op die ekonomiese welvarendheid van die boerderysektor het. Dit het ook duidelik na vore gekom dat boerderye tans swaar gebuk gaan onder enorme prysstygings en dat

(19)

daar ʼn groot vraag na vleis in die wêreld is. Daar moet dus dringend na ʼn alternatief gesoek word wat die laasgenoemde leemtes kan vul. Met dié studie sal gepoog word om die volgende navorsingsvraag te beantwoord:

Is dit finansieel meer lewensvatbaar om met boerbokke te boer in vergelyking met ander rooivleisproduserende spesies?

1.3 Doelwitte

Die doelstelling van hierdie navorsing is om die finansiële lewensvatbaarheid van boerbokboerdery in Suid-Afrika te ondersoek. Dit sal in perspektief geplaas word deur ʼn vergelykende studie met betrekking tot alternatiewe rooivleisboerderye te doen.

Die doelwitte van die skripsie kan soos volg uiteengesit word:

Primêre doelwit:

 Om met behulp van ʼn gevallestudie vir verskillende scenario‟s finansiële vergelykings tussen boerbokke, vleisskape en -beeste te ontwikkel.

Sekondêre doelwitte:

 Om die bedryfsimplikasies van boerbokke met behulp van ʼn SWOT-analise te ondersoek;

 Om ʼn aantal gepaste bestuursrekeningkundige tegnieke te identifiseer om die kapitaalinvesteringsevaluering, prestasie en risiko van boerbokboerdery te ondersoek; en

 Om ʼn rekenaarprogram te ontwikkel wat vergelykings tussen die drie boerderytipes vir verskillende omstandighede, soos ingevoer deur die gebruiker, kan tref.

(20)

1.4 Hipotese

Hierdie studie sal slegs die finansiële lewensvatbaarheid van boerbokboerdery ondersoek en, soos genoem, sal die finansiële lewensvatbaarheid, relatief tot ander rooivleisboerderye, gemeet word. In die lig van al die genoemde voordele van boerboekboerdery is die hipotese wat getoets sal word, soos volg:

H1: Kommersiële boerbokboerdery is ekonomies meer lewensvatbaar as ander

rooivleisboerderye.

1.5 Navorsingsbenadering 1.5.1 Navorsingsvlak

Volgens Mouton (2011:137) is dit belangrik om die verskillende vlakke van verskille in analisering en wetenskaplike redenering te verstaan alvorens selfs die navorsingsmetode en -ontwerp vasgemaak word. Om hiermee te help, word die drie-wêrelde-raamwerk toegepas. Wêreld een behels die alledaagse lewe; wêreld twee beskou wetenskap en wetenskaplike navorsing; terwyl wêreld drie dié van metawetenskap is. Volgens Mouton (2011:138) se ontleding hoort hierdie studie op die tweede wêreld van beredenering van toepassing te wees.

Die soektog na waarheid en waarheidskennis is die hoofdoel van wetenskap en dit is juis hier waar die studie aan wêreld twee se raamwerk voldoen. Die navorsingsproses behels die stel van ‟n probleem, dan die navorsingsontwerp, daarna die opstel van die navorsingsmetodologie en laastens die daarstelling van gevolgtrekkings.

(21)

1.5.2 Navorsingsontwerp

Dit is baie belangrik om duidelik tussen navorsingsontwerp en navorsingsmetodologie te onderskei (Mouton, 2011:55-56). Om die verskil uit te wys, word die analogie van die bou van ‟n huis, soos gesien in Figuur 1, gebruik.

Figuur 1: Huisbou-analogie

(22)

Indien mens ‟n huis wil bou, sal jy idees bymekaarmaak, sowel as om ‟n uiteensetting van die aantal en soorte kamers te doen. Daarna word met ‟n argitek gekonsulteer en dié se werk is om die planne en idees saam te vat en dit te omskep in sketse en ontwerpe. Sodra die eienaar die argitek se sketse en ontwerpe goedgekeur het, word ‟n boukontrakteur aangestel. Die boukontrakteur moet dan die sketse en ontwerpe van die argitek tot stand bring. Dit word gedoen deur die sistematiese en akkurate uitvoering van die sketse en ontwerp. Verskillende metodes en toerusting word gebruik om die huis tot stand te bring. Nadat die huis voltooi is, sal die huis deur ‟n bouinspekteur goedgekeur word. In dié analogie verteenwoordig die argitek se ontwerp en sketse die navorsingsontwerp en die boukontrakteur se werk die navorsingsmetode.

Die navorsingsontwerp is dus die beplanning en die soort studie wat gedoen sal moet word om by die einddoel uit te kom, terwyl die navorsingsmetode die prosesse en die prosedures wat gebruik gaan word, beskryf.

Dit is belangrik om die regte navorsingsontwerp te identifiseer, aangesien dit die voordele en beperkinge van die ontwerp duidelik sal uitlig. Figuur 2 (bl. 8) dui die verhouding van empiriese en nie-empiriese data in oorleg met primêre en bestaande data aan. Die studie val in die eerste kwadrant aangesien dit grotendeels ‟n vergelykende studie tussen drie spesies is. Aangesien daar nie reeds bestaande (sekondêre) data (byvoorbeeld sensusopnames of finansiële state) is nie, moet nuwe (primêre) data ingesamel word. Met behulp hiervan word die hipotese proefondervindelik (empiries) getoets.

Aangesien die studie as empiries beskou word, is Figuur 2 (bl. 8) van toepassing. Vanuit Figuur 3 (bl. 9) sal gesien kan word in watter kwadrant die studie lê indien primêre en bestaande data en die mate van kontrole, hoog of laag, teenoor mekaar gestel word. Vanuit die vergelykende aard van die studie kan gesien word dat dit in kwadrant twee lê, wat dus primêre data en lae kontrole behels. Die studie bevat onder andere verwerkings van numeriese data, waar die akkuraatheid daarvan en die verwerkings (berekeninge) hoogs konrtoleerbaar is. Maar, die klassifisering in kwadrant twee is noodsaaklik aangesien die navorser in ʼn groot mate op aanames en ʼn eie unieke

(23)

keuse van bestuursrekeningkundige tegnieke (meetinstrumente) steun, wat beteken dat ʼn ander navorser nie noodwendig presies dieselfde antwoorde sal kry nie.

Figuur 2: Karteringsontwerpe – Vlak 1

(24)

Figuur 3: Karteringsontwerpe – Vlak 2

(25)

Om saam te vat, daar is vier dimensies wat hoofsaaklik die raamwerk van die navorsingsontwerp bepaal (Mouton, 2011:146):

Dimensie Tipe

Dimensie 1 – Empiries of nie-empiries  Empiries  Nie-empiries Dimensie 2 – Data oorsprong

 Primêre data  Sekondêre data  Gemengde data Dimensie 3 – Tipe data

 Numeries  Teks

 Numeries en teks Dimensie 4 – Mate van kontrole

 Hoë kontrole  Medium kontrole  Lae kontrole

Die studie se dimensie-ontleding is soos volg: Empiries, gemengde data, numeries en teks, en het ‟n lae vlak van kontrole. Gegewe die dimensie-ontleding kan die studie dus as etnografiese navorsing en spesifiek ‟n gevallestudie beskryf word. Die definisie vir dié soort studie lui soos volg: Dit is kwalitatiewe studies wat ‟n in-diepte beskrywing van ‟n klein aantal gevalle bied (Mouton, 2011:149).

Die doel van die studie is om te bepaal of boerbokboerdery meer winsgewend as ander rooivleisboerderye in die Potchefstroom-omgewing is. Vir die studie om wetenskaplik akkuraat te wees, sal al drie die rooivleisbedrywe finansieel ontleed word om ʼn akkurate gevolgtrekking te kan maak. Die volgende faktore van elke bedryf sal ontleed word:

 ʼn Studie van die boerbokbedryf om die sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings uit te wys om eerstens die bestaansreg van boerbokboerdery te bewys.

(26)

 Die nodige insette en koste verbonde daaraan om ʼn rooivleisboerdery, soos van toepassing, finansieel suksesvol te bedryf.

Na die bogenoemde areas ondersoek is, sal dit eerstens duidelik wees of die boerbokbedryf ʼn bestaansreg as ʼn rooivleisbedryf, wat finansiële vooruitgang kan bewerkstellig, het. Tweedens sal die finansiële ontleding van elke bedryf aandui of boere wel met boerbokke om finansiële redes wil boer.

Die besluit om die boerbokbedryf spesifiek met die vleisskaap- en -beesbedryf te vergelyk, is geneem aangesien daar nie na regte enige ander florerende rooivleisbedrywe in die omgewing bestaan nie. Die besluit om die studie-area tot die Potchefstroom-omgewing te beperk, is geneem aangesien dit duidelik in boerdery is dat die Potchefstroom-omgewing ʼn groot invloed op die insette en uitsette van ʼn boerdery het. Vir die doel van dié studie is dit dus relevant om die studie te beperk tot die Potchefstroom-omgewing, omdat ʼn spesifieke omgewing met sy spesifieke faktore in ag geneem moet word. Die omgewing leen hom daartoe om al drie bedrywe te ondersteun en te onderhou.

1.5.3 Navorsingsmetodologie

Daar bestaan twee tipes navorsing, naamlik kwalitatief en kwantitatief. Volgens Tustin et al. (2005:90-91) behels kwantitatiewe navorsing oor die algemeen ʼn versameling van primêre data van ʼn groot aantal individue met die bedoeling om die resultate op ʼn wyer populasie te projekteer. Kwalitatiewe navorsing soek insig deur van ʼn minder gestruktureerde en meer buigbare benadering gebruik te maak. In hierdie studie sal daar van beide tipes navorsing gebruik gemaak word om die vergelyking van die verskillende boerderye te meet.

ʼn Meer spesifieke formaat van kwalitatiewe navorsing word deur Tustin et al. (2005:84) beskryf, naamlik ondersoekingsnavorsing. Hierdie navorsing word gedoen wanneer daar insig oor ʼn spesifieke probleem of fokusarea verkry moet word. Hierdie tipe navorsing spruit vanuit kwalitatiewe navorsing, en in dié studie sal daar van ondersoekende metodes, soos

(27)

literatuurstudies en ongestruktureerde individuele onderhoude, gebruik gemaak word om insig in die boerbokbedryf te verkry. Mouton (2011:150) beskryf semi-gestruktureerde onderhoude as ‟n tipiese metode van data-insameling vir etnografiese navorsing, soos byvoorbeeld ʼn gevallestudie.

ʼn Gevallestudie is ʼn ondersoek na die eiesoortigheid en die kompleksheid van ʼn saak wanneer die saak van so ʼn funksie in sekere omstandighede verstaan wil word (Stake, 1995:6). Vir die relevansie van dié studie is dit belangrik om die hipotese te toets en ook dan te kan veralgemeen vir meer gevalle as net die spesifieke gevallestudies. Flyvbjerg (2006:228) benadruk die feit dat daar maklik veralgemeen kan word op grond van ʼn enkele voorval, en dat ʼn gevallestudie sentraal in wetenskaplike ontwikkeling kan staan. Hy voer verder aan dat die krag van ʼn voorbeeld ver onderskat is. Die veelsydigheid van die gevallestudie word uitgewys wanneer Flyvbjerg (2006:219) sê dat die tegniek handig is in die generering en toetsing van hipoteses en steeds nie net beperk is tot die spesifieke funksies nie. Uit die werk van Flyvbjerg en Stake kan gesien word dat ʼn gevallestudie geskik is vir die doelwit van hierdie studie, omdat dit maklik veralgemeen kan word en ʼn saak se voordele en nadele maklik verstaan kan word. Volgens Mouton (2011:149) is ‟n gevallestudie ‟n tipiese navorsingsmetode van die etnografiese navorsingsraamwerk.

(a) Meetinstrumente

Die instrumente wat gebruik word om die evaluering te doen ten opsigte van die winsgewendheid van die boerbokbedryf, kan opgedeel word in twee afdelings. Die instrumente wat gebruik word in die eerste afdeling is instrumente wat help om die bedryf in sy geheel te ontleed. Vir dié doeleindes sal ʼn SWOT-analise (Strengths, Weaknesses, Opportunities & Threats) gebruik word. Die analise sal ons help om ʼn algehele prentjie te kry oor hoe die bedryf tans lyk en wat die toekoms vir die bedryf sal inhou. ʼn SWOT-analise sal gebruik word om die bedryf se lewensvatbaarheid en omvang te interpreteer. Danca (1999:2) verduidelik die SWOT-analise as ʼn basiese en eenvoudige model wat rigting kan gee en as ʼn basis kan dien vir die ontwikkeling van strategiese planne, en daarom word dié analise-metode gebruik.

(28)

Die instrumente wat gebruik word in die tweede afdeling is instrumente wat die finansiële omstandighede van al drie bedrywe ontleed. Eerstens sal ʼn gevallestudie geskep word wat finansieel ontleed sal word. Die hipotese, soos gestel, is om te bepaal of boerbokboerdery meer lewensvatbaar as ander rooivleisboerderye is. Daar is dus gebruik gemaak van ʼn relevante bydraestaat, wat spesifiek vir die doel van die studie geskep is. Verdere instrumente sluit analiseringstegnieke, wat aangepas is vir die doelwit van die studie, in. Die basiese doel van finansiële analise is om rigting en insig te bied aan diegene wat besigheidsbesluite moet neem en verantwoordelik vir finansiële resultate is (Helfert, 2001:11). Vir die finansiële lewensvat-baarheidstudie sal analiseringsmetodes en tegnieke geïdentifiseer moet word om sodoende ʼn boer te help om besigheidsbesluite te kan neem. Finansiële verhoudings is belangrike aanduiders van hoe die besigheid en die verskillende besigheidseenhede presteer (Garrison et al., 2008:717). Deur van evalueringsmetodes gebruik te maak, kan dus bepaal word hoe verskillende rooivleisboerderye presteer. Die volgende bestuursrekeningkundige metodes en tegnieke sal gebruik word om die finansiële lewensvatbaarheid van boerbokke te evalueer:

Prestasie-meting (Korttermynfokus):  Opbrengs op kapitaal aangewend  Bydrae persentasie

 Bate-omsetsnelheid  Relevante bydrae  Bydrae per hektaar

Kapitaalinvesteringsevaluering (Langtermynfokus):  Rekeningkundige opbrengskoers

 Terugbetaalperiode

(29)

Risiko-meting:

 Gelykbreek-analise  Sensitiwiteit

(b) Monsterontwerp en -keuses

Daar is besluit om die bogenoemde drie boerderybedrywe met mekaar te vergelyk na ʼn in-diepte ondersoek na die verskillende rooivleisboerderye wat in Suid-Afrika bestaan, en wat relevant tot die betrokke omgewing is. ʼn Lys is opgestel met al die moontlike rooivleisboerderye. Elke boerdery is ontleed om te bepaal wat die relevansie ten opsigte van die omgewing is. Die aantal spesies op die plaaslike veilings is ondersoek om te bepaal waarmee daar oor die algemeen in die omgewing geboer word. Diere-getalle is vanaf die plaaslike Noordwes Landbou Departement aangevra en daarvolgens is dan bepaal watter rooivleisbedrywe werklik relevant en aktief in die omgewing is.

(c) Data-insameling metodes en veldwerkpraktyk

ʼn Lys is opgestel van koste- en boerderyspesifieke inligting wat ingesamel moet word om die studie te kan voltooi. Die opstel van die lys het gepaard gegaan met die insette van persone in die bedrywe en soortgelyke lyste vir ander boerderye. Nadat die lys voltooi is, is daar begin met die insameling van die inligting vir die studie.

Die inligting is primêr vanaf twee bronne ingesamel. Die eerste bron is ʼn literatuurstudie van elke boerderybedryf. Daar is verskeie faktore van elke bedryf wat ondersoek moes word vir die evaluering van die boerbokbedryf in vergelyking met die ander bedrywe. Die tweede bron is praktiese inligting versamel vanaf persone wat aktief in die verskillende bedrywe betrokke is en/of navorsing doen rondom die gebied en die verskillende dierspesies. Inligting aangaande die koste is direk vanaf persone, wat elke dag daarmee te doen het, aangevra; byvoorbeeld

(30)

doseringskoste is vanaf veeartse verkry en die omheiningskoste is direk vanaf besighede wat die diens bied, verkry.

Die lewenssiklus van die data vir die studie kan soos volg gestipuleer word:

1. Aanvanklike algemene ondersoek 2. Opstel van lys van benodigde data

3. Literatuurstudie en praktiese inligtingversameling 4. Datasortering en -sifting

5. Invoer van data in nodige plekke 6. Verwerking van data

7. Uitset van data in die verlangde formate en/of kombinasies.

(d) Data-insameling en datawysiging

Die inligting soos versamel vanaf die verskillende bronne is aanvanklik onder die toepaslike hoofstukke gesorteer en gestoor. Die inligting is toe gesif deurdat dit met ooreenstemmende inligting vergelyk is en volgens die kredietwaardigheid van elke spesifieke bron. Nadat die inligting gesif is, is die oorblywende inligting dan in die regte formaat gekry vir die invoer daarvan in die nodige analiseringsmetodes en -tabelle.

(e) Data-ontleding

Vir die doelwit van die studie is daar verskeie data-ontledingsmetodes gebruik en gegenereer. Die data-ontledingsmetodes kan in twee groepe verdeel word. Die eerste groep is reeds-bestaande ontledingsmetodes soos ʼn SWOT-analise, sekere finansiële verhoudings en finansiële ontledingsmetodes. Die tweede groep ontledingsmetodes is dié wat spesifiek vir die studie se doelwitte geskep en/of aangepas moes word. Nuwe vergelykings en state is geskep sodat die uitsette van die data die doelwitte van die studie sal bevredig.

(31)

(f) Tekortkominge

Daar is sekere tekortkominge wat met die insameling en analisering van die inligting gepaard gegaan het. Inligting wat in die boerdery-omgewing ingesamel is, word baie beïnvloed deur die boerderytegnieke wat deur die boer toegepas word. ʼn Verdere tekortkoming wat voorkom, is die feit dat elke plaas verskillende hulpbronne in terme van rante, aantal bome, spruite, natuurlike damme ens, het. Dus kan dit tot gevolg hê dat ʼn individuele plaas se resultate vir verskillende boerderytipes kan verskil. Die uitslag van die studie kan dus nie absoluut wees nie, maar slegs ʼn aanduiding vir die omgewing.

1.6 Afbakening van die studie-area

Een van die beperkinge van die etnografiese navorsingsraamwerk is dat die resultate nie maklik veralgemeen kan word nie (Mouton, 2011:150). Dit is dus belangrik om te let op van die afbakeninge van die studie-area wat juis die veralgemening sal uitskakel.

1.6.1 Geografiese omgewing

Hoewel die studie gebruik kan word en van toepassing is op die meeste weidingsgebiede in Suid-Afrika, sal die gevallestudie gebaseer word op die tipiese weidingsgebied soos die van Potchefstroom en die omliggende omgewing.

1.6.2 Vergelykende studie

Die studie is slegs ten volle van toepassing op weidingsboerderye waar die diere op kommersiële basis vry rondloop om te wei. Die studie is dus nie van toepassing op voerkraal- of ander soortgelyke boerderye nie. Die boerbokbedryf sal ook slegs met ander rooivleisboerderye in Suid-Afrika vergelyk word. Alhoewel daar verskeie soorte rooivleisboerderye bestaan, is slegs die vernaamstes, naamlik bees- en skaapboerderye in hierdie studie betrek.

(32)

1.7 Beperkings van die studie

Die veranderlike faktore wat beperkings aan die studie stel, wat in ag geneem moet word, is die volgende:

Markprys: Die markpryse van die verskillende bedrywe speel ʼn groot rol in die uitkoms van die studie. Dit het tot gevolg dat die studie relevant is vir die spesifieke tydstip se prysstrukture van elke bedryf. ʼn Verandering in een van die markte se prysstrukture kan tot gevolg hê dat die uitkoms van die studie, soos hier vermeld, anders kan uitdraai.

Doserings: Die doserings kan per gebied, sowel as ín die gebied, verskil soos wat nuwe plae en/of siektes ʼn gebied binnetree. Die studie sal gebaseer word op grond van die doseringsbehoeftes van die tydstip waarop die studie voltooi is.

Drakrag: Die drakrag van elke omgewing wissel en so ook kan die drakrag van verskillende plase in dieselfde omgewing wissel, aangesien die drakrag berus op die hoeveelheid beskikbare natuurlike hulpbronne vir die diere. Die natuurlike hulpbronne kan wissel van plaas tot plaas as gevolg van natuurverskynsels soos damme, riviere, grondsoort ens. Die studie sal gebaseer word op die algemene gemiddelde drakrag vir die spesifieke omgewing.

Infrastruktuur: Alhoewel ʼn bedrag hiervoor geallokeer is, is dit moontlik dat infrastruktuur wat dieselfde doel dien vir meer of minder opgerig kan word. Dit sal afhang van elke boer se voorkeur ten opsigte van infrastruktuur en sy voorkeurmetode van oprigting. Die bedrae wat gebruik is, is bereken op die infrastruktuur wat oor die algemeen deur boere gebruik word, soos bepaal vanuit onderhoude met maatskappye wat hulself toespits op die oprigting van boerdery-infrastruktuur.

(33)

1.8 Definisies

 Drakrag: Dit is die minimum aantal hektaar weiding wat benodig word om ʼn vee-eenheid volhoubaar te kan aanhou.

 Mortaliteitsyfer: Dit is die persentasie sterftes van die aanwas per lam/kalfseisoen.

 Weidingsboerdery: ʼn Boerdery wat behels dat diere nie addisionele voeding anders as dit wat natuurlik op die weidingsgebied voorkom, kry nie.

 Speenpersentasie: Dit is die persentasie van lammers / kalwers wat per jaar gespeen word, bereken volgens die aantal vroulike teeldiere beskikbaar vir teeldoeleindes

 Aanvangskapitaal: Dit is die bedrag van die kapitaal wat die boer tot sy beskikking het vir die toerusting van sy plaas se infrastruktuur en die aankoop van ʼn teelkudde.

 Vroulike teeldiere: Dit is die vroulike diere wat fisies gereed is om beset te kan word en wat oor die vermoë beskik om te kan lam / kalf.

1.9 Wetenskaplikheid

Vir die studie om wetenskaplik te wees, moet daar van logiese en sistematiese stappe gebruik gemaak word om die bevindings, gevolgrekkings en aanbevelings te maak (NWU: 2010). Die navorsingsmetodologie wat gevolg moet word, moet duidelik uiteengesit en bewys kan word. Volgens die NWU se navorsingshandleiding (PU vir CHO, 1995:39-41) behels die stappe die volgende:

1. Probleemdefiniëring:

(34)

2. Formulering van ʼn hipotese:

Die probleem wat gedefinieer is, moet in ʼn verklaring omskep word en deur die loop van die studie moet die hipotese getoets word.

3. Versameling en sortering van gegewens:

Genoegsame inligting moet ingewin en sorteer word. 4. Verwerking van die gegewens:

Die inligting moet so verwerk word dat bevindings, gevolgtrekkings en aanbevelings vanuit die beskikbare inligting gemaak kan word.

Indien al die stappe gevolg word, kan die studie as sistematies en logies beskou word.

1.10 Oorsig

Die skripsie bestaan uit drie hoofstukke en hulle word soos volg uiteengesit;

Hoofstuk 1: Inleiding – Dié hoofstuk verteenwoordig die agtergrond en die motivering vir die studie, sowel as die probleemstelling en die metodiek wat gevolg sal word. Die wetenskaplikheid van die studie sal ook in hierdie hoofstuk in perspektief gestel word.

Hoofstuk 2: Artikel – In hierdie hoofstuk word die artikel getoon, naamlik “Die lewensvatbaarheid van boerbokboerdery: ʼn Vergelykende gevallestudie.” Die artikel fokus om die doelwitte van die studie te bereik en die hipotese te toets deur eerstens ʼn SWOT-analise te doen, bestuursrekeingkundige tegnieke te identifiseer, die bevindinge te toon en op grond daarvan gevolgtrekkings en aanbevelings te maak.

Hoofstuk 3: Samevatting, gevolgtrekkings en aanbeveling - ʼn Evaluering van die wetenskaplikheid van die studie word hier gedoen. ʼn Samevatting van die bevindings van die voorafgaande hoofstukke sal gegee word en gevolgtrekkings sal op grond daarvan gemaak word.

(35)

Uit die gevolgtrekkings sal enkele aanbevelings gemaak word. As deel daarvan om die evaluering van verskeie scenario‟s te ontleed en te evalueer, sal ʼn rekenaarprogram vrygestel word wat gebruik kan word deur parameters tot ʼn spesifieke situasie te verander en aan te pas.

BRONVERWYSINGS (Hoofstuk 1)

BOTHA, T. 1999. Boerbokke het wêreld aan die gons. Landbouweekblad: 10-12, 10 Sept.

BROWN, L. R. 2005. Outgrowing the earth: The food security challenges in an age of falling water tables and rising temperatures. New York: Earthscan. 239 p.

CASEY, N.H. & VAN NIEKERK, W.A. 1988. The Boer Goat (Part 1): Origin, adaptability, performance testing, reproduction and milk production, Small Ruminant Research, 1(3):291-302.

COX, G. 2007. Vleisbeeste: Speentyd is oestyd. Pfizer Animal Health Publications, http://www.pfizer.co.za/RunTime/POPContentRun.aspx?pageidref=1976 Datum van gebruik: 10 Okt. 2009.

DANCA, A. 1999. SWOT Analysis. University of St. Francis. http://74.125.155.132/ scholar?q=cache:66__kqBlS4wJ:scholar.google.com/+DANCA+SWOT+Analysis&hl=en Datum van gebruik: 1 Okt. 2009.

DE WAAL, J.M. 2006. Bok-plan teen armoede. Landbouweekblad: 14, 25 Aug.

FERREIRA, A.V., HOFFMAN, L.C., SCHOEMAN, S.J. & SHERIDAN, R. 2003. Production efficiency of South African Mutton Merino lambs and Boer Goat kids receiving either a low or a high energy feedlot diet, Small Ruminant Research, 50(1):75.

FLYVBJERG, B. 2006. Five misunderstandings about case-study research. Qualitative Inquiry, 12(2):219-245.

(36)

GARRISON, R.H., NOREEN, E.W. & BREWER, P.C. 2008. Managerial Accounting. 12th ed. New York: McGraw-Hill/Irwin. 792 p.

GOUWS, A. 2002. Wêreld soek ons boerbokke. Landbouweekblad: 12-14, 3 Mei.

HELFERT, E.A. 2001. Financial analysis: tools and techniques: a guide for managers. New York: McGraw-Hill. 485 p.

JIAQIANG, Z., HONGPING, Z., YOULIN, X. & LINYUN, X. 2009. From agricultural engineering and forestry engineering to biomechinfotronic engineering, International Journal of Agricultural and Biological Engineering, 2(1):72-78.

LINDENBACH-GIBSON, R. & GRAY, R. 2009. Sustainable Low-input Agriculture Gap Analysis. http://www.csale.usask.ca/PDFDocuments/sustainAgGapAnalysis.pdf Datum van gebruik: 3 Okt. 2009.

LOCHNER, H. 2002. Boerbok het belangrike rol in diereproduksie. Landbouweekblad: 52-53, 11 Okt.

MALAN, S.W. 2000. The improved Boer goat, Small Ruminant Research, 36(2):165-170.

MASON, I.L. 1988. World Dictionary of Livestock Breeds. 3rd Edition. Wallingford: C.A.B International. 348 p.

MIDGLEY, D. 2007. Meer parings sorg vir dividend. Pfizer Animal Health Publications, http://www.pfizer.co.za/RunTime/POPContentRun.aspx?pageidref=1975 Datum van gebruik: 8 Okt. 2009.

MOUTON, J. 2011. How to succeed in your master‟s and doctoral studies – A South African guide and resource book. 14de weerg. Pretoria: Van Schaik Publishers. 280 p.

(37)

NOORDWES UNIVERSITEIT (NWU). 2010. Handleiding vir nagraadse studie. Potchefstroom.

ODENDAL, F. F. & GOUWS, R. H. 2004. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 4de Uitgawe. Midrand: Perskor. 1387 p.

PIMENTEL, D. & PIMENTEL, M. 2003. Sustainability of meat-based and plant-based diets and the environment, American Journal of Clinical Nutrition, 78(3):660-663.

POTCHEFSTROOMSE UNIVERSITEIT VIR CHRISTELIKE HOëR ONDERWYS (PU vir CHO). 1995. Handleiding vir nagraadse studie. 9de Uitgawe. Potchefstroom.

STAKE, R.E. 1995. The art of case study research. Thousand Oaks: SAGE. 175 p.

TUSTIN, D. H., LIGTHELM, A.A., MARTINS, J.H. & VAN WYK, H.J. 2005. Marketing research in practice. Pretoria: Unisa Press. 749 p.

(38)

HOOFSTUK 2: ARTIKEL

Titel: Die lewensvatbaarheid van boerbokboerdery: ʼn Vergelykende gevallestudie

Die leser se aandag word op die volgende gevestig:

 Die artikel is reeds ingestuur na die vakjoernaal Agrekon, waar ʼn dubbel portuurevaluering gedoen sal word. Agrekon is ʼn geakkrediteerde joernaal van die DoE (Department of Education) in Suid-Afrika. (Sien bl. 89 vir korrespondensie in hierdie verband.)

 Die artikel kan gesien word op bl. 24 tot bl. 52.

 Die artikel was geskryf deur die kandidaat as eerste outeur. Die mede-outeur het in ʼn toesighoudende hoedanigheid as die studieleier opgetree. Die bydaes kan soos volg opgedeel word:

Fourie, W.A.S. (90%) Oberholzer, M. (10%)

 Geen berekeninge word in die artikel getoon nie. Dit word wel in die meegaande CD getoon. Sien bl. 59 vir meer besonderhede.

Die vereistes ter indiening by Agrekon is soos volg:  Lettertipe – 12, Times New Roman.

 Daar moet ʼn omvattende Engelse opsomming aangeheg word (bl. 51) indien die artikel in Afrikaans is. (Let net daarop dat dit dieselfde opsomming as die een op bl. iii is.)

(39)

Die lewensvatbaarheid van boerbokboerdery: ʼn Vergelykende gevallestudie WAS Fourie

(Ingeskrewe student ten tye van die navorsing) Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe

WorkWell: Navorsingseenheid vir Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

M Oberholzer

Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe

WorkWell: Navorsingseenheid vir Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Korrespondensie: Prof M Oberholzer

Privaatsak X6001, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, 2520, Suid-Afrika E-pos: Merwe.Oberholzer@nwu.ac.za

Tel: +27 18 299 1075 of +27 16 429 2451 Faks: +27 18 299 1426

(40)

Die lewensvatbaarheid van boerbokboerdery: ʼn Vergelykende gevallestudie Opsomming

Die doel van die studie is om eerstens uit die bestaande literatuur ʼn SWOT-analise (“Strengths, weaknesses, opportunities and threats”) van die boerbokbedryf te doen. Tweedens is ʼn

gevallestudie ontwerp, waar ʼn aantal bestuursrekeningkundige evalueringstegnieke geïdentifiseer is, om vir verskillende scenario‟s die prestasiemeting (korttermynfokus), kapitaalinvesterings-evaluering (langtermynfokus) en risiko van boerbokboerdery met vleisskaap- en -beesboerderye te vergelyk. Die bydrae van die studie is dat dit die besluitneming rakende die keuse tussen die tipe rooivleisbedryf vir verskillende scenario‟s, naamlik plaasgrootte en beskikbare kapitaal, vergemaklik. Meegaande sagteware wat ontwikkel is, sal die gebruiker toelaat om unieke scenario‟s op te stel en daarvolgens besluite te neem. Die waarde hiervan moet in die lig gesien word dat daar, soos vir ander vee-tipes in Suid-Afrika, tans geen geredelik beskikbare mark-aanduiders vir boerbokke bestaan nie. Hierdie gebrek lei tot prysonsekerheid wat dit moeilik maak om die waarde van boerbokboerderye te bepaal.

(41)

Die lewensvatbaarheid van boerbokboerdery: ʼn Vergelykende gevallestudie 1 Inleiding

Die wêreldpopulasiegroei is tans verantwoordelik daarvoor dat die aarde se natuurlike

hulpbronne spoedig besig is om te kwyn (Brown, 2005:1-10). Die gevolg is dat daar in groot dele van die wêreld ʼn voedseltekort ontstaan het wat die aandag op boerderypraktyke gevestig het wat meer voedsel met dieselfde beskikbare hulpbronne moet produseer. Ander faktore wat verdere druk op beperkte hulpbronne plaas, is natuurrampe, ekonomiese resessies en oorloë, maar

hiermee saam plaas die groen revolusie van die moderne wêreld druk op die doeltreffendheid van voedselproduksie om hulpbronuitwissing te beperk (Jiaqiang, Hongping, Youlin & Linyun, 2009:1). Dit is bekend dat ʼn vleisdieet meer insette as dié van ʼn plantedieet verg, wat druk op vleisprodusente plaas om met dieselfde insette meer uitsette op ʼn volhoubare wyse te produseer (Pimentel & Pimentel, 2003:660-663). Die fokus van hierdie studie is op die Suid-Afrikaanse boerbok as vleisproduk. Die S.A. boerbok-, S.A. Savanna- en die S.A. Kalahari Redspesies is inheems aan Afrika, veredel in Suid-Afrika en staan onder die oorhoofse naam van “S.A. Boerbok” bekend (SA Boerboktelersvereniging, 2011). Die belangrikheid van die studie is dat die lewensvatbaarheid van dié spesie met ander rooivleisboerderye (beeste en skape) vergelyk word ten einde te bepaal of boerbokboerdery ʼn bydrae tot meer doeltreffende voedselproduksie kan bied.

Verskillende fasette van boerbokboerdery is oor die jare al nagevors, byvoorbeeld het Ferreira, Hoffman, Schoeman en Sheridan (2003) die dieet en voedingsbenodigdhede van boerbokke ondersoek. Omphile, Aganga, Thsireletso en Nkele (2004), Du Plessis, Van der Waal en Webb (2004), Ferreira (2004), Malan (2000) en Hashick en Kerley (1997) het fisiese eienskappe en dieetgewoontes van boerbokke ondersoek en met dié van ander spesies vergelyk. Gadiyaram en Kannan (2004) het die gehalte van boerbokvleis met dié van ander vleissoorte vergelyk. Die gesondheidseienskappe van boerbokvleis is deur Casey (1992) nagevors. Gouws (2002), Malan (2000) en Botha (1999) het die vraag en bemarkbaarheid van boerbokvleis ondersoek. Lochner (2002) het die vrugbaarheid van boerbokke ondersoek, terwyl hul groot fisiese voorkoms deur De Waal (2006) ondersoek is. Die vorige navorsing toon dat daar reeds baie inligting rondom die fisiese aspekte en bemarkbaarheid van die boerbokbedryf bestaan, maar min oor die finansiële lewensvatbaarheid van die bedryf. Hierdie studie vul hierdie leemte deur die navorsingsvraag te stel of dit finansieel meer lewensvatbaar is om met boerbokke te boer in

(42)

vergelyking met ander rooivleisproduserende spesies. Slegs enkele studies is tot ʼn mate hieraan verwant, byvoorbeeld het Casey en Van Niekerk (1988) bevind dat die aanpasbaarheid van enige plaasdier ten opsigte van die klimaat en verskillende produksietegnieke een van die belangrikste ekonomiese karaktereienskappe vir verhoogde produksie en opbrengs op belegging van die boerdery is. Midgley (2007) het bepaal dat die vernaamste winsbepaler van vleisboerdery in die produksie-volume opgesluit is.

Die doel van hierdie studie is om uit die bestaande literatuur die bedryfsimplikasies van

boerbokboerdery te ondersoek en om met behulp van ʼn gevallestudie verskillende scenario‟s oor die lewensvatbaarheid van boerbokboerdery, in vergelyking met ander rooivleisboerderye, in Suid-Afrika te ondersoek. Die sentrale argument van die studie word ontleen vanuit Nell en Napier (2005:383-388) wat meen dat bestuurders van boerderye die verskillende fasette van die boerderyomgewings, soos fisiese, tegniese, ekonomiese en finansiële vlakke, baie goed moet ken. Om hierdie verskillende fasette te ondersoek, is die studie sodanig ontwerp dat daar eerstens uit die bestaande literatuur ʼn SWOT-analise (“Strengths, weaknesses, opportunities and threats”) van die boerbokbedryf gedoen is. Tweedens is ʼn aantal bestuursrekeningkundige

evalueringstegnieke geïdentifiseer om vir verskillende scenario‟s die prestasiemeting (korttermynfokus), kapitaalinvesteringsevaluering (langtermynfokus) en risiko van boerbokboerdery met vleisskaap- en -beesboerderye te vergelyk.

Die bydrae van die studie is dat dit die besluitneming rakende die keuse tussen die tipe rooivleisbedryf vir verskillende scenario‟s, naamlik plaas(weidings)grootte en beskikbare kapitaal, vergemaklik. Meegaande sagteware wat ontwikkel is vir berekeninge in hierdie studie word beskikbaar gestel en gee die gebruiker daarvan die geleentheid om unieke scenario‟s op te stel en daarvolgens besluite te neem. Die waarde hiervan moet in die lig gesien word dat daar, soos vir ander vee-tipes in Suid-Afrika, tans geen geredelik beskikbare markaanduiders vir boerbokke bestaan nie. Hierdie gebrek lei tot prysonsekerheid wat dit moeilik maak om die waarde van boerbokboerderye te bepaal.

Die res van die studie is soos volg georganiseer: Afdeling 2 is ʼn SWOT-analise om agtergrond ten opsigte van boerbokboerdery te verskaf; Afdeling 3 verskaf die teorie rakende die

bestuursrekeningkundige evalueringstegnieke; Die metode en ontwerp van die gevallestudie word in Afdeling 4 verduidelik; Afdeling 5 toon die resultate van die evalueringstegnieke vir die verskillende scenario‟s en gevolgtrekkings word in Afdeling 6 afgelei; Die studie word met ʼn

(43)

samevatting en praktiese implikasies in Afdeling 7 afgesluit. In die res van die studie word die terme bokke, skape en beeste gebruik. Dit verwys, tensy anders aangedui, spesifiek na

boerbokke, vleisskape en vleisbeeste. 2 Agtergrond

Die doel van ʼn SWOT-analise is om besluitnemingsinligting te verskaf wat die maak van keuses vergemaklik (Hay & Castilla, 2006:1). Dit vereis dat die volgende vier vrae telkens beantwoord moet word om ʼn strategie te kan bepaal: Hoe kan elke sterkpunt gebruik word? Hoe kan elke swakpunt uitgeskakel word? Hoe kan elke geleentheid benut word? Hoe kan elke bedreiging teengestaan word? In hierdie gedeelte word boerbokboerdery in perspektief geplaas deur ʼn poging om die vernaamste sterk- en swakpunte, geleenthede en bedreigings te identifiseer. 2.1 Sterkpunte

Volgens Balamuralikrishna en Dugger (1995:39) fokus die sterkpunte van ʼn SWOT-analise op aspekte wat inherent in die wese van die bedryf opgesluit is. Sterkpunte word gebruik om geleenthede te benut en om bedreigings af te weer. Die boerbok beskik oor ʼn aantal inherente kenmerke wat tot die sukses van die bedryf kan bydra. Voorbeelde hiervan is soos volg:

 Groot fisiese voorkoms (De Waal, 2006:14): Boerbokke het een van die grootste bokkarkasse ter wêreld, wat dit van die mees gesogte ten opsigte van produksievolume in die mark maak.

 Gesondheidseienskappe: Volgens Casey (1992:583) speel die voedingswaarde van vleis ʼn al hoe groter rol in die gesondheidsbestuur van mense. Bokvleis word deur talle verbruikers in die wêreld verkies as gevolg van die beter spier-vet-beenverhouding in vergelyking met dié van beeste en skape (Botha, 1999:10-12). Volgens Malan (2000:66) bevat boerbokvleis die minste vet in vergelyking met bees, vark, skaap en hoender en in hierdie groep bevat bokke die meeste yster en is saam met beesvleis die rykste aan proteïene.

 Gehardheid (Malan, 2000:167; Gouws, 2002:15): Die boerbok kan in uiterste toestande oorleef deurdat dit oor die vermoë beskik om siektes te weerstaan, maklik in ʼn omgewing aanpas en sonder bykomende voer droogtes kan weerstaan.

 Vrugbaarheid (Lochner, 2002:52-53; Malan, 2000:167): Met ʼn lampersentasie wat selfs tot 190 persent kan bereik, en ʼn besettingspersentasie van 90 persent, word die boerbok as baie vrugbaar beskou. Verder kan ooie drie keer in twee jaar lam en hierdie hoë vlak van

(44)

produksie tot en met die ouderdom van tien jaar lewer. ʼn Meerling is eerder die reël as die uitsondering en ooie beskik ook oor genoeg melk om met gemak ʼn meerling te voed.

 Intensiewe boerdery: Die boerbok se vermoë om groot hoeveelhede vleis per hektaar te produseer as gevolg van sy hoë lampersentasie maak dat boerbokke baie hoog op die lys is van vee waarmee intensief geboer kan word (Malan, 2000:167). Hulle beskik ook oor die vermoë om goed te presteer in ʼn voerkraal-opset aangesien hulle met ʼn dieet met laer metaboliese energie dieselfde presteer as sekere vleisskape (Ferreira et al., 2003:75).

 Gesogte teelmateriaal (Gouws, 2002:12-14; Nell & Napier, 2005:383): Die vraag na boerbokke word vergroot omdat dit, as deel van ʼn strategie, gebruik word om die gehalte van ander bokrasse te verbeter.

 Eetgewoontes: Die boerbok floreer in verskeie veldsoorte en eet ʼn wyer spektrum van plante in vergelyking met ander kleinvee (Erasmus, 2000:180; Gouws, 2002:15). Hulle optimale dieet bestaan uit ongeveer 25 persent gras en 75 persent struike en waar hulle alleen op gras en bossie wei, kan dit tot ʼn verhoging in grasbedekking lei. Grasbedekking kan oor ʼn tydperk van vier jaar met tot 57 persent verbeter. Dit is nie die geval waar skape alleen wei nie, aangesien hulle ʼn verswakking in dieselfde tyd van 18 persent toon (Malan, 2000:167). Die hoogte waarop boerbokke vreet, maak dit moontlik dat hulle maklik in ʼn kombinasie met ander lewende hawe aangehou kan word (Botha, 1999:10).

2.2 Swakpunte

ʼn Swakpunt is ʼn hindernis, intern tot die bedryf, om doelwitte te bereik (Karppi, Kokkon & Lahteenmaki-Smith, 2001:16). Die volgende is geïdentifiseer:

 Aantal boerbokke: Die aantal boerbokke in Suid-Afrika was in 2002 byna drie keer minder as in 1988 (Department of Agriculture, 2009:68). Die lae getalle bemoeilik die vestiging van ʼn formele mark en die hoeveelheid teelmateriaal beskikbaar sal die groei van die bedryf in die toekoms kortwiek. Die aanbod skiet heeltemal te kort ten opsigte van telers sowel as teeldiere en dit sal drasties moet vermeerder om na die groot vraag om te sien (Pretorius, 2001:8).

 Formele strukture: Daar is geen effektiewe markaanduiders beskikbaar in Suid-Afrika vir boerbokke soos vir ander vee-tipes nie (Landbouweekblad, 2011). Pryse is dus moeiliker om vas te maak en dit bemoeilik die waardering van boerbokboerderye. Volgens De Waal

(45)

(2006:14) is prysskommeling ook ʼn rede waarom daar nie aan die vraag voldoen kan word nie.

2.3 Geleenthede

ʼn Geleentheid is ʼn gunstige situasie wat ekstern tot die bedryf ontstaan en behoort ten volle benut te word (Karppi et al., 2001:16). Die volgende geleenthede is geïdentifiseer:

 Groot vraag (Malan, 2000:166): Daar is wêreldwyd ʼn groot vraag na boerbokke vanweë hul unieke eienskappe.

 Waarde-toegevoegde produkte (Gadiyaram & Kannan, 2004:212): Deur produkte op die mark te bring waarvan bokvleis ʼn bestanddeel is, kan die mark en vraag na bokvleis baie uitgebrei word en kan meer mense die voordele van die lae-vet rooivleis geniet.

 Dubbelboerdery (Malan, 2000:167; Botha, 1999:10): Om die maksimum hoeveelheid vleis per hektaar te produseer, kan boerbokke en ander spesies soos beeste saam wei sonder dat hulle direkte kompetisie vir mekaar is.

 Internasionale mark: Volgens Cameron, Luo, Sahlu, Hart, Coleman en Goetch (2001:1423-1430) het die vraag na bokvleis reg oor die wêreld drasties begin om te verhoog en die bekendstelling van boerbokke in ander lande is een van die faktore wat ʼn groot rol in die groeikurwe speel. (60 persent van alle rooivleis wat in die wêreld geëet word, is bokvleis (Malan, 2000:166.))

 Stigma-verwydering (De Waal, 2006:14): Baie mense bly steeds vasklou aan die stigma dat boerbokvleis van lae-gehalte is. Die stigma kan egter maklik verwyder word deurdat bokvleis van goeie kwaliteit die mark binnevloei. Die bewusmaking van die gesondheidsvoordele kan ook bydra tot die stigma-verwydering.

2.4 Bedreigings

Bedreigings is eksterne faktore wat in die pad staan om die doelwitte van die bedryf te bereik (Hay & Castilla, 2006:2). Die volgende is geïdentifiseer:

 Kwaliteitsbeskouing: Aangesien boerbokvleis nie so sag soos baie ander vleissoorte is nie, kan dit die verbruiker verby die gesondheidsfaktore van bokvleis laat kyk en dan eerder ander rooivleisprodukte aankoop. Indien swak gehalte boerbokvleis die mark bereik, kan dit verbruikers negatief teenoor die toekomstige gebruik daarvan stem.

(46)

 Kostestyging: Aangesien die boerbok se winsgewendheid juis in getalle lê wat op dieselfde grondoppervlakte aangehou kan word, en die vinnige aanteelpersentasie, sal ʼn prysstyging in koste, soos byvoorbeeld doserings, die koste per hektaar drasties negatief kan beïnvloed.  Diefstal (Statistics South Africa, 2007): Veediefstal in Suid-Afrika verteenwoordig 24

persent van alle boerderyverliese (oesdiefstal, roofdiere, brande en natuurrampe). Bokke, soos ander kleinvee, is makliker om te steel as grootvee.

Die doel van hierdie gedeelte was om boerbokboerdery in perspektief te plaas en om weer die aandag op die ope vraag te vestig, naamlik of dit finansieel meer lewensvatbaar is om met boerbokke te boer in vergelyking met ander rooivleisproduserende spesies.

3 Teorie

Soos reeds genoem, moet boerderybestuurders nie slegs die fisiese en tegniese aspekte van die bedryf goed ken nie, maar ook die ekonomiese en finansiële aspekte. Hierdie gedeelte bespreek ʼn aantal bestuursrekeningkundige evalueringstegnieke wat geïdentifiseer is om die prestasie, kapitaalinvesteringsevaluering en risiko van boerbokboerdery met skaap- en beesboerderye te vergelyk.

Volgens Hawawini en Viallet (2011:250) is relevante kontantvloei slegs die verandering in die algehele kontantposisie wat aan die investeringsbesluit toegeskryf kan word. Die verskillende rooivleisboerderye het baie uitgawes wat soortgelyk is, byvoorbeeld grond-, selfoon- en

voertuiguitgawes wat dus nie in berekening gebring word nie aangesien dit nie bepaal word deur die tipe boerderybedryf nie. ʼn Bydraestaat wat slegs die relevante inkomste en uitgawes in ag neem, is gebruik om die bydraes van die verskillende rooivleisboerderye te bereken vir die doel van die gevallestudie. Die rede hiervoor is dat die verskil in die onderskeie boerderye uitgewys moet word. Die relevante bydrae is die verskil tussen die relevante inkomste, verkoopsinkomste van speen- en uitskotdiere, en relevante uitgawes, soos doserings, minerale byvoeding en arbeid. Aangesien dit ook as ʼn beleggingsbesluit beskou word, met opbrengs wat oor ʼn redelike tyd verkry kan word, sal die resultate vir ʼn tydperk van vyf jaar bereken word.

3.1 Prestasiemeting

Die volgende prestasiemetingstegnieke is geselekteer om die korttermyn finansiële prestasie van die drie spesies te bepaal. Opbrengs op investering, bruto wins (bydrae) persentasie en bydrae

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In deze scriptie wordt geprobeerd antwoord te geven op de vraag welke online engagement strategieën het meest succesvol zijn in het genereren van online engagement

They have developed questions relating to twelve different elements and processes within the organization relating to the performance management system including: vision and

Website Evaluation Questionnaire INSTRUCTIONS The purpose of this Website Evaluation Questionnaire is to obtain feedback from the perspective of the end-user potential job

H2a: The level of brand trust will be higher when neutral information about product ingredients, product attributes and production process is transparent to consumers than when

In contrast, other research efforts (e.g., sampling based systems [8] and approximate lineage based sys- tems [7]) advocate advocate for producing results with approximate prob-

The purpose of this study is to investigate the capacity of a proposed bus rapid transit (BRT) station in Cape Town. A bus rapid transit system is a high-capacity public

Check of er risicofactoren en beschermende factoren voor problematische angst zijn -> zie Werkkaart 2..

De gezamenlijke radioactiviteit** van alle open radioactieve stoffen die jaarlijks voor in-vivo-diagnostiek warden toegepast bedraagt ca. Hiervan is het overgrote