• No results found

CWLF=MRATE CW TFAIL NMET RFAIL

HERGEBRUIK MOONTLIKHEDE OORSPRONKLIKE

2.6. WATER AANVRAAG

2.6.1. WATERBALANS

Sonder ʼn waterbalans is die implementering van ʼn effektiewe WAB/WB strategie onmoontlik en is dit onmoontlik om vas te stel waar die water in die stelsel gebruik word. Verskeie terminologieë is vir verskillende verbruike en verliese ontwikkel. Die IWA (International Water Association) se “Water Loss Task Force” het ʼn standaard verdeling voorgestel wat tans algemeen aanvaar word. Die standaard IWA waterbalans verskyn in Figuur 2.8. (Butler & Memon, 2006:145)

VERREKENDE GEMETERDE VERBRUIK

ONVERREKENDE GEMETERDE VERBRUIK ONVERREKENDE ONGEMETERDE VERBRUIK

ONWETTIGE VERBRUIK ONAKKURAATHEDE TYDENS METING

LEKKASIES IN NETWERKE VELIESE IN NETWERK KOMPONENTE WATER UITGEVOER WATER VERLIESE EIE BRONNE INGEVOERDE WATER WETTIGE VERBRUIK WATER VOORSIEN NIE INKOMSTE GENERENDE WATER VERREKENDE VERBRUIK SKYNBARE VERLIESE WARE VERLIESE VERREKENDE WETTIGE VERBRUIK INKOMSTE GENERENDE WATER

VERREKENDE UITGEVOERDE WATER

VERREKENDE ONGEMETERDE VERBRUIK

LEKKASIE OP AANSLUITINGS Figuur 2.8 Komponente van die waterbalans.

2.6.1.1. DEFINISIE VAN DIE WATERBALANS TERME

Aan die linkerkant van Figuur 2.8 verskyn die kategorieë vir die volumes water wat in die stelsel ingevoer word, terwyl die regterkant al die moontlike eindverbruik kategorieë verteenwoordig. Die middelste terme verteenwoordig ‘n groepering van terme en kan as volg vertolk word.

Die totale volume water wat beskikbaar is om in die stelsel in te voer kan vanaf twee moontlike bronne ontvang word, naamlik:

• Eie bronne (“Own sources”) – Die dienste verskaffer kry water vanaf sy eie bronne soos rivier onttrekking, boorgate of damme.

• Ingevoerde water (“Water imported”) – Dit is water wat vanaf ʼn ander instansie soos byvoorbeeld ʼn Waterraad aangekoop word.

Die volume water wat die stelsel binnegaan, word in twee kategorieë verdeel word:

• Water voorsien (“Water supplied”) – Dit is die volume water wat aan die stelsel gelewer en deur die eindverbruikers ontvang word, tesame met al die moontlike verliese.

• Water uitgevoer (“Water exported”) – Water wat aan ander waterdienste verskaffers voorsien word.

Die totale volume water in die stelsel kan ook as volg verdeel word:

• Gemagtigde verbruik (“Authorised consumption”) – Water wat deur alle eind- verbruikers gebruik word.

• Waterverliese (“Water losses”) – Water wat in die stelsel verlore gaan.

Uit ʼn finansiële oogpunt word die totale volume water in die stelsel tussen inkomste genererende water (“revenue water”) en nie-inkomste genererende water (“non-revenue water”) verdeel. Inkomste generende water kan weer as volg verdeel word:

• Verrekende uitgevoerde verbruik (“Billed water exported”) – Die totale volume water wat aan ander plaaslike owerhede of waterdienste verskaffers voorsien word.

• Verrekende gemeterde verbruik (“Billed metered consumption”) – Die totale gemeterde volume water waarvoor daar ʼn rekening gelewer word. Dit sluit aspekte soos gratis water wat teen ʼn nul tarief aangeslaan word in en word nie deur die betalingskultuur van die endverbruikers beïnvloed nie.

• Verrekende ongemeterde verbruik (“Billed unmetered consumption”) – Dit sluit die berekende volume water wat ongemeterd aan die eindverbruikers verskaf word in.

Nie-inkomste genererende water (“non-revenue water”) verteenwoordig die gedeelte van verbruik wat normaalweg as die verliese beskou word. Hierdie terme word meer algemeen as die term nie verantwoordbare water (“unaccounted-for water”) gebruik. (Sien afdeling 2.6.2.2 vir ʼn bespreking rakende die verskille tussen die terme). Nie-inkomste generende water word in drie kategorieë verdeel:

• Onverrekende gemagdigde verbruik (“Unbilled authorised consumption”).

• Skynbare verliese (“Apparent losses”).

• Ware verliese (“Real losses”).

Onverrekende verbruik word tussen gemeterde en ongemeterde verbruik verdeel. Munisipale geboue, tuine, grasperke, sportvelde en openbare oop ruimtes val gewoonlik in

indien hierdie verbruike nie in die finansiële stelsel verreken word nie. Waterverbruik weens onderhoud aan die stelsel, soos byvoorbeeld spoel van die netwerk en reservoirs val ook in hierdie kategorie.

Skynbare verliese sluit ongemagtigde verbruik en watermeter onakkuraathede in. Ongemagtigde verbruik bestaan uit water diefstal of ongemagtigde aansluitings terwyl watermeter onakkuraathede aspekte soos foutiewe watermeters, meterlesing foute en foute in die administratiewe proses insluit. Watermeter onakkuraathede is dus al die verliese wat nie aan werklike waterverliese gekoppel kan word nie. Die vermindering van hierdie verliese sal dus nie ʼn verlaging in die waterverbruik meebring nie, maar wel ʼn verhoging in die inkomste wat uit die verbruik verkry word.

Ware verliese bestaan uit al die fisiese waterverliese wat in die waternetwerk tussen die invoer (Reservoir) en die eindverbruiker se watermeter of aansluitingspunt verlore gaan. Dit sluit dus aspekte soos pypbreuke, lekkasie op pyplyne en meteraansluitings en die oorloop van reservoirs en druktorings in. In Tabel 2.7 verskyn ʼn opsomming van meeste moontlike verbruike en waar dit in die waterbalans inpas.

Die meeste van die skynbare verliese is nie aan die waterdienste verskaffer bekend nie. Dit maak dit moeilik om die volume wat aan skynbare verliese toegeskryf kan word, te bepaal. In die bepaling van die volumes in die waterbalans word skynbare verliese gewoonlik geskat en die werklike verliese uit die verskil tussen die berekende nie-inkomste generende water, skynbare verliese en onverrekende gemagtigde verbruike bereken. Dit beteken dat indien die skynbare verliese te laag geskat word, die werklike verliese te hoog bereken word. Die werklike verliese is ʼn aanduiding van volumes wat moontlik deur die implementering van WAB/WB opsies bespaar kan word. Indien hierdie berekende waardes dus te hoog is, word

ʼn onrealistiese hoë verwagting van die moontlike waterbesparings uit WAB/WB projekte geskep.

Tabel 2.7. Tipiese waterverbruike volgens die waterbalans. Water uitvoer Huishoudelike verbruik Nywerheidsverbruik Kommersiële verbruik Institusionele verbruik

Huishoudelik geskatte verbruik Nywerheids geskatte verbruik Kommersiële geskatte verbruik Institusionele geskatte verbruik Munisipale geboue

Begraafplaas

Proses water by waterwerke

Besproeiing van parke & publieke oop areas Besproeiing van sypaaidjies

Besproeiing van gholfbane (Hergebruik) Munisipale swembaddens

Konstruksie terreine Brandbestryding

Spoel van water netwerke & reservoirs Spoel van riool netwerke

Spoel van stormwater stelsel Afspuit van strate

Onwettige meteraansluiting

Water diefstal vanaf die waternetwerk Wysigings aan watermeters

Meter onakkuraathede Meterlesingsfoute Foutiewe datahantering

Finansiële verwerkings foute / regstellings Lekkasies van grootmaat pyplyne

Lekkasies van verspreidingspyplyne Reservoir lekkasies

Oorloop van reservoirs Verdamping uit reservoirs

Lekkasies by verbruikers se aftappingspunte Lekkasies by verbruikers meters

GEMAGDIGDE