• No results found

WAB/WB modelle Water besparing

WATERTARIEF VERHOGING VAN STAD KAAPSTAD.

3.1.1.2. METING & SONERING

Soos reeds in paragraaf 2.5.2.1 bespreek, kan meting en sonering nie in isolasie beskou word nie. Dit maak dus nie sin om dit ekonomies as ʼn alternatief te evalueer nie. As meting en sonering egter as ʼn vereiste vir goeie WAB/WB beskou word is dit wel moontlik om dit te evalueer uit die oogpunt van die mees effektiewe manier hoe om dit te implementeer. Die effektiwiteit van meting word deur die volgende faktore bepaal:

1. Ongemeterde verbruik en ongemeterde sones.

Dit is moontlik om deur goeie WAB/WB bestuur toe te pas, te verseker dat alle bekende eindverbruikers en sones gemeter word. In die modeleering van meting word dus aanvaar dat alle eindverbruikers gemeter word en bestaande prosedures bestaan om nuwe eindverbruikers in te sluit.

2. Korrektheid van die meterinstallasies.

Alhoewel die korrekte meter grootte en die installasie van die meter ʼn groot rol in die akkuraat van die meterlesings speel word aanvaar dat die aanvanklike installasie en keuse van meter korrek is en dat die verbruikspatrone van die eindverbruiker/sone nie oor tyd verander nie.

3. Korrekte funksionering van die watermeters.

Die akkuraatheid van watermeters neem oor tyd af weens slytasie van meganiese komponente. Die moontlikheid bestaan ook dat watermeters sodanig beskadig word dat die meters geen verbruik registreer nie. Indien die meters dus nie onderhou word nie, neem die kosteverhaling van die waterverbruik met verloop van tyd af weens die verlaging in die gemiddelde akkuraatheid van die meters.

ʼn Onderhoudsprogram of watermeter vervangingsprogram is dus noodsaaklik om te verseker dat die skynbare verliese weens onakkurate meterlesing tot ʼn minimum beperk word. ʼn Verlaging in die gemiddelde ouderdom van die meters bring ʼn verlaging in skynbare verliese mee maar verhoog weer die jaarlikse onderhoudskoste. ʼn Balans tussen die ouderdom van die meter en die skynbare verliese moet dus gevind word om die jaarlikse onderhoudskostes so laag as moontlik te hou. In Figuur 3.5. verskyn ʼn skematiese uitleg van ʼn tipiese meteronderhoudsprogram waar die moontlike foutiewe en onakkurate watermeters deur twee moontlike prosesse geïdentifiseer word. Eerstens identifiseer die finansiële stelsel moontlike meters wat geen verbruik registreer en dus moontlik foutief is. Tweedens word ʼn vasgestelde hoeveelheid watermeters op jaarlikse basis getoets om vas te stel of die watermeters steeds binne spesifikasie waterverbruik registreer. Die meters wat steeds aan die spesifikasie voldoen, word terug in sirkulasie geplaas, terwyl foutiewe meters herstel of vervang word. Weens die koste verbonde aan die herstel van watermeters, die koste van hertoetsing van die watermeter en die moontlikheid van sukses van die herstel, is aanvaar dat herstelkoste van ʼn watermeter dieselfde as die koste van ʼn nuwe meter is. Die herstelproses word dus geïgnoreer.

Finansiële stelsel identifiseer 'n moontlike

foutiewe watermeter

Vervang watermeter met 'n tydelike / nuwe

watermeter

Onderhoudsprogram identifiseer 'n watermeter

vir toetsing.

Toets die moontlike foutiewe Watermeter volgens spesifikasies

Watermeter voldoen wel

aan spesifikasie. Herstel die watermeter Herstelbaar

Watermeter voldoen nie aan die spesifikasie nie.

Onherstelbaar

Watermeter reg vir

installasie Vervang die watermeter

Figuur 3.5. Skematiese uitleg van ʼn meter onderhoudsprogram.

3.1.1.2.1. MODELEERING VAN ‘N METER ONDERHOUDSPROGRAM

Om die gemiddelde jaarlikse koste verbonde aan die meteronderhoudsprogram te bepaal is besluit om die model te gebruik wat deur Noss, Newman & James (1987) opgestel is eerder as die ontwikkeling van ʼn nuwe model. Die model is in afdeling 2.5.2.1.1 bespreek.

3.1.1.2.2. EVALUERING VAN DIE KOSTE VAN DIE ONDERHOUDSPROGRAM

Die model soos beskryf in 2.5.2.1.1. kan nou gebruik word om die koste effektiwiteit van die onderhoudsprogram, soos in Figuur 3.5. uiteengesit, te evalueer en om die optimum toets periode (PER) vir die bepaalde omstandighede te bepaal.

1. Stelsel inligting

Die onderhoudsprogram word vir ʼn plaaslike owerheid met ʼn stelsel van 5 000 huishoudelike verbruikers met ʼn jaarlikse gemiddelde gemeterde waterverbruik van 2 000 000 kl per jaar geëvalueer. (Gemiddelde maandelikse verbruik van ongeveer 33 kl). Die finansiële stelsel spoor foutiewe watermeters (watermeters wat geen waterverbruik registreer) binne ʼn periode van 6 maande vanaf faling op m.a.w. TFAIL = 0.5 Jaar.

2. Onderhoudsprogram

Die kostes om te verseker dat ʼn herstelde onakkurate watermeter weer binne die toegelate spesifikasies funksioneer is so hoog dat indien die plaaslike owerheid vind dat ʼn watermeter onakkuraat is dit direk met ʼn nuwe meter vervang word. Die herstelkoste van ʼn watermeter is dus dieselfde as die van ʼn nuwe watermeter.

3. Onderhoudsdata

Geen syfers rakende die akkuraatheid / ouderdoms verband vir Suid-Afrikaanse toestande kon gevind word nie en die syfers is op die werk van Noss et al.(1987) gebaseer.

M = -0.446% B = 97.0%

4. Kostes

Die volgende watermeter onderhoudskostes is aanvaar: CRR = R96.00 (Bailey, 2010)

WMN = R 350.00 (Kent, 2010) CMT = R140 (Kent, 2010) met

WMN = Gemiddelde koste van ʼn nuwe watermeter. CMT = Gemiddelde koste om ʼn watermeter te toets.

Die waarde van CTR kan volgens vergelyking 3.1 beskryf word.

CTR = P(MTf) x WMN + CMT Vergelyking 3.1

In die ondersoek word daar gepoog om die mees ekonomiese onderhoudsprogram daar te stel wat beteken dat CTR nie die waarde van WMN mag oorskry nie. Indien dit wel die geval is, is dit dus beter om al die watermeters wat verwyder word met nuwe watermeters te vervang. Die koste van die toets van die watermeter word dus gespaar. Dit bring mee dat daar ʼn maksimum toelaatbare waarde vir P(MTf) volgens vergelyking 3.2 bereken kan word.

P(MTf)Maks < ( WMN – CMT ) / WMN Vergelyking 3.2

Dit bring dus mee dat P(MTf)Maks < 60%. ʼn Sensitiwiteitsanalise het getoon dat die invloed van die P(MTf) waarde op PER klein is en daar word dus aanvaar dat P(MTf) = 60% in die ontleding is.

In ʼn blok tariefstruktuur word die waarde van die ongemeterde water gereken teen die hoogste tarief van die gemiddelde verbruik. In hierdie geval is die gemiddelde gebruik gelyk aan 33 kl/maand, wat in die tarief blok van 31kl – 40kl val. ʼn Waarde vir (CW) van R10.00 per kl word aanvaar. Weens die impak van (CW) op die waarde (PER) moet verskillende waardes van (CW) getoets word.

In Figuur 3.6. verskyn ʼn opsomming van die aanvaarde waardes en ʼn grafiese voorstelling van die jaarlikse koste met verskillende (PER) waardes. Die Optimum waarde van (PER) gelyk aan 7 jaar bring ʼn (TCOST) waarde van R 1 393 905 tot gevolg.

Dit beteken dat watermeters elke 7 jaar vervang moet word. Dit stem ooreen met die vervangingsiklus wat Green (2003:242) voorstel. Dit is belangrik om te toets hoe hierdie waarde van (PER) wissel indien die veranderlikes in die model verander word.

Die spesifieke waarde van (TCOST) is nie belangrik nie, aangesien die doel van die ontleding slegs is om die punt te bepaal waar (TCOST) ʼn minimum waarde het.

OPTIMISERING VAN WATERMETER ONDERHOUDSPROGRAM