• No results found

CWLF=MRATE CW TFAIL NMET RFAIL

2.5.2.3. LEKKASIE OPSPORING EN BEHEER

Die verlies van water weens lekkasie op waternetwerke kan in twee kategorieë verdeel word nl. verlies weens breuke, en verliese weens agtergrond lekkasies. McKenzie et al (2003:11) definieer ʼn breuk as ʼn lekkasie met ʼn tempo groter as 0.25 m3/h, terwyl agtergrond lekkasies gedefinieer word as ʼn lek met ʼn vloeitempo kleiner as 0.25 m3/h. ʼn Lekkasie tempo van 0.25

Die opsporing van groot pypbreuke is gewoonlik maklik, weens die feit dat dit gewoonlik visueel sigbaar is en tot ʼn faling of ʼn gedeelte faling van die stelsel lei. Die verlaging in verliese weens 'n pypbreuk hang grotendeels af van die reaksietyd van die waterdienste verskaffer om die breuk te herstel. Die reaksietyd kan verlaag word deur ʼn effektiewe moniteringstelsel asook ʼn effektiewe rapporteringstelsel waardeur inligting verkry vanaf die publiek spoedig oorgedra kan word na die personeel verantwoordelik vir die herstel daarvan. Aangesien die waterdiens aan sekere verbruikers weens breuke beïnvloed kan word, word die diensverskaffer genoodsaak om dit te herstel, (gewoonlik binne 24 uur) en verliese word dus beperk.

Agtergrond lekkasie is egter lekke wat konstant tot die verhoging van waterverliese in die stelsel bydra. Hierdie tipe lekkasies is gewoonlik nie sigbaar nie en beïnvloed ook nie effektiewe werking van die stelsel nie. Weens die lae lekkasie tempo “verdwyn” hierdie water uit die stelsel sonder dat dit noodwendig sigbaar is. Indien die diensverskaffer dus nie proaktief na hierdie tipe lekkasie soek en dit herstel nie, sal die netwerklekkasies net met tyd toeneem.

ʼn Aktiewe lekkasie opsporingsprogram behels die volgende:

a. Identifisering van hoë water verlies gebiede d.m.v. van sonering, monitering van sonemeters en die berekening van die minimum nagvloei (Sien Afdeling 2.5.2.3.1). b. Die opsporing van lekkasie d.m.v. visuele inspeksies, klank (luisterstokke en

“Geophones”), lekkasie geraas korrelasie, stap toetsing, grond penetrerende radar en geraas monitors.

c. Herstel van die lekkasies.

d. Monitering van die verlaging in die verliese wat verkry is weens die herstelwerk. e. Herhaling van die proses. Die grootste lekkasies word gewoonlik eerste opgespoor

en met ʼn tweede en derde rondte word nog lekkasies geïdentifiseer.

Nuwe lekkasies ontwikkel ook met tyd en dit is dus noodsaaklik dat ʼn aktiewe lekkasie opsporingsprogram ʼn aaneenlopende proses is en deel van die onderhoud en instandhoudings program van die waterdienste verskaffer vorm.

2.5.2.3.1. MINIMUM NAGVLOEI

Minimum nag vloei is die laagste vloeitempo wat in ʼn netwerk of ʼn verbruik sone voorkom. Dit word bepaal deur die vloeitempo van die sone meter vir ʼn periode van ongeveer ʼn week aan te teken. Die laagste vloei wat gemeet is vir hierdie periode is die minimum nagvloei.

Indien hierdie sone uit slegs residensiële verbruik bestaan kan aanvaar word dat verbruik deur die eindverbruiker gedurende die vroeë oggendure (01:00 – 03:00) klein is. Die verbruik wat tydens hierdie ure geregistreer word is dus grotendeels aan netwerk verliese toe te skryf. Dit is ʼn ideale metode om die stelselverliese te beraam en indien sones bestaan, die ligging van die netwerkverliese te bepaal.

Dit is belangrik om daarop te let dat netwerkverliese ʼn funksie van die druk in die stelsel is. Dit beteken dus dat enige beramings wat deur minimum nagvloei metings gemaak word, as die maksimum moontlike netwerkverliese beskou moet word.

2.5.2.3.2. KLANK OPSPORING

Lekkasies stel klank vry as gevolg van die water wat deur die wand van die pyp beweeg. Hierdie klank word deur die water gelei en kan by toebehore soos afsluitkleppe en brandkrane waargeneem word. Deur ʼn instrument soos ʼn luisterstok te gebruik kan die teenwoordigheid van lekkasies in die netwerk vasgestel word. Dit gee nie die presiese posisie van die lekkasies aan nie, maar identifiseer in watter pyplynseksies op die netwerk daar lekkasies voorkom. Aangesien luisterstokke maklik is om te gebruik kan die hele netwerk ondersoek word en die mees kritieke pyplyn seksies uitgewys word. Die presiese posisie van die lekkasie op hierdie pyplyn seksies kan deur korreleerders vasgestel word.

2.5.2.3.3. LEKKASIE GERAAS KORRELASIE

Lekkasie geraas korreleerders bestaan uit twee geraas sensors en ʼn korreleerder. Die twee sensors word aan die twee eindpunte van die pyplynseksie met die lekkasie op ʼn afsluitklep of brandkraan geïnstalleer. Hierdie twee sensors tel die klank op wat deur die lekkasie veroorsaak word. Die korreleerder bereken dan die tydverskil tussen die twee seine van die sensor en d.m.v. die afstand tussen die sensors word die presiese posisie van die lekkasie bereken.

2.5.2.3.4. STAP TOETSE

Stap toetse is ʼn indirekte metode om die hoeveelheid water wat in ʼn pyplynseksie verlore gaan te bepaal en word tydens die minimum nagvloei tydgleuf gedoen. Tydens hierdie toets word die normale prosedure soos in die bepaling van die minimum nagvloei gevolg en word die nagvloei aaneenlopend gemonitor. Tydens hierdie toets word die pyplynseksie wat

hierdie pyplynseksie plaasvind. Deur verskeie pyplyn seksies agtereenvolgens af te sluit na bepaalde tydintervalle kan die waterverlies van meer as 1 pyplynseksie op ʼn aand bepaal word. Stap toetse kan help om die grootste lekkasies te identifiseer en met die prioritisering van pyplyn vervangings help.

2.5.2.3.5. GROND PENETRERENDE RADAR

Radar kan ook gebruik word om die teenwoordigheid van water in die grond te identifiseer. Dit werk op die beginsel dat die teenwoordigheid van water in die grond 'n radarsein beter reflekteer as droë grond. Die radarsein word deur ʼn antenna opgetel en visueel voorgestel. Dit is egter nodig om hierdie beeld korrek te interpreteer, sodat onderskeid tussen lekkasie en normale grondwater getref kan word.

2.5.2.3.6. GERAAS REGISTREERDERS

Geraas registreerders word gebruik om die gebiede te bepaal waar lekkasies voorkom. ʼn Stel van hierdie registreerders word op verskeie afsluitkleppe en brandkrane dwarsdeur ʼn netwerk geïnstalleer en monitor die geraas vir ʼn bepaalde periode. Dit vind verkieslik gedurende die lae verbruik periodes plaas, want dan is die agtergrond geraas die minste. Die data verkry vanaf die registreerders word dan verwerk en afhangende van die seinsterktes en watter geraas deur watter registreerders opgetel is, word gebiede bepaal waar lekkasies voorkom. Korreleerders kan hierna gebruik word om die presiese posisie van die lekkasie te bepaal.