• No results found

Hoofstuk 4: Data en resultate

4.3 Verloop van data-opname

4.3.2 Vraelyste

Vraelyste word gebruik om studente se insette te kry. ’n Gestruktureerde vraelys met ’n paar oop vrae aan die einde stel my in staat om die student se refleksie oor spesifieke aspekte te kry. Die aspekte waaroor studente reflekteer, is presies dieselfde aspekte wat ek tydens die waarnemings observeer. Die oop vrae aan die einde is om moontlik verdere insig oor die ingesteldheid van studente te kry.

4.3.2.1 Metodologie

Vraelyste word op SUNLearn beskikbaar gestel en studente kan dit op hulle eie tyd voltooi. Die vraelys word deur 71 studente voltooi. Die vrae wat aan studente gestel word, stem ooreen met die aspekte waarna ek tydens die waarnemings gekyk het. Dit word so gedoen om my in staat te stel om die ooreenkomste te identifiseer wat teenwoordig is en ook te bevestig of ek as waarnemer dieselfde indruk as die student van die gegewe klasomgewing kry. Die wyse waarop vrae gevra word, geskied wel effens anders sodat dit vir studente sin kan maak. Sien aangepaste vraelyste in addendum 2.

Bykomende vrae wat by die vraelys ingesluit word, sluit die volgende in: • Hoeveel tyd per week spandeer jy op YouTube?

• Hoeveel opvoedkundige materiaal soek jy op YouTube? • Hoeveel tyd spandeer jy in die klas en aan klaswerk?

• Waarom kom jy klas toe (bv. dis die regte ding om te doen/my vriende/ek hou van die dosent/stimuleer my intellektueel/ander)?

87 4.3.2.2 Resultate van die vraelyste

Vraelyste word op dieselfde wyse as die waarnemings verwerk. Studente kry die geleentheid om oor dieselfde aspekte te reflekteer wat tydens die waarnemings geëvalueer word. Hulle het een van drie opsies (kategorieë), naamlik: stem saam, stem nie saam nie of neutraal. Hierdie drie opsies stem onderskeidelik ooreen met die teenwoordig, afwesig en gedeeltelik wat tydens die waarnemings gebruik word. ’n Punt word per kategorie per eienskap toegeken. Vir die 71 studente wat die vraelys beantwoord, word die totaal per kategorie per eienskap dan bereken. Indien 35 of meer (50%+) studente stem saam kies dat ’n betrokke aspek teenwoordig is, word dit nie as ’n leemte geïdentifiseer nie. Insgelyks, indien 35 of meer studente stem nie saam nie kies, word die betrokke aspek as ’n leemte geklassifiseer. Dieselfde kleurkode word gebruik. Vraelyste is in sowel Afrikaans as Engels beskikbaar.

Mening oor aspekte Stem saam

Stem nie

saam nie Neutraal

Gee asseblief jou mening oor elkeen van die volgende stellings oor klasdinamika in hierdie module. [Die dosent

maak dit vir my makliker om die inhoud te verstaan.] 37 9 25 Gee asseblief jou mening oor elkeen van die volgende

stellings oor klasdinamika in hierdie module. [Groepwerk

word aangemoedig.] 26 11 34

Gee asseblief jou mening oor elkeen van die volgende stellings oor klasdinamika in hierdie module. [Ek vra

graag vrae in die klaskamer.] 10 37 24

Tabel 4.3 Voorbeeld van die resultate (vraelyste) (sien oorspronklike data in addendum 6)

In tabel 4.3 is die eerste aspek dus teenwoordig en nie ’n leemte nie. Die tweede aspek word nie geklassifiseer nie weens die verspreiding van data en ’n gebrek aan (50%+) en die derde is afwesig en word dus as leemte geklassifiseer.

a Aspekte wat teenwoordig in die klaskamer is en dus nie ’n leemte is nie (soos aangedui deur studente deur die stem saam-opsie te kies)

Klasdinamika

88 Dosent/student-verhouding

Studente dui aan dat kommunikasie met dosente maklik is (elektronies/verbaal). Studente het ’n begrip ten opsigte van die belangrikheid van die inhoud van die module met verwysing na die rigting waarin die student studeer. Hulle reken dosente se onderrigstyl is innoverend (nuwe metodes, oorspronlik) van aard.

Inligting oor/inhoud van die module

Studente dui aan dat die doelwitte/uitkomste vir die module duidelik in die moduleraamwerk gestel word en dat daar ruimte is om onderwerpe buite die klaskamer te verken en die inligting binne die module te gebruik. Bronne is beskikbaar en bykomende werk oor die gegewe onderwerp word voorsien. Studente bevestig dat hul toegang tot inligting van ’n les voor die betrokke les het en dat relevante inligting op verskeie platforms beskikbaar gemaak word.

Media, internet en globale gemeenskap

Verskeie media, word na studente se mening, in die module gebruik. Studente is ook oortuig dat hulle weet hoe om krities na aanlyn bronne te kyk en weet hoe om hierdie bronne te analiseer en te evalueer.

Evaluering/Assessering

Studente is ook oortuig dat hulle weet wat van hul verwag word wanneer hul geskrewe opdragte ontvang.

b Aspekte wat afwesig is en dus ’n leemte is (soos aangedui deur studente deur die stem nie saam nie-opsie te kies)

Klasdinamika

Studente vra nie graag vrae in die klaskamer nie. Media, internet en globale gemeenskap

Studente bevestig dat sosiale media nie in die module gebruik word nie, dat daar nie ’n skakeling met studente buit die US is nie en dus neem hulle nie deel aan ’n globale gesprek, binne die module nie.

Dit blyk, uit die studente se ervaring, of meer aspekte teenwoordig as afwesig is. Ek moet egter klem lê op die aantal aspekte wat nie by die teenwoordig- of afwesig-lys ingesluit is nie. Studente het oor 19 van die 35 aspekte nie uitsluitsel nie. Indien die data uit ’n ander hoek

89

benader word en ek neutraal insluit by afwesig met die doel om leemtes te identifiseer, krities te wees oor die huidige praktyke en nie probeer om dit te regverdig nie, sou die lys leemtes aansienlik anders lyk. Ek dink tog hierdie oefening is die moeite werd aangesien ek nie oortuig is dat die studente werklik oor praktyke in die klaskamer (wat tot hulle voordeel strek) kan reflekteer nie. Hierdie insig is een wat ek deur toepassing van die konstante-vergelykende metode verkry het en nie voor die aanvang van die navorsing gehad het nie. Studente kan oor hulle eie ervaring reflekteer, maar dit blyk of hulle begrip van onderrig en die rol wat dit moet speel, beïnvloed word deur ’n vorige era en nie toekomsgerig is nie. Sien die volgende uittreksels uit antwoorde wat studente gegee het. Hierdie antwoorde was op die vraag: Wat is die rol van opvoeding/onderrig as masjiene die meeste van die werk gaan doen in die nabye toekoms?

• “Die masjiene sal nie in staat wees om die werk te doen indien ’n opgeleide persoon nie eers sy deel doen nie.” (ST5)

• “Masjiene programeer nie hulleself nie.” (ST8) of “Mense moet die knoppie druk.” (ST37) (Heelwat studente het hierdie antwoord of ’n weergawe daarvan gegee.) • “Dit het geen toepassing op my nie, want wat ek studeer, voeg my toe met kennis wat

’n masjien nie kan doen nie. Hoewel dit ’n probleem kan wees vir mense wat opgevoed is om die werk te doen wat deur masjiene ook gedoen kan word. Inteendeel, wie ontwerp hierdie masjiene?” (ST15)

• “Ek dink dit is beperkend om so te dink. Masjiene gaan steeds gebou, geëvalueer en beheer moet word deur opgeleide mense wat weet hoe om die resultate wat masjiene lewer, korrek aan te wend.” (ST26)

• “Masjiene sal nooit in staat wees om een-tot-een-kommunikasie te vervang nie.” (ST31)

Die teendeel van elkeen van hierdie antwoorde is reeds in die praktyk bewys – nie net in navorsing nie; dit is in die openbaar beskikbaar vir verbruikers om te gebruik. Die studente is korrek wanneer hulle noem dat masjiene steeds menslike insette nodig gaan hê, maar dit is duidelik dat hulle nie oorweeg watter vaardighede nodig gaan wees om daardie rol te vervul nie. Hierdie antwoorde laat dit blyk dat die studente oningelig is en ’n sekerheid het oor die toekoms wat vinnig aan die verbrokkel is. Wie se verantwoordelikheid is dit om hulle in hulle denke en vaardighede vir die toekoms voor te berei?

90

Enkele studente probeer wel reflekteer oor die rol van onderrig binne die omgewing wat tegnologie besig is om vir ons te skep. Dit sluit aan by die bespreking oor die Vierde Industriële Revolusie. Tegnologie en die ontwikkeling daarvan kan vir seker ’n wêreld skep wat ons grootste vrese waar kan laat word, of ons kan in beheer bly, en onderrig ’n middelpunt daarvan maak, en tegnologie aanwend om self die toekoms te skep. Ek is nuuskierig waar hierdie studente hulle insig gekry het of selfs in watter skool hulle was, aangesien hierdie tipe ingesteldheid nie baie algemeen is nie. Sien die antwoorde hieronder van sommige studente op dieselfde vraag as in 4.3.2.2.1 (“Wat is die rol van opvoeding/onderrig as masjiene meeste van die werk gaan doen in die nabye toekoms?”):

• “Opvoeding soos ons dit nou ken, gaan nie ’n groot rol in die toekoms speel nie. Met die manier waarop ons geleer en getoets word. Tog, indien die sisteem verander na een wat ons leer om probleme op te los en oplossings toe te pas eerder as om te memoriseer, dan sal opvoeding belangrik wees. Dit is omdat selfs as masjiene alles kan doen sal hulle nooit hulle eie idees hê nie en nie in staat wees om probleme op te los nie. Dus hoe sterker die mens se vermoë is om hul eie idees te hê en nuwe probleme op te los, hoe belangriker ons kennis en opvoeding in die toekoms. Jy kan die definisie van snelheid opsoek, maar geen rekenaar sal vir jou die formule tot wêreldvrede kan gee nie.” (ST59)

• “Om die mens se kennis oor sekere onderwerpe te verbreed en die lewens van die mens verder te vergemaklik. Menslike toestande kan altyd verbeter, veral as al die verskillende rigtings van navorsing saamgevoeg word tot ’n eenheid.” (ST64)

• “Om die toekoms te vorm en ingelig te bly.” (ST66) • “Om lewensvaardighede te leer.” (ST51)

• “Ek het nie voldoende inligting om ’n definitiewe, weldeurdagte hipotese vir die rol van opvoeding in die toekoms te gee nie, maar ek dink dit sal wel belangrik wees vir ’n hele aantal jare totdat heelwat vordering gemaak word in die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en masjien-leer. Daarna sal opvoeding wel voortgaan, nie uit noodsaaklikheid nie (aangesien masjiene die behoefte vir bekwame individue met verwysing na sekere vaardighede gaan vervang), maar moontlik omdat mense inherent nuuskierige wesens is, en dus opvoeding gaan gebruik om fundamentele waarhede, doel en betekenis te ontdek.” (ST55)

• “Om te verstaan hoe die wêreld werk, aangesien daar leemtes gaan wees in die vermoë van masjiene om ons te kan help.” (ST40)

91

• “Akademiese opvoeding lei uiteindelik tot studente wat in staat is om nuwe idees te ontdek, iets wat masjiene nooit werklik in staat sal wees om te doen nie. Baie van opvoeding is om studente toe te laat om te kommunikeer en by te hou met die wetenskaplike wêreld, iets wat nuttig sal wees rondom robotte, moontlik noodsaaklik vir oorlewing en kreatiwiteit. Ook, baie van die reëls en waardes wat nodig is om uit te styg in akademiese opvoeding beloon mense wat pligsgetrou en hardwerkend is met ’n gewilligheid om ag te slaan op daardie waardes. ” (ST43)

Indien ek wel die aspekte wat studente as neutraal en stem nie saam nie merk, is dit 23 uit die 35 aspekte. Hou in gedagte hierdie aspekte is die aspekte of eienskappe van ’n leeromgewing waarbinne ’n GenZ-student doeltreffende leer ervaar. Die studente ervaar die doeltreffendheid van die leeromgewing dus as 65,7%. Hierteenoor kan egter oorweeg word: indien daar slegs gefokus word op aspekte wat definitief volgens die studente teenwoordig is of stem saam gekies het, is dit 12 uit 35, oftewel 34,3% doeltreffendheid.