• No results found

4.9 Etiese oorwegings

5.4.2 Vlak van motivering

Die respondente skets almal „n prentjie van leerders wat herhaal of outomaties bevorder is wat sukkel om die eise van die kurrikulum baas te raak en glad nie toegewyd is ten opsigte van hulle skoolwerk nie. Die lae vlak van hul vaardighede dra dikwels by tot „n gebrek aan toewyding en motivering.

Die frustrasie rondom die gebrek aan toewyding blyk duidelik uit die volgende opmerking van die Huistaal-onderwyseres:

“Nee, dit (toewyding) bestaan nie in hulle woordeskat nie. Daar bestaan nie so iets nie. Toewyding aan niks doen nie - hulle spesialiseer daarin om mekaar te probeer vermaak, hulle is klaskaptein van aktiwiteite soos

106

spuitkannetjies, vuurhoutjies trek in die klasse, papiertjies skiet. Hulle is ingestel net op die klas ontwrig. Weet jy wat, hy sal gewoonlik nie eers „n boek uithaal nie.”

Die Wiskunde-onderwyseres bevestig hierdie frustrasie. Volgens haar is die samewerking en werksingesteldheid van herhalers en leerders wat outomaties bevorder is, baie swak.

“…of hy onttrek hom totaal en al en hy is totaal en al passief of hy moet nou „n “image” probeer handhaaf teenoor sy mede-maats in die klas en is daarom „n moeilikheidmaker in die klas en gee glad nie sy samewerking nie en veroorsaak frustrasie vir die res van die klas.”

Ook die kwaliteit van hul take, wat „n baie belangrike deel vorm van hul deurlopende assesseringspunt (DASS-punt) en in „n groot mate hul finale prestasie bepaal, is baie swak. Dikwels kan hierdie take tuis gedoen word met die hulp van ander, anders as toetse wat onder gekontroleerde omstandighede afgelê word. Ten spyte daarvan word „n negatiewe prentjie geskets.

“Wiskunde as sulks het min take wat huis toe gestuur word. Die meeste van ons goed word in die klas gedoen, maar ek hoor maar net, en dit klink vir my dat by vakke waar dit huis toe gestuur word, dit „n frustrasie tot „n oneindigheid is om daai goed terug te kry. Ek het selfs al take gesien van kinders wat druipelinge is, sulke powere, niksseggende goed wat terugkom. Ek wil nie eers praat oor geletterdheidsvaardighede nie, want ek dink dit is verskriklik swak en die swak geletterdheidsvaardigheid het „n direkte effek op die gesyferdheidsvaardigheid. Die twee gaan totaal en al hand aan hand. Leesvaardighede wat totaal en al oorgaan na Wiskunde. Kinders wat antwoorde gee, die oomblik wat kinders in Wiskunde vir jou „n antwoord moet gee wat „n sinnetjie is, kan jy soms daai sin se betekenis nie ontsyfer nie.” (Wiskunde-onderwyseres)

107

Volgens die Huistaal-onderwyseres is die situasie hierbo nie die uitsondering nie, maar die algemene tendens by leerders wat herhaal of outomaties bevorder is.

Die adjunkhoof stem saam dat die werk wat hierdie leerders op hul eie moet doen, baie swak is, maar noem tog dat hul ingesteldheid teenoor die werk wissel. Sommige van hierdie leerders wat in graad 8 en uiteindelik in graad 9 kom, beskik volgens hom net nie oor die vermoë om die werk baas te raak nie.

“Dis maar weer eens…sommige sal baie moeite doen, maar die gehalte bly swak. Of hulle nou baie moeite doen…kom ons sê met „n maklike vak soos LO waar jy kan prentjies plak en dit „n bietjie mooi laat lyk, kan jy nog daarmee wegkom, maar ek dink die take soos Biologie en so en jy het nie die insig nie, gaan jou take nie van „n goeie gehalte wees nie.”

En verder: “Daar‟s van hulle wat „n baie mooi gesindheid het, maar hoe hard hulle ookal werk, hulle gaan nie die mas opkom nie. As jy nie die vermoë het nie, dan gaan jy vasval. As die werk bo jou vuurmaakplek is, dan is dit vir jou te moeilik.”

Die Huistaal-onderwyseres sluit hierby aan wanneer sy sê:

“Ek dink daardie kinders het nie naastenby „n begrip van basiese organisasie nie. Ek dink hulle raak heeltemal verlore. Eenvoudige goed kan hulle net nie…hulle kan dit net nie baasraak nie. Ek dink dis net heeltemal bo hulle koppe. Dis soos „n groot maalstroom waarin daai kinders beland het en ek dink ons het nie naastenby „n begrip van hoe verward die kind moet wees nie, want ek sê vir jou die kinders wat herhaal…hulle kan net nie…”

Die gebrek aan motivering blyk duidelik wanneer die Huistaal-onderwyseres vertel van „n leerder in graad 9 wat die vorige jaar outomaties bevorder is wat sy probeer ondersteun het deur vir hom hulp aan te bied met „n ondersoektaak.

108

“Ek het hom probeer help, vir hom goed gegee, maar hy kan nie die goed logies agtermekaar sit nie. Hy het nie eers probeer nie. Hy het opgegee.”

Die hoofprobleem waarmee hierdie leerders daagliks gekonfronteer word, is hul eie onvermoë. Die Wiskunde-onderwyseres verduidelik dit soos volg:

“Gewoonlik is dit so dat daardie kinders se vermoëns so swak is dat…dis „n kwessie van almal wat in hoofstroomonderwys opgeneem word selfs al in die laerskool en kom dan in die hoërskool en hulle kom deur en die skool maak nie…dit wat in die klas gedoen word, is totaal buite hul vermoë, so hulle raak gefrustreerd, hulle sit in klasse met 35 in „n klas. Hulle verdwyn totaal in daai klas.”

Dit wil dus voorkom of die leerders dikwels opgee nog voor hul behoorlik probeer het, omdat hul motivering so skraal is. Indien hy voortdurend mislukking ervaar, is daar vir hom geen motivering om te probeer nie.