• No results found

verskillende denkstrominge en die eksponente daarvan te evalueer of te beoordeel nie.

die totale verwerping van die Christendom gele.

Kinders is skerpsinniger as wat die meeste volwassenes besef: 'n Kind verstaan baie gou wat die implikasies van hierdie tipe teologie is, en hulle sal dit baie gou se. Deur die jare het talle Bybelkundeleerlinge en studente met koerantberigte of tydskrifartikels na navorser se klas gekom en vrae gevra oor uitsprake van teoloe wat opskudding in die media veroorsaak het. In die diskussies wat daarop gevolg het, het hulle soos volg geredeneer:

* As die Bybel nie die gesaghebbende Woord van God is nie, is dit soos enige ander ou boek. Dan kan dit nie 'n rigsnoer vir ons leer en lewe wees nie. Dan het dit geen sin om Bybel te lees, kerk toe te gaan en Bybelonderrig op skool aan te bied nie.

* As Adam nie geleef het nie, is die Christelike leer oor die erfsonde 'n klug en dan was die Tweede Adam ook nie nodig nie (Romeine 5:12, veral verse 18-19). * As Christus nie uit 'n maagd gebore is nie, beteken dit dat Hy deur 'n gewone

man, moontlik nie eers Josef nie, verwek is. Die implikasie daarvan is dat Jesus nie die Seun van God is nie, maar 'n gewone mens, "in sonde ontvang en gebore." Hy is nie Seun van God nie, Hy is nie self God nie, ook nie Skeppingsmiddelaar of Herskeppingsmiddelaar nie. Aangesien geen sondaarmens eers vir sy eie sondes kan sterf nie, hoe kon Jesus dan vir die sondes van die hele wereld gesterf het? Daarmee word dus 'n streep deur sy Godheid en Middelaarskap getrek. Hy kon hoogstens 'n martelaar gewees het, nooit die Middelaar wat ons met God moes versoen nie.

* As Jesus nie uit die dood opgestaan het nie, beteken dit dat Hy nie die dood en die hel oorwin het nie en dat die angel van die dood ook nie vir ons weggeneem is nie. As daar van die "legende van die lee graf" gepraat word, dan is die woorde van Paulus baie waar: "As Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs is ook julle geloof." (1 Korintiers 15.14, die 1953-vertaling).

In al hierdie gevalle s€ die onderwyser wat die histories-kritiese standpunte ondersteun en verdedig eintlik vir die kinders dat Christene vir 2 000 jaar in 'n leuen geleef

net!

Gaum (1995:6) s6 in hierdie verband dat niemand graag as 'biblisiste' en 'fundamentaliste' uitgekryt wil word nie, maar " ... as ons die Bybel al meer met 'n knippie sout begin neem en wil sif en sif om vas te stel w£t daarvan darem nog in ons wetenskaplike net agterbly wat deur 6ns met ons vlymskerp akademiese insig as Woord van God geidentifiseer kan word ... sal ons tien teen een op die ou end vind dat daar niks in die net behoue gebly het nie!"

Miskien moet Gaum (1995:6) se slotwoord aan leraars en teoloe ook van toepassing gemaak word op onderwysers en kurrikuleerders vir Bybelonderrig:

"In ons omgang met die Bybel moet ons bid dat ons beskeie en nederig sal kan bly; dat ons nie ons kinderlike geloof sal verloor nie; dat ons die beperkinge van ons allermodernste akademiese meetinstrumente sal erken; dat ons nie die insigte van vorige geslagte godgeleerdes as alte minderwaardig sal beskou nie; dat dns wat vir andere moet leer, nie op die ou end op dwaalwee beland en - mag God dit verhoed! - die Here se kudde saam met ons neem nie".

♦ Die Nuwe Testament as wyere konteks van die Ou Testament

Die vraag is 6f, en indien wel, in hoe 'n mate die Ou Testament in die lig van die Nuwe Testament gelees en verstaan moet word. Hierdie vraag hang ook saam met die vraag na die Christologiese element in die verklaring van die Skrif.

Jare lank is dit nou al 'n groot strydvraag onder Bybelkundiges. Daar was, veral die afgelope dekade, baie skerp kritiek op die Bybelonderrig- en BybelkundesiUabusse wat sedert die vroee sewentigerjare tot ongeveer 1989 in die verskillende onderwysdepartemente in gebruik was. Ook handboeke wat op hierdie sillabusse gebaseer was, is skerp gekritiseer. Die kritiek was veral dat die Ou Testament in die sillabusse nie in en uit homself aan die orde gestel is nie, maar dat dit feitlik gefunksioneer het as 'n aanhangsel van die Nuwe Testament. Hierdie benadering van die vorige sillabusse het veral geblyk uit die volgende twee tendense in die hantering van die Ou Testamentiese leerinhoud:

* die oordrewe Messiaanse interpretasie van baie tekste uit die Ou Testament; en * die oordrewe tipologie (Loader, 1979:17). n

In die proses kom talle hedendaagse Suid-Afrikaanse teoloe en handboekskrywers uit die gereformeerde tradisie onder skoot. "

♦ Evaluering van kritiek op sillabusse

Daar word saamgestem dat baie van die kritiek op die sillabusse voor 1989 geregverdig is, aangesien die Christologiese element so oordrewe is, dat die benadering feitlik Christomonisties is. Veral die oordrewe tipologie was steurend en nie altyd verantwoordbaar nie, maar handboekskrywers het destyds geen keuse gehad nie, want die Bybelonderrigsillabusse wat in die vroee sestigerjare opgestel is en deur die jare bitter min gewysig is, se benadering was deur en deur Christosentries. (Vergelyk die sillabusse van die verskillende onderwysdepartemente voor 1989.)

12 Loader (1979:1-22) maak ook skerp beswaar teen "fundamentalistiese" standpunte in baie skool- en univer- siteitshandboeke; in DIE BYBEL MET VERKLARENDE AANTEKENINGE

(1958); die radioprogram WAT Se DIE BYBEL?; die Hervormde Kerk se kategeseboek, GELOOFSLEER en die NG-Kerk se boek: WAT Se DIE BYBEL OMTRENT SEKS? Ook Deist (1979:41-59) en Engelbrecht (1979: 75-99) onderskryf baie van hierdie standpunte. Die belangrikste besware is dat fundamentaliste dikwels inlegkunde pleeg, byvoor- beeld die standpunt dat voorhuwelikse seks deur die sewende gebod verbied word. Verdere besware is dat "fundamentaliste" blindweg aanvaar dat die Bybel die geinspireerde en gesaghebbende Woord van God is; dat Genesis 1-11 en boeke soos Ester, Daniel en Jona werklike historiese gebeure weergee; dat daar openbarings-

historiese lyne dwarsdeur die Bybel loop en dat die twee testamente dus onlosmaaklik aan mekaar verbonde is. In die proses maak fundamental iste, deur die oordrewe toepassing van die belofte-vervullingskema, die Ou Testament afhanklik van die Nuwe Testament.

13 As mense wat tipiese "fundamentalistiese" beskouinge huldig, noem Loader (1979:14-18) die name van JD du Toit

(Totius), SJ du Plessis, JH Kroeze, TFJ Dreyer, BJ Engelbrect, HS Pelser en skrywers van skoolhandboeke soos JI de Wet, SJ van

der Walt en JG van Niekerk. Onder die semi-fundamentaliste ressorteer FC Fensham, S du Toit, PA Verhoef, AH van Zyl en

Navorser is egter van mening dat dit ook nie wys is om die verband tussen Ou- en Nuwe Testament heeltemal te ontken nie.

Verhoef (1985:9 en 1994:6) se in hierdie verband dat as ons saam met verskillende geleerdes sou ontken dat daar openbaringshistoriese lyne in die vorm van sentrale temas dwarsdeur die Ou Testament loop, dan le dit voor die hand om die innige, organiese en historiese verband tussen die Testamente, of te misken, of tot 'n minimum te reduseer. Vir Verhoef (1994:6) is dit belangrik om te onderskei tussen kontinuiteit en diskontinufteit as tipering van die verhouding tussen die twee Testamente. Daar is nie net voortgang (kontinuiteit) in die prediking van die Ou na die Nuwe Testament nie, maar ook 'n oorgang van die Ou-Testamentiese gegewens na die Nuwe Testament toe. In hierdie oorgang val heelwat van die Ou-Testamentiese materiaal weg in die sin dat dit in die Nuwe Testament sy bestemming bereik het en dus vervul is (diskontinui- teit).14

Hy vestig die aandag op twee feite: die eerste is dat daar tereg gepleit word vir 'n groter selfstandigheid in die verklaring van die gegewens van die Ou Testament, en die tweede is dat die Nuwe Testament as wyere konteks van die Ou Testament tog ook tot sy reg moet kom. Hy verwys vervolgens na Bright se standpunt, naamlik dat die Christen die Ou Testament in twee rigtings moet lees: agtertoe in die samehang met die geskiedenis in sy klaarblyklike betekenis, en vorentoe in die lig van die Nuwe Testament. Dit moet telkens gelyktydig gedoen word. Die Ou Testament moet dus gelees en aanvaar word as 'n selfstandige eenheid, maar ook as 'n deel van die Bybel

14

Die wyse waarop Verhoef (1994:6) die voortgang en oorgang

tussen die twee testamente konkreet voorstel, sal goed deur

kinders begryp kan word. Hy gebruik die beeld van 'n snelweg wat

deur die Ou-Testamentiese landskap oor die brug van Christus se

Persoon en verlossingsweg na die landskap van die nuwe bedeling

loop. Die snelweg het verskillende bane, byvoorbeeld die

koningsheerskappy van God, die Messiaanse verwagting, die

wetgewing as koninkryksadministrasie, die erediens: tempel,

offers, priesterskap, ensovoorts. Al hierdie bane gaan oor die

y

brug' (kontinuiteit). Sommige bly onveranderd, byvoorbeeld die

Wet; ander ondergaan

/

n gedaanteverwisseling, byvoorbeeld

ampsklere, offerdiens, ensovoorts (diskontinuiteit). Hiermee

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN