• No results found

DIE SAMEHANG TUSSEN SAMELEWING, KULTUUR EN KURRIKULUM

van hierdie belangrike Bybelboek sal opdoen Lewenskrisisse is deel van die lewe en die boek Openbaring is inderdaad vir

1.2 DIE SAMEHANG TUSSEN SAMELEWING, KULTUUR EN KURRIKULUM

Daar bestaan 'n noue verband tussen samelewing, kultuur (wat godsdiens insluit) en kurrikulum. Alhoewel navorsers verskil oor die wisselwerking tussen onderwys, kultuur en die rol wat onderwys in kultuurskepping en kultuurverskuiwing speel, is die meeste navorsers dit eens dat, alhoewel onderwys en kultuur nie sinoniem is nie, die een ook nie sonder die ander kan bestaan nie en daarby is hulle interafhanklik van mekaar (Goodey, 1990:5; Zais, 1976:156-199; Bagnall et al., 1980:30). In 'n multi- kulturele en multi-religieuse samelewing soos in Suid-Afrika, skep dit baie moontlikhede maar ook baie probleme. Een van die belangrikste probleme wat hierdie studie ten nouste raak, is die feit dat daar vir die vak Bybelonderrig slegs vir Christene gekurrikuleer word, want hierdie vak raak nie die mense van ander godsdienste nie. Tog is die kulture en godsdienste in hierdie land so verweef dat die navorser hom/haar nie net op die Christelike deel van die samelewing kan toespits nie, maar hy/sy moet met die bree' samelewing rekening hou, anders sou die studie 'n skewe beeld van die Suid-Afrikaanse werklikheid gee. Dit hou besondere implikasies in en stel hoe eise aan die kurrikuleerder, soos later in hierdie hoofstuk sal blyk.

1.3 BEGRIPSOMSKRYWINGS

1.3.1 Norme en waardes

♦ Norme is maatstawwe of reels of voorskrifte waarvolgens iets beoordeel word (Schoonees et al., 1965:571).

♦ Waardes is did kwaliteite wat 'n individu of gemeenskap hoog ag, op prys stel of van belang ag ((Kritzinger et al., 1956) en wat hulle dus wil beskerm en uitleef.

'n Gemeenskap se waardes kan altyd aan bepaalde norme gemeet word, maar 'n norm kan dikwels ook 'n waarde wees. Vergelyk byvoorbeeld naasteliefde wat in verskillende kontekste beide kan wees.

1.3.2 Samelewing

'n Samelewing sluit al die mense binne 'n betrokke geografiese gebied soos binne landsgrense, stad of dorp in (Grobbelaar, 1990:51). Dit bestaan uit 'n aantal heterogene gemeenskappe wat hulleself manifesteer in gefragmenteerde lojaliteite en selfs botsende waardes en norme (Landman, 1988:37). Wanneer 'n bepaalde groep in 'n gemeenskap oorheers, word sy kultuur die nasionale of amptelike kultuur van die land. Hoewel daar binne 'n multi-kulturele samelewing 'n dominante kultuur mag wees, kan dit nooit as die enigste kultuur aanvaar word nie (Bagnall et al., 1980:32 en Grobbelaar, 1990:51).

1.3.3 Gemeenskap

'n Gemeenskap is 'n duidelik afgebakende versameling persone wat deur sterk bindingsfaktore soos gemeenskaplike belange, taal, kultuur, godsdiens, ensovoorts 'n eenheid vorm en by wie 'n basiese samehorigheidsgevoel bestaan. Dit is 'n kleiner lewensvorm as die samelewing, maar dit is 'n lewensvorm waarbinne die mens horn veilig en geborge voel (Grobbelaar, 1990:50). Wanneer 'n gemeenskap voel dat sy regte bedreig word, word emosies ontketen wat dikwels tot geweld lei, daarom is dit belangrik dat gemeenskappe toegelaat moet word om binne die groter samelewing selfstandig te funksioneer en hulle godsdiens, kultuur, ensovoorts uit te leef.

1.3.4 Kultuur en kultuurelemente

Kultuur is dit wat eie is aan 'n bepaalde samelewing en wat die lede van die samelewing 'n gevoel van samehorigheid laat ervaar. Dit is, volgens Zais (1976:157) die "social cement" wat mense saambind, die "... interlocking fabric of ideals, beliefs, values, assumptions and modes of thought that individuals in the social group adhere to at 'gut level'".

Kultuur bestaan uit verskillende elemente wat, volgens Linton soos aangehaal deur Zais (1976:158) en verder toegelig deur Van Niekerk (DOK, 1992b:4), geklassifiseer kan word onder drie kategoriee, naamlik:

♦ Universele norme

Dit dui op al die waardes, oortuigings en gewoontes wat deur die volwassenes in 'n samelewing gehandhaaf word. Eerlikheid, respek vir die lewe, netheid en ordelikheid is byvoorbeeld enkele van die universele norme en waardes wat in die meeste samelewings en ook in die meeste godsdienste hoog geag word, daarom onderskryf kunikuleerders gewoonlik hierdie norme en word kinders ook daarvolgens opgevoed.

♦ Partikuliere norme

Dit behels al die kulturele aspekte wat slegs met bepaalde subgroepe of kultuurgemeenskappe binne 'n samelewing geassosieer word. Word daar nou vir daardie bepaalde kutuurgemeenskap gekurrikuleer, sal die partikuliere norme / waardes wat met daardie groep geassososieer word, hoofsaaklik (maar nie uitsluitlik nie) in daardie groepe se kurrikulums aandag ontvang, tensy dit na die oordeel van die kunikuleerders nie in belang van die groep is om die" norme of verskynsels aan te moedig of te bevorder nie. So sal die rol van die voorvadergeeste, byvoorbeeld, in bepaalde swart groepe se bree kurrikulums wel aandag geniet omdat die voorvaders sterk in hulle godsdiens asook ook in hulle alledaagse lewenspraktyk figureer, maar hekseverbrandery sal ontmoedig word, indien kunikuleerders meen dat dit nie in die spesifieke gemeenskap of bree samelewing se belang is nie.

♦ Alternatiewe norme

Volgens Zais (1976:159) is alternatiewe norme daardie oortuigings en praktyke wat indruis teen die aanvaarde norme (universeel en partikulier) van 'n bepaalde kultuurgemeenskap. Hierdie norme poog om in 'n behoefte te voorsien, 'n probleem op te los of bloot om 'n meer realistiese siening van die werklikheid daar te stel. Dit bied aan sowel die individue binne die samelewing as aan die kurrikuleerders 'n altematief of 'n keuse. Hierdie norme word normaalweg met bepaalde subgroepe of subkulture geassosieer. Hierdie subgroepe is dikwels jongmense wat met 'n teenkultuur op die bestaande waardes of norme van die samelewing reageer, byvoorbeeld die "blommekinders" (hippiekultusse van die sestigerjare), en die norme en waardes van eietydse subkultuurgroepe soos dwelmverslaafdes, homoseksuele, ensovoorts. Die aard van die alternatiewe norme en waardes bring mee dat daar soms

'n negatiewe konnotasie aan hierdie begrip gekoppel word en dat hulle waardes nie altyd deur die bree gemeenskap aanvaar word nie. Zais (1976:159) wys daarop dat dit dikwels juis die alternatiewe norme is wat verantwoordelik is vir vernuwing in 'n samelewing en wat stagnasie voorkom. Kurrikuleerders hou egter steeds in gedagte dat vernuwing nie altyd verbetering beteken nie, daarom gaan hulle versigtig met alternatiewe norme om.

1.4 VERTREKPUNT

In die lig van bogenoemde en in die besef dat kurrikulums 'n betekenisvolle invloed uitoefen op die vorming van die kind en die vaslegging van gebruike, ensovoorts in die samelewing (kultuur), word daar in hierdie studie ook deeglik rekening gehou met bogenoemde drie kultuurelemente, naamlik universele norme, partikuliere norme en alternatiewe norme, soos deur Zais (1976:159) onderskei.

Soms is dit egter nodig om so te kurrikuleer dat bepaalde gelowe, praktyke, ensovoorts wat deur die gemeenskap of samelewing as skadelik beskou word, nie in belang van die kind is nie; en wat nie aan die Bybelse eis of universele norme voldoen nie, by voorbaat teengewerk word.

Zais (1976:160) is van mening dat slegs die "wenslike alternatiewe norme" in die kurrikulum behoort te figureer. Navorser is van oortuiging dat, vir die vak Bybelonderrig, sommige alternatiewe subkulture soos sataniste, ensovoorts se praktyke, norme en waardes nie slegs gefgnoreer moet word nie, maar daadwerklik bestry moet word. Kinders moet onder die besef gebring word van die vernietigende uitwerking van hierdie groepe op die samelewing en hulle moet die geleentheid kry om self enige groep of individu se dade en norme te toets aan die hoogste eis - die Bybelse eis. Daar word van die standpunt uitgegaan dat kinders in die werklike lewe met hierdie verskynsels gekonfronteer (sal) word. Opvoeders wat hoop dat kinders niks van die "bose" dinge om hulle sal raaksien nie, is nai'ef. Die ideaal is dus om positiewe Christelike waardesisteme te vestig en om hulle so op te voed dat hulle ingelig is, aangesien alleen 'n ingeligte persoon verantwoordelike keuses kan maak.

Kurrikuleerders sal dus die universele, partikuliere en alternatiewe oortuigings, praktyke, ensovoorts moet verreken deur in die lig van die Skrif opvoedend, maar ook probleemoplossend en remedierend daarmee om te gaan.

2. HUIDIGE SAMELEWINGSVERSKYNSELS IN SUID-AFRIKA EN DIE IMPLIKASIES DAARVAN VIR DIE BYBELONDERRIGKURRIKULUM

In hierdie afdeling word die aard van die Suid-Afrikaanse samelewing ontieed, met klem op godsdiens, ideologic en moraliteit. In die lig van die bevindinge word die implikasies wat dit vir die Bybelonderrigkurrikulum inhou, uiteengesit.

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN