• No results found

(1992:240) en geimplementeer deur die voormalige Transvaalse Onderwysdepartement in die Bybelonderrigwerkskemas wat in

en 1993 die lig gesien het, kan ook baie daartoe bydra om hierdie

probleem op te los en die beswaar uit die weg te ruim.

nie so 'n onmoontiike taak as wat algemeen aanvaar word nie. Sonder om werklik "dogma" te verkondig, kan die onderwyser verskillende denominasies se standpunte objektief, keraagtig en duidelik stel.

Die wyse waarop Vosloo en Van Rensburg (1993:2020) dit doen, onder andere by Openbaring 20, kan as voorbeeld dien:

By Openbaring 20, waar die duisendjarige vrederyk behandel word, word eers verduidelik dat millenium die Latynse woord vir een duisend is. Daar word gemeld dat daar meningsverkil oor die millenium (duisendjarige vrederyk) onder Christene bestaan. Dan word die drie belangrikste denkrigtings baie kort en eenvoudig verduidelik, en word met die volgende afgesluit:

"Hierdie verskillende sienings van die millenium hoef nie tot konflik en tweespalt te lei nie, want almal erken die kerngedagte, naamlik die feit dat Christus sal terugkeer en dat sy behaalde oorwinning oor Satan finaal erken sal word. Wat en wanneer die millenium ookal is, Jesus Christus sal alle gelowiges verenig en ons moenie toelaat dat verskillende interpretasies tweespalt in die geledere van die kerk veroorsaak nie. Dit raak nie die sentrale verlossingsboodskap nie: Die Lam het deur sy slagting die oorwinning behaal wat eers aan die einde finaal erken moet word."

Navorser is van mening dat die meeste kontensieuse leerinhoude waaroor daar verskillende menings bestaan, op hierdie manier gehanteer kan word. So aangebied, bring hierdie kwessies nie verwydering en verdeling nie, maar bring dit 'n besef by kinders tuis dat daar ook ander standpunte as hulle s'n kan wees. Hulle leer om hulle eie beter te verstaan, maar ook om begrip te ontwikkel vir ander se standpunte. Dit leer hulle ook om krities-evaluerend, maar gelowig en waarderend met Bybelse leerinhoude om te gaan.

* Beswaar 3: Die leerinhoud is te moeilik vir die deursneekind.

As 'n mens sien wat kinders deesdae in verskillende vakke onder die knie kry, geld hierdie argument beslis nie. Navorser se ondervinding is dat selfs standerd 8- katkisante met blink oe opgewonde kan raak oor 'n studie van Openbaring 1-3 en Openbaring 12 en 13. Hulle beskou dit werklik as 'n persoonlike triomf as hulle

die boodskap en geheimenisse van hierdie apokaliptiese geskrif begin begryp.

Deur weg te skram van moeilike gedeeltes en kontensieuse vrae (kyk ook hoofstuk 3) word veral tieners onvergenoegd en gefrustreerd gelaat en dan gaan soek hulle antwoorde op daardie vrae by groepe wat dalk die verkeerde antwoorde verskaf.

2.2.5 Vertrekpunt 5: Die eie geloofmoet versterk en bevorder word dewBybelse leennhoud suiwer, aktueel en inspirerend aan te bied, sonder om ander godsdienste ofChristelike denominasies afte kraak

Die volgende kan as illustrasie van hierdie beginsel dien:

Mohammed het nook enige wonderwerke gedoen nie. Toe Mohammed gevra is vir 'n bekragtigende wonderwerk van sy profetiese rol, het hy na die Koran gewys en ges6:

"Daar is my wonderwerk!" (Beaver et al., 1989:315.)

Deur die Koran en/of Mohammed af te kraak, dien geen doel nie en sou deur die Moslems as onvergeeflik beskou word. Wat belangrik is, is om die weg te kies wat in module 1 van Standerd 7 (DOK, 1993:7-9) deur die voormalige Transvaalse Onderwysdepartement se kurrikuleerders gekies is. Hulle het Christenkinders laat besef dat die Christelike Bybel 'n veel groter wonder is, want die Bybel is oor 'n tydperk van 1 500 jaar deur talle skrywers met verskillende vermoens en agtergrond op verskillende plekke in verskillende omstandighede in drie tale geskryf. Daarby sluit die inhoud van die Bybel honderde kontroversiele temas in en bestaan dit uit 'n groot verskeidenheid letterkundige genres.

Ten spyte van hierdie groot verskeidenheid, word die eenheid van die Skrif nirens versteur nie. Wat God in Genesis begin het, volvoer Hy in Openbaring. Al die Bybelskrywers oor al dte e e ue heen bring volhardend dieselfde boodskap van een,

enige God wat nooit die werke van sy hande Jaat vaar nie. Die Christelike Bybel is voorwaar 'n ongelooflike wonderwerk wat alleen verklaar kan word as ons glo dat die werklike Outeur God self is (McPowell, 1991:26-29).

2.2.6 Vertrekpunt 6: Daar moet duidelik onderskei word tussen teologie en ideologie

♦ Ideologie het geen plek in die Bybelonderrigklas nie

As 'n mens kyk na die omskrywing van die begrip ideologie, (paragraaf 1.1.3, p. 13 en 14) dan is dit duidelik dat daar in Suid-Afrika 'n groot verwarring bestaan ten opsigte van wat "teologie" en wat "ideologie" is. Daar word deesdae maklik gepraat van "Gay-teologie" soos deur Pretorius (1990) gepropageer, van "Feministiese teologie" (Van der Merwe, 1993:5; Woodward, 1995:52; Van Reenen, 1992:12, 13), van "Wit Teologie" (Burger, 197?) en van "Swart" of "Bevrydingsteologie" (Kairos Theologians, 1986), maar in werklikheid is al hierdie "teologiee" eintlik politieke of humanistiese ideologiee. Dit voldoen aan al die vereistes wat Du Plessis (1984:37-38) vir 'n ideologie stel (paragraaf 1.1.3, p. 13-14).

Dit is opvallend dat baie mense wat 'n bepaalde ideologies-gei'nspireerde "teologie" onderskryf en propageer, dit met 'n rigiditeit en onverdraagsaamheid doen wat soms aan fanatisme grens. Elkeen glo hy/sy beskik oor die finale waarheid want hy/sy kry sy/haar standpunt uit die Bybel - die Woord van God! Deist (1982:4-5) se hiervan:

"Met hierdie voorveronderstelling slaan hy 'n uitklophou, want daarteen het jy geen verweer nie, maar juis op hierdie punt word dit godslasterlik, want God word in 'n veelgodedom omskep. Elke groepie roep soos die Baaldienaars in Elia se tyd of soos die matrose op Jona se skippie na sy god. Ons verskuil ons eie politiek en ons eie gedagtes agter God, sodat die waarheid daarvan ontoetsbaar word. Ons verskuil ons wankelrige ideologiee agter die Onbevraagtekenbare, sodat elkeen wat van ons verskil, vanself meer word as 'n volksverraaier en 'n partyverraaier. Hy word nou tegelyk 'n tugwaardige ongelowige."

Om hierdie redes is dit noodsaaklik dat geen ideologie 'n plek in enige Bybelonderrigklas mag kry nie.

Navorser pleit dus dat Suid-Afrika nie die voorbeeld van Namibie se "Curriculum group" volg nie, wat die etiese benadering (Van der Walt, 1992:175) as opsie gekies het. Talle van die temas in hierdie sillabusse is nie religieus of eties van aard nie,

maar ideologies. Op die" wyse word die "Religious and Moral Education" in die skool tot etiese en ideologiese vraagstukke afgeskaal. ,8

As daar eers begin word om Bybelonderrig vanuit hierdie ideologiese perspektiewe te benader, sal die tradisionele Bybels gou vervang moet word met 'n bybel soos die

"Oxford University Press's new inclusive language version of the New Testament and Psalms." Woodward (1995:52) berig dat die moderne mens die Bybel as "sexist, racist, elitist and insensitive to the physically challenged" beleef, vandaar hierdie uitgawe. 19 Woodward (1995:52) kom, heel tereg, tot die volgende slotsom:

"The editors do not claim that Jesus spoke in gender-neutral language. But they obviously think he should have. The changes they have made, are not merely cosmetic. They represent a fundamental reinterpretation of what the New Testament says - and how it says it." (Kursief is navorser se eie beklemtoning)

18

Onder die hooftema, POLITICAL AND ECONOMIC SYSTEMS (Grade

10, Unit 4) kom die volgende temas bv. voor: Religion and

politics; social justice; wants and needs; economic systems:

Capitalism, Socialism, Communism, Mixed Economy; Totalitarianism

and Apartheid. The ideals and problems of Democracy. Onder die

tema, ECUMENICAL AGENDA (Grade 8, Unit 4) kom die volgende temas

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN