• No results found

RELIGIEUSE STADIUM 4 (+ 16-18 jaar Die Senior Sekondere skoolfase)

tyd was dit Jerusalem se vullishoop waar wurms gekrioel het, vullisverbrandingsvure dag en nag gebrand het en lyke van

3.7 RELIGIEUSE STADIUM 4 (+ 16-18 jaar Die Senior Sekondere skoolfase)

3.7.1 Fisiese en emosionele veranderings

Tydens laat-adolessensie vind daar nog steeds veranderings in tieners se liggame plaas, maar hulle begin nou vrede maak met hulle "nuwe" liggame en hulle begin om hulle fisiese moontlikhede en beperkinge te aanvaar (Joubert et al., 1994:50). Soos in die vorige fase, lei hormonale veranderings tot seksuele ontwikkeling en die ontwaking van sterk biologiese drange en die emosies is steeds besonder sterk. 'n Groot aantal jeugdiges in hierdie fase het, volgens Joubert et al. (1994:51) reeds seksueel aktief

begin raak.

Die soeke na 'n eie identiteit, onafhanklikheid en sekuriteit figureer sterk in hierdie fase. Hulle begeer om selfstandig te wees, maar ontdek ook dat hulle nog nie heeltemal sonder hulle ouers se hulp kan klaarkom nie. Dit lei tot frustrasie, innerlike konflikte en soms ook tot uiterlike konflik met die ouers en ander gesagsdraers (Du Toit, 1990:21, Rossouw, 1995:80).

3.7.2 Kognitiewe ontwikkeling

♦ Op kognitiewe terrein betree adolessente nou die finale fase, naamlik did vanformeel operasionele denke (Du Toit, 1990:21). Hulle kan abstrak dink en outonoom en operasioneel fiinksioneer, alhoewel hulle dit nie altyd doen nie (Joubert et al.,

1994:51).

♦ God se antropomorfistiese eienskappe fiinksioneer nie meer nie en moeilike begrippe, soos die Drie-Eenheid van God, die twee nature van Christus, ensovoorts, kan makliker begryp word (Roux, 1994a:41). Hulle aanvaar nie "maklike" en oppervlakkige antwoorde vir moeilike probleme waarmee hulle worstel nie en plaas 'n hoe prioriteit op eerlike antwoorde. Hulle kan verskillende opsies teen mekaar opweeg en is daartoe in staat om meer verantwoordelike besluite te kan neem (Joubert etal., 1994:52).

3.7.3 Vlak van moraliteit

♦ Die waarskynlikheid is groot dat adolessente nou na 'n post-konvensionele vlak van moraliteit beweeg (Kohlberg, 1981:18). Veral intelligenter jongmense kan die norme wat aan hulle voorgehou word, bevraagteken en na outonome moraliteit beweeg. Wette en reels word gerespekteer omdat hulle die regte van die individu en samelewing waarborg, maar wette en reels waarmee hulle nie saamstem nie, word verwerp (Du Toit, 1990:21).

♦ Volgens Kohlberg (1981:19) kan sommige kinders teen laat-adolessensie selfs die finale morele fase bereik, naamlik did van universele etiese re€ls. Mense se morele optrede word dan gereguleer deur hulle innerlike gewete en dit berus op abstrakte beginsels soos liefde, geregtigheid, ensovoorts. Tog blyk dit dat daar in hierdie fase veral dikwels 'n diskrepansie bestaan tussen morele oordeel en gemanifesteerde gedrag (Du Toit, 1990:22). Die redes daarvoor is dat ander faktore hulle gedrag beinvloed, onder andere die status van ander persone betrokke in die situasie, hulle verhoudings met die ander persone en hulle selfkonsep. Vriende is vir hulle baie belangrik en hulle ontwikkel betekenisvolle verhoudings met ander mense - ook van die teenoorgestelde geslag. Hulle bring meer as die helfte van hulle tyd met hulle vriende deur, daarom is die invloed van groepsdruk om te konformeer met die waardes en norme van hulle portuurgroep, ontsaglik groot (Du Toit, 1990:21; Hurlock, 1978:73; Joubert et al.,

1994:53-54).

3.7.4 Godsdienstige ontwikkeling

♦ Adolessente se godsdienstige konsepte is nou reeds redelik gevonn. Sommige het geloofsekerheid, ander het nie. In hierdie stadium kan hulle maklik beinvloed word deur 'n sosiaal-aanvaarbare godsdiens (Roux, 1994a:40).

♦ Hulle soek steeds ernstig na waarheid en egtheid en neem veral sterk standpunt in teen uiterlike vormgodsdiens (Van Niekerk, 1996:17; Du Toit, 1990:22). 'n Kritiese ingesteldheid en twyfel is dus kenmerkend van veral die middel- en laat-adolessensie

(Du Toit, 1990:22; Roux, 1994a:40).

♦ Dit is in hierdie stadium wat jongmense begin "rondloop" na ander kerke toe, nie net om te sien wat daar aangaan nie, maar ook om by hulle maats te wees. Hulle begin vanuit hulle "geloofsekerheid" in God ook na ander moontlikhede kyk om hulle geloof te verdiep en prakties uit te leef en soek na die "beste maniere om God te dien" (Roux, 1994a:40).

♦ Adolessente wat nou nog nie geloofsekerheid het nie, raak of heeltemal onverskillig 6f hulle val rond tussen Christelike denominasies en ander godsdienste om sd geloofsekerheid te probeer vind. Omdat hulle smag na geloofsekerheid en sekuriteit, vind charismatiese leiers van vreemde kultusgroepe wat met gesag optree, dit maklik om sommige van did soekende jongmense in hierdie stadium by kultusgroepe te betrek (Waldner, 1993b: 18). Hulle slaag veral daarin met kinders wat ernstig na geloofsekerheid soek en wat teleurgesteld is in hulle "skynheilige" geestelike voorgangers. a

♦ Ook did kinders wat reeds geloofsekerheid het, raak in hierdie stadium nuuskierig oor ander godsdienste. Volgens Roux (1994a:41) blyk dit uit ondersoeke dat die belangstelling van did kinders hoofsaaklik gaan om antwoorde op vrae te kry.

3.8 SAMEVATTEND OMTRENT RELIGIEUSE STADIUM 4 (+ 16-18 jaar) EN DIE IMPLIKASIES DAARVAN VIR DIE BYBELONDERRIGKURRTKULUM

Alhoewel sommige kinders geloofsekerheid het, is ander nog soekend. Hulle soek veral ernstig na vastigheid en sekuriteit, na sekerhede waarop die Christen kan reken. Dit is

65 Navorser self het deur die jare 'n paar keer met jeugdiges te doen gekry wat by kultusgroepe betrokke geraak het. In elke geval was dit emosionele kinders wat ernstig na geloofsekerheid gesoek het en in die proses tussen kerke begin rondval het, om uiteindelik deur sterk charismatiese leiers oortuig te word dat die betrokke kultusgroep hulle geestelike tuiste is. Dit was opvallend dat hulle almal ook die egtheid van hulle ouers of geestelike voorgangers se leer en lewens bevraagteken het.

belangrik dat hulle in hierdie stadium geloofsekerheid moet verkry. Dit hou belangrike implikasies vir die Bybelondenigkurrikulum in.

3.8.1 Kenmerke: fisiese en emosionele ontwikkeling vind steeds plaas

IMPLIKASIES

Alles wat in hierdie verband in paragraaf 3.6.1 (p. 105 tot 107) gese is, geld ook vir die laat-adolessente fase.

3.8.2 Kenmerke: kognitief, in fase van formeel operasionele denke; beweeg na post- konvensionele vlak van moraliteit ofdii van universele reels; 'n soeke na waarheid en geloofsekerheid; nuuskierig oor ander kerke en godsdienste

IMPLIKASIES

♦ Dit wat reeds in paragraaf 3.6.2 (p. 107-112) met betrekking tot stadium 3 se leerinhoud en metodiek genoem is, geld eweneens hier, met een uitsondering: Die oorkoepelende tema en leerinhoud vir die Senior SekondSre fase word toegespits op sekuriteit, geloofsekerheid en vaste sekerhede waarop die Christen kan reken, want dit is die groot behoefte van hierdie fase.

♦ Binne die konteks van die ander temas van die vier fases vir die sillabus, sou die tema: DIE CHRISTELIKE HOOP 'n ideale fasetema vir die Senior Sekondere fase wees. "

66 Ook ander kurrikuleerders is hierdie mening toegedaan. Hierdie tema was nog altyd die fasetema vir Godsdiensonderwys in die Senior Sekondere fase van die voormalige Departement van Onderwys en Opleiding (kyk DET, 1960/1983). Ook die voormalige Transvaalse Onderwysdepartement (DOK, 1992/1993) het dit sy fase-

tema vir die Senior Sekondere fase gemaak. Die Interdepartemen- tele Kurrikulumkomitee het ook voorgestel dat dit die fasetema vir Bybelonderrig in die Senior Sekondere fase moet wees [DOK, 1991:5). Die samelewingseise, soos in hoofstuk 4 uiteengesit, bring ook die besef tuis dat Christenkinders hulle skoolloopbaan nie kan afsluit, sonder om 'n studie van die Christelike hoop te maak nie (paragraaf 3.2, p. 182).

Die Bybelse hoop het nie die betekenis van 'n vae, algemene verwagting, soos wat dit die geval is met aardse hoop nie, maar dit beteken: vaste sekerhede waarop die gelowige kan reken (Gispen et al., 1977:299). Die hoop is altyd op God gerig - nooit op mense of dinge nie. Deur die geloof is 'n mens in die hoop verseker van die vervulling van God se beloftes en toeseggings - selfs al word daardie toeseggings nie dadelik vervul nie. 1 Petrus 1:3-5 handel juis oor daardie soort hoop. Vosloo en Van Rensburg (1993:1947) sS van hierdie verse: "Waar kan 'n mens groter bemoediging kry as in hierdie verse? As mens dit wat hier staan, regtig glo en beleef, dan kyk jy jou nie vas teen harde werklikhede nie. Dit maak nie saak hoe swaar jy kry nie, jy weet dat God nie net jou erfenis veilig in bewaring hou nie, maar dat Hy ook jou veilig bewaar..."

♦ Hierdie Christelike hoop het betrekking op die Christelike leer, maar ook op die Christelike lewe, daarom kan steeds aan beide aandag gegee word. Word die 'Ons Vader'-gebed (Matteus 6:5-15) byvoorbeeld behandel, dan geskied dit vanuit die HOOP-perspektief: Elke bede word dan gesien en bespreek as vaste sekerhede waarop die bidder kan reken.67

♦ Omdat laat-adolessente op 'n hoe kognitiewe vlak kan fimksioneer, kan temas aangedurf word wat vroeer nie moontlik was nie. Daar kan byvoorbeeld klasgesprekke wees oor verskillende vorme van etiek en die redes waarom daar, selfs binne die Christendom, verskillende interpretasies is, byvoorbeeld oor sake soos aborsie, egskeiding, genadedood, gesinsbeplanning, ensovoorts. So word hulle nuuskierigheid oor standpunte van verskillende godsdienste en verskillende Christelike denominasies

67 Die 'OJIS Vader'-gebed soos gexnterpreteer vanuit die

HOOP-perspektief: Die Christen is verseker van die heiliging van God se Naam (en die implikasies daarvan); van die koms van die Koninkryk van God (en wat dit alias behels); dat God se wil sal geskied (en die geweldige implikasies wat dit inhou); van die sorg van God (ook op stoflike gebied: God sorg, maar ons moet ook aan ander dink); van die vergifnis van sonde (God se vergifnis, maar ook mense wat mekaar moet vergewe); van bewaring in ver- soekings; en van die AMEN van elke gebed, naamlik: "Dit is so" wat dui op 'n vaste geloofsvertroue in God, 'n sekerheid dat God hoor en ook verhoor.

met geldige inligting bevredig. Inligting moet objektief deurgegee word en dogma moet vermy word, maar die Bybelse standpunt moet altyd duidelik gestel word. Die gedagte hier is dat die jeugdiges op hierdie stadium verantwoordelike keuses moet kan maak, maar alleen ingeligte mense kan werklik verantwoordelike keuses maak. Daarom is dit so belangrik dat elke saak in diepte bespreek word en dat daar altyd na Bybelse riglyne gekyk moet word. w

♦ Ook ander eietydse etiese kwessies behoort intensiewe aandag te ontvang, De Bruyn (1993) behandel talle moontlik eietydse etiese kwessie waaroor laat-adolessente sou wou nadink of debatteer. Die temas dien as aanduiding van watter tipe leerinhoud in hierdie stadium gepas sou kon wees.

♦ Geloofstemas wat vanuit hierdie perspektief behandel kan word, en wat uitloop op

68

Aborsie kan as voorbeeld van 'n aktuele eietydse etiese

kwessie dien om hierdie beginsel te illustreer. In klasgesprekke

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN