• No results found

Hoofstuk 3: 'n Menseregte-gebaseerde benadering tot voedselsekerheid as

3.4 Sleutel-elemente van 'n menseregte-gebaseerde benadering

3.4.3 Verantwoordingspligtigheid en die heerskappy van die reg

Volgens die Statement of Common Understanding

142

is state en ander

pligdraers verantwoordbaar vir die handhawing van menseregte. Gevolglik

moet hul voldoen aan die regsnorme en standaarde soos verskans in

menseregte instrumente en waar hul versuim is verontregte persone

geregtig op verrigtinge vir gepaste regstelling voor 'n bevoegde hof of ander

beregter in ooreenstemming met die reëls en prosedures wat deur die reg

voorsien word.

143

Dienooreenkomstig word die belang van 'n menseregte-gebaseerde

benadering tot 'n beter begrip van verantwoordingspligtigheid in

ontwikkelingsaktiwiteite, soos volg verwoord:

[I]t sets specific entitlements and obligations. It ensures that

accountabilities with respect to the results of the process of

development are not defined exclusively by those who take the

decisions, thus lessening the probability that such a definition would

help to protect their own interests at the expense of those of most

disadvantaged groups.

144

...classify any document as secret and set out harsh penalties of up to 25 years in jail for whistleblowers." Kritiek teen die Secrecy Bill sluit in dat die wetsontwerp nie voorsiening maak vir 'n openbare belang klousule of verweer nie en gevolglik 'n nadelige invloed op persvryheid gaan uitoefen en dat korrupsie nie geopenbaar gaan word nie. Sibanda 2011 http://bit.ly/sSykvy dui die moontlike invloed van die Secrecy

Bill aan as: "In essence, the bill, … will make the state answerable only to itself, but

not to its citizens. Whistle-blowing will effectively be illegal and investigative journalism will be suffocated." Kritiek is ook gelewer teen die wetgewende proses wat gevolg is. Sien Parker 2001 http://bit.ly/v8yCfe. Die Secrecy Bill is op 22 November 2011 deur die Nasionale Verdagering aanvaar, maar moet nog voor die Nasionale Raad van Provinsies dien. Die Secrecy Bill is beskikbaar by http://bit.ly/vXWnlP. Sien Sabinet 2011 http://bit.ly/vR0Jtg vir 'n omvattende lys van mediadekking wat die Secrecy Bill ontvang het. Indien die Secrecy Bill deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur word en as wet gepromulgeer word, sal die grondwetlikheid van die wet, waarskynlik, in die Konstitusionele Hof uitgedaag word. Sien SAPA 2011 http://bit.ly/tdPS4h.

142

Verenigde Nasies HRBA Portal Datum Onbekend http://bit.ly/uusmb9.

143

Verenigde Nasies HRBA Portal Datum Onbekend http://bit.ly/uusmb9.

144

Tomas

145

dui aan dat 'n menseregte-gebaseerde benadering vereis dat

verantwoordelikhede duidelik uiteengesit moet word en dat 'n menseregte-

gebaseerde benadering gebruik maak van 'n kapasiteitsontwikkelings-

perspektief deurdat dit poog om op bestaande sterkpunte en oplossings te

bou eerder as om hulle te vervang. Tomas

146

waarsku egter dat om bloot

verantwoordelikhede

duidelik

uit

een

te

sit

en

om

kapasiteit

dienooreenkomstig te ontwikkel nie voldoende is nie, maar dat

verantwoordingspligtigheid geëis moet word:

For accountability to be effective, it needs to be demanded. Therefore,

rights-based programming calls for the inclusion of civil society

oversight elements in programme design and implementation.

147

Ook Chilton en Rose

148

dui aan dat 'n menseregte-raamwerk op die konsep

van, onder andere, staatsverantwoordingspligtigheid berus. Volgens Chilton

en Rose

149

vereis verantwoordingspligtigheid, onder andere, dat relevante

regeringsamptenare belas word met die daarstelling van verwysings-

doelwitte met duidelike tydraamwerke vir implementering van aksieplanne

ten einde die doelwitte te behaal. Die belang van 'n menseregte-

gebaseerde benadering is gevolglik juis daarin geleë dat dit gebruik kan

word om: (a) te monitor; (b) verwysingsdoelwitte te stel;

150

(c) die publiek in

kennis te stel en te onderrig;

151

en (d) voeding en armoede verwante

wetgewing toe te lig.

152

Verantwoordingspligtigheid vereis gevolglik dat

145 Tomas 2005 http://bit.ly/sl1QhM. 146 Tomas 2005 http://bit.ly/sl1QhM. 147 Tomas 2005 http://bit.ly/sl1QhM. 148

Chilton en Rose 2009 AJPH 1204.

149

Chilton en Rose 2009 AJPH 1204.

150

Sien par 6.6.11 van hierdie studie vir 'n bespreking van die insluiting van bepalings wat voorsiening maak vir monitering, aanwysers, norme, teikens en doelwitte in 'n voorgestelde raamwerkwet vir voedselsekerheid.

151

Sien par 6.6.8 van hierdie studie vir 'n bespreking van die insluiting van bepalings wat voorsiening maak vir onderrig, bewusmaking en opleiding in 'n voorgestelde raamwerkwet vir voedselsekerheid.

152

Chilton en Rose 2009 AJPH 1205. Volgens Mechlem 2004 ELJ 646 moet die nakoming van verpligtinge en die toenemende verwesenliking van alle regte gemonitor word aan die hand van gedefinieerde norme en standaarde ten einde

monitering met optrede of aksie gepaard moet gaan,

153

en dat indien die

regering nie die gestelde verwysingsdoelwitte behaal nie, regsaksie

beskikbaar is aan diegene wat geaffekteer word.

154

Ook die Committee on

Economic, Social and Cultural Rights

155

is van mening dat "remedies and

justiciable mechanisms are at the core of the rights-based approach."

Fundamenteel tot verantwoordingspligtigheid as sleutel-element van 'n

menseregte-gebaseerde benadering, is 'n uiteensetting van staatspligte met

betrekking tot die eerbiediging, beskerming, bevordering en verwesenliking

van regte. Met verwysing na die Sekretaris-Generaal van die Verenigde

Nasies, Ban Ki Moon, se verwysing na die reg op voldoende voedsel as 'n

basis vir analisering, optrede en verantwoordingspligtigheid,

156

dui De

Schutter

157

op die primêre verantwoordelikheid van state om, in hierdie

geval, die reg op voldoende voedsel te eerbiedig, te beskerm, te vervul

158

en te bevorder.

159

Die volgende uiteensetting het ten doen om die beginsel van

staatsverantwoordingspligtigheid binne die konteks van staatspligte te

illustreer.

nodige korrektiewe maatreëls, indien nodig, te neem en om die menseregte implikasies van alle regeringsoptrede te identifiseer. Die ontwikkeling van aanwysers en ander evalueringshulpmiddele is derhalwe noodsaaklik en die openbaarmaking van vordering of 'n gebrek daaraan kan, volgens Mechlem 2004 ELJ l 646, gesien word as die deursigtigheidsdimensie van 'n menseregte-gebaseerde benadering tot ontwikkeling. Sien ook par 6.6.11 van hierdie studie.

153

Chilton en Rose 2009 AJPH 1205 dui in hierdie verband aan dat 'n raad of agentskap nodig is om voedseltekort te verminder en nie net voedseltekort te meet nie. Sien in hierdie verband ook par 6.6.11 van hierdie studie.

154

Chilton en Rose 2009 AJPH 1205. Sien ook Mechlem 2004 ELJ 6.4.6.

155

Reeds afgekort na CESCR. CESCR soos aangehaal in FAO 2003 http://bit.ly/vJr1Il.

156

Sien De Schutter Madrid Conclusions 1. Sien ook par 1.1 van hierdie studie.

157

De Schutter Madrid Conclusions 1-2.

158

Verwysend na verwesenlik.

159

Sien hfst 5 van hierdie studie vir 'n bespreking van a 7(2) van die Grondwet wat die staat verplig om die regte vervat in die Handves van Regte (insluitend die reg op toegang tot voldoende voedsel in a 27(1)(b)) te eerbiedig, beskerm, bevorder en te verwesenlik. Sien ook par 4.2.4.3 van hierdie studie.

Liebenberg

160

verwys na Shue

161

se argument dat die doeltreffende

waarborg van alle menseregte (hetsy burgerlike, politieke, ekonomiese,

sosiale of kulturele regte), 'n kombinasie vereis van negatiewe pligte van

weerhouding deur die staat en positiewe pligte om die regte te beskerm en

te verseker. In ander woorde, internasionale menseregte erken dat die

doeltreffende waarborg van menseregte afhanklik is van 'n kombinasie van

negatiewe en positiewe pligte.

162

Liebenberg

163

dui daarop dat die eerbiediging, beskerming, bevordering en

verwesenliking van regte, toenemend as raamwerk vir analisering deur die

toesighoudende liggame van internasionale menseregteverdrae, spesifiek

die Verenigde Nasies se CESCR,

164

aangeneem word.

165

Die staat se verpligting om regte te eerbiedig beteken kortliks die

weerhouding om in te meng, hetsy direk of indirek, in die uitoefening van

die betrokke regte.

166

Die vereiste om te beskerm vereis van die staat om

maatreëls (wetgewende maatreëls en ander regulatoriese maatreëls) aan te

neem ten einde te verseker dat derde partye nie op enige wyse inmeng met

die uitoefening van die reg nie.

167

Die verwesenliking van regte vereis van

die staat om positiewe maatreëls te neem wat individue en gemeenskappe

se toegang tot en genot van die volle verwesenliking van die regte fasiliteer

en voorsien.

168

Die verpligting om te bevorder verwys na opvoedkundige en

160

Liebenberg Socio-Economic Rights 83.

161

Shue Basic Rights 52-53 soos aangehaal in Liebenberg Socio-Economic Rights 83.

162

Liebenberg Socio-Economic Rights 83.

163

Liebenberg Socio-Economic Rights 84.

164

Welke komitee toesig oor lidlande se verpligtinge onder die International Covenant on

Economic, Social and Cultural Rights hou. Sien OHCHR Datum Onbekend

http://bit.ly/2REjMD. Sien ook par 4.2.4 van hierdie studie.

165

Sien ook par 4.2.4.3 van hierdie studie vir 'n uiteensetting van General Comment 3 par 10 se bespreking van die normatiewe inhoud van genoemde staatspligte.

166

Liebenberg Socio-Economic Rights 84 en Mechlem 2004 ELJ 639.

167

Liebenberg Socio-Economic Rights 84 en Mechlem 2004 ELJ 639.

168

Liebenberg Socio-Economic Rights 84-85 en Mechlem 2004 ELJ 639. Soos reeds aangedui, sien par 2.3 van hierdie studie, word die pligte om te fasiliteer en te

informatiewe programme wat die bewuswording van regte bevorder asook

die meganismes om toegang tot die regte te verkry.

169

Wat die verband tussen verantwoordingspligtigheid, die heerskappy van die

reg en demokrasie betref, dui Mureinik

170

aan dat grondwetlike demokrasie

'n kultuur bevorder waarin daar verwag word dat die uitoefening van gesag

geregverdig word:

… in which the leadership given by government rests on the cogency

of the case offered in defence of its decisions, not the fear inspired by

the forces at its command. The new order must be a community built

on persuasion, not coercion.

171

Bykomend tot artikel 1(d) van die Grondwet

172

vereis en bevorder verskeie

ander artikels in die Grondwet deursigtigheid en verantwoordingspligtigheid,

naamlik:

(a)

artikel 32 wat verklaar dat elkeen die reg op toegang tot inligting

het;

173

voorsien soos volg deur Liebenberg Socio-Economic Rights 85 uiteengesit, naamlik: "The duty 'to facilitate' is understood in terms of providing a framework of laws and policies that assist individuals and groups to enjoy the rights. The duty 'to provide' arises when individuals or a group are unable to realise the right themselves by the means at their disposal." Sien ook para 4.2.4.3 en 5.4 van hierdie studie.

169

Liebenberg Socio-Economic Rights 85. Sien ook par 4.3.2 van hierdie studie vir 'n bespreking van die African Commission on Human and Peoples' Rights se uitspraak oor staatspligte in The Social and Economic Rights Action Center and the Center for

Economic and Social Rights v Nigeria saaknr 155/96. 170

Murneinik 1994 SAJHR 32.

171

Met verwysing na die Interim Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993.

172

A 1(d) van die Grondwet bepaal dat die Republiek van Suid-Afrika een, soewereine, demokratiese staat is gegrond op, onder andere, die algemene stemreg vir volwassenes, 'n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en 'n veelparty-stelsel van demokratiese regering, om verantwoordingspligtigheid, 'n responsiewe ingesteldheid, en openheid te verseker.

173

A 32(1) van die Grondwet bepaal dat: "Elkeen het die reg op toegang tot- (a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en (b) enige inligting wat deur 'n ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word." Sien ook par 3.4.2 van hierdie studie waarin verwys is na die kommer oor die moontlike nadelige invloed van die Secrecy Bill.

(b)

artikel 33(1)-(2) wat onderskeidelik verklaar dat elkeen die reg het op

administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is

en elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe

optrede, die reg het op die verskaffing van skriftelike redes;

174

(c)

artikels 57(1)(b), 70(1)(b) en 116(1)(b) wat bepaal dat onderskeidelik

die Nasionale Vergadering, die Nasionale Raad van Provinsies en

provinsiale wetgewers reëls en voorskrifte betreffende hul

werksaamhede kan maak, met behoorlike inagneming van verteen-

woordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordings-

pligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid;

(d)

artikel 59(1) waarin onder andere bepaal word dat die Nasionale

Vergadering: (a) openbare betrokkenheid in die wetgewende en

ander prosesse van die Nasionale Vergadering en sy komitees moet

vergemaklik;

175

en (b) sy werksaamhede op 'n oop wyse verrig, en sy

sittings en dié van sy komitees in die openbaar hou, maar redelike

maatreëls kan getref word om

176

openbare toegang, met inbegrip

van toegang aan die media, tot die Vergadering en sy komitees te

reguleer.

177

Voorts bepaal artikel 59(2) dat die Nasionale

Vergadering nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n

sitting van 'n komitee mag uitsluit nie tensy dit in 'n oop en

demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te

doen;

178

(e)

artikel 160(7) wat bepaal dat 'n Munisipale Raad sy funksies op 'n

oop wyse moet verrig, en sy sittings of dié van sy komitees kan sluit

slegs wanneer dit, met inagneming van die aard van die

werksaamhede wat verrig word, redelik is om dit te doen;

174

Sien die Promotion of Administrative Justice Act 3 van 2000.

175

A 59(1)(a) van die Grondwet.

176

A 59(1)(b) van die Grondwet.

177

A 59(1)(b)(i) van die Grondwet.

178

Sien ook aa 72(1)-(2) en 118(1)-(2) wat genoemde inhoud van a 59(1)-(2) herhaal ten opsigte van onderskeidelik openbare toegang tot en betrokkenheid in die Nasionale Raad van Provinsies en provinsiale wetgewers.

(h)

artikels 92(2) wat bepaal dat die lede van die kabinet gesamentlik en

afsonderlik teenoor die Parlement vir die uitoefening van hul

bevoegdhede en die verrigting van hul funksies aanspreeklik is.

Artikel 92(3)(b) bepaal dat lede van die kabinet die Parlement van

volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle

beheer moet voorsien;

(i)

artikel 133(2) wat die inhoud van artikel 92(2) herhaal met betrekking

tot die aanspreeklikheid van die lede van die Uitvoerende Raad van

'n provinsie, gesamentlik en afsonderlik, teenoor die wetgewer.

Artikel 133(3)(b) herhaal die inhoud van artikel 92(3)(b) met

betrekking tot die lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie wat

die wetgewer moet voorsien van volledige en gereelde verslae oor

aangeleenthede onder hulle beheer;

(j)

artikel 195(1) wat bepaal dat die openbare administrasie deur die

demokratiese waardes en beginsels wat in die Grondwet verskans is,

beheer word met inbegrip van die beginsels gelys in artikel

195(1)(a)-(i), waarvan beginsels (e)-(g) bepaal dat aandag aan

mense se behoeftes gegee moet word en die publiek aangemoedig

moet word om aan beleidsvorming deel te neem;

179

openbare

administrasie verantwoordingspligtig moet wees;

180

en deursigtigheid

bevorder moet word deur die publiek van tydige, toeganklike en

korrekte inligting te voorsien; en

(k)

nasionale, provinsiale en munisipale begrotings en begrotings-

prosesse moet deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en die

doeltreffende finansiële bestuur van die ekonomie, skuld en die

openbare sektor bevorder.

179

A 195(1)(e).

180