• No results found

Hoofstuk 4: Die reg op voedsel in internasionale en regionale instrumente

4.3 Die reg op voedsel in regionale instrumente

4.3.2 Afrika Unie

4.3.2.1 African Charter on Human and Peoples' Rights

Alhoewel die African Charter on Human and People's Rights van 1981

188

die primêre regionale instrument is wat menseregte in Afrika beskerm,

189

bevat dit geen uitdruklike verwysing na die: (a) reg op voedsel; (b) reg op

universeel erkende reg op voedsel nie in die instrumente van SAOG herhaal word nie, word verskeie inisiatiewe gerig op regionale voedselsekerheid binne die SAOG. In terme van a 21(3)(a) van die Treaty of the Southern African Development Community (beskikbaar by http://bit.ly/srPJ5W) onderneem lidstate om saam te werk ten opsigte van, onder andere, voedselsekerheid. Die beskikbaarheid en toeganklikheid van veilige en voedsame voedsel is van die werksaamhede van die Food, Agriculture and

Natural Resources (FANR) direktoraat van die SAOG. Sien FANR Datum Onbekend

http://bit.ly/v3yVPA vir 'n uiteensetting van die werksaamhede van die FANR direktoraat, insluitend vroeë waarskuwingstelsels vir voedselsekerheid.

187

In hierdie stadium kan daar ook verwys word na die New Partnership for Africa's

Development (hierna NEPAD) beskikbaar by http://bit.ly/g7947V, naamlik 'n program

van die Afrika Unie wat gebaseer is op nuwe prioriteite en benaderings ten einde politieke en sosio-ekonomiese transformasie in Afrika na te streef. Die langtermyn doelwit van NEPAD word soos volg in NEPAD 2001 http://bit.ly/t8yW9L verwoord, naamlik: "To eradicate poverty in Africa and to place African countries, both individually and collectively, on a path of sustainable growth and development and thus halt the marginalisation of Africa in the globalisation process." Van die doelwitte sluit die bereiking van die MDGs (sien par 3.2 van hierdie studie) in en ekonomiese groei en ontwikkeling, verhoogde indiensneming en 'n afname in armoede en ongelykheid word as van die uitkomste van NEPAD gestel. Sien NEPAD 2001 http://bit.ly/t8yW9L. In terme van NEPAD 2001 http://bit.ly/t8yW9L neem Afrika leiers gesamentlik verantwoordelikheid vir, onder andere: (a) die versterking van meganismes vir konflikvoorkoming, -bestuur en -oplossing op sub-regionale en kontinentale vlak; (b) die bevordering en beskerming van demokrasie en menseregte in hul onderskeie lande en gebiede deur 'n duidelike standaard van verantwoordings- pligtigheid, deursigtigheid en deelnemende demokrasie op nasionale vlak en sub- nasionale vlak te ontwikkel; (c) die herstel en onderhoud van makro-ekonomiese stabiliteit; (d) die bevordering van die rol van vroue in sosiale en ekonomiese ontwikkeling; en vir meer belang vir doeleindes van hierdie studie (e) die bevordering van die ontwikkeling van infrastruktuur, landbou en die diversifikasie in agro-industrieë en vervaardiging om beide plaaslike en uitvoermarkte te dien. Sien ook die gepaardgaande Comprehensive Africa Agriculture Development Programme (CAADP) (beskikbaar by http://bit.ly/vmCPi7). Sien ook McCain African Charter 77-78 en Mbazira 2004 ESR Review 205.

188

African Union African Charter on Human and Peoples' Rights van 1981 (hierna die

African Charter) beskikbaar by http://bit.ly/EZuGZ. Vir meer inligting oor die African Charter sien McClain African Charter 72. Suid-Afrika is sedert 1996 lidstaat tot die African Charter. Sien Brand Introduction to Socio-Economic Rights 8.

189

voldoende voedsel; (c) die reg op toegang tot voldoende voedsel; (d) die

reg om vry van honger te wees; of (e) die reg op 'n voldoende

lewenstandaard nie.

190

Die African Commission on Human and Peoples' Rights

191

het egter in The

Social and Economic Rights Action Center and the Center for Economic

and Social Rights v Nigeria

192

beslis dat die reg op voedsel implisiet deur,

onder andere, die reg op gesondheid,

193

die reg op lewe

194

en die reg op

ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling

195

erken word:

By its violation of these rights the Nigerian Government trampled upon

not only the explicitly protected rights but also upon the right to food

implicitly guaranteed.

196

Die ACHPR

197

kom tot die gevolgtrekking dat die reg op voedsel

onlosmaaklik verbind is met die waardigheid van mense en is daarom

noodsaaklik vir die uitoefening en verwesenliking van ander regte soos die

reg op gesondheid,

198

onderwys,

199

werk

200

en politieke deelname.

201

190

McClain African Charter 74. Sien ook Brand The Right to Food 155. Die African

Charter sluit wel 'n wye reeks van sosio-ekonomiese regte in, insluitend die reg op

eiendom (a 14); die reg om onder gunstige omstandighede te werk (a 15); die reg op gesondheid (a 16); die reg op onderwys (a 17); familieregte (a 18); en die reg op selfbeskikking (a 20).

191

Die African Charter maak in aa 30-60 voorsiening vir die samestelling en werksaamhede van 'n African Commission on Human and Peoples' Rights (hierna die

ACHPR). Vir meer inligting rakende die werksaamhede van die ACHPR sien ACHPR

Datum Onbekend http://bit.ly/v4bbM6 en McClain African Charter 72-73, 76-77.

192

Saak 155/96 par 64 beskikbaar by http://bit.ly/uWguUq (hierna die Nigeria-saak).

193

A 16 van die African Charter.

194

A 4 van die African Charter.

195

A 22 van die African Charter.

196

Nigeria-saak par 64. Vir 'n volledige bespreking van die Nigeria-saak sien McCain

African Charter 75-76; Rubenstein 2004 Human Rights Quarterly 845-865; Coomans

2003 International and Comparative Law Quarterly 749-760; Brand The Right to Food 155; Brand Introduction to Socio Economic Rights 8; Nwobike 2005 African Journal of

Legal Studies 129-146; en Mbazira 2004 ESR Review 6-7. 197

Nigeria-saak par 64.

198

A 16 van die African Charter.

199

A 17 van die African Charter.

200

4.3.2.2 Protocol to the African Charter on Human and Peoples' Rights on

the Rights of Women in Africa

Dit moet ook genoem word dat, in terme van artikel 66 van die African

Charter, spesiale protokolle of ooreenkomste, indien nodig, aangegaan mag

word ten einde die bepalings van die African Charter aan te vul. Die

Protocol to the African Charter on Human and Peoples' Rights on the Rights

of Women in Africa

202

is gevolglik op 11 Julie 2003 deur die African Union

Assembly of Heads of State and Government aangeneem ten einde

voorsiening te maak vir die bevordering, vervulling en beskerming van die

regte van vroue in Afrika.

203

Van belang vir doeleindes van hierdie studie

skryf die Rights of Women in Africa Protocol in artikel 15 vir staatspartye

voor om te verseker dat vroue die reg op voedsame en voldoende voedsel

geniet. Gepaste maatreëls moet gevolglik geneem word om, in terme van

artikel 15(a), toegang tot skoon drinkwater, huishoudelike energiebronne,

grond en die middele om voedsame voedsel te produseer en om in terme

van artikel 15(b) 'n voldoende stelsel van aanbod en stoor van voedsel te

vestig ten einde voedselsekerheid te verseker.

204

201

A 20 van die African Charter. Met verwysing na die nie-insluiting van die reg op voedsel in regionale menseregte instrumente, insluitend die African Charter, dui Alston International Law and the Right to Food 165 op die moontlikheid dat die reg op werk en die reg op maatskaplike sekerheid as voldoende omvattend beskou kan word en dat die insluiting van die reg op voedsel gevolglik onnodig sou wees.

202

African Union Protocol to the African Charter on Human and Peoples' Rights on the

Rights of Women in Africa van 2003 (hierna die Rights of Women in Africa Protocol)

beskikbaar by http://bit.ly/uNW5O9. Suid-Afrika het die Rights of Women Protocol op 17 Desember 2004 geratifiseer. Sien Afrika Unie 2011 http://bit.ly/tIoEj1.

203

Sien die Aanhef tot die Rights of Women in Africa Protocol.

204

Vir 'n bespreking van die Rights of Women in Africa Protocol sien McClain African

Charter 76. Wat die bevordering en beskerming van die regte en welstand van kinders

in die Afrika Unie betref, bepaal die African Charter on the Rights and Welfare of the

Child van 1999 (beskikbaar by http://bit.ly/tR9L4O) dat lidstate tot die konvensie in

terme van a 14(2) onderneem om daarna te streef om die regte van kinders op gesondheid en gesondheidsdienste (soos uiteengesit in a 14(1)), ten volle te implementeer. Lidstate onderneem meer spesifiek in a 14(2) om, onder andere, maatreëls te neem wat die voorsiening van voldoende voeding en veilige drinkwater sal verseker (a 14(2)(c)) en om siektes en wanvoeding binne die raamwerk van primêre gesondheidsorg deur die toepassing van gepaste tegnologie te bekamp (a