• No results found

Hoofstuk 3: 'n Menseregte-gebaseerde benadering tot voedselsekerheid as

3.4 Sleutel-elemente van 'n menseregte-gebaseerde benadering

3.4.6 Skakeling met menseregte standaarde

'n Bepalende kenmerk van 'n menseregte-gebaseerde benadering is die

uitdruklike skakeling met menseregte standaarde.

205

Menseregte standaarde word deur Tomas

206

beskou as:

200

Mechlem 2004 ELJ 646.

201

FAO Right to Food in Practice 6.

202

Sien ook par 3.4.3 van hierdie studie asook FAO Right to Food Assessment Checklist 7.

203

Sien ook Luttrell en Quiroz 2007 http://bit.ly/eGBt4Y vir 'n bespreking van bemagtiging as sleutel-element van 'n menseregte-gebaseerde benadering.

204

FAO Right to Food in Practice 6. Die rol van die burgerlike gemeenskap in die verlening van hulp aan kwesbare groepe om hulself te bemagtig en om druk op die regering te plaas, word in die FAO Right to Food in Practice 7 uitgelig. Sien ook par 6.6.12 van hierdie studie. Die belang van onderrig, opleiding en bewusmaking vir die reg op voldoende voedsel, word soos volg deur die FAO Right to Food in Practice 6 saamgevat, naamlik: "[o]nly educated duty-bearers are able to keep their obligations and only knowledgeable rights-holders know how to claim their right to food."

205

Tomas 2005 http://bit.ly/sl1QhM.

206

... an objective "roadmap" to human development goals that prevent

"capture" of the development agenda, and set minimum guarantees for

poor and disadvantaged groups. They also help to identify where

problems exist, and what are the capacities and functions required to

address them.

Standaarde wat byvoorbeeld deur die reg op voldoende voedsel gedek

word, sluit in: (a) die beskikbaarheid en toereikendheid van voedsel wat

betref kwantiteit en kwaliteit; (b) toeganklikheid wat insluit beide fisiese

toeganklikheid sowel as bekostigbaarheid; en (c) stabiliteit van voedsel-

voorsiening wat insluit ekonomiese, sosiale en omgewingsvolhoubaar-

heid.

207

3.5

'n Menseregte-gebaseerde benadering tot voedselsekerheid

Met verwysing na bogenoemde sleutel-elemente van 'n menseregte-

gebaseerde benadering som Van Leeuwen en Amollo

208

die voordele van 'n

menseregte-gebaseerde benadering soos volg op, naamlik dat dit: (a)

voortbou op reeds bestaande statutêre verpligtinge; (b) die norme van nie-

diskriminasie en gelykheid inkorporeer; en (c) gebaseer is op bestaande

aanspreeklikheidsmeganismes. De Schutter

209

dui die voordele van 'n

menseregte-gebaseerde benadering tot ontwikkeling in die algemeen aan,

naamlik dat dit: (a) lei tot beter prioritisering en fokus van aktiwiteite; (b)

staatsverantwoordbaarheid verhoog; en (c) bydra tot armoedeverligting.

Die belang van 'n menseregte-gebaseerde benadering ter verwesenliking

van spesifiek voedselsekerheid sal vervolgens aangedui word.

207

Tomas 2005 http://bit.ly/sl1QhM.

208

Van Leeuwen en Amollo 2009 ESR Review 22.

209

Soos reeds in hoofstuk 2 van hierdie studie aangedui, word die bereiking

van voedselsekerheid, onder andere, beskou as 'n uitkoms van die

verwesenliking van bestaande regte, veral die reg op voldoende voedsel.

210

In die lig van bogenoemde beskouing, asook 'n genoemde toenemende

tendens om 'n menseregte-gebaseerde benadering tot ontwikkeling en

armoedeverligting te volg,

211

word 'n menseregte-gebaseerde benadering

tot voedselsekerheid toenemend in literatuur geregverdig.

212

So dui

Mechlem

213

byvoorbeeld aan dat:

[p]rogressive realising the right to food should imply using a rights-

based approach to food security that has distinct characteristics.

Gevolglik word die riglyne vervat in die Voluntary Guidelines

214

omskryf as

'n "human rights-based practical tool addressed to all States."

215

Die riglyne

neem, in lyn met 'n menseregte-gebaseerde benadering tot ontwikkeling, 'n

wye reeks oorwegings en beginsels in ag, soos: (a) gelykheid en nie-

diskriminasie;

216

(b) deelname;

217

(c) verantwoordingspligtigheid en die

heerskappy van die reg;

218

(d) bemagtiging;

219

en (e) dat alle menseregte

universeel, ondeelbaar, onvervreembaar, interverwant en interafhanklik

210

Sien par 2.3 van hierdie studie.

211

Sien par 3.3.2 van hierdie studie. Sien ook Mapulanga-Hulston 2009 SAJHR 307-308; Maxwell 1993 ODI: Briefing Paper 1; Hamm 2001 Human Rights Quarterly 1005; en Du Plessis 2007 Politeia 211-212.

212

Sien bv McClain African Charter 80 se opmerking dat "Integrating the food as a human right approach in the ongoing poverty reduction processes is probably the most effective way of contributing towards a food secure Africa." Sien ook Chilton en Rose 2009 AJPH 1203-1211; Mapulanga-Hulston 2009 SAJHR 306-329; Mechlem 2004 ELJ 631-648; en Young, Way, Taylor en Leaning 2004 Disasters 142-159.

213

Mechlem 2004 EJL 645.

214

Sien FAO Voluntary Guidelines 9-31.

215

FAO Voluntary Guidelines 2.

216

Sien bv riglyne 2.5, 3.5, 3.9, 7.4, 8.1, 8.3, 8.6 13.2-13.3 en 14.3 van die FAO

Voluntary Guidelines. 217

Sien bv riglyne 2.6, 3.7-3.8, 5.4, 8.6, 14.5 en 17.4 van die FAO Voluntary Guidelines.

218

Rule of law. Sien bv riglyne 1, 3.9, 5.3, 8.1, 8.10, 12.2 en 13.3 van die FAO Voluntary

Guidelines. 219

is.

220

Volgens die Voluntary Guidelines

221

word die volgende aspekte deur

'n menseregte-gebaseerde benadering tot voedselsekerheid beklemtoon:

(a)

die universele, onvervreembare ondeelbare, interverwante en

interafhanklike aard van menseregte;

222

(b)

die verpligtinge van regerings en die verantwoordingspligtigheid van

relevante belanghebbendes; en

(c)

die bereiking van voedselsekerheid as 'n uitkoms van die

verwesenliking van bestaande regte.

223

Die belang wat 'n menseregte-gebaseerde benadering tot voedselsekerheid

vir die samelewing inhou, word deur die Voluntary Guidelines

224

aangedui

as: (a) mense kan hul regerings verantwoordbaar hou; en (b) mense is

deelnemers in die proses van menslike ontwikkeling, eerder as passiewe

ontvangers.

225

Sodanige belang word verder deur Nouri-Naeini

226

toegelig:

A human rights approach, mainstreamed throughout the document,

227

stress [sic] the entitlement dimension which is crucial in highlighting

that people not only have a need for food but they have a legal right to

it.

228

220

Sien FAO Voluntary Guidelines 2. Sien ook Nouri-Naeini Voluntary Guidelines 296.

221

FAO Voluntary Guidelines 6.

222

Sien ook FAO Voluntary Guidelines 2.

223

Sien ook par 2.3 van hierdie studie.

224

FAO Voluntary Guidelines 7.

225

Sien in hierdie verband ook McClain African Charter 79 se verwysing na 'n toespraak deur Robinson (voormalige High Commissioner for Human Rights van die Verenigde Nasies) gedurende 1998, naamlik dat: "... the beneficiaries are active subjects or claim holders and because the approach introduces an accountability dimenstion."

226

Nouri-Naeini Voluntary Guidelines 296.

227

Naamlik die Voluntary Guidelines.

228

Sien ook Nouri-Naeini Voluntary Guidelines 296, naamlik: "The particular use of a rights based approach throughout the document, empowers claim holders and duty bearers alike, and stresses the fact that food is not a matter of benevolence but a right."

Chilton en Rose

229

dui die voordele van 'n menseregte-gebaseerde

benadering tot voedselsekerheid aan as:

[i]t provides a venue for public participation in the food and nutrition

discourse from people most affected by food insecurity.

Meer belangrik dui Chilton en Rose

230

dat 'n menseregte-gebaseerde

benadering 'n meganisme verleen waardeur die algemene publiek die

regering verantwoordingspligtig hou. Mechlem

231

dui aan dat deur 'n

menseregte-gebaseerde benadering tot voedselsekerheid te volg, voedsel-

sekerheid gekomplementeer word deur dimensies van waardigheid,

232

erkenning van regte, deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en bemag-

tiging.

233

Die Voluntary Guidelines

234

kom tot die volgende gevolgtrekking:

A human rights-based approach requires not only addressing the final

outcome of abolishing hunger, but also proposing ways and tools by

which that goal is achieved. Application of human rights principles is

integral to the process.

Sleutel-elemente van die Voluntary Guidelines (wat teruggelei kan word tot

die sleutel-elemente van 'n menseregte-gebaseerde benadering),

235

sluit in:

(a) bemagtiging; (b) openbare deelname; (c) spesiale klem op behoeftige

229

Chilton en Rose 2009 AJPH 1203.

230

Chilton en Rose 2009 AJPH 1203.

231

Mechlem 2004 ELJ 648.

232

Mechlem 2004 ELJ 646 dui aan dat 'n menseregte-gebaseerde benadering erken dat individue meer as blote voorwerpe van beleid is, maar dat hul as mense wat met waardigheid beklee is die reg op voedsel, onderwys, deelname in openbare aangeleenthede en billike geregtelike prosesse uitoefen.

233

Sien par 3.3.1 van hierdie studie vir 'n uiteensetting van die verskillende dimensies tot 'n menseregte-gebaseerde benadering.

234

FAO Voluntary Guidelines 7.

235

Sien par 3.4 van hierdie studie vir 'n uiteensetting van die verskillende sleutel- elemente van 'n menseregte-gebaseerde benadering. Sien veral hfst 6 van hierdie studie waarin die genoemde sleutel-elemente van 'n menseregte-gebaseerde benadering toepassing in die bespreking van 'n voorgestelde Suid-Afrikaanse raamwerkwet vind.

en kwesbare persone; (d) samelewings wat vry van diskriminasie is; en (e)

staatsverantwoordingspligtigheid.

236

3.6

Gevolgtrekking

Voedselsekerheid as 'n kontekstuele parameter vir die assessering en

bevordering van die reg op voldoende voedsel,

237

is in hierdie hoofstuk as 'n

wenslike ontwikkelingsdoelwit toegelig deur voedselsekerheid na aanleiding

van die idee van menslike sekerheid (tesame met die MDGs), maar ook in

die breër konteks van volhoubare ontwikkeling te kontekstualiseer. Die

toenemende tendens om 'n menseregte-gebaseerde benadering tot

ontwikkeling te volg, soos veral gestel in die Statement of Common

Understanding, is dienooreenkomstig bespreek tesame met die sleutel-

elemente van 'n menseregte-gebaseerde benadering ten einde ook

uiteindelik die voordele wat sodanige menseregte-gebaseerde benadering

vir voedselsekerheid inhou, aan te dui.

Die waarde van genoemde bespreking van die sleutel-elemente van 'n

menseregte-gebaseerde benadering sal veral in hoofstuk 6 van hierdie

studie blyk uit 'n inhoudelike bespreking van 'n voorgestelde raamwerkwet

ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel in die breë

konteks van voedselsekerheid in Suid-Afrika. In dié verband word

geargumenteer dat die aanneming van 'n raamwerkwet op 'n sterker

verbintenis tot die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende

236

McClain African Charter 80 kom dienooreenkomstig tot die gevolgtrekking dat: "Whether or not countries have included food as a human right in national legislations does not appear to be of significant importance for the food security situation in the country. The critical issue regarding food as a human right is enforcement, not the legislation by itself. Integrating the food as a human right approach in the ongoing poverty reduction processes is probably the most effective way of contributing towards a food secure Africa. In order for this integration to be successful, social mobilisation and empowerment is needed. Poor and hunger people need to have a voice in the policy formulation and implementation process and through this process claim their rights."

237

voedsel sal dui deurdat sodanige raamwerkwet 'n menseregte-gebaseerde

benadering tot voedselsekerheid in Suid-Afrika sal bekend stel.

238

Voordat die voorgestelde raamwerkwet in hoofstuk 6 bespreek sal word, sal

die reg op voldoende voedsel en voedselsekerheid in internasionale en

regionale instrumente maar ook in die Suid-Afrikaanse konteks vervolgens

in hoofstukke 4 en 5 aandag geniet.

238

Khoza The Role of Framework Legislation 194. Sien in hierdie verband Omara

Promoting a Rights-Based Approach 178 dat raamwerkwetgewing as 'n voorvereiste

vir die toepassing van 'n menseregte-gebaseerde benadering beskou word. 'n Voorgestelde raamwerkwet ter verwesenlik van die reg op toegang tot voldoende voedsel in die breë konteks van voedselsekerheid, sal volledig in hfst 6 van hierdie studie bespreek word.