• No results found

Uit voorgaande opmerkings en ‘n statistiese oorsig wat later sal volg149 blyk die benarde posisie waarin vroue hulself in die arbeidsmark bevind duidelik. Daar word algemeen aanvaar dat die situasie aangespreek moet word. Regstellende aksie word in die algemeen voorgehou as die oplossing. ‘n Ondersoek na die geskiktheid van die maatreël ten einde vroue se posisie in die werkplek te verbeter is gevolglik die doel van hierdie verhandeling. In die arbeidsmark, waar die meeste van die wêreld se mans en sommige van die vroue hulself daagliks bevind, is Winston Churchil se woorde toepaslik:

However beautiful a strategy you should occasionally look at the results.150

146

Temkin Business Day (2004-06-01).

147

Temkin Business Day (2004-06-01).

148

Soos aangehaal in Johnson Jurisprudence 228.

149

Sien hoofstuk ses.

150

Hoofstuk twee stel die basis van die ondersoek daar met ‘n uiteensetting van die voor- en nadele van regstellende aksie, tesame met ‘n beskouing van die teoretiese- en wetgewende raamwerk van die beginsel. Daarna word die wisselwerking tussen gelykheid, diskriminasie en regstellende aksie in hoofstuk drie uitgelig. Hoofstuk vier betrag regstellende aksie in die Suid-Afrikaanse regspraak. ‘n Vergelykende beskouing volg in hoofstuk vyf, waar die verskillende benaderings wat daar tot regstellende aksie bestaan ondersoek word. Die Amerikaanse, Australiese en Europese benaderings sal spesifieke aandag geniet. In hoofstuk ses maak die teoretiese aanslag van die voorafgaande hoofstukke plek vir ‘n statistiese ontleding van die arbeidsmark (plaaslik en internasionaal) ten einde die realiteite van die werkende vrou onder die soeklig te plaas.

Ten slotte sal daar in hoofstuk sewe ‘n opinie geformuleer word oor die bydrae, indien enige, wat regstellende aksie as ‘n positiewe maatreël nog kan lewer ten einde die posisie van vroue in die Suid-Afrikaanse werksmag genoegsaam te bevorder. Dit wil voorkom asof regstellende aksie in teorie ‘n goeie konsep is. Die effektiewe impak daarvan in die werkplek, as ‘n maatreël om vroue se gelykheidsdrome te realiseer, word egter bevraagteken.

HOOFSTUK TWEE

TEORETIESE- EN WETGEWENDE RAAMWERK

1 REGSTELLENDE AKSIE IN PERSPEKTIEF

Daar is baie uiteenlopende menings oor wat die beginsel van regstellende aksie werklik behels. Die antwoord mag wissel afhangend daarvan of dit uit ‘n regs- of morele oogpunt beskou word.151 Gevalle waar regstellende aksie nie korrek geïmplementeer word nie, skep ‘n wanindruk van wat die beginsel in wese is. Die algemene publiek skroom egter nie om dit te brandmerk as ‘n vorm van omgekeerde diskriminasie nie.

Volgens Hodges-Aeberhard is regstellende aksie ‘n uitbreiding van die beginsel van gelyke geleenthede, met die doel om die gevolge van diskriminerende praktyke in die verlede te oorkom. Hodges-Aeberhard verduidelik dat dié gelykheid bewerkstellig word deur die persone of groepe waarteen daar voorheen gediskrimineer is, te bemagtig, sodat hulle op dieselfde vlak as die persone wat voorheen bevoordeel is kan meeding. Sy lig verder die meer omstrede beskrywing uit wat regstellende aksie bestempel as die strewe na ‘gelyke uitkomste’.152

Die idee van regstellende aksie is nie ‘n nuwe een nie. Dit het sy oorsprong in die VSA en verwys in daardie konteks na ‘n reeks programme wat gemik is tot ‘n sekere groep om die onreg van die verlede, wat deur diskriminerende praktyke meegebring is, te herstel.153 Die beginsel is reeds in die 1930’s in die VSA gebruik om onregverdige arbeidspraktyke van die verlede, teen vakbond-organiseerders en hul lede te verwyder.154 Die term regstellende aksie is vir die eerste keer deur President Johnson gebruik in sy 1965 Executive Order 11246.155 Dit het bepaal dat federale kontrakteurs regstellende aksie moes implementeer:

151

Joubert “Regstellende Aksie by Indiensneming” 1994 (19) TRW 2.

152

Hodges-Aeberhard “Affirmative action in employment: Recent court approaches to a difficult concept” 1999 (138) International Labour Review 247.

153

Dupper “In Defence of Affirmative Action in South Africa” 2004 (121) SALJ 187 189.

154

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Review 249.

155

Dartmouth Civil Liberties Union “Affirmative Action Timeline” 1

[T]o ensure that applicants are employed, and that employees are treated during employment, without regard to their race, color, religion or national origins.156

Die Executive Order 11375157 van 1967 het die 1965 Executive Order uitgebrei om ook vroue in te sluit.158 Hierdie bepalings saam met die Title VII159 van die Civil

Rights Act van 1964 het die regsbasis gelê vir vroue in die Amerikaanse werkplek.160

Die Amerikaanse regstellende aksie-beleidsbenadering was dus daarop gemik om gelyke geleenthede in die werkplek te bevorder.161 Johnson het verder in 1965 verklaar dat daar rekening gehou moet word met die feit dat regverdigheid meer is as ‘n blote voorneme om onpartydig op te tree teenoor ander.162 ‘n Regstellende aksie gesindheid is daarom nie ‘n vorm van omgekeerde diskriminasie nie.163

Twee vorme van regstellende aksie tree hier op die voorgrond: Eerstens is daar ‘n beleid wat ten doel het om die samestelling van die arbeidsmark te wysig, terwyl die tweede tipe beleid verteenwoordiging in die regering, publieke komitees en opvoedkundige instansies nastreef.164

Alhoewel die VSA se regstellende aksie geskiedenis belangrik is by die oorweging van die impak van regstellende aksie – en selfs dalk indirek ‘n invloed gehad het op die wyse waarop regstellende aksie sy pad gevind het na ons wetboek sedert 1994 – kan die VSA nie ten volle ‘n model wees vir Suid-Afrika nie.165 Ons regstellende aksie model is onderskeibaar van die VSA vanweë, onder andere, die feit dat die

156

Sykes “The Origins of Affirmative Action” 1 http://www.now.org/nnt/08-95/affirmhs.html (2004/12/5).

157

“The contractor will take affirmative action to ensure that applicants are employed, and that employees are treated during employment, without regard to their race, color, religion, sex or national origins.” Equal Rights Advocates “Background Briefing: How Affirmative Action Became Law” 1

http://www.equalrights.org/publications/reports/affirm/briefing.asp (2004/12/05).

158

Equal Rights Advocates “Background Briefing: How Affirmative Action Became Law” 1.

159

Hierdie bepaling is spesifiek van toepassing op die werkplek.

160

Equal Rights Advocates “Background Briefing: How Affirmative Action Became Law” 1. Die bepalings is veral vir Amerikaanse vroue van belang aangesien die grondwet se anti-diskriminasie bepalings (nl. die 5de en 14de Amendemente) nie spesifiek voorsiening maak vir die moontlikheid van maatreëls soos regstellende aksie nie en weens die vertikale werking daarvan ook nie direk toepassing vind in die werkplek nie. Sien verder hoofstuk vyf vir ‘n volledige bespreking van die Amerikaanse posisie.

161

Cahn “Stephan Cahn on the History of Affirmative Action” AAD Project (1995) 1.

http://aad.english.ucsb.edu/docs/Cahn.html (2004/01/28).

162

Cahn “Stephan Cahn on the History of Affirmative Action” 1.

163

Barker The South African Labour Market: Critical Issues for Renaissance I 3e uitg (1999) 264.

164

Dupper 2004 (121) SALJ 189.

165

persone en groepe wat by ons deur regstellende aksie bevoordeel word die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking uitmaak.166

Die Suid-Afrikaanse Regskommissie het regstellende aksie in 1989 soos volg verwoord:

Affirmative action is a recognised way of promoting the principle of equality of opportunities in societies where this principle has suffered as a result of discrimination or where less developed persons have to compete with more developed persons. It is recognised in international law as being non-discriminatory, so long as it is temporary and is not enforced against the will of the minority. In appropriate cases it does not amount to discrimination, since the fact that those who have lost their positions in a programme of affirmative action properly executed do not actually lose anything they would have had in a fair race. Programmes of affirmative action must be implemented with great care if reverse discrimination is to be prevented.167

Barker weer verklaar dat regstellende aksie uiting vind in ‘n beleid of praktyke wat ten doel het om die ongelykhede en wanbalanse wat op sosiale, ekonomiese en opvoedkundige vlakke ingetree het – weens onbillike diskriminasie teenoor bepaalde groepe – teen te werk. 168

Die publiek moet egter nie die indruk koester dat regstellende aksie-programme bloot ‘n vertoonkas-verandering tot gevolg het deur die aanstelling van ‘n klein aantal persone uit die benadeelde groepe tot sleutelposisies nie. Regstellende aksie behels eerder ‘n sistematiese beweging vir die groepe waarteen voorheen gediskrimineer is na die bevordering van werksgeleenthede en die verbetering van arbeidsmark- sekuriteit, aangevul deur die nodige onderrig en opleiding.169 Dié verandering moet geskied in samewerking met hervorming buite die arbeidsmark wat ontwerp is om die graad van sosio-ekonomiese benadeling te verminder.170

166

Dupper 2004 (121) SALJ 189.

167

Soos aangehaal in Barker The South African Labour Market I 264.

168

Barker The South African Labour Market I 264.

169

Labour Market Commission Restructuring the South African Labour Market (1996) par 434.

170