• No results found

Die Eerste Regstellende Aksie Sake

Regstellende aksie in die staatsdiens het veral spesiale aandag in die howe ontvang, gesien in die lig van a 212(2)(b) (van die 1993 Interim Grondwet) wat bepaal het dat die staatsdiens ‘n effektiewe publieke administrasie moet bevorder wat in die breë verteenwoordigend is van die Suid-Afrikaanse bevolking.1010 Dié uitgangspunt is in die Public Service Act gereflekteer.1011

Rycroft het al opgemerk dat regters en arbiters veels te maklik in ‘n konserwatiewe benadering1012 kan vasval wat teenstrydig is met die sosiale doel wat die grondslag van ‘n regstellende aksie-beleid vorm:

The significance of the performance of adjudicators lies in the need for the legislation and affirmative action policies to be seen to transform society in more than a cosmetic way.1013

Public Servants Association of South Africa and Others v Minister of Justice1014 is juis ‘n saak waarin die regter ‘n te konserwatiewe benadering gevolg het. Die Minister se besluit om 30 vroue in beskikbare staatsaanklaerposte aan te stel – omdat hulle as groep voorheen in die staatsdiens onderverteenwoordig was – is deur die Hooggeregshof ter syde gestel.1015 Sestien blanke mans wat vir die poste aansoek gesoek gedoen het en nie onderhoude toegestaan is nie, het onbillike diskriminasie op grond van ras en geslag beweer.1016 In, wat Hodges-Aeberhard beskryf as ‘n teleurstellende uitspraak, het Swart R die 16 blanke mans se kwalifikasies teenoor die van die dames oorweeg.1017 Regter Swart het onder andere na die mans se uitstaande

was in casu nie die geval nie, aangesien ander swart kandidate beter gevaar het in die interne toets as die swart man wat uiteindelik aangestel is.

1009

Supra nota 1008 125; Dupper 2002 (14) SA Merc LJ 282.

1010

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 260.

1011

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1012

So ‘n konserwatiewe beskouing van ‘n regstellende aksie-plan is meer ingestel op die beskerming van individuele regte as die bevordering van breër sosiale doelwitte; Rycroft 1999 (20) ILJ 1412.

1013

Rycroft 1999 (20) ILJ 1412.

1014

Supra nota 484.

1015

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1016

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1017

Public Servants Association supra 484 253; Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour

sportprestasies op skool verwys en in ag geneem dat van hulle voormalige lede van die Suid-Afrikaanse Polisie en intelligensiemag was.1018

Hodges-Aeberhard wys daarop dat die regter na voormalige apartheids ‘eenhede’ verwys sonder die sensitiwiteit wat die nuwe bedeling daarmee saamgebring het.1019 Net so het Swart R min aandag geskenk aan relevante vaardighede en kwalifikasies:1020

[T]here appeared to be no consciousness of attributes that are inherent to legal positions in government service, such as university qualifications, although he gave weight to length of service, without evaluating why these candidates had not moved up in the civil service hierarchy but had been upwards of 15 years in the same posts.1021

Die regter was van opinie dat van die vroue, wat slegs 5 jaar vantevore as prokureurs gekwalifiseer het, ‘n hele aantal amptenare op die merietelys sou verbysteek.1022 Verder het Swart R sy opinie van spesiale maatreëls duidelik verwoord:1023

I think ... excerpts from the staff codes amply illustrate that up to this stage, despite the provisions of the Constitution calling for representativity, affirmative action had not raised its head and inter alia promotion[s] ... were filled strictly in accordance with an extensive and detailed merit system in which race and gender could not be taken into account.1024

Na oorweging van die relevante wetgewing en kodes rakende bevordering kom die regter tot die gevolgtrekking dat ‘geskiktheid’ as ‘n kriteria vir aanstelling en bevordering in die staatsdiens nie vervang kon word met inagneming van ras of geslag onder die nuwe bedeling nie.1025

Die hof se bevinding word soos volg deur Hodges-Aeberhard opgesom:

1018

Daar is selfs in ag geneem dat sommige van hulle diakens by hul kerke was. Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1019

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1020

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1021

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1022

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 261.

1023

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 262.

1024

Public Servants Association supra nota 484 259.

1025

[T]he earmarking of the 30 posts did not fit into any overall plan or policy; it did not meet the representative requirement; it went far beyond what might have been an adequate response because it affected high-level posts rather than entry-level posts; it disregarded the rights of others by ignoring the ‘outstanding qualifications’ of the White males; and, lastly, it did not respect the efficiency requirement, since the women promoted were unimpressive when compared to the White men.1026

Hierdie uitspraak het gepoog om drie faktore teen mekaar op te weeg: die doeltreffendheid van die betrokke departement, die aspirasie van die ‘verdienstelike’ blanke mans en die departement se transformerende regstellende aksie-beleid.1027 In sy uitspraak herbevestig Swart R die sosiale stereotipering dat vroue as goed gekwalifiseerd en aanvaarbaar beskou word, solank as wat hulle gemiddelde posvlakke beklee. Regter Swart se uitspraak is ook al gekritiseer omdat dit ‘n formele eerder as ‘n substantiewe benadering tot gelykheid weerspieël.1028 Die regter beskou regstellende aksie as ‘n uitsondering op die reg op gelykheid, terwyl dit in werklikheid ‘n essensiële en integrale bydrae maak tot die bereiking van gelykheid.1029 Regstellende aksie moet nie beskou word as ‘n beperking of uitsondering tot die reg op gelykheid nie.1030 Govender is dan tereg van mening dat Swart R onder ‘n wanindruk verkeer as dit kom by die konstitusionele imperatief en die dringende noodsaaklikheid van regstellende aksie-programme.1031 Met so ‘n streng benadering sou dit onvoorsienbaar wees dat enige regstellende aksie-program sou slaag.1032

Regstellende aksie se kritici het weer die saak as prysenswaardig voorgehou. In

George v Liberty Life Association of South Africa Ltd1033 het die Nywerheidshof egter

met ‘n positiewe beskouing van regstellende aksie (in die privaatsektor) vorendag gekom.1034 In die saak het Landman P ‘n volledige ondersoek van regstellende aksie

1026

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 262.

1027

Rycroft 1999 (20) ILJ 1422.

1028

Du Toit “When does affirmative action in favour of certain employees become unfair

discrimination against others?” 6 vt 28 http://www.uct.ac.za/depts/lrgru/equality.htm (2004/01/28).

1029

Govender “Equality – The South African Perspective” 28.

1030

Govender “Equality – The South African Perspective” 28.

1031

Govender “Equality – The South African Perspective” 28.

1032

Govender “Equality – The South African Perspective” 28.

1033

Supra nota 943.

1034

as konsep onderneem.1035 Mnr George, ‘n blanke werknemer, het aansoek gedoen vir ‘n hoër pos wat die maatskappy intern geadverteer het.1036 Gedurende die onderhoude en verdere gesprekke, is George ingelig dat hy as geskikte kandidaat beskou word. ‘n Regstellende aksie kandidaat, van buite die maatskappy, is egter uiteindelik aangestel.1037 Die applikant het in die saak geargumenteer dat die aanstelling van ‘n buitestander op ‘n onbillike arbeidspraktyk1038 neerkom, aangesien ras die deurslaggewende faktor was en die aanstelling contra die maatskappy se eie beleid was waarvolgens voorkeur aan interne kandidate gegee word.1039

In sy oorweging van a 8(3)(a) van die Interim Grondwet het Landman P regstellende aksie as ‘n metode, strategie of prosedure omskryf waardeur gelykheid in die werkplek bewerkstellig moet word.1040 Die aanslag van die hof is duidelik onderskeibaar van die van Swart R in die eerste Public Servants Association-saak,1041 aangesien die hof uitgewys het dat dit nie in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse juridiese beleid is om in “areas of managerial prerogative” in te meng nie.1042 Die hof het dus nie uitspraak gelewer oor die meriete1043 van die betrokke kandidate nie.1044 Daar is volstaan met ‘n substantiewe1045 en prosedurele ondersoek van die aanstelling.1046 Uit ‘n substantiewe oogpunt het die hof verklaar dat die aanstelling van die suksesvolle kandidaat, gesien die geskiedkundige diskriminasie wat betref

1035

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1036

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1037

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1038

Die EEA was op daardie stadium nog nie in werking nie.

1039

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1040

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1041

Supra nota 484.

1042

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1043

Meriete speel ‘n belangrike rol wanneer die klem geplaas word op gelyke geleenthede. In

Germishuys v Upington Municipality 2000 (21) ILJ 2439 (LC) het die applikant gesteun op ‘n klousule

in die nasionale ooreenkoms wat bepaal het dat lede van aangewese groepe voorkeur sou ontvang wanneer alles anders ‘gelyk’ was. Die applikant was onder die indruk dat die munisipaliteit

regstellende aksie toegepas het in die aanstelling van ‘n swart man terwyl hy beweer het dat hy as beste kandidaat nie aangestel is nie as gevolg van onbillike diskriminasie op grond van ras. Die

munisipaliteit het aangevoer dat die beste kandidaat op grond van meriete aangestel is en dat dit daarom nie nodig was om regstellende aksie toe te pas nie. Gamble AR het supra 2450 daarop geantwoord en verklaar dat “[w]here a job prescribes minimum requirements, then “all other things being equal” suggests that provided all candidates meet that threshold, it matters not that one is better than the other. Compliance with the stipulated entry level requirement by all candidates would entitle the local authority to prefer the black candidate over the white candidate if it was applying an affirmative action procedure.” McGregor 2002 (14) SA Merc LJ 264 vir ‘n volledige bespreking van die saak.

1044

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1045

Dit kom neer op die opweging van mededingende waardes en die rol van regstellende aksie in die bereiking van daardie waardes. Sien Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 263.

1046

opleiding, nie in die Suid-Afrikaanse milieu in die werkplek as ‘n onbillike arbeidspraktyk beskou kon word nie.1047 Die hof het wel op grond van die maatskappy se prosedurele aanslag bevind dat ‘n interpretasie van die betrokke aanstellings- en plasingsbeleid daarop dui dat George as interne kandidaat voorkeur moes geniet.1048 Op grond hiervan is die applikant se eis toegestaan.1049 Hodges-Aberhard voer aan dat, uitspraak ter syde, die hof se beredeneerde ondersteuning vir regstellende aksie prysenswaardig is.1050

Alhoewel die Nywerheidshof se benadering tot regstellende aksie in George1051 duidelik verskil van die Transvaalse Provinsiale Afdeling se benadering in die Public

Servants Association-saak,1052 is dit onder die Interim Grondwet beslis. Weens daardie rede kan dit nie sonder voorbehoud as toonaangewend beskou word nie. Tog is die uitsprake aanduidend van die groeipyne wat regstellende aksie aanvanklik ondervind het.