• No results found

Regstellende Aksie se Rasionaal

Selfs in ‘n omgewing waar regstellende aksie in die algemeen aanvaar word as ‘n middel om diskriminerende praktyke van die verlede te oorkom, kan daar steeds wanpersepsies bestaan oor regstellende aksie as ‘n vorm van diskriminasie.265

Regstellende aksie266 word deur die gewone man (of vrou) op straat beskou as ‘n maatreël wat transformasie in die nuwe Suid-Afrika bevorder. In werklikheid is dit ‘n maatreël wat by nadere beskouing meer gekompliseerd van aard is. Bhoola verwys na regstellende aksie267 as ‘n strategie waarmee transformasie in die werkplek teweeggebring word.268 In die woord ‘strategie’ is ‘n element van beplanning opgesluit en dit word heel gepas gedefinieer as die kuns om ‘n sekere oogmerk “op die voordeligste wyse teweeg te bring”.269 Die gebruik van die woord ‘voordeligste’ in die definisie bevat ‘n duidelike ondertoon wat wys dat die mees geskikte strategie nie noodwendig altyd perfek is nie.

Die voorwoord tot die EEA gee dan die pas aan vir die wet (as strategiese werktuig) deur te herbevestig dat:

[A]s a result of apartheid and other discriminatory laws and practices, there are disparities in employment, occupation and income within the national labour market; and that those disparities create such pronounced disadvantages for certain categories of people that they cannot be redressed simply by repealing discriminatory laws …270

Dit is in Suid-Afrika ‘n werklikheid dat die erfenis van apartheid steeds werksverhoudinge en –strukture in die arbeidsmark kenmerk.271 Die werkplek is steeds deurtrek met sosiale diskriminasie, wat ook vroue raak, ten spyte van die feit dat diskriminerende wetgewing geskrap is.272

Ten einde die Suid-Afrikaanse toepassing van regstellende aksie beter te verstaan is dit noodsaaklik om daarop te let dat die EEA regstellende aksie aanpak vanuit die

265

Hodges-Aeberhard 1999 (138) International Labour Law 260.

266

Waarna soms ook verwys word as ‘positiewe maatreëls’.

267

Soos in die EEA 55 van 1998 vervat.

268

Bhoola Affirmative Action in in Tompson & Benjamin South African Labour Law: Volume I (2003) CC1–B–4.

269

Odendal et al Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (1983) 1095.

270

EEA 55 van 1998 Aanhef.

271

Bhoola Affirmative Action CC1–B–2.

272

beskouing dat dit deurslaggewend is ten einde te verseker dat ‘n groter vaardigheidspoel ten volle benut word om ekonomiese groei en mededinging te verseker.273 Bhoola verduidelik dat die impak van regstellende aksie wyd kan uitkring:

[T]he creation of a critical mass of persons from the designated groups in the workplace will contribute to diversity and fairness, which is likely to generate positive spin-offs through increased productivity and service delivery, lower absenteeism, economic efficiency and workplace harmony.274

Hiervolgens kan verklaar word dat billike indiensneming nie slegs ‘n politieke noodsaaklikheid is nie, maar ook ‘n ekonomiese een.275 Daarom beskou die meeste akademici regstellende aksie as ‘n onontbeerlike element vir die ‘oorlewing’ van Suid-Afrikaanse besighede.276

Konsepte soos ‘regstellende aksie’ en ‘billike indiensneming’ word in die algemeen gebruik om te verwys na institusionele en sosiale meganismes wat transformasie in die werkplek moet bewerkstellig om dit sodoende meer vatbaar te maak vir aangewese groepe of bevoordeeldes.277 Daarom is dit ‘n belangrike kenmerk van die EEA dat dit uitkoms-georiënteerd is om sodoende die bereiking van ‘n toekomstige billike werkplek te bevorder.278

Regstellende aksie kan egter nie eenvoudig gelykgestel word aan billike indiensneming nie. Billike indiensneming omsluit ‘n strewe na die genoemde uitkoms, sowel as die sistematiese eliminering van ongelykhede en die aanspreek van histories diskriminerende patrone in die werkplek wat spesifieke groepe of persone as teikens benadeel het.279 Die EEA beskou regstellende aksie weer as ‘n verpligte strategie wat werkgewers moet implementeer ten einde die genoemde uitkoms te bereik.280 Eersgenoemde konsep skep daarom die toneel vir verandering deur die verwydering van hindernisse, terwyl regstellende aksie die rolspelers daar plaas en

273

Bhoola Affirmative Action CC1–B–2 3.

274

Bhoola Affirmative Action CC1–B–3.

275

Bhoola Affirmative Action CC1–B–3.

276

Bhoola Affirmative Action CC1–B–3.

277

Bhoola Affirmative Action CC1–B–3.

278

Bhoola Affirmative Action CC1–B–3.

279

Bhoola Affirmative Action CC1–B–4.

280

hulle tot en met die laaste bedryf bystaan in ‘n poging om ongelykhede van die verlede aan te spreek en reg te stel.

Daar word deur Bhoola uitgewys dat regstellende aksie poog om die demografie van die werkplek te verander asook om die organisatoriese kultuur te wysig sodat dit meer akkommoderend ten opsigte van diversiteit kan wees.281 Regstellende aksie282 strek daarom verder as die eenvoudige versekering dat die deure van alle besighede nou moet oopstaan vir alle persone ongeag geslag of ras. Dit betree ook die werkplek daar waar die werknemers uit die aangewese groepe daagliks gekonfronteer word met die spoke van diskriminasie uit die verlede.

Met dié rasionaal as grondslag stel a 15 van die EEA sekere vereistes vir regstellende aksie:283

(1) die verwydering van hindernisse wat toegang tot en bevordering in die werkplek van werknemers uit aangewese groepe belemmer;284

(2) werkplek diversiteit;285

(3) redelike akkommodasie maatreëls;286

(4) voorkeur en numeriese mikpunte ter bereiking van die billike verteenwoordiging van aangewese groepe;287 en

(5) maatreëls om werknemers vanuit aangewese groepe te behou, op te lei en te ontwikkel.288

Daar moet wel daarop gelet word dat aangewese werkgewers se verpligting om regstellende aksie-maatreëls in te span nie vereis dat absolute hindernisse vir voornemende en voortdurende indiensneming of bevordering van nie-aangewese werknemers, ingestel moet word nie:289

The retention of existing skills, primarily the domain of white male employees, appears to be the primary motivator for such a provision. It

281

Bhoola Affirmative Action CC1–B–4.

282

As ‘n skepping van substantiewe gelykheid.

283

Bhoola Affirmative Action CC1–B–4 CC1–B–4.

284 Artikel 15(2)(a). 285 Artikel 15(2)(b). 286 Artikel 15(2)(c). 287 Artikel 15(2)(d)(i). 288 Artikel 15(2)(d)(ii). 289

may also be motivated by the desire to avoid litigation similar to that initiated in the US concerning ‘trammeling’ of the rights of existing incumbents, and avoiding visiting the sins of the forefathers on their sons.290