• No results found

Transfer of Undertaking (Protection of Employment) Regulations (TUPE Regulations)

OORDRAG VAN BESIGHEDE IN DIE ENGELSE REG 4.1 Agtergrond

4.3 Wetlike beskerming van werknemers

4.3.2 Transfer of Undertaking (Protection of Employment) Regulations (TUPE Regulations)

Waar die Suid-Afrikaanse reg ontslag deur middel van bedryfsvereistes regverdig, en gebruik maak van artikel 197342 en artikel 187(1)(g)343 om die

337 McMullen Business Transfers 113,114. 338 McMullen Business Transfers 115.

339 McMullen Business Transfers 102. Die vraag na die effek van die gaping tussen die vorige werkgewer en die nuwe werkgewer tydens oordrag is belangrik aangesien werkgewers soms poog om die werknemers se dienslewering te onderbreek by 'n oordrag sodat die werknemers herindiens geneem kan word deur die nuwe werkgewers. Younson Employment Law 7. 340 Macer v Abafast Ltd 1990 ICR 234.

341 McMullen Business Transfers 109.

342 A 197 Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 343 A 187(1 )(g) Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.

oordrag van besighede en 'n ontslag wat daarmee saamval te reguleer, maak die Engelse reg gebruik van regulasies 5 en 8 van die 1981 TUPE

Regulations.

Die beskerming van werknemers se regte het sy oorsprong in die Europese reg in die Acquired Rights Directive 1977,344 (hierna ARD) gehad. Die 1977 ARD was deur die 1998 ARD345 gewysig omdat die voormalige ARD uitgediend geraak het. Die laaste wysiging het in 2001 plaasgevind. Tans is die 2001 ARDM6 die instrument wat verantwoordelik is vir die regulering van die TUPE Regulations347

Die ARD is 'n instrument van die Europese Kommissie wat aanleiding gegee tot die 1981 TUPE RegulationsMB Die idee was dat die TUPE

Regulations die beskerming van die regte soos deur ARD gereguleer,

moes voortsit. Die 2001 ARD bepaal dat die vorige werkgewer se regte en verpligtinge net so oorgedra moet word na die nuwe werkgewer wanneer die besigheid oorgedra word.349 Die 2001 ARD bepaal ook dat wanneer die besigheid oorgedra word, die werknemer se hele kontrak met alle regte daarin vervat ook oorgedra moet word na die nuwe werkgewer.350 Verder bepaal die 2001 ARD dat die oordrag van 'n besigheid nie 'n grand vir ontslag sal wees nie en dat die werknemer geregtig is daarop om inligting rakende die oordrag te ontvang en om deur die werkgewer daaroor gekonsulteer te word.351

Die TUPE Regulations is slegs van toepassing wanneer 'n besigheid of 'n deel van 'n besigheid oorgedra word van een persoon aan 'n ander, welke besigheid of deel van 'n besigheid onmiddellik voor die oordrag in die Verenigde Koninkryk gelee moet wees. Hierdie regulasies is wyd genoeg

344 Acquired Rights Directive: EC Council Directive 77/187; Taylor and Emir

Employment Law 490.

345 Acquired Rights Directive: EC Council Directive 98/50. 346 Acquired Rights Directive: EC Council Directive 2001/23.

347 McMullen 2006 ILJ 114; Sargeant 2002 ILJ 35; Todd Business Transfers 13. 348 McMullen Business Transfers 8.

349 McMullen Business Transfers 8. 350 McMullen Business Transfers 9.

geformuleer dat dit enige vorm van relevante oordrag sal insluit. Die begrip "relevante oordrag" word dan ook in terme van regulasie 3(1) van die 1981 TUPE Regulations gedefinieer as die oordrag van 'n besigheid, welke besigheid onmiddellik voor die oordrag binne die Verenigde Koninkryk gelee moet wees, van een persoon aan 'n ander.

In die saak Forenigen af Arbejdsledere Danmark v Daddy's Dance Hall /VS353 het die Europese Geregshof bevind dat die 2006 TUPE Regulations van toepassing is in gevalle waar daar, weens 'n verkoop of samesmelting, 'n verandering in die persoon verantwoordelik vir die bestuur van die besigheid plaasvind.354

Die 1981 TUPE Regulations maak in terme van regulasie 8 spesifiek voorsiening vir die gevalle waar 'n werknemer deur die vorige werkgewer of die nuwe werkgewer voor of na die oordrag van die besigheid weens die oordrag ontslaan word. Die TUPE Regulations maak sodanige ontslag outomaties onbillik, tensy die ontslag geregverdig kan word deurdat dit op 'n ekonomiese, tegniese of organisatoriese grand gebaseer is.356

The Transfer of Undertakings (Protection of Employment) Regulations {TUPE), which address the rights of employees and the obligations and responsibilities of employers in respect of the wide range of transactions and events which fall within their scope, derive constitutionally from the European Union (EU). The United Kingdom is required to implement into its domestic law the principles established by the Acquired Rights Directive {ARD) which, to quote its longer title, relates to "the approximation of the laws of the Member States relating to the safeguarding of employees' rights in the event of transfers of undertakings, businesses or parts of businesses".357

352 Younson Employment Law 40,44. Vir die 1981 TUPE Regulations om van toepassing te wees by die oordrag van 'n deel van 'n besigheid, moes sodanige deel identifiseerbaar en skeibaar wees van die "moeder" besigheid en dit moes oorgedra word asof dit 'n besigheid op sy eie is.

353 Foreningen af Arbejdsledere Danmark v Daddy's Dance Hall A/S 1988 IRLR 315, ECJ.

354 Wynn-Evans New Transfer of Undertakings Legislation 21,22.

355 Regulasie 8 Transfer of Undertakings (Protection of Employment) Regula-

tions 1981.

356 McMullen Business Transfers 35,36,103; Workman-Davies 2007 ILJ 2133. Diegene wat deur ontslag geraak word, geniet die beskerming van hulle vakbondverteenwoordigers deurdat sodanige verteenwoordjgers met hulle konsulteer oor die oordrag van die besigheid.

357 Wynn-Evans New Transfer of Undertakings Legislation 1; Younson Employ-

Toe die TUPE Regulations in werking getree het in 1981, het dit die

"Common Lav/' posisie soos volg verander:358

• 'n Werknemer en sy dienskontrak word nou outomaties saam met die besigheid oorgedra.

• Die nuwe werkgewer is aanspreeklik vir alles gedoen deur die vorige werkgewer in verband met die werknemers.

• Kollektiewe ooreenkomste en regte van die werknemers gaan outomaties oor op die nuwe werkgewer.

• Enige ontslag van 'n werknemer wat verband hou met die oordrag van die besigheid, is outomaties onbillik, tensy daar 'n ekonomiese, tegniese of organisatoriese rede vir die ontslag is; en

• daar word nou van werkgewers vereis om met die werknemers wat bei'nvloed gaan word, oor die oordrag te konsulteer.