• No results found

DIE NASIONALE PARTY – VOLKSBEWEGING EN HERVORMING

IN SUID-AFRIKA – ‘N NUWE BEDELING

Daar is waarskynlik nie 'n land ter wêreld waar demokratiese hervorming so snel soos in Suid-Afrika plaasgevind het nie – binne die bestek van nagenoeg tien jaar vanaf 1983 tot 1993. Daar is algemeen binne die NP aanvaar dat daar 'n ander staatkundige bedeling vir swart mense as vir kleurlinge en Indiërs moes wees, omdat dit duidelik was dat nóg die kleurlinge nóg die Indiërs oor nasionale state of sogenaamde tuislande beskik het waarbinne hulle politieke regte kon verkry. Hulle was dus deel en het deel gebly van die breë Suid-Afrikaanse nasie wat die grondgebied met die blankes gedeel het. Dit het uiteraard vir 'n nuwe en unieke benadering gevra.

In die begin van die sewentigerjare is reeds besef dat nog nie daarin geslaag is om 'n bevredigende reëling ten opsigte van die Indiërs en kleurlinge te tref nie. Derhalwe is die Erika Theron-kommissie op 23 Maart 1973 deur die staatspresident aangestel. Hul opdrag was om ondersoek in te stel na, oorweging te skenk aan en verslag te doen oor die vordering van die kleurlingbevolkingsgroep sedert 1960 op sosio-ekonomiese en staatkundige gebied, asook ten opsigte van plaaslike bestuur, sport en kultuur.

Stremmende faktore op bogenoemde terreine moes as knelpunte geïdentifiseer word, terwyl enige verdere verwante sake binne die bestek van die aangewese ondersoekterrein vir ondersoek uitgelig moes word. Aanbevelings moes gedoen word oor hoe ontwikkeling van die kleurling- bevolkingsgroep op die aangewese terreine verder bevorder kon word."36

Die Theron-kommissie het op 9 April 1976 hulle verslag ter tafel gelê en hulle gevolgtrekking was onder meer dat "die Westminister-regeringstelsel moet verander word". Hierdie aanbeveling is in Junie 1976 deur die regering aanvaar toe 'n kabinetskomitee onder voorsitterskap van PW Botha (NP-leier van Kaapland) aangestel is om uitvoering aan die aanbevelings te gee. Hierdie komitee het die sogenaamde 1977-voorstelle voorgelê wat onder meer die volgende ingesluit het: Die daarstel van 'n uitvoerende staatspresident verkies deur 'n kieskollege van blankes, kleurlinge en Indiërs; 'n Raad van Kabinette bestaande uit blankes, kleurlinge en Indiërs; daar moes een finale regeringsgesag wees; daar is voorsiening gemaak vir 'n verkose presidentsraad van al drie bevolkings- groepe; aktiewe bevordering van die beginsel van oorlegpleging en besluitneming op alle regeringsvlakke oor sake van gemeenskaplike belang; asook die verdeling van mag, waar moontlik.37

Die vier provinsiale kongresse van die Nasionale Party het in 1977 die voorstelle goedgekeur en die groen lig is ook verkry tydens die algemene verkiesing van 30 November 1977. Weens verskeie redes is daar egter nie vordering gemaak met die voorstelle nie. Toe die grondwetvoorstelle van 1983, wat in wese weinig van die 1977-voorstelle afgewyk het, goedgekeur is, is geargumenteer dat dit nie deur die kleurlinge en Indiërs

36

Aucamp-versameling, Inligtingsdiens van die NP. Skietgoed 13/82, 13 Mei 1982.

37

Ibid., toespraak eerste minister PW Botha, NP Federale Kongres, Bloemfontein, 30 Julie

aanvaar is nie, omdat hulle nie genoeg gekonsulteer is en mede- onderhandel het nie.

Daarna het 'n gesamentlike parlementêre komitee - die Schlebusch- kommissie (gelei deur Alwyn Schlebusch, Vrystaatse NP-leier) tot stand gekom en veral vier belangrike bevindinge is gemaak:

• dat die Westminister-regeringsvorm en die een-mens-een-stem-stelsel nie 'n oplossing vir die RSA se probleme bied nie;

• dat ander bevolkingsgroepe geraadpleeg moes word oor 'n veranderde stelsel;

• dat 'n benoemde Presidentsraad bestaande uit blankes, kleurlinge en Indiërs, verder ondersoek moes doen, navors en advies verleen; en • dat die senaat afgeskaf moes word.38

Hierdie voorstelle is vervat in die NP se verkiesingsmanifes vir die verkiesing wat op 29 April 1981 plaasgevind het toe die NP 142 uit 177 setels39 ingepalm het en dus 'n mandaat gekry het om met die implemen- tering daarvan voort te gaan.

Die Senaat is ontbind en die Presidentsraad wat deur die kommissie aanbeveel is, is hierop saamgestel. Hul verslae en aanbevelings het in verskillende vorme verskyn. Hulle het onder meer aanbeveel dat 'n uitvoerende staatspresident die eerste minister moes vervang. Die regering se riglyne in verband met die Presidentsraad se voorstelle is op 'n federale kongres van die NP in die Callie Human-sentrum op 30 en 31 Julie 1982 in Bloemfontein bespreek en as sodanig aanvaar.40

38

Ibid., toespraak eerste minister PW Botha, NP Federale Kongres, Bloemfontein, 30 Julie

1982; AREA, PW Botha-versameling,PS 5/6/1.

39

M.i.v. 22 Januarie 1981 is agt lede deur 'n kieskollege verkies ingevolge Artikel 40(11)(c) van die grondwet, 1961 en m.i.v. 23 Januarie 1981 het die Staatspresident een lid ten opsigte van elke provinsie benoem ingevolge artikel 40(11)(b) van die grondwet, 1961.

40

Hierna is 'n konsepgrondwet opgestel wat voorsiening sou maak vir die sogenaamde Driekamerparlement wat benewens die Volksraad ook vir 'n Raad van Verteenwoordigers vir die kleurlinge en 'n Raad van Afgevaar- digdes vir die Indiërs voorsiening gemaak het. Dit is saamgestel uit blankes, kleurlinge en Indiërs, wat op afsonderlike kieserslyste gestem het. Elke groep het seggenskap oor sy "eie sake" gehad, terwyl die drie huise oor "algemene sake", dit wil sê sake wat al drie die groepe se lewens raak, sou saamwerk om wette op te stel.41 Die Driekamer- parlement was 'n belangrike ontwikkeling in die staatkundige geskiedenis van die land, aangesien daardeur die eerste besliste treë gegee is om alle burgers nader aan volwaardige burgerskap in hul vaderland te bring, alhoewel swartes steeds hiervan uitgesluit was.

Na die referendum van 2 November 1983 is verkiesings vir die kleurling- en Indiërhuise ook gehou en hoewel die stempersentasie 30% en 24% onderskeidelik was, is besluit dat dit groot genoeg was om die grondwet in werking te stel. Die Volksraad wat vir die doeleindes van die grondwet van 1961 saamgestel is en wat voor die inwerkingtreding van die grondwet op 3 September 1984 bestaan het, is vir die doeleindes van laasgenoemde wet saamgestel. Iemand wat as lid van die Volksraad verkies of benoem is en sy amp voor inwerkingtreding beklee het, is geag behoorlik verkies of benoem te wees tot die Volksraad, ooreenkomstig artikel 102(4) van die grondwet van 1983.42

Tussen 1984 en 1989 is daar in die parlement konsensus bereik oor 427 wetsontwerpe, terwyl slegs 14 na die Presidentsraad vir beslissing verwys is. Die Nasionale Party (NP) het geglo dat dit 'n bewys is dat magsdeling

41

Ibid., NP Inligtingsdiens, grondwet 1983 in 'n neutedop.

42

Parlementêre register, 1910-1984, p. 225; Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 110 van 1983.

werk. In dieselfde tyd het die drie huise 86 wette aanvaar wat oor hulle eie sake handel. Dit kan geargumenteer word dat dit onrealisties was om te sê magsdeling het gewerk, terwyl die townships aan die brand was en die massas deur ‘n noodtoestand in bedwang gehou moes word.

Die Driekamerparlement was in volle swang toe die eerste verkiesing van die nuwe bedeling vir die Volksraad vir 6 Mei 1987 afgekondig is. Die Konserwatiewe Party (KP), wat in 1982 gestig is en saam met ander regses beweer het dat die NP sy mandaat versaak het, het laasgenoemde genoop om opnuut sy mandaat te toets. In sy manifes is die NP se program van aksie uitgespel wat gebaseer is op besluite wat geneem is tydens 'n federale kongres van 12 en 13 Augustus 1986 in Durban. 'n Mandaat is gevra om onder meer "deur volgehoue hervorming die demokratiese grondslag van die regering te verbreed deur die bevordering van almal se deelname aan regeringsprosesse wat hulle raak. Dit beteken dat die beginsel van magsdeling tussen alle groepe verder in die praktyk uitgedra word, sonder dat een groep 'n ander oorheers."43 Van betekenis was die uitgangspunte onder staatkundige hervorming:

"2.1.2: die multi-kulturele aard van ons land verg besondere maatreëls ter beskerming van die regte van groepe op die basis van maksimale selfbeskikking vir elk en mede-verantwoordelikheid oor gemeen- skaplike belange op 'n wyse wat oorheersing van enige groep deur ander uitskakel;

2.1.3: die reg van selfregerende gebiede tot vrywillige onafhanklikheid word erken en nagestreef, en

2.1.4: ten opsigte van gebiede wat nie onafhanklikheid aanvaar nie, erken ons dat alle streke en gemeenskappe binne sy grense deel uitmaak van die Suid-Afrikaanse staat, met die reg tot deelname deur al

43

daardie politieke entiteite aan regeringsprosesse en -instellings waartoe ooreengekom word. Ons aanvaar ook een burgerskap vir alle Suid-Afrikaners."44

FW de Klerk, destydse Transvaalse NP-leier, het in 1987 in die parlement ook die versekering gegee dat die NP onherroeplik tot hervorming verbind is en opposisiesprekers wat beweer het dat hervorming dood is, verseker dat sodanige waarnemings onwaar is. Die party was voornemens om voort te gaan met hervorming op 'n gebalanseerde en ordelike wyse. De Klerk het klem gelê op basiese vertrekpunte soos die beskerming van groepsidentiteit, selfbeskikking, eie politieke en administratiewe strukture, politieke strukture vir swartes buite tuislande, want "we want to create fully autonomous and even independant bodies for black metropolitan areas outside the national states".45 Hierdie uitlatings moet ook in konteks gesien word, aangesien De Klerk die man was wat op die drumpel was om die nuwe staatspresident te word en hierna krisisbesluite in die NP ten uitvoer sou bring.

Dit moet opnuut beklemtoon word dat die NP in 1985 aanvaar het dat die sogenaamde stedelike swartes permanent as deel van Suid-Afrika beskou is en dat swartes in selfregerende state hulle Suid-Afrikaanse burgerskap sou behou. Swart mense se politieke regte, hoewel hulle dit steeds in tuislande moes uitoefen, was dus eensklaps hoog op die agenda. Hervormingstappe het nou snel en met reëlmaat gevolg en 'n momentum opgebou wat, soos die geskiedenis sou leer, onstuitbaar was. Vir die party se hervormingsproses was die vertrekpunte die volgende:

44

Ibid.

45

• 'n onverdeelde Suid-Afrika, een burgerskap en algemene stemreg in 'n gedifferensieerde politieke stelsel wat die saambestaan van verskillende gemeenskappe erken;

• gelyke magsdeling tussen alle gemeenskappe oor sake van nasionale belang en selfbeskikking oor gemeenskapsake deur hulle demokraties- verkose verteenwoordigers;

• soewereiniteit van die reg as die grondslag vir die beskerming van die fundamentele regte van individue en gemeenskappe, en die be- skerming van die menswaardigheid, lewe, vryheid en eiendom van almal, ongeag kleur, ras, belydenis, geslag of godsdiens.46

Vir die NP is die volgende basiese beginsels neergelê:

• geen politieke oorheersing van enige gemeenskap deur 'n ander nie;

• die insluiting van alle gemeenskappe in die politieke besluitnemings- proses;

• regverdigheid en gelyke geleenthede vir alle gemeenskappe;

• die uitskakeling van enige vorm van diskriminasie en die beskerming van menswaardigheid.47

Die Engelse opposisiepers was nie opgewonde oor die NP se manifes en die party se wil en vermoë om werklik te hervorm nie. The Star verwys in

46

Aucamp-versameling, toesprake pres. PW Botha, 25 Januarie 1985, 30 September 1985, 15 Augustus 1985 en 31 Januarie 1986; die manifes van die Nasionale Party, 1987.

47

'n hoofartikel na die "dead-end-manifesto" En: "(It) offers no genuine message of hope to South Africa, and no reason for Nationalist opponents to give the Government another chance after 39 years of failure". Tertius Myburgh, 'n voormalige redakteur, skryf in die Sunday Times: "The modern Afrikaner has been utterly alarmed to find there is no viable agenda secret or otherwise. Reformers feel betrayed." Die regerings- gesinde The Citizen het op stemdag op sy voorblad kiesers opgeroep om vir die Nasionale Party te stem, want "this is the only party that is in a position to introduce further reforms. The only party that is able to ensure law and order in this critical period. The only party that is able to tell the rest of the world to go to hell and leave us to work out our own solutions to our own problems in our own way." Dié koerant het nie hoop vir die Progressiewe Federale Party (PFP) gehad nie en sê dat hulle "certainly cannot do any of these things".48 Daar moet egter beklemtoon word dat The Citizen die enigste Engelstalige koerant was wat die NP gedurende die tagtigerjare goedgesind was.

Na die verkiesing was die einste Myburgh se reaksie dat Suid-Afrika "may have to wait for reform". Hy skryf oor die realiteit van 'n regerende party "that displays remarkable vigour after an astonishing 39 years in office". Hy is verslae as hy voortgaan: "It is truly astounding that an improvident government so lacking in eptness, so clothed in undemocratic power, so unsqueamishly reliant on repressive force, and so unable to meet the first test of good government – sound management – should be so mightily swept back into office." Van die venyn en bitterheid tussen die NP en die Engelse pers skemer hier sterk deur. Ter wille van balans het Brian Pottinger en prof. Sampie Terre'Blanche in latere uitgawes darem

48

The Citizen, 5 Mei 1987, p. 1; The Star, 18 Februarie 1987, p. 18 en 24 Februarie 1987, p. 10; Sunday Times, 8 Februarie 1987, p. 21.

profeties erken: "The fact is, South African voters DO care about reform", en: "Not the end, but the end of the beginning."49

Dit is nodig om vir ‘n oomblik stil te staan by die belangrikste hervorming- stappe gedurende die tagtigerjare. Hierdie hervormingstappe was in die Suid-Afrikaanse politieke konteks van segregasie uiteraard van kardinale belang:

• vrye organisasie en assosiasie in arbeid (1981);

• die de-segregasie van sport en sportfasiliteite;

• die daarstel van 'n nuwe grondwetlike bedeling (1984)50;

• die instelling van ‘n raad vir die koördinering van plaaslike owerheids- aangeleenthede (1984)51;

• die afskaffing van permitte vir nie-blankes om blanke universiteite by te woon (1984);

• die instelling van 'n eenvormige belastingstelsel vir alle gemeenskappe (1984);

• die herroeping van die Wet op die Verbod van Politieke Inmenging, wat die vorming van gemengde politieke partye moontlik maak (1985);

49

Sunday Times, 10 Mei 1987, p. 23 en 17 Mei 1987, p. 23.

50

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 110 van 1983.

51

• die herroeping van die Wet op die Verbod van Gemengde Huwelike en artikel 16 van die Ontugwet (1985)52;

• die herstel van 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap (1986)53;

• die uitreiking van eenvormige identiteitsdokumente aan alle Suid- Afrikaners sonder verwysing na ras (1986)54;

• die daarstel van veelrassige provinsiale uitvoerende komitees (1986)55;

• die oordrag van sentrale regeringsfunksies na provinsiale regerings in navolging van die beleid van desentralisasie (1986)56;

• die verlening van volle eiendomsreg aan swartes (1986)57;

• die afskaffing van instromingsbeheer en verwante maatreëls (1986)58;

• die aanvaarding van 'n nuwe verstedelikingstrategie (1986);

• die oordrag van volle eiendomsreg aan swart plaaslike regerings (1986);

• die afskaffing van spesiale howe vir sake tussen swartes (1986);

52

Ibid.

53

Aucamp-versameling, toespraak pres. PW Botha, 11 September 1985; JC Heunis, "Constitutional reform in South Africa", Business and Society Review, New York, 1986.

54

Ibid.

55

Aucamp-versameling, toespraak min. JC Heunis, 19 November 1985.

56

Ibid.

57

Ibid.

58

Jaarverslae van die departement van staatkundige ontwikkeling en beplanning, 1985, 1986, 1987; Aucamp-versameling, toespraak min. Heunis, 11 Maart 1987.

• die oopstelling van sentrale sakegebiede (1986);

• die oopstelling van hotelle, bioskope en teaters (1986);

• die skrapping van die kleurbepaling in die Drankwet (1986);

• die toelating van Indiërs in die Oranje-Vrystaat en Noord-Natal (1986)59;

• die verwydering van diskriminasie by immigrante-keuring (1986);

• die skrapping van kleurbepaling in die Wet op Myne en Bedrywe (1987);

• die instelling van 'n gesamentlike uitvoerende owerheid vir KwaZulu- Natal, asook magtiging aan ander streke om dieselfde te doen (1987)60;

• die oopstelling van talle Suid-Afrikaanse strande vir alle rasse (1987)61;

• die devolusie van magte en funksies vanaf provinsiale regerings na plaaslike owerhede in navolging van die beleid van dewolusie van mag (1987)62;

• die voorsiening van 'n nasionale forum vir onderhandeling (Wet op die Bevordering van Staatkundige Ontwikkeling, 1988)63 wat

59 Ibid. 60 Ibid. 61 Ibid. 62 Ibid.

- voorsiening maak vir geleentheid tot deelname deur alle Suid- Afrikaners aan die beplanning en voorbereiding van 'n nuwe grondwetlike bedeling;

- voorsiening maak vir inspraak van swart Suid-Afrikaners in regeringsprosesse op 'n tussentydse grondslag; en

- gesonde verhoudings tussen almal en respek vir die mens- waardigheid, regte en vryhede van almal sal bevorder;

• die aankondigings om die grondwet te wysig om voorsiening te maak vir (1988)

- swart ministers in die kabinet;

- swart verteenwoordiging in die kieskollege wat die staats- president verkies;

- swart verteenwoordiging in die Presidentsraad; en - die herinstelling van die amp van die eerste minister64

• die publikasie van 'n wetsontwerp wat voorsiening maak vir die instel- ling van direk verkose wetgewende en uitvoerende streeksrade vir swartes buite die selfregerende gebiede (1988)65;

• die desegregasie van voorstedelike treindienste (1988)66;

• die voorsiening vir die instelling van oop woongebiede (vryevestigings- gebiede) waar lede van alle bevolkingsgroepe mag woon (1988)67;

63

Wet op die Bevordering van Staatkundige Ontwikkeling, Wet 86 van 1988.

64

Hansard, 18 April 1988, kol. 6 380 en 23 Junie 1988, kol. 15 095.

65

Aucamp-versameling, verklaring deur min. JC Heunis, Kaapstad, 6 Julie 1988.

66

• die voorsiening vir nie-rassige politieke deelname aan plaaslike regeringsprosesse deur inwoners van vryevestigingsgebiede (1988)68;

• algemene plaaslike bestuursverkiesings vir alle gemeenskappe (26 Oktober 1988);69 asook

• die magtiging aan universiteite om self te besluit oor die oopstelling van koshuisgeriewe (1989).70

Hoewel die outeur glo dat dit goedbedoelde en selfs ingrypende maatreëls was om apartheidswetgewing te hersien, en die NP dit as opreg beleef het, het die NP se opponente dit steeds as “window dressing” afgemaak.

Buitelandse reaksie op die Suid-Afrikaanse verkiesing van 1987 het gewissel. Die Reagan-administrasie in die VSA se reaksie was dat PW Botha nou die hervormings moes instel waarvoor hy 'n mandaat gevra het. "We urge him to get on with it." Die Britse koerante het 'n kommer- wekkende swaai na regs waargeneem, soos The Guardian dit gestel het "who robs the last shred of justification from those in the West who proclaim their belief in white South Africa's benevolent intent towards the black majority". The Times het 'n verharding van swartes se houding en 'n groeiende eksodus van wittes uit die land voorspel. The Sun was meer

67

Aucamp-versameling, toespraak van min. JC Heunis, 26 September 1988.

68

Hansard, 25 Augustus 1988, kol. 16128.

69

Aucamp-versameling, verklaring deur min. JC Heunis oor algemene munisipale verkiesing op Woensdag 26 Oktober 1988, Kaapstad, 7 Februarie 1988.

70

Aucamp-versameling, staatkundige ontwikkeling in SA; handleiding vir NP-kandidate; Her- vorming en die toekoms. Bundel saamgestel deur die departement van ontwikkelingsbeplan- ning, November 1988; Sowetan, 27 September 1993, p. 18.

vleiend in hulle kommentaar dat die uitslag niks is om oor te ween nie en dat dit sin maak "for South Africans to stick with a tough guy like Botha".71

Toe die Volksraadslede na die verkiesing van 6 Mei 1987 vir die eerste maal byeengekom het, was daar nie minder nie as 43 nuwelinge onder die 133 NP-lede nie. Van hierdie 133 het 123 lede kiesafdelings verteenwoor- dig, terwyl vier deur die staatspresident, ingevolge artikel 41(1)(b) van die grondwet van 1983 benoem is en ses indirek verkies is ingevolge sub- artikel (c) van dieselfde artikel. Van die oorblywende twee indirek verkose lede was een van die KP (kmdt. CJ Derby-Lewis, wat later skuldig bevind en tronkstraf opgelê is vir die moord op die SAKP-leier, Chris Hani) en een van die Progressiewe Federale Party (PFP), prof. NJJ Olivier, wat as Stellenbosse akademikus gedurende die helfte van die twintigste eeu al prominent op politiek-staatkundige terrein was.72

Voor die 1987-verkiesing het veral Engelstalige koerante en die KP- mondstuk, Patriot, gewag gemaak van die sogenaamde “New Nats” wat ontevrede was met die NP se stadige pas van hervorming en na die verkiesing wou wegbreek om hulle aan te sluit by Wynand Malan en dr. Denis Worrall, wat beide onafhanklike kandidate in die verkiesing was. Die Pretoria News het op 3 April 1986 'n lys van 33 dienende LP's bekendgemaak, wat volgens hulle min. Pik Botha ondersteun het en ongelukkig was met pres.PW Botha se leierskap.73