• No results found

UITDAGINGS WAARMEE DIE NASIONALE PARTY GEDURENDE DIE TAGTIGER EN VROEË

2. DIE STIGTING VAN DIE KONSERWATIEWE PARTY

Hierdie patroon van Afrikaner-beterweterigheid het hom ook gemanifesteer tydens ‘n spanningsvolle koukusvergadering van 24 Februarie 1982, wat tot die stigting van die Konserwatiewe Party (KP) onder die leierskap van dr. AP (Andries) Treurnicht gelei het. Die finale breuk op die koukusvergadering is ontketen na ‘n artikel van dr. Jan Grobler, hoofinligtingsbeampte van die Nasionale Party (NP), in Nat 80’s, die amptelike lyfblad van die party, waarin hy onder meer skryf “dat dit net logies is dat daar nie meer as een regering in een land kan wees nie”.5

Treurnicht, destydse minister van staatsadministrasie en statistiek en leier van die NP in Transvaal, het op 8 Februarie 1982 in sy eie handskrif aan dr. Grobler, onder meer met verwysing na dié betrokke sin, geskryf: “Die afleiding wat daaroor gemaak word, is dat ons net een regering sal hê, dat hy gemengd sal wees, dat ek dus Kleurling- en Indiër-ministers sal hê wat oor my en alle Blankes sal mederegeer ens. ens. en dis ‘n algeheel onaanvaarbare gedagte.”6

Hierop het Grobler op 15 Februarie geantwoord: “Soos ek die 1977 kon- stitusionele plan7 verstaan, sou daar nie sprake kon wees van onbepaalde eksklusief Blanke soewereiniteit oor die R.S.A. nie. Trouens, die voorstelle

5

Nasionale Party Inligting 1982, p. viii.

6

Ibid.

7

Die Theron-kommissie het op 9 April 1976 in ‘n verslag onder meer aanbeveel dat “die Westminister-regeringstelsel verander moet word”. Daarop het ‘n kabinetskomitee onder voorsitterskap van PW Botha in 1977 voorstelle gemaak wat ‘n bedeling “van oorlegpleging en besluitneming op alle regeringsvlakke oor sake van gemeenskaplike belang” vir blankes, kleurlinge en Indiërs, moontlik sou maak. Die voorstelle het partybeleid geword, tydens die November 1977 algemene verkiesing is ‘n mandaat van blanke kiesers daarvoor ontvang, maar dit is nooit geïmplimenteer nie, omdat dit nie vir die kleurlinge en Indiërs aanvaarbaar was nie.

is baie duidelik dat Ministers wat terreine hanteer wat ‘gemeenskaplik’ is, oor en weer in mekaar se parlemente sou optree.”8

Hierop was die vet in die vuur, veral toe PW Botha in ‘n persverklaring op 22 Februarie 1982 verwys het na sy toespraak in die wantrouedebat daardie jaar toe hy gesê het “dat daar nie ‘n eie soewereine parlement vir die Kleurlinge geskep kan word nie. Daar kan net een sentrale regerings- gesag in die land wees, hoewel daar verskeie regeringsinstrumente kan wees.”9

Op 24 Februarie het die NP-koukus byeengekom en is die woelinge binne die party op die spits gedryf. Die destydse leier van die raad, min. SP (Fanie) Botha, het die volgende mosie gestel: “Hierdie koukus spreek sy vertroue uit en verleen sy ongekwalifiseerde steun aan die Eerste Minister, en wel in sy eie leiding en interpretasie van die Nasionale Party se beleid.”10

Toe die mosie deur die tydelike koukusvoorsitter, Frank le Roux, ‘n Treurnicht-man, gestel is, het 22 lede teen die mosie gestem, een was buite stemming en 100 het ten gunste daarvan gestem.11 Negentien lede kon om verskillende redes nie die vergadering bywoon nie.

Die breuk in die NP-geledere was hiermee ‘n voldonge feit. Die KP is hierna op 20 Maart 1982 in die Skilpadsaal in Pretoria gestig en dr. Ferdi Hartzenberg, voormalige minister van onderwys en opleiding, het gewaarsku: “Van Maandag af sal die Nasionale Party konserwatisme

8

Nasionale Party Inligting 1982, p. viii.

9

Persverklaring, PW Botha, 22 Februarie 1982.

10

Skietgoed 1/82, 25 Februarie 1982.

11

moet beveg.”12 Dit is interessant dat die Skilpadsaal op die Pretoriase skouterrein ook die plek was waar die Herstigte Nasionale Party (HNP) op 25 Oktober 1969 gestig is.

Nagenoeg 8 000 mense het die stigtingsvergadering van die KP byge- woon en as in ag geneem word dat Afrikanersteun vir die NP na die algemene verkiesing in 1977 gedaal het van 64,5% tot 57,7% met die ver- kiesing van 29 April 1981, dan was dit duidelik dat die NP ‘n opdraande stryd sou voer aangesien sy magsbasis aan die wegkalwe was.13 Die HNP het in 1981 al 200 000 stemme op hom verenig sonder om een setel te wen. Die KP-steun in 1982 het blanke Suid-Afrikaners geruk en reaksie het van alle dele van die wêreld en uit Suid-Afrika gekom. Koerante in die meeste van die wêreld se hoofstede het prominente berigte oor die gebeure geplaas, terwyl opposisiepartye in en buite die parlement, oud- politici, kerkmanne, kultuurorganisasies, akademici, swart en bruin leiers en talle instansies en ander mense hierop reageer het.

Dr. Treurnicht het in sy openingstoespraak by die KP-stigtingsvergadering onder meer gesê: “Wat ons die afgelope paar weke gesien en belewe het, is ‘n herlewing van die politieke hart van ‘n groot deel van ons volk – van Afrikaners, en ook van baie Engelssprekendes.”14 Spoedig is die ganse Afrikaanse samelewing verpolitiseer en sodoende het bitter twis onder Afrikaners ook na die kerk- en kultuurakker oorgespoel.

Prof. PJ (Piet) Cilliers van Stellenbosch het twee jaar vantevore, op 25 September 1980, op Potchefstroom in ‘n gedenklesing gewys op die verskil tussen die Afrikaners se inwaartse en uitwaartse gerigtheid, konsentrasie op die self, volkwees, Afrikanerverwesenliking enersyds en

12

SW Grobbelaar en J Snyman, Skeuring, p. 23.

13

Ibid., p. 26.

14

die strewe na groter omvattende belange, andersyds. Soos in die dertigerjare tussen dr. DF Malan en genl. JBM Hertzog, was daar weer ‘n stryd om legitimiteit met die wesenlike vraag: Watter leiers, watter party praat vir en verteenwoordig die ware “Afrikanerdom?” Wie besit en dra die verbondsark?15 Dit is hiermee waarmee die NP gekonfronteer is in die dekade 1984 tot 1994.

3. DIE UITVLOEISELS VAN DIE KP-STIGTING

Die stigting van die KP in 1982 sou die periode onder bespreking binne die NP (1984 – 1994) voorafgaan en die implikasies daarvan was vir die regerende party van besondere belang.

Die skeuring van die NP op 24 Februarie 1982 was inderdaad ‘n politieke waterskeiding. Daar is diegene wat oordeel dat die skeuring nie ‘n terug- slag vir die hervormingsproses van die NP was nie. Onder hulle was Leon Wessels, Barend du Plessis, Wynand Malan en Sam de Beer, voormalige NP-LP’s, wat toe dr. Treurnicht en sy span die koukuskamer uitstorm en Koos van der Merwe hard skreeu: “Ek’s klaar met PW Botha die Prog”, die dag met koue wyn en toebroodjies in Wessels se kantoor gevier het, aldus Max du Preex, joernalis en politieke kommentator. Hulle was van oordeel dat die party se hervormingsplanne vinniger sou kon vorder sonder die regse remskoene.16

Die interessante vraag duik natuurlik op hoe die resultaat van die onderhandelinge daar sou uitsien as die NP nie geskeur het nie. Daar word algemeen aanvaar dat niks of niemand sou kon keer dat die land uiteindelik ‘n swart meerderheidsregering kry nie. Waaroor daar wel

15

Ibid., p. 198.

16

meningsverskille was, is in watter mate minderheidsregte en die verteen- woordiging van minderheidsgroepe in regeringsorgane sonder meerder- heidsdominasie tot hulle reg sou kon kom as die Afrikaner nog eendragtig onderhandel het en as PW Botha nog, in plaas van FW de Klerk, NP-leier was.

Flippie Olivier, voormalige LP vir Fauresmith en die koukuslid wat tydens die koukusvergadering waarna hier verwys word, buite stemming gebly het, het na die vergadering aan PW Botha sy ongelukkigheid gaan oordra en gesê dat die NP talle mense deur die skeuring verloor het wat die party vorentoe baie nodig gaan kry. Olivier was van mening dat die skeuring weliswaar hervorming versnel het, maar dat indien die skeuring nie plaasgevind het nie, die resultaat veel gunstiger vir minderheidsgroepe en die blankes sou wees. Dit sou ook grootliks die ontgogeling van Afrikaners na 1994 teëwerk en hulle meer betrokke by die politiek van die dag hou.17

Die hervormingsgesindes onder pres. PW Botha het ‘n baie moeilike taak op hande gehad, omdat hervormers altyd ‘n moeiliker pad as reaksionêres het. Hoewel die NP dus die hervormingspad as enigste alternatief vir bloedige konflik gekies het, was gemeenskappe, organisasies, kerke en families verdeeld hieroor en in ’n hewige broederstryd gewikkel. Die skeuring, op die vooraand van die laaste dekade van die NP-regering, het ook ‘n ander impak op die party gehad, wat uiteraard ook negatiewe gevolge meegebring het, omdat dit ‘n geweldige skok vir die Afrikaner se politieke kultuur was en volgens Max du Preez bygedra het om PW Botha, wat nog in 1982 die triomfantelike sterkman was, sewe jaar later uit die politiek te dryf. Gedurende die tyd van eerste ministers Malan, Strijdom, Verwoerd en Vorster en tydens die eerste paar jaar van Botha se bewind,

17

JM (Inus) Aucamp-versameling (hierna verwys as Aucamp-versameling), onderhoud met Flippie Olivier, 28 Februarie 2009.

was dit byna ongehoord om die hoofleier van die party te beledig of sy woord in twyfel te trek, aangesien daar geoordeel is dat hy geweet het wat goed vir die Afrikaners en die land is. Om sy woord in twyfel te trek, was om dislojaal teenoor die leier te wees en om ‘n “slegte Afrikaner, slegte Nasionalis en slegte Suid-Afrikaner” te wees. In hierdie nuwe politieke klimaat het KP-lede begin om die NP-hoofleier en van sy senior kollegas te koggel, te beledig en aan te val. “PW is dom”, “PW is ‘n diktator”, “PW is ‘n uitverkoper”, is tydens vergaderings en in propogandastukke gesê. "Pienk Piet" (PW Botha), "Pikswart" (Pik Botha) en "Kobie Kommunis" (Kobie Coetsee) het skelname vir die NP-leiers geword. ‘n Groot taboe was eensklaps daarmee heen: dit was nie meer onafrikaans of onpatrioties om op die staatshoof of die party se hoofleier te skel nie.18

Die KP se lyfblad, Patriot, die HNP se lyfblad, Die Afrikaner, en verskeie ander publikasies het alles in die stryd gewerp om die NP op sy ingeslane weg te stuit. Tekenend van die effek van die stigting van die KP is dat die eerste tussenverkiesing waaraan hulle deelgeneem het, op 3 November 1982 in Parys was. MD (Pikkie) Maree van die NP het met ‘n volstrekte meerderheid van ‘n skrale tien stemme gewen in ‘n driehoekige stryd met die KP en HNP.19 Die KP se beleid het op die oor van baie Afrikaners goed geklink. Die beleid het neergekom op partisie, die fisiese verdeling van Suid-Afrika in afsonderlike tuislande vir wittes, gekleurdes, Asiërs en die verskillende swart groepe. Hulle het geglo dat “every people should have its own political structure”, en beklemtoon dat hulle spesifiek begaan is oor die geestelike, kulturele en politieke oorlewing van die Afrikaner- volk.20

18

Rapport, 1 Maart 2009, p. 21. Daar moet egter gemeld word dat dit nie heeltemal so uniek in

die Suid-Afrikaanse partypolitieke geskiedenis was nie, aangesien die HNP sedert 1969 hom ook hieraan skuldig gemaak het.

19

Parlementêre register, 1910-1984 en Die volledige verkiesingsuitslae van Suid-Afrika, 1910- 1986.

20

Koos van die Merwe, destydse KP-LP, som baie Afrikaners se sentimente in daardie jare op as hy in ‘n onderhoud sê: “The blacks will one day want to play the guitar, and we whites will have to dance. We can’t let that happen. We have that funny way, the Afrikaner, we want to be separate. I want to play my concertina and have my funny braaivleis with a lot of Afrikaners in my own backyard. Leave us alone, man!”21

Die Afrikaner-skeuring het oor alle terreine heen gestrek. Gedurende 1988 is die 150-jarige Groot Trek-herdenkingsfees gehou en ook hier het die, deur die KP-gestigte Afrikaner Volkswag (AV), sy eie fees gereël, direk in opposisie met die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) wat allerweë aanvaar is as die enigste erkende kulturele sambreelorganisasie van die Afrikaners. ‘n Omsendbrief van die AV in Steynsrus lui onder meer: “Die FAK-feesvieringe dra die stempel van veelrassigheid ^ dit is niks anders as die voortsetting van sogenaamde ‘hervorming’ wat ons reeds van ‘n eie owerheid en selfbeskikking beroof het en steeds voortgaan om van die blanke ‘n minderheidsgroep van vyf miljoen teenoor 40 miljoen vreemdes in sy eie land te maak nie.” Die slotparagraaf lui: “Die Bybel in die hand en in die hart, trek ons die toekoms met vertroue tegemoet.”22

Die FAK, wat tydens 'n konferensie op 18 en 19 Desember 1929 in Bloemfontein gestig is, se doel oor die jare was om 'n sambreelorganisasie te vorm vir al die Afrikaanse kultuurorganisasies en die organisasie het in 1989 sy 60-jarige bestaan gevier. Uiteraard was daar monumentale hoogtepunte wat enersyds die Afrikaner se posisie versterk het, maar wat ook die NP indirek bevoordeel het. Wat egter in

21

Ibid., p. 13.

22

hierdie jare tragies was en ook soos 'n goue draad deur die Afrikaner se geskiedenis loop, is verdeeldheid. Hierdie eienskap het die Afrikaner se geskiedenis dwarsdeur die twintigste eeu gekenmerk met rampspoedige gevolge op die politieke terrein. Deur samewerking sou hulle hul posisie aansienlik kon versterk. 23

Hoe sterk die KP-steun later in die tagtigerjare was, word weerspieël in ‘n koerantopskrif “Treurnich for President” toe The Sunday Star in 1987 voorspel het dat die NP die volgende verkiesing gaan verloor. Dié koerant skryf: “The writing is on the wall for the National Party. The NP’s latest acquisition of 123 seats to the CP’s 22 is distorted and Nat seats will fall like ninepins in the next election.” Na NP-neerlae in tussenverkiesings in 1988 waarsku die Sunday Times dat "the far right is within striking distance".24

Die vraag kan tereg gevra word hoe die regse bedreiging destyds in NP- geledere vertolk is. Die NP-organisasie was deur al die jare om ‘n paar redes baie effektief. Eerstens was die strukture demokraties saamgestel met ampsdraers in leiersposisies wat in hulle gemeenskappe hoog geag en waardeer is. Die party het dus uitstaande mensemateriaal as onderbou gehad wat stewig in die gemeenskap ingebed was en baie invloed gehad het. Tweedens was daar ‘n korps van vrywillige werkers wat voortdurend lede ingeskryf het, stryddae gehou het waar fondse25 ingesamel is en wat die party se saak op elke denkbare terrein, by die kerk, werkplek en sportveld, bevorder het. Derdens het die party beskik oor ‘n span

23

Handhaaf, Oktober/November 1989.

24

The Sunday Star, 24 Mei 1987, p. 19; Sunday Times, 3 April 1988, p. 18.

25

Tot in 1994 het geen politieke party enige fondse van die staat ontvang nie en was almal afhanklik van goedgesinde donateurs.

organiseerders wat met ‘n passie provinsies en die land deurkruis het en saam met vrywillige werkers huise besoek en werwingswerk gedoen het.26 As gevolg van bogenoemde het die NP-leierskap altyd sy politieke oor op die grond gehad en het hulle geweet wat in die koppe en harte van hulle ondersteuners aangaan. Die politieke turbulensie wat in die stigting van die KP gemanifesteer het, het deurgesyfer na blanke kiesers. Die NP het besef dat hierdie party ‘n ernstige bedreiging vir hulle inhou.

Chris Heunis het in ‘n onderhoud gesê die basiese vereistes vir ‘n politieke stelsel is of dit geregverdig is, of dit demokraties is, of dit geloofwaardig is en of dit legitimiteit het. Dit beteken kortom dat dit aanvaar moet word. Heunis was van mening dat die fout wat ‘n politieke party kan maak, is om bloot te vertolk en nie te lei nie. Die NP het aanvaar dat hy ‘n leiersverantwoordelikheid het om mense gereed te maak vir hervorming en die feit dat die party steeds hervorm het ten spyte van wat die KP sê of nie sê nie, ‘n groot prestasie was. Desnieteenstaande was die NP bekommerd oor die steunverlies, hoewel daar ook ander faktore soos finansiële omstandighede en ander kwessies was wat kiesers ontevrede gemaak en ‘n invloed op hulle partyvoorkeure uitgeoefen het. 27

Die NP moes inderdaad op dié tydstip strykdeur rekening hou met die klimaat onder blanke kiesers, wat volgens verkiesingsuitslae al hoe meer regsgesind geword het. So byvoorbeeld het die NP in die 1981-verkiesing 55,9% van die stemme getrek, die partye links van die NP, naamlik die PFP en die NRP 25,7% en dié regses (die HNP) 16,6%. Hierdie toedrag van sake het verander en in die 1987-verkiesing het die NP 52,2%, dié

26

Aucamp-versameling, onderhoud met Sakkie Pretorius, 28 September 2010.

27

Argief vir Eietydse Aangeleenthede (hierna bloot verwys as AREA), JC Heunis-versameling, onderhoud met A Aggenbach, 1988.

linkses van die NP het na 17,3% gedaal, terwyl die regses, ná die KP op die toneel verskyn het, 29,6% stemme getrek het.28

Kort na die 1987-verkiesing het die KP in tussenverkiesings groter steun verwerf, want in Standerton verhoog Rosier de Ville die KP-meerderheid van 952 tot 2 854, in Schweizer-Reneke verhoog Pieter Mulder die meerderheid van 191 na 794 en in Randfontein wen Corné Mulder met ‘n meerderheid van 3 711.29

In die verkiesing wat op 6 September 1989 gehou is, het die NP se persentasie stemme teruggesak na 48%, die KP se persentasie verhoog tot 31,3%, terwyl die DP (wat die PFP vervang het) matig gestyg het tot 19,9%, maar wat setels betref, het die NP steeds 103 gehad, teenoor die KP se 41 en DP se 34.30 Die NP het dus vir die eerste keer in ‘n lang tyd minder as 50% van die uitgebragte stemme getrek en teen hierdie agtergrond moes nie net van dag tot dag geregeer word nie, maar noodsaaklike hervormings moes oorweeg word. Die NP het op hierdie tydstip nie net druk van regs en van links in die blanke geledere ervaar nie, maar ook van die meerderheid swart mense in die land en vanuit die buiteland.

Vir die NP was dit ‘n tyd van maak of breek. Enersyds was daar die besef dat verandering noodsaaklik is en dat daar oor ‘n skikking onderhandel moes word. Andersyds was die wesenlike gevaar dat die party sy steun in so ‘n mate gaan verloor dat hy nie meer die regerende party gaan wees nie. Net so min as wat daar rede vir optimisme was, was daar ook paniek

28

Statistiese gegewens en tendense van die verkiesing 1987. Uitgereik deur die Kantoor van die Staatspresident, p. 47.

29

KP Munisipale Nuus, Augustus 1988, p. 8.

30

en het die party gehoop dat daar ‘n staatkundige skikking sou kom wat ook vir hulle wit ondersteunerskorps aanvaarbaar sou wees.

4. ‘N NOODTOESTAND WEENS BINNELANDSE OPSTAND EN

ONRUS

Gedurende die tagtigerjare het die weerstand uit die regse blanke geledere momentum opgebou en saam met onluste wat deur linkse rewolusionêre magte gestook is, ‘n noodtoestand genoodsaak wat op 12 Junie 1986 deur pres. PW Botha aangekondig en daarna jaarliks verleng is tot in 1990 ingevolge ‘n proklamasie en die veiligheidswetgewing van 1953. Hierdie wet het bepaal dat die staatspresident verantwoordelik is om ‘n noodtoestand te verklaar as omstandighede in die land sodanig is dat openbare veiligheid bedreig word en die normale landswette nie genoegsaam voorsiening maak vir die handhawing van orde en openbare veiligheid nie.31

Vir die Nasionale Party (NP) was 1984 tot 1994 ‘n dekade met talle moeilike aspekte wat trotseer moes word. Sedert September 1984 het Suid-Afrikaners toenemend die teiken van talle voorvalle van onrus en terreur, wat hoofsaaklik deur die ANC en ander revolusionêre groepe geïnstigeer is, geword. Daar was ‘n diskoers oor hoeveel krediet die UDF en hoeveel die ANC vir die massaverset vanaf 1984 moes kry. Duisende privaatwonings in swart woongebiede is beskadig en tot Mei 1986 is meer as 1 000 skole verwoes en tienduisende busse en ander voertuie vernietig. Hierdie tydperk is gekenmerk deur wydverspreide intimidasie, boikotte en die ontwrigting van howe en swart onderwys. “Kangaroo”- howe en straatkomitees, deur radikales beheer, het honderde moorde

31

J van der Merwe, Trou tot die dood toe, p. 112; AREA, PV 203 PW Botha-versameling, 12/6/1, Agtergrondinligting.

onder die vaandel van vryheid gepleeg, deur onder meer die halssnoer- metode.32

Gedurende 1984 het die ANC besluit dat die revolusionêre oorlog