• No results found

RASDENKE EN RASSEPROBLEMATIEK UNIEK AAN SUID AFRIKA?

DIE NASIONALE PARTY SE METAMORFOSE: LEIERS EN KOERSVERANDERING

1. RASDENKE EN RASSEPROBLEMATIEK UNIEK AAN SUID AFRIKA?

Die Suid-Afrikaanse historikus, Hermann Giliomee, een van min skrywers wat bereid is om ‘n gebalanseerde oordeel oor die geskiedenis van Suid- Afrika te vel, verwys in ‘n onlangse artikel na twee mites in die rassedebat. Die eerste is die persepsie dat Afrikanernasionaliste veel meer rasbehep as die Engelssprekendes en liberales was. Dit spruit uit die wanopvatting dat die Verenigde Party-bewind (1933-1948) rasseverdraagsaamheid en integrasie aangemoedig het en dat die Nasionale Party-bewind ‘n drastiese en dramatiese ommekeer in rassebeleid verteenwoordig het.4

In werklikheid is die idee van ‘n verdraagsame dertiger- en veertigerjare ‘n mite. Piet Cillié, voormalige redakteur van Die Burger, het die volgende parodie daaroor geskryf:

“Uit ‘n tydperk van betreklik goeie en gemaklike rasseverhoudinge voor 1948 is Suid-Afrika skielik deur ‘n bewindsverandering gedompel in byna vier dekades van toenemende spanning en rassehaat. ‘n Bose etniese ideologie is stelselmatig aan ‘n dikwels niksvermoedende land opgedwing. Die eens mooi saamlewende, veelrassige gemeenskap is deur ‘n seksionele diktatoriale bewind verdeel en gefragmenteer en ontwortel, en deur die fragmentasie

3

Ibid.

4

H Giliomee, “Die enigma van Hendrik Verwoerd: ‘n akademikus in die politiek” (artikel per epos ontvang, 2010), p. 4.

en verdrukking verhinder om die vriendskaplike betrekkinge te ontwikkel waarheen hy op pad was.”5

Vandaar dat Alfred Hoernlé, ‘n gerespekteerde liberale denker, in 1936 al geskryf het dat ‘n besoeker van Mars aan Suid-Afrika getref sou wees deur die allesomvattende aard van rasseuitsluiting en segregasie as hy besef: “(There) was a dominant urge towards segregation which has moulded the structure of South African society and made it what it now is”.6 Die meeste liberales het geen sterk beswaar gehad teen die heersende kodes teen bloedvermenging nie. Vir Hoernlé byvoorbeeld, was rassesuiwerheid noodsaaklik vir “racial respect and racial pride”. Hierdie mening was, volgens hom, “the view of the best public opinion, the most enlightened racial self-consciousness, of natives no less than of whites”.7

In ‘n huldigingsartikel na die dood van die politikus, dr. F Van Zyl Slabbert in 2010, verwys Giliomee na die feit dat Slabbert aanvanklik in 1960 die idee van apartheid ernstig opgeneem het. Hy vervolg “the wholesale demonisation of the apartheid ideology and every aspect of the policy is a phenomenon of only the past thirty years”. Giliomee noem dat Dag Hammerskjöld, die VN sekretarisgeneraal gedurende 1961 verskeie kere vir dr. HF Verwoerd, die eerste minister, privaat besoek het om maniere te bespreek “in which apartheid could be turned into what the Secretary- General called a competitive alternative to integration”.8 Dieselfde Van Zyl Slabbert verwys na die “excitement, even thrill” van Stellenbosse studente in die vroeë sestigerjare as uitvloeisel van die NP se ideologie, en sê: “It

5

P Cillié, Baanbrekers vir vryheid, p. 65.

6

KFA Hoernlé, Race and reason, pp. 96-97; Giliomee, p. 4.

7

The Star, 25 September 1931; Die Vaderland, 18 Junie 1935; Giliomee, p. 5.

8

had coherence and systemic quality which cannot be dismissed as ... pure and simple. It made logical sense and addressed prickly issues.”9

Die groot liberale historikus, CW de Kiewiet, het na ‘n besoek aan Suid- Afrika in 1964 opgemerk dat die land se probleme met “boldness, shrewdness and even imagination” aangepak word en dat dit geensins absurd is om dr Verwoerd met die Franse president Charles de Gaulle te vergelyk nie.10

Die tweede groot mite in die rassedebat is, volgens Giliomee, dat die rasdenke van Afrikaners uniek was en statutêre beslag gekry het na die beïnvloeding deur Nazi Duitsland. Dit terwyl die Verenigde State van Amerika, en meer spesifiek die suidelike state, eerder as voorbeeld geneem is. Volgens hom verskil die rasdenke van Afrikaners nie betekenisvol van dié van die blankes in die Amerikaanse suide gedurende die 1940’s nie. Daar het net twee persent die integrasie van openbare skole voorgestaan, vier persent dié van openbare vervoer en 12 persent dié van woongebiede.11

Toe dr. TE Dönges, minister van binnelandse sake, in 1949 die wetsontwerp op gemengde huwelike indien, het hy daarop gewys dat in 30 state in die VSA ‘n soortgelyke wet was en dat in 15 van hulle daar ‘n amptenaar vir huweliksake was wie se taak dit was om die wet toe te pas.12 Die strominge in die sosiologie in die VSA, wat later as maatskaplike ingenieurswese bekend sou staan, het geglo in die reg van

9

F Van Zyl Slabbert, The last white parliament, p. 76.

10

Ibid.; A Boshoff, “’n Sekretaresse onthou” in WJ Verwoerd (red.) Verwoerd: So onthou ons

hom, p. 237.

11

H Hyman en P Sheatsley, “Attitudes towards desegregation”, Scientific American, 211, 1964, pp. 18-19.

12

die staat om in te meng ten einde ‘n ordelike samelewing te reël en toekomstige botsings te vermy.13

Vervolgens gaan daar kortliks met enkele voorbeelde aangetoon word dat Suid-Afrika se rassegeskiedenis geensins uniek is nie. ‘n Stuk ironie in die wêreld se geskiedenis is dat, terwyl die Nasionale Party apartheid steselmatig afgetakel en diskriminasie teengewerk het, dit in ander en verskillende vorme nog springlewendig was in lande wat van Suid-Afrika se felste kritici was. Edward J Erler, hoogleraar aan die California State University in San Bernardino, het op ‘n seminaar van die Instituut vir Amerikaanse Studies aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) (nou die Universiteit van Johannesburg) gesê: “Dit is ironies: terwyl Suid-Afrika apartheid aftakel, vestig ons in die Verenigde State ons eie apartheidstelsel. Ons noem dit bevestigingsaksie, rassevoorkeur en ‘n verskeidenheid ander eufemismes. Maar ons dink as jy ‘n bepaalde groep deur rasseskeiding bevoordeel, is dit nie dieselfde as wanneer jy ‘n bepaalde groep daardeur benadeel nie.” Die VSA, het hy gesê, eis van Suid-Afrika ‘n beleid van een mens-een stem in ‘n eenheidstaat. “Maar ons eie beleid bepaal dat dit nie genoeg is dat mense op ‘n nie- diskriminerende wyse moet kan stem nie. Die stemformule moet ook ‘n sekere uitslag waarborg.”14

Tydens die beslissende hervormingsperiode in Suid-Afrika, en ook sedert 1984, was die rassevraagstuk, meer as 130 jaar nadat die bloedige Amerikaanse Burgeroorlog juis daardeur ontketen is, byvoorbeeld steeds een van die sensitiefste en potensieel-verdelendste strydvrae in die Amerikaanse samelewing.15 Die Amerikaanse grondwet stel alle mense,

13

G Carter, The politics of inequality since 1948, p. 78; R Miller, “Science and society in the early career of HF Verwoerd”, Journal of Southern African Studies 19(4), 1993, p.646.

14

Die Volksblad, 22 September 1990, p. 13.

15

ongeag afkoms, ras of velkleur gelyk onder die reg, terwyl daar nie ‘n dag verbygegaan het waarop ras nie op een of ander manier by die politiek of sosio-ekonomiese lewe betrek is nie. Belangrike Amerikaanse hoofstroomkoerante soos The Washington Post, The New York Times, The Los Angeles Times en The Chicago Tribune het byvoorbeeld in 1991 verwys na die bevindings van ‘n kommissie van ondersoek na die geval van ‘n swartman, Rodney King, wat deur vier blanke polisiemanne met knuppels aangerand is: “Rassisme in die Los Angeles-polisie is so rou soos die volgende radioboodskap wat een blanke polisieman daardie aand aan ‘n ander blanke polisieman gestuur het: ‘Dit klink vir my dis tyd om bobbejane te gaan klap’.”16

Dit was daarom geen wonder nie dat ‘n personeellid van die Vrystaatse Wetgewer na 1994, me Mpumie Letitia Damane, op ‘n dag opgemerk het dat sy baie meer rassisme in die VSA ervaar het as wat daar in Suid- Afrika was. Damane is later aangestel as hoofbibliotekaresse van die stadsbiblioteek in Bloemfontein.17

Die VSA was egter nie die enigste land “wat in glashuise gewoon en met klippe gegooi het” nie. Tydens ‘n besoek van die Suid-Afrikaanse parlementêre rugbyspan (wat LP’s oor die spektrum van die ANC tot die NP ingesluit het) aan Brittanje in November 1994, was toerlede eweneens geskok toe een lid, die baie vriendelike Anwar Ismail van Worcester, een aand in Londen uit die veld geslaan by die hotel aankom en vertel dat, toe hy ‘n kroeg binnegaan, aan hom gesê is: “Sorry we don’t serve blacks here”. Groot was die skok ook toe ‘n groep van die Vrystaatse Wetgewer as lede van die Openbare Rekeningekomitee in Februarie 2003 die byeenkoms van die Australasian Council of Public Accounts Committees

16

Ibid.

17

in Melbourne, Australië, bygewoon het en in ‘n dagblad in Sydney moes lees hoe dikwels rassisme ook daar voorkom.18

Die laaste voorbeeld van oorsese lande wat met rassekwessies geworstel het, is Kanada. In 1991 het ‘n herrie in Halifax (Nova Scotia) ontstaan nadat die polisie ‘n ongewapende swart man onregmatig doodgeskiet het en ’n opstand daarna ontstaan het. Dit het Dudley Laws, voorsitter van die Black Action Defense Committee in Toronto, laat opmerk: “Ons is nou ongeveer waar die Amerikaanse stede in die jare sestig en sewentig was. Die polisie gaan mense se huise sonder magtiging binne, gebruik vuurwapens na die geringste provokasie, skiet mense en stel later vrae.” Ook die burgemeester van Montreal, Jean Dore, het erken dat “rassisme baie lewendig is hier en in elke ander Noord-Amerikaanse stad”.19

Dit was ‘n openbaring vir wit parlementslede en lede van provinsiale wetgewers hoe hulle swart kollegas na die demokratiese verkiesing in 1994 op oorsese toere deur buitelandse doeane-beamptes voorgekeer en ondervra is. Telkens moes die wit lede tot hulle anderskleurige kollegas se “redding” kom en hulle bona fides bevestig.20

Die oud-NP-politikus en gewese menseregtekommissaris, dr. Leon Wessels, sê in sy pasverskene outobiografie Vereeniging. Die onvoltooide vrede, dat kru rassisme – die kille implementering van apartheid – harteloos was omdat dit mense nie geag het en van Suid-Afrikaners gemaak het wat hulle nie wou wees nie. Die patrone van geweld en minagting word, volgens hom, vandag deur mense aan verskillende kante

18

The Daily Telegraph, 8 Februarie 2003, p. 17.

19

Suid-Afrikaanse Pers Agentskap (SAPA), 14 September 1991.

20

Aucamp-versameling, onderhoude met Johan Swanepoel en Abrie Oosthuizen, 28 April 2009 en 8 Junie 2009.

van die spektrum herhaal.21 Wessels is van mening dat die wêreld besmet is met rassisme. Rassisme is ook in sý gene. Hy sukkel self om sy rassevooroordele te begrawe. “Die eerste tree na groter rasse- verdraagsaamheid en begrip vir mekaar is egter om te erken dat die euwel van kleurbewustheid tussen ons is.” Hy is bekommerd dat daar in Suid- Afrika, maar sekerlik ook in die wêreld, tans ‘n groter bewustheid van kleur en ras as voorheen is. In Suid-Afrika word die kleurbewustheid aangewakker by die aanstelling van regters en die kies van sportspanne en by die aanstelling van personeel en die verkryging van regeringskontrakte waar kleur ‘n rol speel. Hy sê dat Suid-Afrika wil wegkom van ‘n rasbehepte samelewing, maar in die “deurloopfase worstel om die skewe verlede reg te trek”.22

Die toekoms sal leer of die geskiedenis wat rassesiening betref, hom gaan herhaal en of ‘n heterogene Suid-Afrika daarin gaan slaag om sy mense in vrede, veiligheid en voorspoed (‘n ou NP-verkiesingslagspreuk) te laat woon. Hieroor is baie mense ietwat skepties.

2. 'N KLEMVERSKUIWING, 1982 -1988

Gedurende die tagtigerjare het daar drastiese klemverskuiwings in die NP se siening oor politieke regte vir nie-wit landsburgers gekom. Dit is ingelui deur die belangrike stap om beperkte beleidsaanpassings te maak toe in 1982 aangekondig is dat daar in een land net een soewereine parlement kan wees waarin ander mense as wittes ook verteenwoordig kan word. Die idee van aparte parlemente vir wit, bruin en Indiër-kiesers is laat vaar met die inwerkingstelling van die Driekamerparlement in 1984, hoewel elkeen nog sy “eie sake” in sy eie huis hanteer het. Hoewel dit deur die

21

Wessels, p. 311.

NP magsverdeling genoem is, was dit waarskynlik meer ‘n geval van “magsverdeling sonder magsverlies”.

Tydens die parlementsopening op 25 Januarie 1985 het pres. Botha gewag gemaak van strukture wat vir swart gemeenskappe buite die tuislande geskep moet word waardeur hulle oor hulle eie sake “tot op die hoogste vlak moet kan besluit”. ‘n Nasionale Raad van verteenwoordigers van die regering, ses selfregerende state en ander swart gemeenskappe sou advies gee oor sake van gemeenskaplike belang.23 Hoewel Botha dit in sy termyn duidelik gestel het dat onderhandelinge met swart mense ‘n prioriteit was, was hy egter altyd beslis dat daar geen magsoorgawe sal wees nie. (Vgl. in dié verband ook PW Botha se Rubicon-toespraak in Durban, 15 Augustus 1985.)

Daar kan inderdaad na die klemverskuiwing in hierdie belangrike fase as die erkenning van die permanensie van swart mense binne die sogenaamde “wit” Suid-Afrika verwys word, die erkenning dat daar in een land net een soewereine parlement kon wees, dat alle inwoners burgerskap moes geniet en alle landsburgers die reg moes hê om politieke besluite tot op die hoogste vlak te beïnvloed.24

In die 1987-verkiesingsmanifes is egter nog benadruk dat die multi- kulturele aard van die land die beskerming van die regte van groepe op die basis van maksimale selfbeskikking vir elk en medeverantwoorde- likheid oor gemeenskaplike belange noodsaak, op ‘n wyse wat oorheersing uitskakel. Enige staatkundige bedeling, het die manifes gelui,

23

Hansard, 25 Januarie 1985; Aucamp-versameling, beleidstoespraak deur die staatspresident by die opening van die parlement, 25 Januarie 1985.

24

Robert MacFarlane, lid van VSA Nasionale Veiligheidsraad, na ‘n gesprek met Pik Botha op 8 Augustus 1985 in Wenen, in ‘n e-pos aan die Withuis, Reagan Library (NSC African Affairs Directorate); Wessels, pp. 146-150; FW de Klerk, Die laaste trek – ‘n nuwe begin, pp. 117-129.

“moet die resultaat wees van ‘n proses van onderhandeling tussen die betrokkenes”.25

Streekdiensterade is ook in 1985 deur die Wet op Streekdiensterade (Wet 109 van 1985) deur die parlement goedgekeur, waarvolgens streeks- diensterade ingestel is en naasliggende plaaslike owerheidsliggame op plaaslike vlak saam oor sake van gemeenskaplike belang besluit het. Ingevolge ‘n wysiging van die betrokke wet is daar in 1988 landelike rade vir gemeenskappe buite munisipale gebiede ingestel. Die Wet op Provinsiale Regering van 1986 het op sy beurt daarvoor voorsiening gemaak dat die provinsiale owerhede slegs “algemene sake” behartig het en dat “eie sake” hertoegewys is. Die provinsiale rade wat voorheen, sedert 1910, net uit blankes bestaan het, is op 3 Junie 1986 ontbind en uitvoerende komitees is aangestel, maar het uit lede van wit, swart, kleurling en Indiër-bevolkingsgroepe bestaan, wat ‘n meer vaartbelynde provinsiale stelsel, verteenwoordigend van alle gemeenskappe, daargestel het.26

Die veranderinge aan die provinsiale stelsel was die resultaat van ‘n beplannings- en onderhandelingsproses, wat oor etlike jare gestrek het en ‘n aanvang geneem het met die bekendmaking van sekere algemene rig- lyne vir staatkundige hervorming tydens die federale kongres van die NP in Bloemfontein gedurende 1982. Daarna het die staatspresident tydens ‘n administrateurskonferensie in September 1982 in Durban die deur oopge- maak vir onderhandelinge oor die besonderhede van provinsiale her- vorming. Die fokus van staatkundige hervorming tussen 1982 en 1984 het egter op aanpassings aan die sentrale (eerste) en plaaslike (derde) owerheidsvlakke geval en eers vanaf die einde van 1984 op tweede (pro-

25

Aucamp-versameling, manifes van die Nasionale Party, 6 Mei 1987.

26

vinsiale) vlakke. Op 30 April 1985 is daar met die verteenwoordigers van provinsies ooreengekom om sekere voorstelle oor breë riglyne aan die kabinet voor te lê. Die kabinet het die voorstelle feitlik onveranderd aanvaar en op 6 Mei 1985 het Chris Heunis die riglyne in die parlement aangekondig. Die afskaffing van provinsiale rade, instellings wat ‘n driekwart eeu lank deel van die land se politieke stelsel was, was geensins pynloos en maklik nie, maar nog ‘n stap om uit die dilemma te ontsnap dat net wit politici oor die wel en wee van Suid-Afrikaners besluit.27

Die jaar 1988 was om meer as een rede ook baie belangrik. Nie net sou dit die heel laaste jaar wees waarin pres. PW Botha sy hande op die stuur van die NP en die land gehad het nie, maar 1988 is ook gekenmerk deur heelwat historiese herdenkingsfeeste vir blankes in Suid-Afrika. Dit was onder meer Santam se 70ste bestaansjaar, die viering van Dias se landing 500 jaar tevore, die 150-jarige herdenking van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier, die Hugenote-landing 300 jaar tevore, die 75ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Polisie, die viering van die 60ste bestaansjaar van die nasionale vlag, die eeufeesviering van die Staatsdrukker, en les bes, die NP se geskiedkundige oorwinning 40 jaar tevore in 1948, asook PW Botha se 50ste jaar in die politiek.

Daarbenewens is daar landwyd in 1988 belangrike munisipale verkiesings gehou, kiesafdelings moes herafgebaken word met die oog op die volgende algemene verkiesing en die Wetsontwerp op die Bevordering van Staatkundige Ontwikkeling, veronderstel om ‘n mylpaal te wees op die pad van grondwetlike ontwikkeling, is ingedien en gedebatteer tydens ‘n belangrike sitting van al drie huise van die parlement op 21 Junie 1988. Die wetsontwerp het vier oogmerke gehad:

27

• om aan alle bevolkingsgroepe inspraak te gee in die beplanning en voorbereiding van ‘n nuwe grondwetlike bedeling wat voorsiening maak vir deelname deur alle Suid-Afrikaanse burgers aan die regeringsprosesse;

• om op ‘n tussentydse grondslag aan swart Suid-Afrikaanse burgers die reg te verleen om oor regeringsprosesse geraadpleeg te word; • om goeie verhoudings tussen alle Suid-Afrikaanse burgers te be-

vorder, en

• om die menswaardigheid, regte en vryheid van elkeen te eer- biedig.28

Vir die doeleindes van die bogenoemde wetsontwerp is ‘n raad in die vooruitsig gestel wat uitvoering sou gee aan die algemeen-aanvaarde opvatting dat ‘n nuwe grondwet vir Suid-Afrika die resultaat moet wees van onderhandeling deur alle bevolkingsgroepe wie se lewe deur die grondwet geraak word.29

Tydens die debat oor die tweede lesing van die wetsontwerp het Chris Heunis, minister van staatkundige ontwikkeling en beplanning, dit ‘n ge- skiedkundige dag genoem en gesê dat die gang van die ontwikkeling van lande en volke op twee maniere kan plaasvind. Dit kan dramaties van koers geruk word, of dit kan sonder melodrama in ‘n nuwe rigting gestuur word. Wat die staatkunde van die land betref, het die regering die tweede en minder opwindende opsie gekies wat baie moeiliker bereikbaar, maar op die langtermyn meer bevredigend as die eerste keuse was. Die belangrikheid van hierdie wetsontwerp was dat dit die eerste keer was dat wetgewing ingedien is wat daarop gemik was om ‘n grondslag te lê vir die deelname van alle Suid-Afrikaners en gemeenskappe aan die politieke en

28

Aucamp-versameling, Wetsontwerp op die Bevordering van Staatkundige Ontwikkeling, WO 98 van 1988.

29

regeringsprosesse.30 Uiteraard was die basis van die nuwe grondwetplan steeds dat blankes, kleurlinge, Indiërs, swart mense buite nasionale state en swartes binne nasionale state as afsonderlike groepe op afsonderlike kieserslyste hulle “eie sake” sou hanteer, terwyl “algemene sake” deur konsensus hanteer sou word.31

Hierdie inisiatief, al is die wet deur al drie huise aanvaar, is ingehaal deur die momentum van die proses wat later, op 2 Februarie 1990, 'n aanvang geneem het, maar was nietemin ‘n duidelike bevestiging van die NP- regering se strewe om ‘n nuwe grondwet deur onderhandelinge, op vreed- same wyse, tot stand te bring.

In daardie stadium is daar ook met die sogenaamde trilogie van wette vorendag gekom, wat tergelykertyd sou voorsiening maak vir die strenger toepassing van die Groepsgebiedewet, terwyl ‘n mate van vrye keuse toe- gelaat sou word deur die Wet op Vryevestigingsgebiede. Hierdie wette het ernstige spanning binne die Driekamerparlement, asook die kabinet mee- gebring en is later na dae lange onderhandelinge deur ‘n skikking ontlont, waarin Heunis, FW de Klerk en Roelf Meyer deurslaggewende rolle