• No results found

AGTERGROND VAN DIE HOOFONDERHANDELAARS VIR DIE 1993-GRONDWET

4. POLITIEKE REGTE VAN SWARTES

Die eerste daadwerklike kontak tussen wit en swart was gedurende die laat agtiende eeu in die omgewing van die Groot Visrivier. Hierdie twee gemeenskappe het totaal verskillende wêrelde verteenwoordig wat sosio- ekonomiese en politieke ontwikkelingsvlakke betref. Swartes se opleiding en opvoeding was geensins op geletterdheid gebaseer nie. Hul politieke stelsel het tradisioneel berus op die beginsel van kapteinskap-in-rade, terwyl die stam en die stamgebied in groter en kleiner administratiewe eenhede onderverdeel is. Die stam as geheel spits egter uit in 'n piramide, met die stamhoof aan die spits van die politieke organisasie, die regspleging, die weermag, die ekonomiese lewe en les bes, die religieuse lewe.40

Politieke regte, meer spesifiek stemreg, was eintlik 'n kwessie sedert die eerste blankes in 1652 in Kaapstad geland het. Aanvanklik was dit beperk tot die blankes en 'n stryd het ontstaan tussen die vryburgers en die kompanjie oor seggenskap in die regering van die Kaap. Dit het onder meer gelei tot die stigting van die republieke van Graaff-Reinet en Swellendam. Met die Britse besetting het die regte van nie-wittes ook ter sprake gekom. Die strewe na vryheid en "om onder die Britse juk uit te kom" het tot die Groot Trek en die stigting van die twee Boererepublieke, dié van die Vrystaat en dié van Transvaal, gelei. Stemreg, die soge- naamde uitlanderkwessie, was onder meer die oorsaak van twee Anglo- Boereoorloë en die verlies van blanke soewereiniteit. Toe die vier Britse kolonies die Unie van Suid-Afrika vorm, is beperkte stemreg van anders- kleuriges in die Kaapprovinsie en Natal behou, maar nie na ander provinsies uitgebrei nie. Sedertdien was die kwessie van stemreg

40

deurlopend op die Suid-Afrikaanse, maar ook die internasionale gemeen- skap, se agenda.41

Gedurende die begin van die twintigste eeu was dit nog internasionaal die algemene opvatting dat swart mense net by uitsondering geregtig is om te stem. Vrouens het in daardie tyd geen politieke regte gehad nie. Hierdie siening het geleidelik begin verander reeds voor en veral na die Tweede Wêreldoorlog in 1945 momentum gekry toe aanvaar is dat alle mense, ongeag kleur, geslag of geloof, op stemreg geregtig is. Hieruit het gevolg die suksesvolle burgerregtebeweging in die VSA gedurende die vyftiger- jare en die onafhanklikheidswording van talle Afrikastate in die laat vyftiger- en sestigerjare. Vir Suid-Afrika het dit 'n probleem geskep omdat die getalleverhouding tussen wit en swart van so 'n aard was dat onge- kwalifiseerde of 'n een-mens-een-stem stelsel die land onder 'n swart meerderheidsbewind sou plaas. Dit, tesame met die groot verskille, kultureel en andersins, en die blankes se strewe na die behoud van 'n eie identiteit, het hulle in Suid-Afrika na ander uitweë laat soek.42

Soos vroeër aangetoon, is besluit op 'n beleid van apartheid, wat later weens die negatiewe konnotasie daarvan, afsonderlike ontwikkeling ge- word het. Die gedagte, namate die beleid ontplooi het, was om swart tuislande, wat mettertyd vir elke swart bevolkingsgroep beslag sou kry, te skep wat later tot soewereine, onafhanklike state sou ontwikkel. In daardie state sou swart mense hulle stemreg tot die hoogste vlak kon ontwikkel en uitoefen sonder dat dit die gevaar van swart oorheersing in die oor- blywende (blanke) deel van Suid-Afrika sou skep. Hierdie state sou die gebiede wees waar die onderskeie swart volke histories en tradisioneel gewoon het. Deur die jare het vier state, die sogenaamde TBVC-state

41

S van der Merwe, En wat van die swartmense?; NP Federale Inligtingsdiens, 1985, pp. 1-2.

42

NP Standpuntstelling 1: Magsdeling en verwante begrippe, NP Federale Inligtingsdiens, Julie

(Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei), volle onafhanklikheid aan- vaar, terwyl ses state selfregerende gebiede met 'n groot mate van interne outonomie bereik het. Hierdie state was: KwaZulu, Lebowa, Kangwane, KwaNdebele, Gazankulu en Qwa-Qwa. Ten spyte van baie energie, arbeid en geld wat opeenvolgende NP-regerings aan die uitvoering van die ideaal bestee het, het dit nie die sukses meegebring waarop gehoop is nie. Gedurende die vroeë tagtigerjare is ook besluit dat die meerderheid swart mense wat in die sogenaamde "blanke" gebied woonagtig was, nooit na hulle tuislande sou terugkeer nie en gevolglik as permanente inwoners van Suid-Afrika beskou moes word. Dit het ook beteken dat hulle daarop geregtig sou wees om hulle stemreg uit te oefen in die gebied waar hulle woon, hoewel hulle in daardie stadium nie in parlementêre verkiesings kon stem nie.43

Dit het gaandeweg duideliker geword dat die NP se Twaalfpuntplan wat in 1979 deur al die partykongresse goedgekeur en aanvaar is en die basis vir die 1981-verkiesingsmanifes gevorm het, nie kon werk vir die politieke regte van swartes nie. Daarin is byvoorbeeld voorsien: "Die daarstelling van konstitusionele strukture wat voorsiening maak vir die volle onafhanklikheid van die onderskeie swart volkere in die RSA, sinvolle konsolidasie van swart state en gebiede, en die aanvaarding van 'n sosio- ekonomiese program gerig op die ontwikkeling van sodanige swart state en gebiede." In die toeligting is lig gewerp hierop: "Die ideale bestel sou een wees waarin elke volk hom sou kon regeer soos hy wil, verkieslik binne sy eie geografiese gebied. Die nedersettingspatroon van die swart volke maak dit grootliks moontlik om so 'n bestel vir hulle te verwesenlik", terwyl "ten opsigte van swart mense wat buite hulle nasionale state

43

woonagtig is, voortgesette politieke verbondenheid aan hulle nasionale state nagestreef word".44

In 'n rigtinggewende beleidstoespraak tydens die opening van die parle- ment, het die Suid-Afrikaanse president, PW Botha, egter op 25 Januarie 1985 nadruklik verklaar dat die regering die permanensie van die groot getal swart mense buite die TBVC- en selfregerende state aanvaar. Dit het besliste implikasies ten opsigte van burgerskap gehad en etlike maande daarna het die president aangekondig dat Suid-Afrikaanse burgerskap aanvaar moes word vir diegene wat dit vanweë die onafhank- likheid van die TBVC-state verloor het, dog permanent in Suid-Afrika woonagtig was. Die regering was ook bereid om die Suid-Afrikaanse burgerskap, in samewerking met die onderskeie regerings, van diegene wat binne die TBVC-state woon, te herstel op 'n grondslag dat hulle dan dubbele burgerskap sou hê. Botha sluit af: "Die belangrike besluite wat ek so pas aan u verduidelik het, is die resultaat van onder meer die ywer en begrip van vele swart leiers op talle terreine. So sal ons gesamentlik 'n toekoms bou, nie deur klippe te gooi en rooi vlae te swaai nie. So sal ons 'n geordende gemeenskap met 'n plek vir ons almal se kinders skep, (en) nie deur slagspreuke op buitelandse televisieskerms te bulder nie."45

Hierdie besluit het uiteraard die gang van die geskiedenis verander, omdat dit nou vanself gespreek het dat alle inwoners van 'n onverdeelde Suid- Afrika op gelykwaardige burgerskap geregtig is - uiteraard met die ge- paardgaande verantwoordelikhede en voorregte. Maar die tuislandbeleid is toe nog nie laat vaar nie en daar was nog nie sprake van verteenwoordiging vir swartes in die parlement nie.

44

Manifes van die Nasionale Party, verkiesing 29 April 1981.

45

Aucamp-versameling, verklaring deur die Staatspresident, 11 September 1985 en toespraak deur pres. PW Botha tydens die opening van die parlement, 25 Januarie 1985.

Tydens die openingsrede van die parlement waarna in die voorlaaste paragraaf verwys is, het pres. Botha ook aangebied om Nelson Mandela vry te laat, mits hy sou onderneem om van geweld af te sien. In sy antwoord, wat namens hom deur sy dogter, Zinzi, voor 'n juigende gehoor van swart ondersteuners oorgedra is, het Mandela die aanbod summier van die hand gewys.46 Ander sake wat tydens die toespraak uitgewys is

en in wetgewing vervat moes word, het benewens burgerskap, ingesluit: die uitbreiding van magte van die selfregerende state, die betrokkenheid van swart gemeenskappe, 'n eenvormige identiteitsdokument vir lede van alle bevolkingsgemeenskappe, die herstrukturering van die provinsiale stelsel en 'n verstedelikingsbeleid.47

In nog 'n belangrike toespraak voor die parlement op 17 April 1986 verwys PW Botha na verdere wetgewing op die hervormingsterrein wat in verskil- lende stadia was, maar nog voor die einde van die sitting afgehandel moes word:

• Die Kieswetsontwerp vir Plaaslike Owerheidsliggame; • Die Wetsontwerp op Provinsiale Regering;

• Die Wetsontwerp op Selfregerende Gebiede; • Die Wetsontwerp op Dorpsontwikkeling;

• Die Wysigingswetsontwerp op Swart Plaaslike Owerhede;

• Die Wysigingswetsontwerp op die Ontwikkeling van Swart Ge- meenskappe;

• Die Wetsontwerp op die Afskaffing van Instromingsbeheermaat- reëls en

• Die Wysigingswetsontwerp op Staatkundige Ontwikkeling.48

46

FW de Klerk, Die laaste trek – 'n nuwe begin, p. 119; Mandela, pp. 509-511.

47

Skietgoed, NP Federale Inligtingsdiens, 1/1986.

48

Ibid.; Aucamp-versameling, toespraak van pres. PW Botha, 17 April 1986; Hansard, 17 April

Die Twaalfpuntplan, waarna vroeër verwys is, was die NP se program van aksie, want artikel 25 van die program van beginsels het bepaal dat "...ten tye van verkiesings ... stel die Nasionale Party sy Program van Aksie vas, gegrond op hierdie Program van Beginsels as sy politieke grondwet". Die program van beginsels is in wese onveranderd gelaat tot in die tagtiger- jare, sedert dr. DF Malan in 1935 die oorspronklike beginsels wat met die stigting van die NP aanvaar is, herskryf het. Onder die opskrif "Karakter en doel" het paragraaf 2(b) bepaal: "Die Party staan vir die regverdige en gelyke behandeling van alle dele van Suid-Afrika, en vir die onpartydige handhawing van die regte en voorregte van elke deel van die bevolking."49

Sedert bogenoemde formulerings het NP-leiers toenemend besef dat die groepsgebaseerde filosofie nie vir swartes aanvaarbaar is nie en 'n formele beleidsverandering 'n voorvereiste vir sinvolle onderhandelings sou wees. Hierdie nuwe beleidsraamwerk sou die basis vorm van die NP se manifes tydens die 1987-verkiesing. Vir die NP was dit inderdaad 'n polities-ingrypende tydperk. Teen 1988 is reeds meer as 100 apartheids- wette afgeskaf - meestal dié waarmee apartheid vereenselwig was, soos gesegregeerde hotelle, vermaaklikheidsplekke en openbare geriewe; pas- wette; wette wat teen swartes in die werkplek gediskrimineer het; wette wat verhoed het dat swartes eiendom buite tuislande besit; wette wat die stigting van veelrassige politieke partye verbied en wette wat met ge- mengde sport ingemeng het.50

Hoewel die verwydering van hierdie "klein apartheid" (in die buiteland bekend as "petty apartheid") deur die meerderheid van die NP-onder- steuners aanvaar is, was daar 'n gemor onder die sogenaamde regter- vleuel in die party onder leiding van dr. Andries Treurnicht totdat hulle in

49

Aucamp-versameling, konstitusie van die Nasionale Party van Suid-Afrika, 1980.

50

1982 as die Konserwatiewe Party (KP) weggebreek het. Sy voortgesette verset teen hervorming het hom die bynaam "Doctor No" besorg. Daarna was daar 'n groot mate van eensgesindheid onder Nasionaliste dat die verwydering van "klein apartheid" nie hulle uiteindelike selfbeskikkingsreg in die gedrang sou bring nie.

Hierbenewens is plaaslike bestuurstrukture vir alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe gevestig en in 1986 is die eerste veelrassige provinsiale administrasies geskep. Die NP was op die tydstip bereid om onder- handelinge met swart Suid-Afrikaners aan te knoop oor die toekomstige grondwetlike strukture van die land. Teen 1988 was die vernaamste oor- blywende apartheidsmaatreëls die volgende: rasseklassifikasie, afsonder- like woonbuurte, skole en hospitale en die feit dat swartes nog nie volle stemreg gehad het nie.51 Hierdie demokratiese proses was egter in swang

en onomkeerbaar.

51

HOOFSTUK 2

DIE NASIONALE PARTY – VOLKSBEWEGING EN