• No results found

Santa Gamka as dorpsraam en Bethesda as plaasraam

HOOFSTUK 3 DRIE: ANALISE EN INTERPRETASIE VAN ROMANS

3.1 Eben Venter: Biografie en romanoeuvre

3.4.9 Santa Gamka as dorpsraam en Bethesda as plaasraam

Die duidelike klasseverdeling in Santa Gamka word gesien in die onderskeid tussen die mense van die Bodorp en die van die Onderdorp (48). Die feit dat daar soveel mense in die tronk is vanweë verkragting (39) is ʼn bevestiging van die omstandighede waarin Lucky homself bevind en die soort mense waardeur hy heel waarskynlik sy lewe lank omring is. Wat werk betref, is daar ook slegs drie soorte werke om van te kies in Santa Gamka, naamlik “huise bou en plaaswerk en toerisme” (113). Hierdie twee aspekte wat deur Venter in die roman uitgelig word, moes beslis ʼn invloed op die vorming van Lucky se persoonlikheid én manlikheid hê aangesien dit blyk dat die hele dorp deur misdaad en werkloosheid geraak word. In die groter historiese konteks waarbinne die roman gesitueer is, word dit duidelik dat Santa Gamka ʼn mikrokosmos is van Suid-Afrika met sy postapartheid-probleme soos armoede, werkloosheid, misdaad en onverdraagsaamheid. Verder is Santa Gamka ook geleë in die Groot-Karoo en dit is veral die probleme wat daar voorkom wat Venter oopskryf in die roman.

Venter skep deur Lucky se fokalisasie ʼn beeld van die ander tipes manlikhede wat aangetref word op Santa Gamka:

“En verby die tennisbane waarnatoe boeremans Woensdagmiddae kom vanaf hulle plase uit op die vlaktes van die Groot-Karoo of Frisgewaagdevallei of vanaf Wildeperdevallei, almal in hoogdrawende wit twin cabs of silwer Mercedese of pikswart BMW’s – van al die karre wen die swart BMW loshande – en die boere, die tennisspelers almal in wit broeke en wit hemde kom speel hulle tennis, nie ʼn sorg nie, maar daar is seker as hy nou aan Rooiboer-meneer Kobus dink die ou balsak.” (42).

Hierdie beskrywing van die ander mans projekteer die manlikheidsbeeld van die suksesvolle man en Lucky neem dit waar omdat dit iets is wat hy nastreef en wat hom motiveer om net harder te werk. Die kontras tussen die ryk mans en die arm mans van die Onderdorp en die

om ʼn beter lewe te vestig met die geld van die einste ryk mense wat neersien op die arm mense van die Onderdorp. Die roman suggereer dus ook in ʼn mate ʼn wraakmotief waar die jongman wat as minder belangrik geag word vanweë sy agtergrond, sy agtergrond gebruik om die imposante wonings van die mense van die Bodorp binne te dring en geld te maak uit die mense deur sy dienste te lewer.

Soos in Foxtrot van die Vleiseters en Ek stamel ek sterwe kom die plaasraam ook voor in Santa

Gamka, maar dit blyk dat die hooffunksie daarvan is om te dien as beweegrede vir Lucky om ʼn rent boy te word. Hy wil ontsnap van die arm omstandighede waarin hy grootgeword het – “Ek

kort ʼn kar. As ek ʼn Chico het, kan ek doen net wat ek wil.” (112) – en om ʼn rent boy te wees, is volgens hom die perfekte werk om op sy voete te kom, maar hy besef ook hy moet waak daarteen om nie verslaaf te raak daaraan nie (112). Hy hou egter ook die rede voor dat daar nie werk is vir jongmense in die omgewing nie en dat hy doen wat hy kan, maar dat dit tydelik is (257).

Die plaas Bethesda, sowat 20 kilometer buite Santa Gamka geleë, speel ʼn belangrike rol in die vorming van Lucky se karakter aangesien dit blyk dat sy armoedige grootwordjare die grootste dryfveer is om weg te breek van Santa Gamka en Bethesda. Dit is juis sy soeke na ʼn beter lewe wat hom motiveer om met trots en doelgerigtheid sy werk as rent boy te doen. Dit is duidelik dat die rame waarin hy grootgeword het (ten minste gedeeltelik) daartoe gelei het dat hy die seksuele skripte in die roman uitvoer – veral aangesien die werkershuis op die plaas waarin hulle gewoon het, te klein was vir almal om hul eie kamers te hê en daarom kon Lucky van kleins af reeds “allerhande soorte sugte en kreune uit sy pa en ma se gate” (14) hoor. Hierdie ervaring van sy pa en ma het ʼn wesenlike invloed op die ontwikkeling van sy persepsie van die lewe en liefde gehad en dit is duidelik wanneer hy dink:

“Dis net ʼn brousel en sy pa en sy ma is al twee saam daar in. Met liefde het dit niks te make nie.” (26).

Venter lewer hier kommentaar op die invloed wat die omgewing waarin mense grootword het op hul latere optredes en besluite. Voorts besin hy ook oor die lewensomstandighede van plaaswerkers en arm gemeenskappe waar kinders gekonfronteer word met seksualiteit op ouderdomme waarop hulle nie gereed is daarvoor nie. Die belangrikheid van hierdie oopskryf van lewensomstandighede is belangrik aangesien dít waaraan kinders blootgestel word in gemeenskappe ook bepalend is vir die tipe persone wat hulle as volwassenes word. Venter toon hier op ʼn nieveroordelende wyse hoe die vorming van manlikheid beslis ook beïnvloed kan word deur die omgewing en sosiale interaksies wat seuns het terwyl hulle grootword. Lucky leer

liefde ʼn luukse maak wat mense nie kan bekostig nie of selfs waarop hulle nie geregtig is nie. Hulle dink hulle kan nie daarop aanspraak maak nie juis omdat oorlewing die heel belangrikste is. Daarna kom aanvaarding, gehoorsaming en die vervulling van die mees basiese behoeftes.