• No results found

Samevatting van die metateoretiese perspektiewe

HOOFSTUK 6: SAMEVATTING, SLOT, AANBEVELINGS EN TEMAS VIR

6.2 Samevatting van die basisteoretiese perspektiewe

6.2.5 Samevatting van die metateoretiese perspektiewe

 Hoofstuk 4 wys daarop dat God teenwoordig is in dit wat „n jeugbediening moet laat realiseer en bereik, naamlik die Fokus op Jesus Christus, Meer Liefde en die maak van Dissipels. Die metateorie wys daarop dat gemeentes die jeug moet omhels en laat deel in elke faset en aspek van “kerk-wees”.  Gesinne en families in die Bybel speel volgens hoofstuk 4 ʼn geweldige groot

rol en kinders word nie uitgesluit uit die handelinge van God nie.

 Die strategieë wat aangevoer word, word deur die PDYM in hoofstuk 4, ontvou deur te fokus op Jesus en die opdragte en gebod, wat deur Jesus self gegee is. Die doel en uitsette van die opdragte gaan oor die persoonlike ontmoeting met Jesus.

 Die basis van die PDYM is om getuies van Jesus Christus te wees en hierdie boodskap, naamlik die evangelie van Jesus Christus, te kommunikeer en bestaansreg binne Jesus Christus te verkry.

 Die metateoretiese dui aan dat tendense binne jeugbedienings erken dat daar „n fokus nodig is en dat hierdie fokus Jesus Christus is.

 Hoofstuk 4 toon aan dat jeugbediening se primêre bestaan gekwalifiseer word deur jongmense in „n verhouding met Jesus Christus te begelei.

 Die metateoretiese perspektiewe bring die gevolgtrekking na vore dat jeugbedienings nie sal slaag, indien die klem nie op die navolging van Jesus Christus geplaas word nie. Die tendense rakende die fokus op Jesus Christus, as die basiese sleutel tot jeugbediening, word toenemend ʼn onmiskenbare feit.

6.2.5.2 DIE GROOT GEBOD: LIEFDE VIR GOD EN VIR JOU NAASTE

 Die PDYM se doelstellings word uit die groot gebod verleen, daar word „n geweldige groot hoeveelheid bedieningsenergie gegee aan die bou van verhoudings en so die liefdesgebod binne die PDYM se jeugbediening sigbaar te maak.

 Die PDYM neem die standpunt in dat „n jeugbediening nie sonder hierdie verhoudings relevant of lewensveranderend kan wees nie.

 Die PDYM begryp die Groot Opdrag, dat die liefdesgebod mense nader aan Jesus Christus trek en poog om in al hulle aktiwiteite hierdie liefde ten toon te stel en uit te leef.

 Die Saddleback gemeente, waarbinne die PDYM funksioneer, bereik deur hulle inklusiewe benadering, „n begrip vir jongmense se konteks en tendense, waardeur liefdevolle verhoudinge binne die gemeente as geheel toenemend bevorder word.

 Die PDYM model het ten doel om toenemende liefde vir die buite-kerklike jongmense te kweek en hulle deel te maak van die geloofsgemeenskap.  Tendensie uit die metateorie wys dat die Groot Opdrag binne „n

jeugbediening slegs uitgevoer word as die Groot Gebod teenwoordig is. Daar moet „n liefde vir die buitekerklike tiener/jongmens wees, sowel as die toenemende liefde vir die tieners en jongmense binne „n gemeente.

 Identiteit word binne in Jesus Christus gevorm wanneer liefdevolle verhoudings binne die jeugbediening gevorm word. Dit is van kardinale belang vir die jongmens om deel te word van „n geloofsgemeenskap.

 Liefdevolle verhoudings binne „n jeugbediening word nie gevorm deur die kliniese oordra van kennis nie. Die oordra van kennis alleen beweeg nie die jongmens om deel te word van „n geloofsgemeenskap nie.

6.2.5.3 DIE GROOT OPDRAG: GAAN MAAK DISSIPELS

 Die PDYM se doelstellings word verleen uit die Groot Opdrag.

 Die PDYM se proses van dissipels maak, realiseer deur persone van die “community” te begelei na die “core”.

 Hoofstuk 4 toon dat die PDYM „n gedifferensieerde benadering volg om elke persoon op hulle vlak en by hulle stadium van geloofsgroei te ontmoet en verder te begelei tot „n volwasse gelowige.

 Die PDYM volg „n inklusiewe benadering en die jeugbediening deel ten volle aan die dissipelmaakproses van die groter gemeente.

 Die metateorie wys daarop dat die Groot Opdrag binne die leefwêreld van die post-moderne jongmens, ʼn indiepte kulturele studie moet ondergaan en geduld met die ontwikkeling van die proses moet hê, om „n relevante gestalte binne „n plaaslike gemeente te verkry, waardeur die uitvoering van Groot

Opdrag die kultuur sal skep, waardeur jongmense leer hoe om te dien, eerder as om bedien te word.

 Dit is noodsaaklik vir „n jeugbediening om „n dissipelskap proses daar te stel en Jesus se taak aan sy kerk uit te voer.

 Die maak van dissipels moet as beginsel binne „n jeugbediening erken en ondersoek word.

6.2.5.4 DIE AGT ELEMENTE VAN „N JEUGBEDIENING

 Die PDYM volg „n inklusiewe benadering, met die doel om die jeug en jeugbediening ten volle deel te maak van die groter Saddleback gemeente en die agt elemente word as deel van die jeugbediening gebruik om die Groot Gebod en Groot Opdrag tot uitvoer te bring.

 Gemeentes moet inklusiewe benaderings volg en die jeugbediening moet ten volle deel wees van „n gemeente en die aktiwiteite van „n gemeente.

 Die wyse van onderrig aan die jeug, moet die jongmens begelei om „n liefde vir onderrig te ontwikkel en die proses van lering te ontwikkel, tot „n voortdurende lewenswyse.

 Prediking aan jongmense om lewensverandering te bewerkstellig is noodsaaklik en sal alleen „n positiewe resultaat lewer, indien die prediking Bybelse beginsels neerlê en dit op so „n vlak preek, dat dit verstaanbaar is vir die tiener.

 Jongmense benodig eredienste wat die jeug in konteks verstaan deur onder andere tegnologie te gebruik om die boodskap te verkondig. Die musiekstyl binne die erediens moet ter ere van God, „n vorm aanneem wat vir jeug bekend is.

 Die metateorie wys dat jeugbediening „n veilige plek skep, binne die onveilige konteks waarbinne jongmense hulleself bevind en waar hulle deur pastorale sorg veilig begelei kan word na lewensverandering.

 Koinonia binne „n jeugbediening, laat die jongmens geborgenheid ervaar, en word deur die Groot Gebod tot uitvoer gebring.

 Jongmense wil dien en glo dat liefde sigbaar word deur diens aan mekaar en nie deur die tekstuele verduideliking van liefde nie.

 Jeugbediening binne die metateoretiese toon aan dat dit noodsaaklik is, selfs die verantwoordelikheid het om die marturia van Jesus Christus en sy werking te wees in jongmense se lewe, tot geloofsversterking.

 Deur die kubernesis en administrasie binne „n jeugbediening word so ʼn bediening geaktiveer om die Groot Fokus, Groot Opdrag en Groot Gebod uit te voer.

6.2.6 Samevatting van die empiriese navorsing