• No results found

Basisteoretiese perspektiewe vir die praktykteorie

HOOFSTUK 2: BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE

2.7 DIE AGT ELEMENTE VAN JEUGBEDIENING

2.7.1 Basisteoretiese perspektiewe vir die praktykteorie

Vir volledigheid van hierdie studie sal kortliks na elemente, oftewel geloofshandelinge verwys word in die basisteorie, wat in diens staan van die Groot Fokus, Groot Gebod, en Groot Opdrag. Die elemente of eienskappe sal ondersoek word wanneer daar na die metateoretiese verwys word en bepaal word of dit van waarde kan wees om ʼn praktykteorie te formuleer vir jeugbediening. Wanneer die Groot Fokus, Groot Gebod en Groot Opdrag binne ʼn jeugbediening uitgevoer word, sal bepaal word of bedieningsmodel aanbeveel kan word, na aanleiding van die studie van Nel (1998:88-96).

Nel (1998:88) stel agt velde voor wat binne ʼn jeugbediening bestaan. Daar sal in hierdie studie bepaal word of die agt elemente van toepassing kan wees in die GKSA se bediening aan die jeug. Daar sal gekyk word of hierdie agt elemente ook binne die GKSA ʼn omvattende bediening aan die jeug kan laat realiseer. Dit sal getoets word aan die kriteria of dit die fokus op Jesus Christus onderskryf, deur die bedieningsareas te laat realiseer binne die liefdesgebod, en die uitvoering van die groot opdrag, naamlik, om dissipels te maak.

2.7.1.2 Kerugma/Prediking

Romeine 10:14-15:

“Maar hoe kan ʼn mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is

nie? Daar staan ook geskrywe: „Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.‟”

Kerugma het as inhoud hoofsaaklik die leer van die apostels, naamlik, die boodskap van Jesus se kruisiging en opstanding, geloof dat Jesus die Seun van God is, en die belydenis dat ʼn persoon ʼn dissipel van Jesus Christus wil word (Dreyer, 2003:44). Letšosa (2005:77) wys daarop dat die woordverkondiging en prediking deur die Heilige Gees oopgebreek word sowel as die begrip en verstaan van God se Woord. Gebed is nodig vir Kerugma, sodat die lidmate en jongmense ten volle aan die belewing van die prediking deel kan hê.

God kom deur Kerugma as sentrale modus van prediking na die jeug. Die prediking moet binne ʼn plaaslike gemeente van so ʼn aard wees dat dit ook toegespits is op die jong lidmaat in die gemeente. Die jeug moet ook deur die prediking tot ʼn bestaanswyse geroep word. Moderne insigte in die homeletiek moet geïmplementeer word, sodat die boodskap die ontvanger bereik, en waar daar na jeugbediening verwys word, moet die boodskap die jeug ook bereik (Nel, 1998:89).

2.7.1.3 Leitourgia/Erediens

Volgens Letšosa (2005:67-71) bestaan Leitourgia uit die volgende wesenselemente:  Skriflesing

 Psalms, gesange en ander geestelike liedere  Gemeenskaplike gebede

 Gemeenskaplike maaltyd  Nagmaal

 Persoonlike liefdesdiens aan mense

 Die diens aan Christus (Romeine 15:16; Filippense 2:17)  Die samekoms van die dissipels om te bid (Handelinge 13:2)  Doop

Wanneer ʼn gemeente deur die Leitourgia van Jesus Christus tot die teenwoordigheid van God toetree, moet die jeug ten volle deel in die dinamika hiervan en deel hiervan wees. Daar behoort ʼn jeugsensitiewe liturgie plaas te vind. Die Bybel leer

ons dat die aanbidding oor meer gaan as die formele liturgiese samekoms (Dreyer, 2003:45).

Die kind moet betrokke gemaak word by die erediens, doop en nagmaal, sodat hy God hierdeur as werklikheid kan beleef (Breed, 1993:132).

Die musiek binne die erediens moet volgens Letšosa (2005:205) oor die volgende basisteorietiese beginsels beskik:

 Dit moet Skrifgetrou wees.  Dit moet God verheerlik.

 Dit moet ʼn atmosfeer skep wat geskik is vir God om met Sy mense bemoeienis te maak.

 Dit moet verstaanbaar wees vir die jongmense, gelei deur die Heilige Gees.  Die sang tot lof van God, moet getuig dat dit Geesvervuld is, en hierdie

Geesvervulde lofprysing en aanbidding, sal die aanbiddingsruimte vul.

2.7.1.4 Didache/Onderrig

Dis is noodsaaklik dat vanuit die simboliese herdenking van God se dade, kinders as deel van die gesin, opnuut onderrig word, deur die viering van herdenkings geleenthede (Breed, 1993:133). “Leer hulle om dit alles te onderhou” wys daarop dat die eerste kerk aanvaar het dat die lering van ʼn dissipel na sy doop voortgaan. Dit geld vir elke Christen, en vir die kerk om hierdie opdrag uit te voer.

Die onderig begelei die kind tot begrip van die konkrete betekenis van die lewe, soos deur God daargestel, vir sy verhouding met God in sy eie en andere se lewe (Breed, 1993:163).

Volgens Hendriksen (1973:1002) word elke dissipel wat gedoop is deur Jesus Christus “bevestig” in die amp om self hierdie opdrag te gaan uitvoer. Elke dissipel word deur God self beveel om dissipels te maak, hulle te doop en hulle te leer om alles te onderhou. Sien in hierdie studie 2.6.7 hierbo.

2.7.1.5 Paraklese/Pastorale sorg

Pastorale sorg word gesien as die konkrete werklikheid om mense te dien en omvat sekuriteit en ontferming (Matteus 9:36), troos en bemoediging (Filippense 2:1), hulp

en redding (Johannes 10:11), (Bosman, 2002:21). Dit dui op God se sorgende omgang met sy mense in nood.

Onderrig geskied deur liefdevolle versorging aan die kind, waardeur die liefdevolle sorg van God ook deur ouers geïllustreer word (Breed, 1993:210).

Volgens Nel (1998:91) is dit die mees verwaarloosde bediening wanneer dit kom by jongmense en kinders. Die paraklese wil uitlei uit die lewe van onvolkomenheid en inlei in ʼn lewe van heil, ten spyte van die gebrokenheid. Nel (1998:91) stel dit soos volg:

“Daar is te min modi wat so vanweë sy eie aard “verduidelik” dat kinders en jongmense alles nodig het wat die ander gelowiges nodig het, net meer en in gedifferensieerd -toegespitste vorm.”