• No results found

Bedryfsuitgawes Beplan u om spreekkamers te koop of te huur?

Aktiveer u keuse deur op die oranje blokkie te klik.

Koop:

Koopsom van u eiendom

Dit is die bedrag waarvoor die eiendom aangekoop word.

Bedrag wat u wil finansier

U wil moontlik nie die totale bedrag van die koopsom leen nie. U het dalk kontant beskikbaar wat u dadelik op die eiendom wil afbetaal. Dui dus hier slegs die bedrag aan wat u wil leen om die eiendom mee te koop.

Terugbetalingstermyn in jare

Dui die termyn aan waaroor u die gefinansierde bedrag wil terugbetaal. Dit is normaalweg 20 jaar.

Rentekoers Die koers wissel gewoonlik en verskil ook per individuele profiel van die aansoeker. Vind by u bank of bougenootskap uit watter koers hulle u kan bied en sleutel dit hier in. Die %-teken hoef nie ingetik te word nie en sal outomaties verskyn.

Huur:

Huurbedrag Sleutel die bedrag in waarvoor die eiendom gehuur sal word

Versekering betaalbaar op die eiendom

Dui hier aan wat die versekeringsbedrag vir die eiendom is.

Salaris van die ontvangspersoon

Bereken die totale koste van die persoon – bonusse, ensovoorts ingesluit.

Bydraes tot werkloosheid- versekering

Hiervoor moet u ’n klein berekeninkie maak. Indien u permanent werknemers in diens het, is u verplig om hulle vir werkloosheidversekering te registreer. Dit sal die werknemer in staat stel om vir ’n tydperk van die fonds te eis sou hy/sy hul werk verloor. Die bydraes tot die fonds is tans (2006) 1% van die bruto salaris per maand wat deur beide die werkgewer en die werknemer tot die fonds bygedra moet word.

Vergoedingskommissaris Indien u ’n werknemer het wat die gevaar loop om aan diens beseer te raak, moet u ’n bydrae tot die vergoedingskommissaris maak. U bydrae word deur die kommissaris bereken op die totale salarisrekening en kan by navraag deur die kommissariaat aan u verskaf word.

Bydraes vir

streeksdiensterade

Hierdie bydrae het verval. U kan hier eerder die bydrae aan die vergoedingskommisaris verreken.

Skoonmaakdienste U sou kon oorweeg om ’n huishulp in diens te neem, of van skoonmaakdienste gebruik te maak. U eie behoeftes

sal die aard en omvang hiervan bepaal.

Tuindienste Ook hier sal u unieke behoeftes en die aard en ligging van u praktyk, die bedrag bepaal.

Advertensiekoste per maand

U kan oorweeg om te begroot vir reklame- en advertensiekoste. Dit sal maandeliks in u kontantvloei gereflekteer word.

Skryfbehoeftes per maand

Stipuleer hier bloot u skryfbehoeftes en moontlik drukkerspapier; posgeld word elders verreken.

Diverse uitgawes per maand

Dit mag wys wees om vir onvoorsiene omstandighede te begroot. Daar sal altyd kleiner diverse uitgawes per maand in enige praktyk wees. Dit sluit kleiner uitgawes van ’n onvoorsiene aard in.

Professionele lisensie en ledegeld per maand

U ledegelde aan verenigings wat met u professie te make het, kan hier gereflekteer word. Let daarop dat professionele versekering in die volgende item gespesifiseer word en dus nie hier figureer nie.

Professionele versekering per maand

Versprei u professionele versekering per maand en verreken dit hier.

Selfoonkoste per maand Dui hier u selfoonkostes wat direk met u praktyk te make het, aan.

Telefoon- en fakskoste per maand

Soos met die selfoon, stipuleer u hier die koste van telefoonlandlyne se huur en gebruik, asook alle kostes van ten opsigte van die faksmasjien se huur, gebruik en onderhoud.

Verbruikersgoedere per maand

Dui hier aan wat verbruikersgoedere u per maand in die praktyk gaan kos. Dit sluit kruideniers soos koffie, tee, melk, suiker en ander items wat u verbruik, in.

Posgeld per maand Probeer uitreken hoeveel rekeninge, verslae en ander korrespondensies u per maand gaan genereer, sommeer dit vir koeverte en seëls en registrasiekostes.

Fotostaatkoste per maand

'n Fotostaatmasjien gaan waarskynlik onontbeerlik wees. Bereken die onderhoud of dienskoste, sowel as

onderhoud, ink, ensovoorts daarvan. Hou in gedagte dat u moontlik reeds papier by skryfbehoeftes ingereken het. Let wel: Huur- of kooppaaiemente word later verreken. Posbushuur per maand U praktyk se posbushuur kan hier verreken word. Kleinkasbydrae per

maand

Dit mag moontlik nodig wees om naas die begroting vir diverse uitgawes, hier te begroot vir ’n kleinkasbydrae. Hieruit kan kleiner items wat op die ingewing van die oomblik benodig word, betaal word.

Skoonmaakmiddels Skoonmaakmiddels dra gewoonlik proporsioneel baie tot u verbruikersgoedere by. Dit word hier apart aangetoon ten einde dit beter te kan kontroleer. U sou dit ook onder verbruikersgoedere kon insluit. Maak egter seker dat u dit nie op beide plekke verreken nie.

Maandelikse onderhoud en verbeteringe aan praktyk

Indien u die perseel vir u praktyk huur, mag hierdie die verantwoordelikheid van die perseel se eienaar wees. Indien die perseel aan u behoort, sal onderhoud en breekskade ongelukkig ’n gegewe wees. Begroot vir hierdie onvoorsiene en groter uitgawes deur maandeliks reserwes daarvoor opsy te sit.

Sekuriteit en alarms Indien dit nie by u huurbedrag ingesluit is nie, kan u hiervoor begroot.

Water en elektrisiteit Afhangende van ’n moontlike huurooreenkoms wat hierdie komponent mag insluit, mag u dit nodig vind om vir water en elektrisiteit te begroot.

Erfbelasting Hierdie item sal slegs geld indien u die eiendom besit. Reis- en vervoerkoste per

maand

Hou in gedagte dat u aanvanklik baie mag reis om uself te bemark. Voorsien in hierdie item wat al u amptelike reiskostes sal beloop. Slytasie, of te wel waardevermindering, hoef nie hier verreken te word nie, aangesien dit bloot ’n rekenkundige inskrywing sal behels en nie ’n kontantvloei-impak sal hê nie.

Subskripsies per maand Ledegelde aan joernale, boeke en ander materiaal is hier ter sake. Onthou dat u reeds vir ledegelde aan verenigings voorsiening gemaak het.

Skenkings per maand Gegee u altruïstiese aard as sielkundige mag u ’n behoefte aan skenkings ervaar. Afhangende van hoe ruim u daarvoor wil begroot, kan die bedrag hier verreken word.

Persoonlike groei- en ontwikkelingsuitgawes per maand

U mag dalk erns met u eie groei en ontwikkelingsbehoeftes maak en dit nodig vind om bywonings van kongresse, seminare, besprekings of ander opleidingsgeleenthede te verreken.

Ander persoonlike en unieke uitgawes

Gebruik hierdie afdeling vir enige gereelde uitgawe wat nie in enige ander kategorie inpas nie.