• No results found

Item Uiteensetting

Verblyfkoste:

Beplan u om ’n eiendom vir verblyf te koop of te huur?

Besluit waar u gaan bly. Behels dit koop of huur? Maak die keuse en klik op die opsie. Ongelukkig is die simulasie vir 12 maande, dus u het nie die opsie om u simulasie vir byvoorbeeld ses maande se huur en ses maande se koop voor te berei nie. Die simulasie is ook beperk tot een eiendom.

Koop:

Markwaarde van die eiendom

Dit is die koopsom van die eiendom.

Bedrag wat u wil finansier

U wil moontlik nie die totale bedrag van die koopsom leen nie. U het dalk kontant beskikbaar wat u dadelik op die eiendom wil afbetaal. Dui dus hier slegs die bedrag aan wat u wil leen om die eiendom mee te koop.

Terugbetalingstermyn in jare

Dui die termyn aan waaroor u die gefinansierde bedrag wil terugbetaal. Dit is normaalweg 20 jaar.

Rentekoers Die koers wissel gewoonlik en verskil ook per individuele profiel van die aansoeker. Vind by u bank of

bougenootskap uit watter koers hulle aan u kan bied en sleutel dit hier in. Die %-teken hoef nie ingetik te word nie en sal outomaties verskyn.

Huur:

Huurbedrag Sleutel hier die maandelikse bedrag waarvoor u die eiendom gaan huur in. Daar is weereens ’n beperking dat die syfer wat u hier invoer, vir die jaar van toepassing sal wees.

Motorkoste:

Beplan u om ’n voertuig te koop?

Oefen u keuse uit deur die blokkie te aktiveer deur daarop te klik.

Koopsom van die voertuig

Sleutel hier in hoeveel die motor u kos.

Bedrag wat u wil finansier.

Soos met die koop van die eiendom mag u dalk oor ’n groot deposito beskik. Sleutel dus hier slegs die bedrag in wat u moet gaan leen om die motor mee te betaal.

Terugbetalingstermyn in jare

Sleutel die termyn in jare in. Die termyn is normaalweg vyf jaar.

Betaal u tans maandelikse

voertuigpaaiemente?

Hierdie afdeling kan vir ’n tweede voertuig gebruik word. Alternatiewelik kan u die bruikleenpaaiement van u voertuig/voertuie hier insluit indien u nie van plan is om ’n motor te koop nie.

Voertuigversekering per maand

Sleutel die bedrag hier in. U word later gevra na u maandelikse korttermynversekeringskoste. Onthou om nie weer die motorversekering daar ook aan te dui nie.

Koste verbonde aan huisraad en –toerusting: Waarde van bestaande

huisraad

Dui die beraamde waarde van u huisraad hier aan.

Beplan u om nuwe huisraad by te koop?

Dui u keuse aan deur die oranje blokkie te aktiveer.

Waarde van nuwe aankope

Bedrag wat u wil finansier.

Dui weereens slegs die gedeelte van die koopsom wat u wil finansier, hier aan.

Terugbetalingstermyn in jare

Dui die termyn in jare hier aan. Hou in gedagte dat hierdie tipe persoonlike lenings baie onderhandelbaar is, maar dit het gewoonlik ’n hoër rentekoers en ’n korter afbetalingstermyn. In 2006 is ’n gemiddelde koers hiervoor ongeveer 17% en ’n afbetalingstermyn gewoonlik 1 jaar. Rentekoers Dui die koers aan waarteen u gaan terugbetaal. Dit is

weereens nie nodig om die %-teken in te sleutel nie. Betaal u tans

maandelikse

huisraadpaaiemente?

Aktiveer hier u keuse: Ja of Nee.

Indien u reeds huisraadpaaiemente het, verskaf die totale maandelikse

paaiemente

U kry hier die geleentheid om ander huurkoopbedrae wat reeds mag bestaan, te verreken. Sleutel dus hier die totale bedrag in van ander afbetalings wat u reeds doen. Onthou dat in die simulasie die bedrag dan vir die volgende jaar verreken sal word.

Persoonlike huishoudelike uitgawes Begrote maandelikse

paaiemente vir lewensversekering

Verkry hier ’n opinie van ’n versekeringsmakelaar na gelang van u persoonlike behoeftes.

Begrote maandelikse paaiemente vir ’n annuïteit

Gegee dat die privaat praktisyn self vir aftrede moet voorsiening maak, is hierdie ’n uiters belangrike komponent. Verkry leiding van ’n kundige om voldoende vir u aftrede te beplan en vul die maandelikse bedrag hier in.

Totale mediesefonds- bydrae per maand

Dit is die maandelikse bydrae wat u tot ’n mediese fonds maak. Dit sal varieer na gelang van u persoonlike profiel en ’n kwotasie deur verskeie makelaars mag lonend wees. Vul die maandelikse paaiement hier in.

Kruideniersware U kruideniersbegroting per maand word hier ingesleutel. Begrote bedrag vir

klerasierekeninge of gemiddelde kontant- aankope per maand

Wil u graag van student na praktisyn ’n persoonlike oormaaksessie beleef of is dit ’n geval van die “vere maak nie die voël nie”? Ewenwel, sleutel hier in wat u per maand aan klere gaan spandeer.

Begrote skoolfooie per maand

Skoolfooie per maand vir al u kinders saam, word hier ingesleutel.

Uitgawes aan kinders per maand

Kinders kos ongelukkig heelwat meer as skoolgeld. Reken hier ander kostes soos sakgeld, buitemuurs, stokperdjies, verenigings, ensovoorts in. Bereken die bedrag vir al u kinders. Wenk, sit liewer wanneer u dit doen, moenie staan nie!

Brandstof- en voertuigonderhouds- koste per maand

U sal ’n skatting moet maak volgens die brandstofverbruik, onderhoud en versieningsbehoeftes van u motor(s).

Water en elektrisiteit Hou in gedagte dat dit slegs die water en elektrisiteit van u huishouding is wat hier ter sake is. Die praktyk se rekening sal later apart verreken word.

Erfbelasting en ander heffings

U erfbelasting en moontlike ander heffings en belastings is hier aan die orde.

Telefoon (nie vir amptelike doeleindes nie)

Slegs u huistelefoon, vir privaatgebruik, word hier ingesluit. Die praktyk se telefoonrekeninge word later apart verreken.

Selfoon (nie vir amptelike doeleindes nie)

Slegs u privaatselfoon word hier ingesluit. Die praktyk se selfoonrekeninge word later apart verreken. U sal waarskynlik niks hier aandui nie, aangesien u selfoon waarskynlik aan die praktyk sal behoort.

Tuindienste en ander tuinuitgawes

U tuin moet onderhou en voortdurend verbeter word. Beraam wat die uitgawes per maand sal wees en sleutel die bedrag hier in.

Huishulp/skoonmaakdienste Bepaal, na gelang van u eie behoeftes, wat hierdie item u maandeliks uit die sak sal jaag.

Korttermynversekering Dit sluit al u persoonlike versekering in, uitgesluit die praktykversekering en die motorversekering (wat apart gespesifiseer word).

Voorsiening vir vakansies per maand

Hopelik sal u wil rus ook. Indien u wil voorsiening maak vir ’n vakansie, kan u oorweeg om maandeliks daarvoor te spaar. Sleutel die maandelikse bedrag hier in.

Apteek-, skoonheid- en ander rekeninge (klere uitgesluit)

Gebruik hierdie afdeling vir ander rekeninge soos u aptekersrekening en ander intekengelde wat u moontlik mag hê.

Vermaak en ontspanning per maand

Uiteet, stokperdjies, gimnasium en alles wat met vermaak, sosialiteit en ontspanning en oefening te make het, kan hier ingesleutel word.

Voorsiening vir belasting Met ’n eerste rondte sal hierdie maar ’n berekende raaiskoot moet wees. U moet hier voorsiening maak om persoonlike belasting te betaal op die verdienstes wat u uit alle bronne (salaris, praktyk, beleggings, ensovoorts) verkry.

Kort- en langtermyn kapitale beleggings

U mag besluit om maandelikse beleggings te maak. Sleutel die maandelikse bydrae daarvoor hier in.

Sekuriteit en alarmstelsels Sleutel die bedrag van u gewapende wagte en alarmstelsels met reaksiemagte hier in.

Betaaltelevisie Besluit of u vir betaalkanale kans sien en sleutel die bedrag in.

Ledegelde vir die huishouding

Tydskrifte, koerante en ander huishoudelike ledegelde is hier te sake.

Studiekostes

Totale bedrag van studielening

Hoeveel uitstaande studieskuld het u wat terugbetaal moet word? Sleutel dit hier in.

Terugbetalingstermyn in jare

Sleutel die ooreenkoms in jare wat u met u leninghouer het, hier in.

Rentekoers Die terugbetalingskoers word hier ingesleutel.