• No results found

Wat dink u is die kans dat die eienaar van die kafee op die hoek op enige van voorgenoemde vrae NEE sou kon antwoord en steeds ‘n kans het om op die langtermyn in besigheid te bly?

... ...

Indien u soos die meerderheid van Sielkunde- privaat praktisyns in die studie waarop die werkboek gebaseer is, slegs ‘n vae- of selfs geen idee het van u geldsake nie, is dit waarskynlik lonend om eers antwoorde op al voorgenoemde vrae te kry alvorens u verder met hierdie handleiding gaan. Indien u nog nie in praktyk is nie, maar bloot ‘n voornemende praktisyn is, kan voorgenoemde merklysie dien as ‘n uiteensetting van die slaggate waarteen u in praktyk moet waak.

Opdrag:

Verkry inligting oor al voorgenoemde aspekte sodat u op alle aspekte JA kan antwoord, slegs dan is u gereed om verder te beweeg. Maak asseblief ook seker dat u ‘n sisteem in plek stel waarmee u op enige gegewe tydstip toegang tot al voorgenoemde inligting kan bekom.

Groot firmas het meestal personeel in diens wat voltyds gemoeid is met die versameling en verwerking van bestuursinligting. Hierdie bestuursinligting is meestal finansieel van aard en dien as inset in die beplanning en beheer van die

onderneming. Sonder hierdie bestuursinligting is dit onmoontlik om toekomsbeplanning te doen; swakhede in die firma uit te wys; tendense te isoleer, die sterkpunte te identifiseer en om die firma op koers te hou. Gesien teen hierdie beste-praktyk beginsels is dit ondenkbaar dat u eie onderneming sonder ‘n eie stelsel van bestuursinligting, suksesvol sal kan wees. Bestuursinligting moet verkieslik vanaf maand een van praktyk versamel word.

Opdrag:

Verkry soveel as moontlik historiese inligting uit u praktyk as moontlik. Maak ‘n analise van u bedrywighede en maak seker dat u oor die volgende inligting beskik:

 Die hoeveelheid kliënte wat die afgelope tydperk per maand gesien is.

 Breek die getalle af in soveel moontlike groeperings, byvoorbeeld per ouderdom, per tipe diagnose, per tipe ingreep, ensovoorts.

U gaan later in die afdeling ‘n Strategiese plan vir u praktyk, telkens uit hierdie inligtingsbron put.

Noudat u die historiese aspekte van u praktyk in oënskou geneem het, sal u in staat wees om die volgende opdrag uit te voer. Indien u ‘n voornemende praktisyn is, kan u ‘n skatting maak van die bedrag in die volgende opdrag.

Opdrag:

Beskou u huidige lewenstyl en vra uself af watter bedrag u nodig het om tans gemaklik mee te lewe.

Onthou dat u al u finansiële verpligtinge moet verreken, dit sluit al u uitgawes in. U moet uitkom by ‘n bedrag wat benodig word om u huidige lewenstandaard te

handhaaf.

Lys die bedrag per maand: R……….*

* Vir meer detail in hierdie verband, sien die module oor Finansiële Bestuur.

Noudat u weet wat u benodig om tans gemaklik mee te lewe, kan die volgende vrae gevra word:

• Het u enige finansiële doelwitte vir die volgende drie tot vyf jaar?

• Watter faktore beïnvloed u vooruitskatting?

• Wat is u finansiële behoeftes oor die kort-, medium- en langtermyn?

• Het u ‘n idee van wat u eendag per maand sal moet verdien om finansieel onafhanklik te kan aftree? Wat is die bedrag in randwaarde vandag en wat gaan dit wees oor die aantal jare wat u beplan om af te tree?

• Beplan u met faktore soos u eie ontwikkelingsprofiel, u gesin se ontwikkelingsprofiel, stygende inflasie en algemene prysstygings in gedagte?

Opdrag:

Merk die opsie wat die beste op u van toepassing is.

 Ek het ‘n finansiële plan vir die mediumtermyn.

 Ek is pro-aktief vir die toekoms.

 Ek het ‘n reaktiewe houding oor my finansies vir die toekoms.

Ten einde die voorgenoemde in perspektief te stel, lys alle persone en of besighede waarvan u kennis dra wat finansieel welaf is en wat reaktief tot hul finansiële beplanning vir die toekoms staan?

U sal merk dat daar nie eers ‘n spasie vir so ‘n lysie gelaat is nie, aangesien sulke gevalle bloot nie bestaan nie! Wat dink u is die kans op finansiële sukses deur ‘n reaktiewe benadering te volg?

In ‘n poging om meer proaktief te wees, oorweeg die volgende:

U finansiële behoeftes Huidige randwaarde

Toekomstige randwaarde * Korttermyn finansiële behoeftes per maand

Mediumtermyn finansiële behoeftes (3-5 jaar) Langtermyn finansiële behoeftes (5-10 jaar) Aftree-behoeftes (10 jaar plus)

* Die berekening van toekomstige randwaarde word soos volg gedoen:

Stap 1: Neem die bedrag in huidige randwaarde, byvoorbeeld R20 000. Stap 2: Besluit vir watter termyn u beplan, byvoorbeeld vir ‘n vyf jaar-tydperk.

Stap 3: Skat ‘n gemiddelde inflasiekoers vir die tydperk waarvoor u beplan, byvoorbeeld 8%. (Terloops 8% is 'n uiters pessimistiese beraming.) Stap 4: Vermenigvuldig die huidige randwaarde met 8% (0,08).

Stap 5: Gebruik die vorige jaar se uitkoms as die inset vir die daarop volgende jaar om ‘n saamgestelde effek te verkry.

Die uitslag vir voorgenoemde berekening lyk soos volg: Basisbedrag vir

elke jaar van berekening

Jaar waarin berekening vir

die spesifieke jaar gedoen word

Geskatte gemiddelde inflasie vir die spesifieke jaar

Ekwivalente bedrag teen die

einde van die jaar R 20 000 1 jaar 8% R21 600 R 21 600 2 jaar 8% R23 328 R 23 328 3 jaar 8% R25 194 R 25 194 4 jaar 8% R27 209 R 27 209 5 jaar 8% R29 386

Uit voorgenoemde sal u merk dat indien u tans R20 000 benodig om gerieflik te lewe en indien daar geen groot veranderinge in u lewe plaasvind nie en die inflasiekoers op gemiddeld 8% gehandhaaf word, u oor vyf jaar van nou bykans R30 000 per maand sal benodig om dieselfde lewenstandaard te handhaaf.

Hieruit kan u maklik bepaal oor hoeveel jaar u beplan om af te tree en dan vir uself die berekening maak. Byvoorbeeld, indien u vandag sou afgetree, hoeveel geld sou u benodig het om van te lewe as al u verpligtinge in ag geneem word? Bereken hierdie bedrag vir uself. U gaan dit ook weer later gebruik wanneer u kontantvloei simulasies vir u praktyk gaan doen.

Vroeër in hierdie afdeling het is genoem dat u twee vrae moet beantwoord. Die eerste was oor die finansiële opbrengs wat u vir die toekoms benodig en die tweede was oor die risiko wat u bereid is om te verduur, gegee die opbrengs wat u verwag. Die punt is reeds gemaak dat laer risiko ook ‘n laer opbrengs behoort te laat realiseer. Dit is die rede waarom ‘n salaristrekker (waarskynlik) oor die langtermyn minder sal verdien as die suksesvolle entrepreneur.

Ten einde u eie risiko-profiel te bepaal, beskou die volgende opdrag.

Opdrag:

Dink na oor u eie toleransie vir finansiële risiko en merk af watter een van die volgende risiko-profiele u die beste pas:

Is u geneig om:

 Risiko te vermy?

 Risiko te verduur wanneer dit onvermydelik is?

 Risiko te benut om geleenthede te ontgin?

Skryf kort aantekeninge oor watter tipe risiko u bereid is om te dra ten einde finansiële welvaart vir u praktyk as besigheid te verseker.

……….………... ………... ………... ………... ……… ……… ……… ………

Noudat u besluit het of u oor voldoende entrepreneuriese vaardighede beskik om ‘n eie onderneming te bedryf en oor u persoonlike risiko-profiel besin het, asook u finansiële doelwitte geformuleer het, bly slegs een vraag oor: