• No results found

(Hierdie onderhoud is hoofsaaklik in Engels gevoer en deur die skrywer in Afrikaans vertaal)

Mev Powell, vertel my meer van Princess High en die tipiese probleme wat julle hier ondervind?

“Die skool ondervind geweldig baie probleme. Die skool is die naaste skool van alle skole aan Princess Informele Nedersetting.

76 

‘Structure liberates’ is een van my slagspreuke, want ek ervaar dat kinders wat in die Tshepang-program, Dora’s Arch en Rosca-program is, redelik gestabiliseer is, want hulle funksioneer binne ‘n struktuur wat hulp verleen met huiswek en dissipline en hulle ervaar dat hulle behoort en ook verantwoordelikhede het wat hulle moet nakom.

Kinders wat die slegste gedrag openbaar, kom merendeels nie uit die Informele Nedersetting nie, want soos reeds genoem kom hulle grootliks uit die bogenoemde programme uit.

Die probleme waarmee ons veral te doen het is ‘wholesale bunking’, ‘wholesale sex’ (‘they do boys or they do girls’, is die manier waarop daarna verwys word in die omgangstaal) en ‘n algemene gebrek aan dissipline. ‘They got an intolerable culture,’ noem ek dit. Laat ek verduidelik wat die rol van taxi’s is rakende die probleme wat ons hier ervaar. Taxi’s is ‘mobile trouble’ wat kinders help om met alkohol en dwelms by die skool aan te kom. Daar is tans samesprekings met die skoolbeheerliggaam, die provinsiale onderwysdepartement en die taxi-assosiasie aan die gang en daar word gewerk aan ‘n omkeerstrategie, wat begin lyk asof dit ‘n realiteit gaan word, sodat die taxi’s vennote sal word in die stryd teen alkohol, dwelms, losbandigheid en ‘n promeskue leefstyl.

Ek wil weer eens beklemtoon dat die kinders wat die slegste gedrag openbaar, nie noodwendig uit die Informele Nedersetting kom nie, veral nie as hulle binne die struktuur van ‘n program funksioneer nie. Daar is ‘n kontingent wat uit Dobsonville kom wat die groot sondebokke is as dit kom by ‘n gebrek aan dissipline wat uitloop op ‘mass-bunking’ en absolute ongehoorsaamheid.”

Watter ander probleme ondervind julle nog hier by die skool?

“Die groot probleem is dat die skool nie ‘n ‘village school’ is nie. Die kinders kom met 44 taxi’s by die skool aan uit alle windrigtings en afstande. Dit beteken dat daar geen manier is dat enige onderwyser of die hoof ‘n ouer in ‘n winkelsentrum kan raakloop en iets rakende hul kind onder hul aandag kan bring nie of dalk hulle Sondag by die kerk sal raakloop nie, die kinders is dus ‘anonymous’, ‘fearless’ en ‘reckless’. Daar is geen vorm van verwysing nie en van die kinders word by oumas en oupas groot.

Kom ek verduidelik met ‘n baie aktuele voorbeeld. In die vertrek hier langsaan sit ‘n ma wie se kind homself uit die Tshepang program ontslaan het, en hy is nou in groot moeilikheid. Hy

het geld gesteel by die skool. Dit sou nie gebeur het in byvoorbeeld die OVC-program van Susan Rammekwa by Tshepang nie.”

(Terwyl die skrywer daar is, kom die adjunkhoof met ‘n LO-juffrou in die gang af en agter hulle is omtrent 10 meisies wat gevang is waar hulle klas ‘gebunk’ het. Die hoof stel my voor en die juffrou wil weet of die skrywer nie nou met ‘n paar kinders kan werk nie. Die juffrou is, volgens haarself, onderrig in narratiewe berading. Die skrywer belowe dat hy sal kom. Daar word ‘n afspraak gemaak. Sy smeek en sê baie dankie. Hulle is radeloos).

“Jy sien, Dominee. Dit is die situasie waarmee ons daagliks te doen het. En daarby is daar nog heelwat ander bydraende faktore wat ons ook verder traumatiseer en soms met ons hande in ons hare laat sit. Baie van die kinders is slagoffers van kapings, verkragting, vroueroof en erge groepsdruk. Daar was twee voorvalle gedurende die afgelope twee weke. Ons sal so bly wees as jy ons kan kom help.”

Enkele opmerkings rakende die onderhoud met me Elaine Powell.

Die moedeloosheid en noodkrete was duidelik sigbaar, alhoewel daar wonderlike innerlike energie en ‘n roepingsbewustheid is om hierdie moeilike taak aan te pak. Die behoefte aan hulp en berading en selfs ontlonting het duidelik na vore gekom in die onderhoud. Dit het ook weer opnuut die noodsaaklikheid van verdere navorsing en studies oor die funksie van ‘n narratiewe benadering in agtergeblewe gebiede en Informele Nedersettings geaksentueer. Die moontlikheid en haalbaarheid van so ‘n projek, ten spyte van verskeie potensiële struikelblokke, word ook deur werk wat reeds op die terrein gedoen is, bevestig en gemotiveer.

“Zanele came from an underprivileged background where resources and access to psychotherapy were limited. A social worker referred her to our research team ... . She was assessed and treated by the first author (CP) at a hospital internship site under the clinical supervision of the second author (DE). All interaction was in English which Zanele understood at a basic level. CP was careful not to use jargon and encouraged her to ask questions if she did not understand anything. Zanele regularly did indicate when she did not follow what was said, and communication seemed to work well on this basis” (Payne & Edwards 2009:28).

Taalverskille en vaktaal en die uitdrukking van emosies en tolke is van die moontlike uitdagings, maar dit kan ook ondervang word deur goeie supervisie, goeie dokumentering en die noukeurige gebruik van ‘n bepaalde model as deel van ‘n verantwoordbare navorsingsprojek.

78 

“DE also provided research supervision as the case was to be written up as a Master’s research report. Because this was part of a research project, considerable attention was given to following the treatment model carefully and funds were available to meet expenses which would not have been available for routine cases at the internship site” (Payne & Edwards 2009:28).

Die vyfde onderhoud is met mev. Rina Smith gevoer.

ONDERHOUD MET MEV RINA SMITH – HOOF VAN ‘FROM THE HEART PRE-