• No results found

In hierdie hoofstuk is daar onderhoude gevoer met ses persone wat vanuit verskillende perspektiewe en betrokkendheidsvelde, lig gewerp het op die demografiese-, politieke-, sosio- ekonomiese-, opvoedkundige-, morele- en wetsgehoorsaamheids- asook ander relevante vlakke van die samelewing in ‘n informele nedersetting soos Princess Plakkerskamp.

“The techniques for conducting responsive interviews build on some of the skills of ordinary conversations but go beyond them in specific ways” (Rubin & Rubin 2012:5). Dit is dus belangrik dat die onderhoude in hierdie hoofstuk beplan is en nie ‘n oop gesprek is waarin daar noodwendig ruimte vir enige respons en reaksie is nie. Dit beteken dat die onderhoudvoerder ‘n vaste agenda het, met vrae wat party meer kwantitatief van aard is en feite- en inligting-insameling ten doel het. Ander vrae is weer meer kwalitatief van aard en laat tog binne die aanvanklike skopus en agenda, effens meer ruimte vir uitgebreide en kreatiewe antwoorde wat meer gerig is op denke, emosies en subjektiewe belewenisse en persepsies. Laasgenoemde tipe vrae is ook makliker aanpasbaar by die narratiewe benadering wat veral geïnteresseerd is in die ervaring, waarneming, evaluering en interpretasies van die respondente.

“Interviews are more one sided than ordinary conversations; the interviewer asks most of the questions, and the interviewee provides most of the answers. Rather than just listening, the interviewer keeps a record of the conversation. Responsive interviews usually focus on a single topic and explore it thoroughly rather than skipping around from one matter to another. At least early on in a research project, interviews are often between strangers” (Rubin & Rubin 2012:5).

In hierdie geval was dit beslis so dat die onderhoude op ‘n baie spesifieke onderwerp fokus wat aanvanklik - as dit in verband gebring word met die narratiewe benadering - vergelyk kan word met ‘n probleem-deurdrenkte maar baie dun storie, aangesien dit baie eenvoudig gefokus is op ‘n spesifieke demografiese gebied, sosio-ekonomiese groepering, ouderdomsgroep en afgebakende ervarings asook voorgestelde benadering en ingesteldheid. Dit is ook so dat al die respondente beslis vreemdelinge was toe ons begin het, maar tydens onderhoudvoering en opvolggesprekke, ontstaan daar tog waardevolle vennootskappe en verhoudings.

“Research questions can be about understanding concepts – that is, learning about the ideas that define a culture or how people understand their world” (Rubin & Rubin 2012:5). In hierdie konteks was dit van kardinale belang om begrippe uit te klaar en konsepte te verstaan, ten einde begrippe wat inherente waarde het vir die begronding van hierdie navorsing, op die mees toepaslike wyse te kon opklaar en definiëer.

“Other research questions focus on events or processes in an effort to reconstruct and understand what happened. In ordinary conversations, people do discuss events, such as dates or ball games, but they do so with friends and acquaintances rather than selecting and talking with a variety of people who are chosen for their different information or different perspectives” (Rubin & Rubin 2012:6).

Weer eens was die keuse van die onderhoude en gesprekke baie veelseggend en rigtinggewend, aangesien daar sekerlik baie mense is om mee te praat. Dit was egter veral belangrik om verskillende rolspelers te betrek, samelewings-prioriteite te verdiskonteer, sowel as om te put uit bronne wat baie jare van ondervinding van hierdie gebied, kinders, trauma en selfs die narratiewe benadering het.

“Qualitative researchers are more likely to look at events as they unfold over time, looking at chains of causes and consequences and searching for patterns – not just what happened at the last city council meeting but how council members make decisions or how citizens become engaged in public issues” (Rubin & Rubin 2012:6).

Deel van die onderhoude was juis gemik op die dinamika van die geskiedenis van dié gebied en die ontvouing daarvan deur die jare, en in ‘n Suid-Afrikaanse konteks kan geskiedenis nie verstaan word sonder dat die politieke-, sosio-ekonomiese-, en kulturele ontwikkelings en vraagstukke ook verdiskonteer en gekontekstualiseer word nie.

“Overall, qualitative interviewing requires listening, a respect for and curiosity about people’s experiences and perspectives, and the ability to ask about what is not yet understood. Qualitative interviewers listen to hear the meaning of what interviewees tell them. When they cannot figure out that meaning, they ask follow- up questions to gain clarity and precision” (Rubin & Rubin 2012:6).

Gegewe die onderwerp wat intensief fokus op ‘n narratiewe verstaan, is luistervaardighede en ‘n volwassenheid rakende die luistervermoë onontbeerlik, maar eerlike en onbevooroordeelde luister is ten diepste intrumenteel in die proses om vertroue by die mense in die gemeenskap te wen en daardie vertroue te behou en nie teleur te stel nie.

“If you let it, responsive interviewing can become more than a research tool. It can become a way of thinking about the adventures of life, a way of investigating, judging, integrating, creating new narratives, and questioning received wisdom. The perspective of responsive interviewing can make you more tolerant,

58 

more patient, more risk acceptant. It can help you understand complex situations without being overwhelmed by them. Responsive interviewing helps keep your world as large as the world itself” (Rubin & Rubin 2012:237).

Irene Rubin (2012:237) het ‘n gunsteling stelling wat sy gebruik as waarskuwing en advies vir studente: “Don’t let your world get too small.” Hier word dus nuwe narratiewe ontdek en ontgin en wêrelde word beslis verbreed.

Hier word in tabelvorm ‘n opsomming van die waarneming in kwalitatiewe en Kwantitatiewe navorsing gegee, en dit help om hierdie hoofstuk te verstaan, vanweë die afwisseling wat daar bestaan in die vrae wat aan respondente gevrae is wat party meer kwantitatief van aard was as deel van ‘n vraelys en ander was weer meer kwalitatief van aard en het uitgeloop op gesprekke en gestruktureerde en soms minder-gestruktureerde onderhoude.

WAARNEMING