• No results found

WERKGEWER JARE DIENS

12. Do you experience trauma due to your work?

Almal stem saam dat daar baie aspekte van hulle werk is wat hulle soms traumatiseer en nadat die konsep van trauma en traumatisering weer baie deeglik en mooi verduidelik is, kon hulle nog meer instemmend reageer en kon elkeen begin vertel van die aspekte van hulle werk wat volgens hulle die meeste trauma veroorsaak en dus die grootste impak op elkeen van hulle het.

Alinah ervaar baie trauma deur daagliks getraumatiseerde en verwaarloosde kinders te sien, terwyl sy hulle nie regtig kan help en hulle posisie kan verander of help verbeter nie. Sy dink dat sy ook getraumatiseer word deur die groot getal mense, en dan spesifiek van hulle pasiënte, wat werklooos is en dus geen of baie min hulpbronne en ondersteuningsdienste kan bekostig om hulle te help om te genees en hulle lewensverwagting te verleng. Dit het weer eens ‘n impak op die kinders waarvoor haar hart reeds bloei en dit laat haar amper moedeloos en selfs hopeloos vir die toekoms en dit traumatiseer haar geweldig.

Maria voel baie jammer vir persone wat terminaal siek is en wat letterlik voor haar oë op ‘n daaglikse basis verswak en doodgaan. Dit traumatiseer haar weer baie.

Mavis sê dat die baie siek mense haar traumatiseer, maar wat haar nog baie meer traumatiseer, is dat baie van die siek mense nie hulle medisyne wil drink nie en as hulle dan weer by die sentrum terugkom, het hulle situasie baie versleg en dan moet hulle weer van heel vooraf begin. Dit traumatiseer haar regtig intens.

Nthabiseng ervaar ook wel trauma as sy ander mense se lyding moet aanskou en sy voel dat sy dan sekondêre trauma ervaar as sy ander se seer en lyding saam met hulle moet deurgaan of aanskou. Dit laat haar dink aan haar eie swaarkry wat sy al in haar lewe ervaar het en deurgegaan het.

Hierdie gewaarwording en belewenis van Nthabiseng, bevestig dat daar traumatise ervarings in haar lewe was of selfs nog is wat glad nie hanteer is nie en waarvoor sy geen berading ontvang het nie. Sy het nog nie haar storie, verlede verhaal en selfs noodverhaal, met iemand gedeel wat haar kon help nie. Miskien het haar seer haar juis gelei na hierdie plek waar sy ander wil help in ‘n onderbewuste poging om genesing vir haar eie seer te kry.

Gloria is bang dat mense nie die moeite sal doen om hospitaal toe te loop om medisyne wat nie by die kliniek beskikbaar is, daar te gaan haal nie. Dit is lewensbelangrike medisyne soos ARV’s en dit is klaar vir haar baie sleg dat hulle nie altyd voldoende voorraad het om uit te deel nie. Dit traumatiseer haar egter om te dink dat al hulle moeite dalk nutteloos is as mense nie self die ekstra myl vir hulle eie gesondheid wil stap nie. Sy voel verantwoordelik, maar ook kwaad en in die steek gelaat, want dit is binne baie van hulle se fisiese vermoë om saam te werk dat hulle lewensverwagting verleng kan word, maar dan tree hulle onverantwoordelik en ongeërg op.

Gladys ervaar baie trauma as na die baie hopelose en koerslose kinders in die Informele Nedersetting gekyk word. Dit voel vir haar asof die samelewing die kinders ignoreer en hoop dat die probleem van getraumatiseerde kinders sal weggaan. Kinders aan die hoof van gesinne, kinders wat nie skoolgaan nie as gevolg van verskeie redes, kinders wat afhanklik van alkohol en dwelms is en vele ander faktore, bekommer haar geweldig en dit lei tot deurlopende en herhalende trauma. Dit is ‘n ‘burden’ vir haar.

Doreen word ook spesifiek getraumatiseer as gevolg van die situasie waarin kinders verkeer in die Princess Plakkerskamp. Die kinders wat agterbly as die ouers sterf en wat baie verantwoordelikhede op hulle neem en wat amper ‘n verlore generasie word, laat haar baie swaarkry en die feit dat sy voel dat haar hande afgekap is en dat sy amper niks of bitter min daaraan kan doen nie, vererger die gevoel van traumatisering en dit lei tot ‘n gevoel van hulpeloosheid en negatiwiteit, want op ‘n direkte wyse verteenwoordig kinders die toekoms. ‘n Negatiewe toekomsprentjie in terme van ons kinders is dus letterlik ‘n negatiewe en verduisterde toekomsverhaal.

Galeagiwe het, nadat die konsep van trauma weer eens mooi aan haar verduidelik is, tog erken dat sy wel trauma ervaar, maar nie soveel as van die ander nie. Sy voel nie dat sy getraumatiseerd is nie en is nog heeltemal positief oor haar werk en dit wat van haar verwag word.

92 

Haar jeugdigheid en die feit dat sy nog net vir een jaar werksaam is by die sentrum, kan moontlik bydraend meewerk tot haar gelukkige posisie en dit moet as motivering dien om pro-aktief betrokke te raak en in te tree in die lewens- en werksomstandighede van hierdie werkers, terwyl dit vir party nog kan help om nie noodwendig die pad van traumatisering, sekondêre trauma, ‘compassion fatigue’ en ‘compassion witnessing’ te stap nie. Onmiddellike intervensie kan ook bydra dat reeds getraumatiseerde werkers die geleentheid van berading kan kry en ontlonting kan ervaar, voordat hulle die onaangename en soms fatale pad van ‘compassion fatigue’ (uitbranding) hoef te stap.

Smith (2009:28) skryf: “Compassion fatigue is a secondary traumatic stress disorder. The display of symptoms is the natural consequence of stress resulting from caring and helping traumatized or suffering people or animals (Figley,1995). “The difference between a healthy caregiver and a compassion fatigued caregiver is that with the sufferer, the symptoms are chronic. The headaches never seem to go away; the allergies never seem to clear up. There is a constant need to express the excessive complaints verbally” (Smith 2009:28).

13. Are there resources for you to debrief?

Die jongste een van die versorgers, Mavis (slegs 21), voel dat die departement wel al met hulle ontlonting gedoen het en dat dit vir haar genoeg is. Met verdere navrae deur haar ontnugterde en verbaasde kollegas, blyk dit dat dit een keer plaasgevind het in die drie jaar wat sy in diens is van die departement van gesondheid in Princess Plakkerskamp. Die res voel almal dat daar baie min en onvoldoende hulpbronne in die gemeenskap is en verskaf word om aan hulle traumaberading- en ontlontings-behoeftes te voldoen. Gladys voeg by dat in die vyf jaar wat sy by die sentrum werk die Departement van gesondheid gemiddeld 1-2 keer per jaar by hulle was vir ‘n vorm van ontlonting en traumaberading, maar nooit die sessies met individue opgevolg het nie. Galeagiwe, wat slegs een jaar by die sentrum werk, het gevoel dat hulle veel meer formele ontlonting en traumaberading nodig het en sy is self een van die jongeres wat daar werk.

Dit is opmerklik dat Susan, wat aan die hoof van die sentrum staan en by verre die langste van almal daar werk, baie sterk gevoel het dat hulle grootste behoefte gereelde ontlonting en berading is. Sy het gevoel dat dit selfs groter is as die behoefte aan fondse en ander materiële middele. Susan het gepleit dat as ons iets daar wil help, dit in die vorm van formele ontlontingsessies moet wees, want hulle ervaar intense trauma en het nodig om ontslae te raak van alle slegte en traumatiese ervarings waaraan hulle op ‘n daaglikse basis blootgestel word.

“Not all people who experience trauma need professional help. Some recover with the help of family, friends, religious or community support. The symptoms usually pass with time – within six weeks to three months in a trauma where there has not been severe injury or death of loved ones. In some cases, the traumatised person may be affected by many of these symptoms for months or years. Symptoms may be more severe where the trauma resulted in severe injury, disability or loss of a loved one, or where the person has experienced previous trauma(s)” (Lewis 1999:15).

Na aanleiding van hierdie kwalitatiewe navorsing kon die skrywer verder heelwat waarneem en luister en agterkom dat daar beslis baie alternatiewe stories ontwikkel uit die aanvanklike dun of dominante storie. Deur die loop van die onderhoude, kon daar ‘mapping’ gedoen word en gesien word hoe die verskillende oorsake van trauma en dit waaraan kinders blootgestel word, ‘n invloed het op elke kind se verhouding met God of ‘n gebrek aan ‘n verhouding met God. Die skrywer kon vervolgens iets hoor van gesinsverhoudings of ‘n gebrek aan gesinne en derhalwe ook die aard en kwaliteit van verhoudings waar daar wel gesinne is. Daar kon gehoor word hoe probleme geëksternaliseer word asook soms die onvermoë om probleme te eksternaliseer, want die frustrasie is te hoog om nie mense te blameer en mense verantwoordelik en verantwoordbaar te hou nie. ‘n Mate van dekonstruksie kon beleef word toe met Susan Rammekwa en Susan Nawane gesels is en hulle toegelaat het dat daar ingeloer kon word in die vreugdes en frustrasies van hulle versorgings- en onbaatsugtige barmhartigheidswerk.

Daar is soms unieke uitkomste en daarvan getuig die hoof van Princess High as sy in vervoering raak oor die stabiliteit wat sy teëkom by kinders wat deel is van gestruktureerde en georganiseerde programme, maar dit is net jammer dat daar so ‘n tekort is daaraan en die kapasiteit van die bestaande programme nie almal kan huisves wat eintlik deel daarvan moet wees nie.

Alternatiewe stories is dus daar, maar miskien te min. Daar is meer liefdevolle barmhartige vaders nodig en waarnemers wat deelnemers sal word met skêre en drade sal afsny van potte wat nutteloos, nadelig, destruktief en te veel is. In die volgende hoofstuk gaan daar dus gekyk word na verduisterde toekomsverhale as gevolg van trauma. Daar gaan gevra word: Wat is die gevolge daarvan? Die volgende aanhaling van Miller (1991:167) gaan verder geëksploreer en verken word, sodat die normatiewe taak vir ons meer duidelik word ten einde na die pragmatiese taak oor te gaan in die laaste hoofstuk.

94 

“For some years now there has been proof that the devastating effects of the traumatization of children take their inevitable toll on society. This knowledge concerns every single one of us, and - if disseminated widely enough – should lead to fundamental changes in society, above all to halt in the blind escalation of violence”.

Sewe van die ‘caregivers’ - met wie onderhoude gevoer is - van die ‘Thusano Homebase Care Centre’. Susan Nawane – die hoof van die ‘Thusano HBCC’ - is heel links agter, regs van haar sit die vrou met die wit baadjie aan.

HOOFSTUK 4:

VERDUISTERDE TOEKOMSVERHALE AS GEVOLG VAN TRAUMA. WAT IS