• No results found

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSBEPLANNING: ʼn TEORETIESE PERSPEKTIEF

2.10 NUWE OPENBARE BESTUUR-PARADIGMA

Die oorsprong van die NOB word dikwels geassosieer met die neoliberale hervormingsagenda wat ingestel was deur die Verenigde Koninkryk se Margaret Thatcher, na haar verkiesing in 1979. Daar word dikwels uitgewys dat die konteks waarbinne NOB toegepas word, diverse en soms teenstrydige alliansies behels (Haque, 2000:599).

In die 1980’s was die tradisionele burokratiese openbare administrasie model van Max Weber en Woodrow Wilson uitgedaag in Engelssprekende lande soos Engeland, Australië en Nieu- Seeland (Minogue, 1998:29). ʼn Nuwe model van openbare sektor bestuur het na vore gekom in hierdie lande wat NOB genoem word. Volgens Agryriades (2002:173) is NOB nie ʼn samehangende teorie nie, maar eerder ʼn afsonderlike stel idees wat oor die algemeen in twee kategorieë verdeel kan word. In die eerste plek is daar die gebruik van privaat bestuurs idees, soos die verskaffing van meer ontvanklik en doeltreffende dienste, prestasie-ooreenkomste insluitend diensstandaarde, groter outonomie en buigsaamheid vir bestuurders en nuwe finansiële tegnieke. In die tweede plek is daar ʼn groter gebruik van markmeganismes, soos privatisering en openbare-privaat vennootskappe in dienslewering (Hood, 1991:205). Nuwe Openbare Bestuur is oor die algemeen geïnspireer deur die waardes en beginsels van die privaatsektor. Volgens Haque (2000:602) word dit gesien as ʼn manier om deur die rompslomp en rigiditeit te sny wat verband hou met ou-styl openbare administrasie. Dit word gesien as ʼn manier om effektiwiteit, doeltreffendheid en dienslewering te verbeter.

Hughes (2003:189) wys daarop dat NOB is ʼn verband van twee verskillende stroom idees. Die een stroom is sake-tipe bestuurstegnieke, geleen uit die privaatsektor. Die ander stroom is nuwe institusionele ekonomie wat steun op openbare keuse. Vir die doel van hierdie studie sal daar hoofsaaklik op die bestuurswese stroom gefokus word.

Die mate waarin NOB hervormings tradisionele Publieke Administrasie in die praktyk verdring het, is debateerbaar (Minogue, 1998:30). In onlangse jare het die NOB beweging onder toenemende kritiek gekom. Argyriades (2002:172) tree in gesprek met die gebruik van die mark paradigma in publieke administrasie. Kickert (1996:202) is van mening dat NOB (verkeerdelik) veronderstel dat die privaatsektor nie kenmerkend van die openbare sektor is nie. ʼn Ouer studie (Hood, 1991:16) voer aan dat openbare en privaatbestuur is ten minste so anders as wat dit dieselfde is en die verskille is meer belangrik as die ooreenkomste. Daar is ook ʼn aantal studies wat getoon het dat die privaatsektor nie altyd meer doeltreffend as die openbare sektor, is nie (Rainey & Chun, 2007:75). Daar is ook ʼn siening dat NOB nie geskik vir ontwikkelende lande is nie (Verenigde Nasies, 2005:1).

Verder is daar min bewyse dat NOB die gehalte en integriteit van die staatsdiens versterk (Verenigde Nasies, 2005:2). Minogue (1998:30) voer aan dat die NOB se klem op doeltreffendheid en effektiwiteit sit ongemaklik met die tradisionele Publieke Administrasie waardes: billikheid, gemeenskap, demokrasie, burgerskap en grondwetlike beskerming.

In ʼn soortgelyke trant stel Argyriades (2002) dit dat NOB se oorheersende kommer is met bestuursvaardighede, buigsaamheid en koste-effektiwiteit, sonder kommer vir regverdigheid, gelykheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid. Haque (2000:601) dui daarop dat tradisionele Publieke Administrasie waardes soos onpartydigheid, gelykheid, verteenwoordiging, integriteit, regverdigheid, welsyn, burgerskap en geregtigheid die rigting van besigheidswaardes soos doeltreffendheid, kompetisie, wins en waarde vir geld verander. Pollitt en Bouckaert (2000:119- 120) argumenteer dat aanvalle op reëls en regulasies verkeerd is. Hulle sê dat die staat speel ʼn belangrike stabiliserende rol speel; dit struktureer gedrag in instellings.

Daar is min twyfel dat NOB ʼn sterk invloed op post-apartheid in Suid-Afrika gehad het, alhoewel NOB saam met doelwitte soos maatskaplike gelykheid, swart bemagtiging en armoedeverligting ingestel is. Nuwe Openbare Bestuur is een van die invloede op post-apartheid beplanning en spesifiek op die konstruksie van GOB (Harrison, 2001:178). Die invloed van NOB kom egter duidelik navore wanneer GOB beskou word as deel van die breër pakket van plaaslike regering hervorming in Suid-Afrika. Afgesien van GOB, sluit hierdie pakket ʼn prestasiebestuurstelsel en dienslewering vennootskappe in (SA, 2000).

2.10.1 Dienslewering binne die Nuwe Openbare Bestuur-Paradigma

ʼn Kenmerk van NOB is ʼn sterk kliënte fokus met die ontwerp en administrasie van dienste (Polidano, 1999, Pollitt en Bouckaert, 2000). Dit is nog ʼn privaatsektor tegniek wat die produk formulering behels, om dit te toets teen die behoeftes van die gebruikers (Kaul, 1996:143). Hughes (2003:58-59) beweer dat NOB die noodsaaklikheid van direkte aanspreeklikheid tussen

die bestuurders en die publiek erken, want die resultate eis “kliente diens”. Dit het gelei tot ʼn herdefiniëring.

Haque (2000:603-604) voer aan dat hierdie herdefiniëring van burgers as kliënte, uitdagings vir aanspreeklikheid gestel het. Markgedrewe aanspreeklikheid is vir privaat kliënte eerder as vir die kollektiewe publiek, veral lae-inkomste burgers wat nie in staat is om dienste te bekostig nie. Volgens Mantashe (2016) is dit die welgestelde Suid-Afrikaanse burgers eerder as die gewone burgers wat die regering tot verantwoording roep.

Die Witskrif oor die Transformasie van Openbare Dienslewering (SA, 1997) ook bekend as die Batho Pele inisiatief (mense eerste) het ten doel om dienslewering ʼn prioriteit in die staatsdiens te maak. Dit behels ʼn verskuiwing van burokratiese stelsels tot prosesse na ʼn nuwe manier van werk wat vinniger en meer reageerbaar is en wat die behoeftes van die publiek eerste stel (Ncholo, 2000:87).

Batho Pele bestaan uit 8 beginsels naamlik konsultasie met burgers op die vlak en gehalte van dienste, die instelling van diensstandaarde, gelyke toegang; beleefdheid en bedagsaamheid, om inligting te verskaf oor geskiktheid, openheid en deursigtigheid met betrekking tot koste en verantwoordelikhede en regstelling en waarde vir geld (SA, 1997). Volgens Miller (2005:79) spreek dit die taal van NOB en verskans die idee dat die publiek kliënte is.

2.10.2 Dienslewering binne openbare administrasie

Openbare administrasie vertoon ʼn meer kliënt-gesentreerde benadering, dit beklemtoon openbare betrokkenheid in beleidsformulering en implementering (Thornhill & Van Dijk, 2010:103).

Publieke Administrasie as ʼn dissipline is die studie van hoe die regering funksioneer, die implementering van openbare beleid en die bestuur van openbare sake. Daar is verskillende paradigmatiese benaderings of teorieë tot die studie, soos NOB (Thornhill & Van Dijk, 2010:103). Die funksie van openbare administrasie is die funksie van die openbare amptenaar wat enige funksie van ʼn openbare amptenaar is wat openbare administrasie uitmaak, vanaf beleid tot organiseer, personeel, begroting en beheer is alles funksies van openbare administrasie (Van Dijk, 2014). In die geval van hierdie studie sal die proses van GOB impliseer dat die administratiewe proses deur openbare amptenare geïmplementeer word met die uitvoering van hul pligte.

Die konsep van openbare administrasie het nog altyd die studie van openbare dienslewering beteken (Dye, 1987:324). Die doel van die staatsdiens is om dienste aan die gemeenskappe te lewer (Craythorne, 2006:104). Die staatsdiens is nodig om die beleid van die regering uit te voer. Publieke Administrasie in die staat maak dit moontlik en ondersteun die aktiwiteite van

openbare administrasie. Die openbare bestuursfunksie as ʼn funksie van openbare administrasie gee rigting aan die administratiewe optrede van staatsamptenare, deur doeltreffende en effektiewe uitvoering van beleide te verseker in die staatsdiens.

Noudat die teoretiese grondslag gevestig is, is dit belangrik om die konsep van GOB te bespreek om aan te toon hoe hierdie teorieë GOB beïnvloed het, asook die verband wat daar bestaan. Hierdie konsep word vervolgens bespreek.