• No results found

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSBEPLANNING: ʼn TEORETIESE PERSPEKTIEF

2.8 DIE ONTWIKKELINGSTAATSMODEL

Tot ongeveer die 1990’s, was ontwikkeling grootliks beïnvloed deur die Koue Oorlog of die destydse ideologiese gevegte tussen die voormalige USSR (Unie van Sowjet Sosialistiese Republieke) en die VSA (Pronk, 1995:2). Sodanige ontwikkeling was gewoonlik geassosieer met politieke ekonomie en ekonome; daarom is dit aanvanklik verkeerdelik aanvaar dat publieke administrasie het min of niks te doen met sulke ontwikkeling nie. Volgens Clark (2002:51) het dit groot en deels beteken dat die ontwikkeling – of hoe dit in baie dele van die wêreld waargeneem is – dikwels op groot skaal onder die indruk van die oos-wes ideologiese neigings van die twee supermoondhede was. Dieselfde kan gesê word oor ontwikkeling in die

lande wat bankvas agter elkeen van hierdie supermoondhede gestaan het (Maphunye, 2011:610).

Die benaming “ontwikkel” en “ontwikkelde” is bedoel vir statistiese gerief en nie noodwendig om die stand van ʼn bepaalde staat of gebied in die ontwikkelingsproses te oordeel nie (Thompson, 1996:625). Om die konsep van ontwikkelingstaat te verstaan, is dit belangrik om onderskeid te tref tussen ʼn ontwikkelde- en ʼn ontwikkelingstaat. Dit word kortliks hieronder uiteengesit.

2.8.1 Ontwikkelde staat

Volgens Hulme (2010:62) is ʼn ontwikkelde staat, geïndustrialiseerde land, of “meer ekonomies ontwikkelde land”. Dit is ʼn soewereine staat wat ʼn hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur relatief tot minder geïndustrialiseerde nasies het. Meer algemeen word die kriteria vir die evaluering van die mate van ekonomiese ontwikkeling deur die bruto binnelandse produk (BBP), bruto nasionale produk (BNP), die per capita inkomste, vlak van industrialisering, hoeveelheid wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard bepaal (Kaul, 1996:131).

Ontwikkelde lande het post-industriële ekonomieë, wat beteken dat die dienstesektor meer rykdom bied as die nywerheidsektor, soos byvoorbeeld in die VSA (Maphunye, 2011:610). Hulle is in teenstelling met ontwikkelingstate, wat in die proses van industrialisasie, of ontwikkelende lande, wat voor-industrieël is en is byna of geheel afhanklik van landbou. Die kriteria wat gebruik word en watter lande geklassifiseer kan word as ontwikkeld, is debateerbaar.

2.8.2 Ontwikkelingstaat

Volgens Mbabazi en Taylor (2009:6) “is ʼn Ontwikkelingstaat (OS) ʼn staat wat per definisie intervensionisties en pro-arm is en wat daarop gemik is om uitdagings soos armoede, lae ekonomiese groei, ʼn gebrek aan infrastruktuur en ongelyke ontwikkeling aan te spreek deur doelbewus van staatshulpbronne gebruik te maak om hierdie uitdagings aan te spreek. Castells (1992:56) sien ʼn OS as een wat legitimiteit ontleen uit sy vermoë om ontwikkeling te bevorder en te onderhou, dit is die staat se vermoë om hoë pryse van ekonomiese groei en strukturele verandering te bereik in die produksiestelsel. Pronk (1997:5) definieer ʼn OS as ʼn staat wat bereid is om beleid te skep wat bevorderlik is vir belegging, uitvoere, groei en menslike welsyn. Mbabazi en Taylor (2005:54) haal aan dat ʼn OS is “… een wie se ideologiese onderligging ontwikkelend van aard is en wat ernstig poog om sy administratiewe en politieke hulpbronne te ontplooi tot die taak van ekonomiese ontwikkeling (Mbabazi & Taylor, 2005:54).

Mapunye (2011:610) noem dat dit moeilik is vir outeurs om ʼn universele definisie van ʼn OS te formuleer, omdat daar nie net aan ekonomiese prestasie gekyk kan word nie en dat nie alle lande met goeie ekonomiese groeikoerse ʼn OS is nie. Uit bostaande definisies is dit duidelik dat ʼn ontwikkelingstaat ten doel het om ekonomiese groei te bewerkstellig, armoede aan te spreek en ontwikkeling te bevorder met die staat wat ʼn beduidende rol speel in hierdie verband.

2.8.3 Internasionale perspektief tot die Ontwikkelingstaatsmodel

Ontwikkelingstate is nie ʼn nuwe verskynsel nie. Fritz en Menocal (2007:534) verklaar dat “… ontwikkelingstate na vore gekom het, in die onlangse asook die verre verlede, op verskillende plekke en onder verskillende omstandighede”. Die mees prominente voorbeelde van ontwikkelingstate is dié van Japan en die “Asian Tigers” (AT).

Na die Tweede Wêreldoorlog was Japan die eerste, gevolg deur Suid-Korea en Taiwan, met hierdie ekonomieë wat ongekende ontwikkeling ondergaan het, wat gedokumenteer is in ʼn aantal studies (Makgetla, 2005; Taylor, 2002; Maphunye, 2009). Hulle het gevorder vanaf arm landelike gemeenskappe tot wêreldklas, hoë-tegnologie en hoë toegevoegde waarde goedere produsente. Hulle sukses het baie belangstelling in die verskynsel van die OS gegenereer. Volgens Thompson (1996:637) was byna al die AT lande onder outoritêre regering vir die meeste van hul vinnige ekonomiese groei tydperk. Voor modernisering was Japan onder die feodale oppergesag van die Shogun. Die ekonomiese transformasie het egter onder ʼn demokratiese bestel gebeur.

Volgens Akyüz et al. (1998:28) is die burokrasie in ontwikkelingstate georganiseer om streng voorbeeldige en hoogs gekwalifiseerde gegradueerdes te werf van die beste universiteite, deur hoogs gesogte posisies en aantreklike vergoeding aan te bied. In Thompson (1996) se ontleding van Japan, op grond van hul merkwaardige deskundigheid en bekwaamheid, het nie- verkose en apolitiese burokrate byna al die wetgewing opgestel en beheer oor die begroting gehad en sodoende ʼn groot invloed op politieke besluite uitgeoefen. Strewe na ʼn ontwikkelings- selfstandige staat in al drie lande was hoofsaaklik deur eksterne beperkings beheer. Volgens Stark (2010:203) was die eksterne bedreiging ʼn beperkende faktor wat vinnige nywerheidsontwikkeling in hierdie lande gemotiveer het.

Aanvanklik het Japan se afskaffing van die feodale stelsel ten gunste van ʼn vinnige modernisering aangevuur, deur onrus oor die feit dat dit gekoloniseerd of ekonomies uitgebuit was deur Westerse magte (Thomas, 2000:21). Na die Tweede Wêreldoorlog, was die Japanese politici en burokrate gemotiveerd deur die vermeende agterstand en was die land se ekonomiese ontwikkeling as ʼn prioriteit gesien (Akyüz et al., 1998:29).

2.8.4 Ontwikkelingstaat in Afrika

Volgens Stark (2010:204) is die konsep van ʼn OS omstrede, misverstaan en word dikwels aangebied as ʼn wondermiddel vir Afrika se ontwikkelingsuitdagings, maar weerspieël skynbaar meer hoop as praktiese oplossings vir sulke uitdagings.

Vir Mapunye (2011:612) wil dit voorkom asof staatsamptenare wat beleid moet implementeer om die OS te bou, ʼn minimale rol speel in die artikulering van die visie of relevante benaderings vir so ʼn toestand. Suid-Afrika en Botswana word dikwels aangehaal in die literatuur as Afrika voorbeelde van OS (Maserumule 2007; Mbabazi en Taylor, 2005; Mkan-dawire, 2001; Naidoo, 2006; Osei-Hwedie, 2001 en Sindzingre, 2004). Maserumule (2007:212) noem dat die eienskappe van ʼn OS gekenmerk word deur ʼn professionele staatsdiens, ʼn “sterk burokrasie” saam met ʼn mengsel van ander vereistes om ʼn OS te bou, soos ʼn prominente rol van die staat in die ekonomie soos wat die AT ervaar het tussen 1960 en 1970. Die AT simboliseer oor die algemeen ʼn oorgang van lae ekonomiese groei (soos ervaar deur Afrika-lande) tot hoë-vlak groei wat dikwels geassosieer word met die OS model.

As gevolg hiervan was daar ook ʼn behoefte om die teorieë en paradigmas van publieke administrasie te heroorweeg soos die teorie van burokrasie, desentralisasie benaderings en die debat oor die Nuwe Openbare Bestuur (NOB) (hierdie benadering word in afdeling 2.9 van hierdie studie bespreek). Volgens Naidoo (2006:479) is een van die vermeende bedreigings vir die openbare sektor “hoogs gesentraliseerde vorm van regering wat ook administratiewe patologieë en kommunikasie oorlading insluit, lang reaksie tye, filter en verdraaiing van inligting, ʼn versuiming om ruimtelike verbindings in sektorale ontwikkeling vas te lê.” Hierdie benadering ondersteun natuurlik desentralisasie as “… die beste manier om deelname en doeltreffendheid in Afrika-state te bevorder, aangesien dit aanspreeklikheid verhoudings herdefinieer” (Naidoo, 2006:479). Maphunye (2010:611) is van mening dat die dissipline van publieke administrasie se akademici die beheptheid het met die idee van die OS en word nie veel gedoen om die nodige “kapasiteitsbou” meganismes te ondersoek om so staat te handhaaf nie.

In hierdie konteks beteken kapasiteitsbou om spesifieke inisiatiewe te onderneem om die kapasiteit van die openbare sektor te beplan, te implementeer, te monitor en beleide te ontwerp om sosio-ekonomiese prestasie en openbare dienslewering te verbeter.

In Suid-Afrika het beleidmakers reeds ʼn ontwikkelingstaat geproklameer voordat enige stappe geneem is om dit te realiseer (Edigheji, 2010:229). Deur te erken dat die land sosiale, ekonomiese en institusionele uitdagings het, maak ʼn ontwikkelingstaat noodsaaklik. Volgens Edigheji (2010:229) kan twee hooffaktore help om ʼn Suid-Afrikaanse demokratiese ontwikkelingstaat te smee. In die eerste plek is die minerale rykdom van die land ʼn potensiële faktor sodat dit inkomste kan bied om mensgesentreerde ontwikkeling te bevorder, wat fokus op

In Suid-Afrika, lok die ontwikkelingstaat-konsep baie aandag hoofsaaklik as gevolg van moontlikhede wat dit bied om uitdagings aan te pak wat verband hou met transformasie en dienslewering. Maphunye (2010:615) stel dit duidelik dat die opkomingsmoontlikheid van ontwikkelingstate in Afrika nie vergesog is nie. Suid-Afrika wat na vore gekom het uit ʼn paria staat onder apartheid, het merkwaardige sukses ervaar in die afgelope 22 jaar sedert die aanvang van die eerste demokratiese verkiesing in 1994. Met die aanvaarding van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) kort na 1994, deur ʼn post-apartheid regering wat ontwikkelingsbeleid bevoordeel het, was Suid-Afrika bestem om ʼn ontwikkelingstaat te word (Maphunye, 2010:611).

Sedertdien het SA ʼn nasionale grondwet aanvaar wat nie net internasionaal vereer word nie, maar ook ʼn bemagtigende meganismes vir die ontwikkelingsbeleide op die drie vlakke van regering (plaaslik, provinsiaal en nasionaal). Op dieselfde manier soos ʼn paar OS in Afrika, geniet SA groot internasionale aansien en was oor die jare geprys nie net vir die ekonomiese rekord, infrastruktuur, openbare en privaatinstellings nie, maar ook die ontwikkelingsbeleid wat gemik is om die apartheid onderontwikkeling nalatenskap te herstel.

Dit was nie ʼn maklike pad om te stap nie, gegewe die massiewe agterstand en talle sosio- ekonomiese uitdagings wat die land steeds in die gesig staar. Suid-Afrika het die potensiaal om ʼn ontwikkelingstaat te word indien dit sekere uitdagings aanpak. Die uitdagings word kortliks hieronder uitgelig.

2.8.5 Uitdagings met betrekking tot die Ontwikkelingstaatsmodel in Suid-Afrika

ʼn Aantal aspekte wat die “onmoontlikheid stelling” reflekteer was aangebied as uitdagings vir die moontlike opkoms van Suid-Afrika as ʼn demokratiese OS. Volgens Edigheji (2010:4) is korrupsie ʼn groot struikelblok. Globalisasie is ook aangehaal as ʼn ander uitdaging. Ook is daar kwessies wat verband hou met die spanning van mededingende belange van gewone mense met dié van beleggers.

Die mees gedugte uitdaging kan die bestaan van ʼn ontneemde en ontnugterde swart bevolking wees. Oud-president Mbeki (2003:3) verwys na 'twee nasies' met eerste- en derde-wêreld- ekonomieë. Aan die een kant is daar ʼn arm swart meerderheid wat meestal ongeleerd, werkloos is en mense wat in landelike gebiede of informele nedersettings in die stad woon, wat ʼn lewe maak deur bestaansboerdery, los werkies en informele straat-handel.

Aan die ander kant is daar ʼn ryk minderheid wat meestal wit begunstigdes van die apartheidstelsel is en dan ook ʼn groep genaamd die “swart diamante” wat verwys na die nuwe ryk en groeiende swart middelklas met rykdom wat verkry is deur breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging. Hierdie ongelykhede en ʼn sterk begeerte om meerderheidsregering

betekenisvol te maak vir die gewone Suid-Afrikaner moet ʼn kragtige motiveerder wees vir visioenêre leierskap met ʼn sterk politieke wil om ʼn demokratiese OS te bewerkstellig.

Die kontras in lewensgehalte maak dit moeilik om maatskaplike samehorigheid en stabiliteit te bereik, wat nodig is vir massamobilisasie. Volgens Fritz en Menocal (2006:9-12) is gelykheid ʼn bemagtigende, maar nie ʼn noodsaaklike faktor, in die strewe van ʼn land se verbintenis tot ʼn ontwikkelingstaat nie, maar sterk toewyding van die regerende elite is wel ʼn beduidende faktor. Tot dusver is ʼn oorsig verskaf van belangrike konsepte wat verband hou met beplanning. Beplanning en verwante teorieë wat broodnodig is vir ontwikkeling is ook bespreek. Bykomend hierby is ontwikkeling en die vereistes vir ʼn ontwikkelingstaat ook bespreek om konteks te verskaf vir die ontwikkelingsgerigte plaaslike regering in Suid-Afrika. Plaaslike regering is verantwoordelik om basiese dienste te verskaf aan die gemeenskap en daarom word die sosiale kontrak hieronder bespreek as deel van die rol van die staat se verpligtinge teenoor landsburgers.