• No results found

Hoofstuk 3: Die rol van VOD7 en VOD13

4.2 Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk vir

4.2.6 Nasionale Klimaatsverandering Reaksie Witskrif 2011

Die Witskrif bied die visie van die Suid-Afrikaanse regering vir ʼn doeltreffende reaksie op klimaatsverandering asook die langtermynoorgang na ʼn klimaatbestande ekonomie en samelewing met laer koolstofverbruik.327 Die

Suid-Afrikaanse owerheid se reaksie teenoor klimaatsverandering het twee doelwitte:328

1) Bestuur die onvermydelike uitwerking van klimaatsverandering doel- treffend en bou sodoende Suid-Afrika se sosiale, ekonomiese, omgewingstabiliteit en vermoë tot noodreaksie, en hou hierdie maatreëls in stand.

2) Lewer ʼn billike bydrae tot die globale poging om die konsentrasie kweekhuisgasse (KHG) in die atmosfeer te stabiliseer. Die mikpunt is ʼn vlak wat gevaarlike antropogeniese inmenging met die klimaatstelsel vermy. Dit moet geskied binne ʼn vasgestelde tydperk waarin ekonomiese, maatskaplike en omgewingsontwikkeling volhoubaar voortgesit kan word.

Hierdie reaksie is gebaseer op die beginsels soos uiteengesit in die Grondwet, die Handves van Menseregte, NEMA en die UNFCCC. Sommige van hierdie beginsels word verder in artikel 3 van die Witskrif verduidelik en is reeds vroeër behandel.

Die doelwit van die Witskrif is om tempering van klimaatsverandering te bevorder en aanpassingsmaatreëls daar te stel wat ontwikkeling meer volhou- baar sal maak, beide op sosio-ekonomiese terrein en dié van omgewingsake.

Artikel 6 van die Witskrif sit Suid-Afrika se benadering tot klimaatsverandering- tempering uiteen en bring die land se bydrae as verantwoordelike globale

326 Departement van Energie 2011 http://pmg-assets.s3-website-eu-west-1.amazonlaws.

com/docs/111012nccr-whitepaper.pdf (hierna verwys as die Witskrif).

327 Esterhuizen Die rol van hernubare energie in klimaatveranderingtempering 30.

328 Regulasie 2 van die 2011 Witskrif; Esterhuizen Die rol van hernubare energie in klimaat-

deelnemer in verband met die internasionale pogings om globale uitlatings in toom te hou. Hierdie bydrae word gekorreleer met die sosiale en ekonomiese geleenthede wat saamhang met die oorgang na ʼn ekonomie met laer koolstofverbruik asook die vereiste dat die land die ontwikkelingsuitdagings wat dit in die gesig staar, suksesvol sal aanpak.329

Die Witskrif beklemtoon die belangrikste elemente in die algehele benadering tot tempering:330

1) Gebruik ʼn nasionale trajekradius (trajectory range) vir KHG-vrystellings, waarteen die gesamenlike uitkoms van temperingaksies gemeet kan word.

2) Definieer verlangde uitkomste vir beduidende sektore en subsektore van die ekonomie. Hierdie uitkomste moet gebaseer wees op ʼn diep- gaande ontleding van die temperingpotensiaal, die beste beskikbare temperingopsies, wetenskaplike bewyse en ʼn volledige evaluering van die koste en voordele aan tempering verbonde.

3) Aanvaar die benadering van ʼn koolstofbegroting wat voorsiening maak vir buigsaamheid asook die goedkoopste meganismes vir maatskappye in relevante sektore en/of subsektore. Daarby kan, waar van toepassing, die koolstofbegrotings vir maatskappye aangepas word om die verlangde uitkomste van verminderde uitlatings te bereik.

4) Vereis dat maatskappye en ekonomiese sektore en/of subsektore waarvoor die verlangde uitkomste van verminderde uitlatings ingestel is, hulle voorberei en temperingplanne indien wat aandui hoe hulle die verlangde uitkomste wil bereik.

5) Ontwikkel en implementeer ʼn wye verskeidenheid mengsels en benaderings, beleide, maatreëls en aksies wat die temperinguitkomste optimaliseer, werkskepping aanmoedig en ander volhoubare ontwikkelingsvoordele bring. Daardeur kan die optimale versagtende

329 Regulasie 6 van die Witskrif.

330 Regulasie 6 van die Witskrif; Esterhuizen Die rol van hernubare energie in klimaat-

aksies ontwikkel word om vir elke ekonomiese sektor en subsektor die vasgestelde verlangde uitkomste van verminderde uitlatings te bereik. Dit word gedoen deur te verseker dat die optrede nommerpas is vir die potensiaal, beste beskikbare oplossings en ander relevante omstandig- hede van die betrokke sektor, subsektor of organisasie.

6) Implementeer ʼn verskeidenheid ekonomiese instrumente om die stelsel van gewenste uitkomste vir uitlatingvermindering, soos gepaste koolstofpryse en ekonomiese aansporings, te bereik. Dit sluit in die moontlike gebruik van handelmeganismes vir die verrekening en vermindering van uitlatings (emissionoffset of emission-reduction trading mechanisms) vir die betrokkke relevante sektore, subsektore, maatskappye of entiteite waarvoor ʼn koolstofbegroting of -benadering gekies is.

7) Voorsien ʼn nasionale stelsel van data-insameling wat gedetailleerde, volledig, akkurate en jongste (up-to-date-) inligting oor uitlatings lewer. Hier kan ʼn kweekhuisgasinventaris gebruik word asook ʼn monitering- en evalueerstelsel wat die ontleding van die temperingmaatreëls se impak help verhelder.

Suid-Afrika het betreklike hoë uitlatingsvlakke vir ʼn ontwikkelende land. Hierdie vlakke word gemeet per capita of deur kweekhuisgasse se intensiteit vas te stel. Dit dui op uitlatings per eenheid van die bruto-binnelandse produk (BBP).331 Volgens enige meting bly Suid-Afrika ʼn beduidende besoedelaar deur

kweekhuisgasse te lewer.332

Suid-Afrika se ekonomie lewer hoë koolstofuitlatings sedert steenkool die mees uitlatingintensiewe draer van energie is. Aan die ander kant lewer uitlatings weens verandering in grondgebruik (hoofsaaklik ontbossing) ʼn aansienlik kleiner aandeel tot die land se uitlatingsprofiel teenoor heelwat ander ontwikkelende lande.333

331 Regulasie 6.2 van die Witskrif.

332 Esterhuizen Die rol van hernubare energie in klimaatveranderingtempering 32. 333 Regulasie 6.2 van die Witskrif.

Gedurende die jaar 2000 het die gemiddelde uitlating deur energiegebruik vir ontwikkelende lande tot 49% van die algehele uitlatings bygedra, terwyl Suid- Afrika se energiegebruik net minder as 80% van die land se algehele uitlatings gelewer het. Selfs in ʼn paar vinnig ontwikkelende lande wat ewe afhanklik van steenkool vir energie is, is die uitlatings deur energiegebruik laer as in Suid- Afrika.334

Kragtens Suid-Afrika se Kweekhuisgasinventaris (Basisjaar 2000), spruit die meerderheid van die land se energie-uitlatings uit die opwek van elektrisiteit wat ongeveer die helfte van landwye uitlatings bevat en net minder as 40% van die algehele uitlatings in Suid-Afrika in 2000 uitmaak.335 Vervoer en

nywerhede se energieverbruik het bygedra tot net minder as 10% elk van die algehele uitlatings en nywerheidsprosesse s'n ongeveer 14% daarvvan. Uitlatings van landbou en verandering in grondgebruik in Suid-Afrika het slegs sowat 5% van algehele uitlatings uitgemaak, teenoor ʼn gemiddeld van 44% onder ontwikkelende lande in die geheel.336

Die Witskrif bespreek ook moontlikhede van tempering wat die meeste impak op die omgewing op kort-, medium- en langtermyn kan hê. Daarby bied die Witskrif ʼn wye reeks moontlikhede vir tempering van klimaatsverandering en dit is duidelik dat die lys nie afgesluit is nie.337

Die relevante wetgewing en die ooreenstemmende regsraamwerk gemik op die hervorming van die energiesektor is ook egter belangrik vir die tempering van klimaatsverandering en word vervolgens behandel.