• No results found

Hoofstuk 3: Die rol van VOD7 en VOD13

4.4 Die hervorming van die energiesektor

Ongeveer 90% van die globale CO2-uitlatings spruit uit brandende fossiel-

brandstowwe.387 Indien die mensdom nul-CO2-uitlatings wil bereik en ʼn

toekoms sonder nie-hernubare fossielbrandstowwe wil skep, moet die wêreldwye energiesisteem ingrypend omvorm word. Die energie- infrastruktuur moet vervang word deur een wat hernubare energie dra.

Deur hernubare energie vir die opwekking van energie te gebruik, kan wegbeweeg word van fossielbrandstowwe, wat dus ook ʼn verandering kan meebring in die vrystelling van kweekhuisgasse binne die atmosfeer.

385 Bloomberg 2017 New Energy Finance 7. Note: RE GC = Renewable Energy Grid Code,

NRS097 = Local standard for grid interconnection of embedded generation, GAU = Grid Access Unit (this is a technical and administrative evaluation and can take up to 18 months). ( )* means required according to draft regulations.

386 Rooftop and ground-mounted grid-connected commercial projects.

Die Kyoto-protokol gebruik ʼn skoon-ontwikkelingsmeganisme (SOM), soos in hoofstuk 2.2.8.3 bespreek, om hierdie handeling te beskryf. Met ander woorde, tempering in die energiesektor kan die vorm aanneem van oorskakeling na hernubare energie.

Energiesektorhervormings het gedurende die 1990's ʼn wêreldwye tendens geword. Die bloudruk wat die eerste keer in 1982 op hervormings in Chili se kragsektor toegepas is, het die "standaardhandboekmodel" vir hervorming van die energiesektor geword. Dié standaardmodel skryf die volgende volgorde en stappe vir hervorming voor:388

i) Vestig aan die begin ʼn reguleerder van die elektrisiteitsmark. ii) Omskep ondernemings binne staatsbesit in korporasies.

iii) Skep wetgewing vir die liberalisering van die elektrisiteitsektor.

iv) Ontbondel (of maak ʼn vertikale skeiding tussen) die hoofsegmente van die stelsel.

iv) Voorsein ʼn aansporingsregulering van elektrisiteitsnetwerke. v) Vestig van ʼn beduidende elektrisiteitsmark.

vi) Oorweeg privatisering.

vii) Stel onafhanklike kragprodusente (OKP'e) bekend.389

Die skenking van hulpbronne, aanvanklike struktuur, grootte en institusionele krag van die sektore verskil egter tussen die lande wat ernergiehervormings toepas. Dit geld ook vir die ontwerp, omvang en implementering van hervormings. Hierdie faktore het onvermydelik ʼn belangrike rol gespeel in die prestasie en relatiewe sukses van markgerigte hervormings. Gevolglik kan generiese markgebaseerde hervormings op alle energiesektore toegepas word.

Die aanvanklike sektorstruktuur stel die beginpunt van die hervormingsproses vas en is ʼn gegewe faktor wat beklemtoon hoe belangrik die toepaslike struktuur van die begin van die hervormingsproses is.390 Die "oorgangslande"

388 Jamasb ea2014 http://www.uq.edu.au/economics/abstract/529.pdf. 389 Independent power producers.

het byvoorbeeld die eienskappe van die bevelsekonomie (command economy) geërf en aan die energiesektor oorgedra. Dit het gelei tot polities vasgestelde energiepryse en oormaatkapasiteit, terwyl hoë vlakke van elektrifisering aan die begin van ekonomiese liberalisering na vore kom. Daarby het die meeste "oorgangslande" markgerigte energiehervormings aangeneem, maar baie het nie geskikte instellings soos doeltreffende sektorreguleerders geskep om die markgedrewe hervormings van die energiesektor te ondersteun nie.391

Die institusionele faktore verwys na die wetlike en regulatoriese raamwerk op sektorale- en ekonomiese vlak wat voortgaande hervorming in die energiesektor beïnvloed en ondersteun. Die hervorming en regulering van die energiesektor in ontwikkelende lande is geneig om te moet werk met laer ontwikkelde institusionele raamwerke. Dit behels beperkings in regulatoriese vermoëns, aanspreeklikheid, verbintenis en fiskale doeltreffendheid.392

Sodanige onderontwikkelde institusionele omgewings hou die gevaar in dat hervormings en regulering van die energiesektor ondoeltreffend kan wees. Die neiging kan wees dat regulering ontaard in politieke gevangenskap as instrument wat regerings se eiebelang dien.393 In teenstelling hiermee, is

ontwikkelde lande geneig om meer of sterker institusionele raamwerke en reëlings te skep, weens die hoër institusionele skenkings. Dit veronderstel ook dat, in ontwikkelde ekonomieë, dit betreklik makliker en meer haalbaar is om van hervormings in te stel en die energiesektor te reguleer.

Die grootte van die energiesektor kan die hervormingsvermoëns asook -opsies van afsonderlike lande beïnvloed. Dit is nie duidelik of die kleiner energiestelsels in ontwikkelende lande voordeel trek uit die vertikale skeiding en toegang van derde partye en of hulle dit só vereis nie. Die omvang van mededinging kan byvoorbeeld beperk word, wat veronderstel dat mededinging

391 Nepal en Jamasb 2012 Energy Economics 1675-1682. 392 Laffont Regulation and Development.

in klein energiestelsels voortkom. Die voordele om ʼn liberale hervormings- pakket aan te neem kan gering wees in verhouding met die koste daaraan verbonde.

Ten spyte van hierdie noemenswaardige verskille is die hervorming van die energiesektor wêreldwyd onder verskillende aanvanklike voorwaardes nagestreef. Sommige het betreklike sukses behaal, terwyl heelwat moëndhede ná twee dekades van hervormingspogings nie eens aan hulle grootse planne en verwagtings voldoen het nie. Bestaande markgedrewe hervormings onder OECD-lande394 soos Chili, Noorweë en Swede, blyk byvoorbeeld goed te vaar

in vergelyking met dié van die Verenigde Koninkryk, wat eens beskou is as ʼn suksesvolle model vir elektrisiteitshervorming. In teenstelling hiermee bly die onvermoë om private beleggings in die kragsektor in Afrikalande, soos Uganda en Zambië, te lok, ʼn teleurstelling. Hervormings vorder steeds in sommige lande, terwyl dit in ander weer gestaak is of onvolledig bly.395

Sommige lande (soos in Latyns-Amerika) het betreklik gevorderde private oorgang na die mark in die energiesektor gemaak. Hierteenoor is die Suid- Afrikaanse energiesektor tussen die staat en die mark vasgevang, waar die staat ʼn oorheersende rol speel in die bedryf en bestuur van energie- nywerhede.396

Globaal het lande te kampe met die ontwikkelende aard van die nywerhede wat energie verskaf, saam met die onderliggende klimaatsverandering en sekuriteitsdoelwitte vir energiegebruik. Hierdie faktore het ook ʼn paar elemente van beleidsonsekerheid oor die hervorming van die energiesektor te weeggebring. Die Britse elektrisiteitsmark word byvoorbeeld gekenmerk deur die regering se aktiewe betrokkenheid by gedetailleerde markontwerp. Dit is in antwoord op uitdagende teikens vir hernubare en koolstofkwessies en die

394 Convention on the Organisation for Economic Co-operation and Development. 395 Nepal en Jamasb 2013 Economic Analysis and Policy 16-24.

poging om versekering te voorsien. Dit kan lei tot regulasies vir die kleinhandel wat mededinging binne die energiesektor feitlik kan uitskakel.397

Die sogenaamde BRICS-lande398 (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-

Afrika) lewer gemengde bewyse oor die aard en sukses van hervormings binne die elektrisiteitsektor. Die BRICS-lande is insiggewend wanneer hervormings ondersoek word, aangesien hulle bykans ʼn bevolking van 3 miljard verteenwoordig, met ʼn saamgestelde nominale bruto-binnelandse produk (BBP) van sowat 16 triljoen dollar en saam 4 triljoen dollar van buitelandse reserwes.399 Hierdie lande word onderskei deur hulle groot, vinnig-groeiende

ekonomieë terwyl hulle in verskillende vastelande geleë is (Suid-Amerika, Asië, Eurasië400 en Afrika). Vervolgens val die fokus op Suid-Afrika as lid van die

BRICS-lande.