• No results found

Hoofstuk 3: Die rol van VOD7 en VOD13

3.3 Tegnologiese innovasie binne die komende dekades: Die

3.3.2 Die rol van tegnologiese innovasie

Die hoofveranderings in die energiesektor soos beskryf in Afdeling 3.2 is slegs moontlik deur ingrypende omvorming vanuit verskillende standpunte: tegniese, sosiale, ekonomiese en regulatoriese. In hierdie afdeling word gefokus op die rol van tegnologiese innoverings om hierdie veranderings moontlik te maak, veral uit die oogpunt van die drie VOD7-teikens. Weereens word die analise uitgevoer deur WITCH te kies as instrument om toekomstige scenario's te ondersoek. Soos reeds gemeld, is WITCH ʼn geïntegreerde assesseringsmodel. Gevolglik is die tegnologiese besonderhede betreklik beperk, tog kan insiggewende afleidings gemaak word. ʼn Meer uitvoerige analise oor die werklike strategieë wat instellings en maatskappye instel, word hier onder bespreek.

Met verwysing na die rol van tegnologiese innovering word Teiken 7.1 moeiliker geassesseer, veral vanuit die WITCH-perspektief. Om die waarheid te sê, wanneer die toegang tot moderne vorme van energie beskou word, lyk dit nie hoofsaaklik na tegnologiese innovering nie. Hierdie toegang blyk meer verband te hou met finansiële, regulatoriese en politieke kwessies. Teoreties beskou, kan toegang tot energie steeds deur verouderde, ondoeltreffende en hoogsimpakante tegnologie gewaarborg word. Die werklike probleem is om die konkrete verwesenliking van die nodige infrastruktuur te bevorder.

By Teiken 7.2 (verhoog die bydrae aansienlik wat hernubare energie tot die globale energie-mengsel lewer) blyk die rol van tegnologiese innovering duideliker. Hernubare tegnologieë is gekenmerk deur grootskaalse tegniese

270 Alloisio, Zucca en Carrara "SDG 7 as an enabling factor for sustainable development". 271 Alloisio, Zucca en Carrara "SDG 7 as an enabling factor for sustainable development".

verbeterings tydens die afgelope dekades met voortgaande verbeterings nodig vir die toekoms.

Voordat die begrip innovering verder bespreek word, is ʼn basiese omlyning nodig. Innovering het ʼn tweeledige uitwerking:

• suiwer tegnies, soos verbeterde stowwe wat doeltreffender omgeskakel kan word; of

• ekonomies soos verkryging van dieselfde prestasie deur laer koste.

Kragtens die WITCH-scenario word tegnologiese innovering meer in die lig van die tweede dimensie uitgebou, naamlik "leer deur navorsing" en/of "leer deur doen". Volgens hierdie skemas daal die beleggingskoste oor ʼn bepaalde tydperk danksy toegewyde beleggings in navorsing en ontwikkeling. Daarmee saam dra die ervaring by wat mettertyd deur die ontplooing van aanlegte opgedoen is.272 Volgens hierdie model is hernubare energie (veral wind en

son) slegs gebaseer op "leer deur doen"/learning by doing.

Figuur 3.16 hier onder toon hoe die investeringskostes van die PV-stelsel273

ontwikkel het, soos deur die twee verkende scenario's uiteengesit.274

272 De Cian ea 2016 Technological Forecasting and Social Change; Emmerling ea 2016

https://www.feem.it/m/publications_pages/2016719114334NDL2016-042.pdf.

273 Photovoltaic power station also known as a solar park is a large-scale photovoltaic system

(PV systems) designed for the supply of merchant power into the electricity grid.

274 Alle ekonomiese hoeveelhede in WITCH word uitgedruk in 2005-VSA dollars. Die

Figuur 3.16: Globale beleggingskoste in PV275

Volgens Figuur 3.16 hier bo is die kostedaling insiggewend vir albei scenario's, selfs al is dit meer merkwaardig volgens die beleidscenario, aangesien die temperingvereiste tot ʼn groter PV-ontplooiing lei. Daar word nie eksplisiet op tegnologiese innovering as model gebou nie. Nogtans is dit die toestand wat die getoonde gedrag moontlik maak.

Tegnologiese innovering is ook relevant vir Teiken 7.3. Trouens, sodanige innovering verhoog energiedoeltreffendheid, of help dat intensiewe energieverbruik afneem. Die WITCH-scenario verskaf modelle vir beleggings in navorsing in die algemeen en die ontwikkelingsektor in besonder. Die doel is om energiedoeltreffendheid te bevorder. Met ander woorde, die fokus is op dalende energie-intensiteit asook om dieselfde uiteindelike ekonomiese uitset deur laer energie-insette te lewer.

Figuur 3.17 hier onder rapporteer die jaarlikse wêreldwye navorsing en ontwikkelingbeleggings in energiedoeltreffendheid.

Figuur 3.17: Globale jaarlikse R & D276-beleggings in

energiedoeltreffendheid277

Uit Figuur 3.17 hier bo blyk verrassende groei in die bogenoemde beleggings met verloop van tyd. Dit blyk ook dat hierdie groei veral veel hoër in die 2°C- scenario as in die BaU-scenario vertoon. Dit beklemtoon hoe noodsaaklik meer doeltreffende aanwending van energie binne die scenario van volhoubare koolstoftempering is.

3.3.3 Digitale innovering en die impak daarvan op VOD 7278

Soos in Afdeling 3.2 bespreek, is die rol van tegnologiese innovering deurslaggewend vir die implementering van VOD 7, veral Teiken 7.2.279 ʼn

voorbeeld van tegnologiese innovering in verhouding tot Teiken 7.2 en 7.3 is

276 Research and development/ Navorsing en ontwikkeling.

277 Alloisio, Zucca en Carrara "SDG 7 as an enabling factor for sustainable development". 278 Alloisio, Zucca en Carrara "SDG 7 as an enabling factor for sustainable development". 279 Teiken 7.1 vereis toegang tot doeltreffende, bekostigbare en moderne energiestelsels,

die digitalisering van die elektrisiteitsektor deur slimmeters en slimnetwerke/smart grids om elekrisiteitsopwekking te versprei. Slimmeters is elektroniese toestelle wat verbruik van elektrisiteit aanteken en die verbruikspatrone kan verbeter, saam met verspreide opwekking en kapasiteit vir berging.

Soos alle programme wat die model van "aanbodkantbestuur"/demand-side management (DSM) volg, moedig die innovering van slimnetwerke die eindgebruiker aan om energie meer doeltreffend te verbruik. Dit kan help om die aanvraag na energie tydens spitsure te verminder tot voordeel van die verbruikers (laer energiekoste en energieverbruik) wat lei tot verbeterde bestuur van energievoorsiening. Slimnetwerke werk volgens elektrisi- teitsopwekking en -verbruik en help sorg dat energie en inligting in veelvuldige rigtings vloei. Die voordeel van sodanige netwerke is dat die energiestelsel in die geheel meer doeltreffend opereer. Digitale tegnologie kan inligting oor verbruikspatrone inspan om oorhoofse opeenhoping te voorkom deur opgewekte krag te versprei. Hierdie werkwyse is in teenstelling met die afvoer van afgeleë kragbronne deur die traditionele oordragnetwerke.