• No results found

Hoofstuk 2 Ontleding van Ou en Nuwe-Testamentiese woorde wat onder die

2.5 Sintese van die begripsontleding

2.6.6 Groep ses

2.6.6.1 Motivering waarom die woorde hier tuishoort

Die gemeenskaplike kenmerk van hierdie woorde is dat hulle na ’n persoon verwys wat met wysheid leiding gee.

בשׂ

Daar is aangedui dat hierdie woord gebruik word om te verwys na ’n persoon wat volwasse is en met wysheid leiding gee (kyk 2.3.24

בשׂ

, p. 59). Dat hierdie woord die klem plaas op die persoon se wysheid is die rede waarom die woord hier kan inskakel.

לכשׂ

Die vermoë om te verstaan en gevolglik met wysheid te reageer, is een van die betekenisse van hierdie woord (kyk 2.3.25

לכשׂ

, p. 60). Geestelike onderskeidingsvermoë kom dus in hierdie woord sterk na vore en daarom kan hierdie woord ook by hierdie groep inskakel.

94

κ

αθηγητήςαθηγητής αθηγητήςαθηγητής

Daar is in die verklaring van hierdie woord (2.4.6 Kαθηγητής, p. 78) daarop gewys dat die klem val op wysheid wat in die Woord gegrond is en waarvolgens die leier sy onderdane leiding gee. In die opsig hoort hierdie woord ook in hierdie groep.

2.6.6.2 Onontbeerlike leierseienskappe aangedui deur hierdie groep woorde • Hierdie leier is ’n geestelik volwasse persoon wat die vermoë het om ingewikkelde sake te

verstaan en daarom ’n wyse oplossing te gee.

• Geestelike onderskeidingsvermoë hang ten nouste saam met hierdie woord omdat dit voortvloei uit wysheid wat gegrond is in die Woord.

2.6.6.3 Samevatting van die bedoeling van hierdie groep woorde

Uit die ontleding van hierdie woorde kan die afleiding gemaak word dat effektiewe en verantwoordelike leierskap ook daaruit bestaan dat die leier die nodige wysheid moet hê om ’n ingewikkelde saak te ontleed en tot ’n goeie oplossing te kom.

2.7 Afleidings

Die afleidings by elk van die verskillende groepe word nou hieronder herhaal om ʼn geheeloorsig te kry. ʼn Kernagtige benaming word vir elk van die groepe gegee.

In 2.6.1 Groep een (p. 82) is die afleiding gemaak dat effektiewe en verantwoordelike leierskap uit gewillige onderwerping aan die wil van God bestaan. Onderwerping kan alleen plaasvind wanneer die leier op God vertrou.

ʼn Kernagtige beskrywing van hierdie begrippe is: “Onderdanige vertroue”.

Die afleiding wat in 2.6.2 Groep twee (p. 85) gemaak is, is dat effektiewe en verantwoordelike leierskap daarmee gepaard gaan dat die Here hoë status/eer aan ’n mens gee en dat dit met verantwoordelikheid gebruik moet word.

Daarom is die kernagtige beskrywing van hierdie groep: “Status met verantwoordelikheid”.

In 2.6.3 Groep drie (p. 88) val die klem op die mag of gesag wat aan die leier gegee word. Hierdie gesag moet ook met verantwoordelikheid bestuur word.

ʼn Kernagtige beskrywing van hierdie groep is: “Gesag met liefde”.

Uit die afleiding wat in 2.6.4 Groep vier (p. 90) gemaak is, is dit duidelik dat effektiewe en verantwoordelike leierskap ook daaruit bestaan dat die leier sy volgelinge soos ’n herder

95

moet versorg, versterk, in hulle behoeftes moet voorsien en hom oor hulle moet ontferm. ʼn Kernagtige beskrywing van hierdie groep is: “Herderlike leiding”.

In 2.6.5 Groep vyf (p. 91) is die afleiding gemaak dat effektiewe en verantwoordelike leierskap ook daaruit bestaan dat die leier die waarheid moet liefhê en in al sy doen en late regverdig moet wees.

ʼn Kernagtige beskrywing van hierdie groep is: “Waarheidsbegronde regverdigheid”. In 2.6.6 Groep ses (p. 93) is die afleiding gemaak dat effektiewe en verantwoordelike

leierskap ook daaruit bestaan dat die leier die nodige wysheid moet hê om ’n ingewikkelde saak te ontleed om sodoende tot ’n goeie oplossing te kom.

ʼn Kernagtige beskrywing van hierdie groep is: “Geestelike onderskeidingsvermoë”.

2.8 Algemene gevolgtrekking

Die kernbegrippe wat in hierdie ondersoek na vore gekom het en vir die volgende hoofstukke van belang sal wees, is die volgende:

• Onderdanige vertroue

• Status met verantwoordelikheid • Gesag met liefde

• Herderlike leiding

• Waarheidsbegronde regverdigheid • Geestelike onderskeidingsvermoë

Hierdie begrippe word in Diagram 1: Kernbegrippe wat leierskap in die Ou en Nuwe Testament beskryf (p. 96) voorgestel:

96

Diagram 1: Kernbegrippe wat leierskap in die Ou en Nuwe Testament beskryf

In die volgende twee hoofstukke sal ʼn eksegetiese ondersoek onderneem word om vas te stel hoe elkeen van hierdie begrippe prakties in die lewens van vier persone in die Bybel na vore kom.

97

Hoofstuk 3

Eksegetiese afleidings uit die Ou Testament

oor effektiewe en verantwoordelike leierskap

3.1 Inleiding

In Hoofstuk 3 en 4 word die normatiewe taak van Osmer (2008:4) uitgevoer en dit bestaan in hierdie studie daaruit dat daar wetenskaplik deur ’n eksegetiese, kultuurhistoriese ondersoek na beginsels vir die leierskap van predikante gesoek word. Die ondersoek vind plaas teen die agtergrond van die doelstelling om ʼn strategiese model vir die die leierskap van die predikant in die gemeente se roeping voor te stel. In Hoofstuk 2 is voorbereidende werk vir die taak gedoen deur ’n oorkoepelende ontleding te maak van die begrip “leier” in die Ou en Nuwe Testament. Die doel was om tot ’n sintese te kom van wat die Skrif oor die begrip “leier” openbaar. Die Ou Testament word in Hoofstuk 3 ondersoek.

3.2 Metode

Die normatiewe taak word uitgevoer deur Skrifgegewens oor leierskap te ondersoek. Uit die baie figure wat as leiers in die Ou Testament opgetree het, is twee geselekteer om te bestudeer, naamlik Moses en Saul. Die metode wat gevolg word, is ’n grammaties-histories- eksegetiese ondersoek van die mees relevante Bybelhoofstuk of perikoop oor die lewe en leierskap van Moses en van Saul. Hierdie Skrifgedeeltes, Eksodus 3-4:17 en Numeri 11:1-35 in die geval van Moses en 1 Samuel 15 en 18:6-16 in die geval van Saul,3 word in besonderhede

ondersoek, maar ook ander tersaaklike perikope word betrek om meer van hulle te wete te kom. Die studie van Moses én van Saul volg min of meer dieselfde patroon, maar in die afdelings wat hierna volg, word hulle afsonderlik bespreek.

Die studie van Moses se leierskap begin met ʼn oorsig van sy leierskap om ʼn idee te vorm waar die gedeeltes wat deur eksegese ondersoek word, in sy lewe inpas. Dieselfde geld vir die studie van Saul se leierskap. Ná die leierskapsoorsig van elk van die leiers word ʼn dieptesnit- eksegese van die geselekteerde teksgedeeltes gedoen – Eksodus 3-4:17 vir Moses en 1 Samuel 15 vir Saul. Elke dieptesnit-eksegese word afgesluit met ʼn bespreking van die

98

openbaringshistoriese aspekte van die betrokke gedeeltes. Na elke dieptesnit-eksegese volg ʼn oorsigtelike studie van die volgende gedeeltes: Numeri 11:1-35 ten opsigte van Moses en 1 Samuel 18:6-16 ten opsigte van Saul. Weereens volg ʼn openbaringshistoriese bespreking na elke oorsigtelike eksegese.

Die eksegetiese dieptesnit van die gedeeltes uit Eksodus 3-4:17 én 1 Samuel 15 bestaan uit die volgende afdelings:

i) Die plek van die boek in die Bybel ii) Die plek van die perikoop in die boek iii) Woordstudie

iv) Vers-vir-vers-eksegese

v) Openbaringshistoriese betekenis van die perikoop vi) Samevattende opmerkings

Die oorsigtelike studie van gedeeltes uit Numeri 11:1-35 én 1 Samuel 18:6-16 bestaan uit die volgende afdelings:

i) Die plek van die perikoop in die boek ii) Vers-vir-vers-eksegese

iii) Openbaringshistoriese betekenis van die perikoop iv) Samevattende opmerkings

Die ondersoek word telkens afgesluit deur ʼn ondersoek na hoe die leierskapsbegrippe in die lewe van elkeen van die leiers gefigureer het.

Aan die einde van die hoofstuk word riglyne wat op die ondersoek gebaseer is, vir die leierskap van predikante voorgestel.

3.3 Motivering vir keuse van leiersfigure en teksgedeeltes

In hierdie afdeling word kortliks gemotiveer waarom daar besluit is om die leierskap van Moses en Saul te bestudeer en waarom die geselekteerde Skrifgedeeltes as die mees relevante vir die studie beskou word.

3.3.1 Moses

99 3.3.1.1 Moses as persoon

Moses was ’n prominente leier in die Ou Testament. Hy word deur Elwell en Comfort (2001) as ’n goeie leier beskryf omdat hy deur God as leier gekies is om die volk Israel uit die Egiptiese ballingskap na die beloofde land uit te lei. Dit was ook deur die bemiddeling van Moses dat God die wet aan die volk gegee het, dieselfde wet wat deur die eeue heen as basis vir die Christelike geloof gedien het. Verder sê hulle: “Focused in this one person are the figures of prophet, priest, lawgiver, judge, intercessor, shepherd, miracle worker, and founder of a nation” (Elwell & Comfort, 2001). Moses is dus ’n goeie keuse om as leier te bestudeer.4

3.3.1.2 Dieptesnit-eksegese

Die dieptesnit word van Eksodus 3-4:17 gemaak omdat Moses in hierdie gedeelte op ’n besondere manier deur God geroep word om as leier van die volk op te tree. Hierdie tekskeuse is verder belangrik omdat elke leier eers geroep moet word voordat hy as leier kan optree.5

3.3.1.3 Oorsigtelike eksegese

Die rol van Moses as ’n prominente leier in die Ou Testament word verder bestudeer deur uit Numeri 11:1-35 te probeer vasstel hoe hy leiding gegee het in krisissituasies toe die volk se lewe bedreig is en hulle teen hom as leier in opstand gekom het.6

3.3.2 Saul

Die tweede Ou-Testamentiese leier is Saul.

3.3.2.1 Saul as persoon

Saul is gekies omdat hy die eerste koning was en oor die volk Israel aangestel is omdat die volk soos die ander nasies ʼn koning wou hê om oor hulle te regeer (1 Sam. 8). Die tweede rede waarom hy bestudeer word, is dat hy ’n tipiese voorbeeld was van hoe ’n leier nie moet wees nie. Pfeiffer et al. (1975) beskryf hom soos volg:

“Saul was a man of courage and strength, a man of great ability as an administrator and a warrior. He was natural man at his best, but he had a fatal flaw. Saul acted not in the

4

Kyk 3.4.1 ʼn Oorsig van die ontwikkeling van Moses se leierskap (p. 100).

5 Kyk 3.4.2 Dieptesnit-eksegese – Eksodus 3-4:17 (p. 107). 6 Kyk 3.4.3 Oorsigtelike eksegese – Numeri 11:1-35 (p. 131).

100

power and wisdom of the Lord but in dependence on his own judgment and strength; this led to eventual disaster.”

Omdat dit noodsaaklik is om ook vas te stel wat die negatiewe kant van leierskap is, kan dit moontlik uit die bestudering van Saul se leierskap duidelik word.7

3.3.2.2 Dieptesnit-eksegese

’n Dieptesnit van 1 Samuel 15 sal gemaak word omdat dit die gedeelte is wat beskryf waarom Saul as leier misluk het en waarom die Here hom as leier verwerp het.8

3.3.2.3 Oorsigtelike eksegese

Die koningskap van Saul word oorsigtelik ondersoek in 1 Samuel 18:6-16, wat beskryf hoe Saul Dawid begin wantrou het en selfs probeer doodmaak het as gevolg van die vrees wat in hom ontstaan het.9

3.4 Moses

Moses se leierskap het oor ʼn lang tydperk ontwikkel.

3.4.1 ʼn Oorsig van die ontwikkeling van Moses se leierskap

ʼn Aantal belangrike momente word in die ontwikkeling van Moses se leierskap bespreek, naamlik:

3.4.1.1 Eksodus 1-4 – Van Moses se geboorte tot sy roeping as leier (p. 101) 3.4.1.2 Eksodus 34 – Ontmoeting met God op die berg (p. 101)

3.4.1.3 Numeri 11 – Die volk begeer om na Egipte toe terug te gaan (p. 103) 3.4.1.4 Numeri 20:1-13 – Water uit die rots (p. 103)

3.4.1.5 Deuteronomium 33 – Moses se laaste toespraak (p. 105)

Behalwe waar daar na die eksegese van die tersaaklike teksgedeeltes verwys word, word daar aan die einde van elke paragraaf ʼn voorlopige samevatting gegee van die leierskapsbegrippe wat uit die ontwikkeling van Moses se leierskap duidelik word.

7

Kyk 3.5.1 ʼn Kort oorsig van die ontwikkeling van Saul se leierskap (p. 162).

8 Kyk 3.5.2 Dieptesnit-eksegese – 1 Samuel 15 (p. 166). 9 Kyk 3.5.3 Oorsigtelike eksegese – 1 Samuel 18:6-16 (p. 183).

101

3.4.1.1 Eksodus 1-4 – Van Moses se geboorte tot sy roeping as leier

Moses is in ʼn tyd gebore wat die Israeliete hewig in Egipte onderdruk is. Die Here bewerk dit toe so dat Moses in die paleis van die farao grootword. Daar kry hy die nodige ondervinding wat hom later sou help om die volk te kon lei. Op ʼn dag sien hy hoe ʼn Egiptenaar ʼn Israeliet slaan. Hy tree toe in en slaan die Egiptenaar dood. Die gevolg was dat hy moes vlug omdat die farao hom wou doodmaak. Moses het toe in Midian gaan woon. Toe Moses op ‘n dag by die put in Midian sit, kom die sewe dogters van die priester van Midian om water vir die kleinvee van hul pa te skep. Hy het hulle gehelp en uiteindelik is hy met Sipora, die dogter van Reüel getroud. Moses het toe sy skoonpa se skape vir ongeveer veertig jaar in die woestyn opgepas. Daar het hy die nodige ondervinding van die woestyn gekry om die volk later deur die woestyn te lei. Moses was ʼn skaapwagter totdat die Here hom in die woestyn geroep het om sy volk uit Egipte te lei. Die tersaaklike teksgedeelte sal in die dieptesnit-eksegese vollediger bespreek word.10

3.4.1.2 Eksodus 34 – Ontmoeting met God op die berg

Die verhaal van die ontmoeting met God op die berg begin in Hoofstuk 19, waar God die doel van sy openbaring aan die volk Israel bekend maak: “Die volk sal My kan hoor wanneer Ek met jou praat en dan sal hulle altyd vertroue in jou hê” (Eks. 19:9). Die doel met hierdie openbaring van God aan Moses en die volk is om Moses se status voor die hele volk te bevestig. McBride (1990:234) sê dat hierdie gebeure noodsaaklik was sodat die volk geen rede sou hê om te dink dat dit nie God was wat daar op die berg met Moses gepraat het nie. Die volk moes Moses altyd kon vertrou. Hy voeg by: “This is especially so in the portrait that emerges of Moses as the human link who steadfastly strives to hold together the sundered covenant relationship between Yahweh and Israel” (McBride, 1990:234).

Afgesien van die status wat aan Moses gegee is, openbaar hierdie gedeelte ook aan die leser dat Moses daarvoor verantwoordelik was om die verhouding tussen God en die volk te bestuur. Groot mag is aan Moses gegee om die volk met liefde op die regte pad te hou. Dozeman (2000:33) sluit daarby aan deur te wys op die tweeledige gesag wat aan Moses gegee is, naamlik ʼn kultiese gesag en ʼn sosiale gesag.

Dozeman (2000:34) wys daarop dat Moses die godsdienstige leier van die volk was. Hy het in die tent ingegaan om van aangesig tot aangesig met God te praat. Eksodus 33:12-34:35 dien as bevestiging daarvan dat Moses as godsdienstige leier deur God gekies is toe –

102

• hy vir die volk ingetree het deur God te vra om hulle te vergewe en saam met hulle te trek en God sy versoek toegestaan het;

• hy alleen teen die berg uitgeklim het om die wet van God te ontvang;

• sy vel ná sy ontmoeting met God geglinster het, in so ʼn mate dat die volk gevra het dat hy eerder sy gesig met ’n doek moet toemaak.

Hierdie sake beklemtoon volgens Dozeman (2000:35) die kultiese gesag van Moses. Verder meen Dozeman ook (2000:21) dat Moses ’n sosiale gesag ontvang het: “Cultic mediation gives way to social authority. The change in theme also shifts the focus in Moses masking from his shining skin in the cult to the social authority of his veil outside of it.”

Moses se voorspraak by God was dus die grond daarvoor dat die volk sy gesag oor hulle aanvaar het. McBride (1990:234) sluit daarby aan deur te verwys na die gebeure wat met die goue kalf verband hou (Eks. 32). Alhoewel dit verkeerd van die volk was om ’n beeld te wou aanbid, was die motief daaragter ’n soeke na ’n plaasvervanger vir die persoonlike voorspraak wat Moses aan hulle gebied het. Moses se besondere verhouding met God het dus vir hom ’n eervolle plek onder die volk verwerf.

Al hierdie dinge kom daarop neer dat Moses ’n unieke profeet en leier was in soverre dit sy persoonlike verhouding met die Here aangegaan het (Anisfeld, 2011:214). Aan die einde van Moses se lewe word immers gesê: “Daar het nie weer ’n profeet in Israel opgetree wat soos Moses was nie. Hy het die Here persoonlik geken” (Deut. 34:10).

Samevatting: Figurering van leierskapsbegrippe soos blyk uit Moses se ontmoeting met God op die berg

• Uit Moses se ontmoeting met God op die berg is dit duidelik dat status ʼn gawe van God is. God het dit so beskik dat Moses se status iets besonders sou wees; daarom het Hy hom toegelaat om in sy teenwoordigheid te kom. Toe Moses in God se teenwoordigheid was, het sy gesig met die heerlikheid van God gestraal. Dit was ’n uitsonderlike status wat God aan hom gegee het. (Dat dit steeds met verantwoordelikheid gebruik moes word, word in ʼn latere afdeling bespreek.11

)

• Moses het die volk met liefde bestuur. Telkens wanneer die volk in sonde geval het, het Moses hulle met liefde tereggewys en leiding gegee.

103

3.4.1.3 Numeri 11 – Die volk begeer om na Egipte toe terug te gaan

Terwyl die volk in die woestyn was, het hulle baie lus vir vleis geword. Hulle het in opstand gekom vanweë die verskeidenheid kossoorte wat hulle noodgedwonge in Egipte agtergelaat het en daarom kla hulle in Numeri 11:16: “Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!” Moses se leierskap word by hierdie geleentheid deur die volk getoets. Alles aangaande hierdie saak sal in die oorsigtelike eksegese bespreek word.12

3.4.1.4 Numeri 20:1-13 – Water uit die rots

Vir Moses se leierskap is hierdie gedeelte in Numeri belangrik omdat dit die rede verstrek hoekom Moses nie die volk in die beloofde land kon inlei nie.

Helfgot (1993:51) vergelyk die gebeure van die water uit die rots in Eksodus 17 met die gebeure van die water uit die rots in Numeri 20. Hy wys op drie belangrike verskille, naamlik:

• In Eksodus is dit duidelik dat die klag van die volk daaroor gegaan het dat hulle dors was. Die teks begin deur daarop te wys dat daar geen water op die plek was waar hulle kamp opgeslaan het nie. Die behoefte aan water het daarop uitgeloop dat hulle Moses oor hulle omstandighede verwyt het. In Numeri 20 lyk dit nie asof ’n tekort aan water die groot probleem was nie; trouens, teenoor Eksodus 17 word die woord

א ָמ ָצ

– “dors” – nie een keer in hierdie perikoop gebruik nie. Verder is die tekort aan drinkwater die laaste item op die volk se lys van klagtes in vers 5.

• In Eksodus 17:4 staan daar duidelik dat Moses na God om hulp geroep het. Hoewel Moses en Aäron in Numeri 20 na die tabernakel gegaan het, het God uit sy eie geantwoord.

• Dit is verder opvallend dat die gehoor in Eksodus 17 verskil van dié in Numeri 20. In Eksodus moes Moses die wonderwerk voor die oë van die leiers van die volk verrig; in Numeri voor die oë van die hele volk.

Helfgot (1993:55) meen dat laasgenoemde ’n belangrike verskil is aangesien die woorde, “Vat Aäron se kierie en roep jy en jou broer Aäron die volk bymekaar,” herinner aan die verbondsluiting by Sinai, waar die volk ook bymekaar moes kom en waarna later verwys is as “die dag met die vergadering” (Deut. 9:10). Die doel van daardie vergadering was volgens Helfgot (1993:55) “... to imbue the community with yir’at shamayim, faith and commitment to the covenant.” Hierdie drie punte illustreer dus duidelik dat die gebeure van water wat uit die rots

104

gevloei het, in die twee gevalle van mekaar verskil, in besonder in die opsig dat die Here die gebeure op ʼn ander manier laat afloop het. Vir Anisfeld (2011:215) is die volgende belangrik:

“God wanted Moses to counteract these blasphemous inclinations of the people. That is why God instructed him to speak in the presence of the whole community; in contrast to the earlier water event in Exodus 17 where God asked Moses to hit the rock in the