• No results found

Motivering vir die gebruik van Australië as onderwerp van hierdie studie

Hoofstuk 3: Die rekeningkundige hantering van franchisefooie en die moontlike skakeling met die inkomstebelastinghantering daarvan

3.3 Die moontlike skakeling tussen die rekeningkundige hantering van franchise fooie en die inkomstebelastinghantering daarvan

4.1.1 Motivering vir die gebruik van Australië as onderwerp van hierdie studie

Australië word beskou as ʼn ontwikkelde eerste wêreld land wat globale aansien geniet op

ekonomiese sowel as sosiale ontwikkelingsgebied (Australia: World Audit Democracy Profile, [s.a.]). Australië is lid van die “Organisation for Economic Co-operation and Development” (OECD) wat toonaangewers is met betrekking tot die daarstel van eenvormige ekonomiese standaarde en toepassing van gesonde deurdagte ekonomiese praktyk, onder andere in die gebiede van ekonomie, belasting en rekeningkunde (OECD

Member Countries, [s.a.]). Hierdie eienskappe van Australië lei daartoe dat die land ʼn

ideale bron van inligting is vir doeleindes van hierdie hoofstuk.

Bo en behalwe die bogenoemde redes beskik Suid-Afrika oor gesonde en stewige handelsbande met Australië (Australian Government – Department of Foreign Affairs and

Trade: South Africa country brief – August 2008, [s.a.]). Suid-Afrikaanse

inkomstebelastingwetgewing toon verskeie ooreenkomste met hierdie land se inkomstebelastingwetgewing vanweë die feit dat al twee hierdie lande voormalige Britse

Kolonies is, en daar dus ʼn sterk Britse invloed te bespeur is by die ontwikkeling van hierdie

lande se inkomstebelastingwetgewing.

Inkomstebelastingwetgewing in Suid-Afrika is vir die eerste keer in 1914 in die vorm van die Inkomstebelastingwet No.28 van 1914 ingestel, wat sy oorsprong in die New South Wales Act van 1895 gehad het. Sedert die ingebruikneming daarvan in 1914, is daar verskeie wysigings aan en konsolidasies van die wet gemaak (Huxham & Haupt, 2010:6). Die feit dat Suid-Afrika se Inkomstebelastingwetgewing sy oorsprong grootliks te danke het aan Australiese Inkomstebelastingwetgewing, dien as verdere motivering vir die gebruik van Australië as onderwerp van hierdie studie.

Ten slotte vorm Suid-Afrika en Australië ook deel van die Statebond wat onder andere ekonomiese samewerking en ontwikkeling nastreef (Commonwealth Secretariat – Member

beginsels en praktyk wat ʼn struktuur kan skep waarbinne franchisefooie doeltreffend vir

inkomstebelasting doeleindes hanteer kan word.

4.2 Agtergrond en tersaaklike bespreking van die struktuur en werking van die

Australiese Inkomstebelastingwetgewing en -afdelings relevant tot hierdie studie

4.2.1 Agtergrond

Australië se inkomstebelastingstruktuur is tot ʼn groot mate vergelykbaar met dié van Suid-

Afrika. Hierdie feit word ondersteun deur ʼn opmerking gemaak deur regter Wunsh het in

die hofsaak CIR v Manganese Metal Co (Pty) Ltd [1996] 58 SATC 1:

“In my opinion the judgments and the reasoning in the Mt Isa Mines and Rolfe cases, to say the least, lend persuasive support to the appellant’s case. The Mt Isa Mines judgments, in particular, carry considerable weight, bearing in mind the origin of our income tax legislation and the broad similarity of the principal contents of the Australian income tax legislation to the corresponding provisions in s 11(a) of the Act when it comes to distinguishing between capital and non-capital expenditure (Nasionale Pers Beperk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1986(3) SA 549(A) at 565H–I).”

Australië se inkomstebelastingstruktuur word dus as potensiële bron van moontlike nuttige beginsels beskou wat kan bydra tot die effektiewe inkomstebelastinghantering van franchisefooie in Suid-Afrika. Daar bestaan tans, net soos in Suid-Afrika, drie bronne van inkomstebelastingwetgewing in Australië:

1) Statutêre wetgewing – hierdie wetgewing word saamgestel deur die Australiese Parlement en bevat wette soos die “Income Tax Assessment Acts” en regulasies gemaak onder hierdie wette;

2) Gemenereg – hierdie wetgewing word geskep deur die beslissings van die Australiese howe en tribunale;

3) Die praktyk van die “Australian Taxation Office” (ATO) – met ander woorde die wyse waarop die ATO die wette administreer en toepas van dag tot dag. In Suid- Afrika word hierdie funksie verrig deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die eerste twee bronne word beskou as formele bronne binne ʼn belastingkonteks, terwyl

die derde bron ʼn informele, tog de facto bron daarstel (Woellner, Barkoczy, Murphy &

Evans, 2004:40). Die belastingwette wat deur die Australiese Parlement promulgeer is sluit in; die inkomstebelastingwetgewing (“Income Tax Assessment Act 1997” (ITAA97), “Income Tax Assessment Act 1936” (ITAA36)), die “Fringe Benefits Tax Assessment Act 1986”, “Taxation Administration Act 1953” en die “A New Tax System (Goods and Services Tax) Act”. Vir doeleindes van hierdie studie is egter slegs die “Income Tax Assessment Act 1997” (ITAA97) en “Income Tax Assessment Act 1936” (ITAA36) relevant

en toepaslik. ʼn Begrip van die wisselwerking tussen hierdie twee wette is noodsaaklik vir

doeleindes van hierdie studie en word vervolgens kortliks bespreek.

Volgens Woellner et al. (2004:53) vervang die “Income Tax Assessment Act 1997” baie van die basiese bepalings wat voorheen in die “Income Tax Assessment Act 1936” vervat is. Dit verhoog egter die waarskynlikheid dat die verskeie veranderinge in bewoording, onopsetlik die verandering in betekenis of interpretasie van die wetgewing mag veroorsaak. Dit mag daartoe lei dat gevestigde regspraak irrelevant kan word en nuwe gesag dus nodig is om die nuutste bepalings te interpreteer. Om hierdie potensiële probleem op te los is artikel 1-3 ITAA97 ingevoeg om te verseker dat die gevestigde betekenis van die ITAA36 bepalings toegepas word in die ooreenstemmende ITAA97 bepalings (Woellner et al., 2004:53). Hierdie artikel rekonsilieer dus die interpretasie van ITAA36 met dié van ITAA97. Die twee wette word gevolglik in wisselwerking met mekaar gebruik en toegepas.

Die hiërargie van die Australiese howe speel ʼn belangrike rol in die uitleg van

inkomstebelastingwetgewing. Volgens Woellner et al. (2004:54) is die presedenteleer van

krag in Australië. Die presedenteleer bepaal dat die beslissing van ʼn hoër hof dié van ʼn

laer hof in die hiërargie bind. Die omgekeerde kan egter nooit geld nie, met ander woorde

die beslissings van ʼn laer hof kan nooit ʼn hoër hof bind nie. ʼn Laer hof beslissing

mag egter oorredend wees. Die hiërargie van die Australiese howe vir

inkomstebelastingdoeleindes (van laag na hoog) is die “Administrative Appeals Tribunal” (soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse Belastinghof), die “Federal Court” (soortgelyk aan die Hooggeregshof in Suid-Afrika) en die ”High Court of Australia” (soortgelyk aan die Appèlhof in Suid-Afrika).

Aangesien hierdie studie op die aftrekbaarheid van franchisefooie vir

inkomstebelastingdoeleindes fokus, is dit nodig om ʼn begrip te verkry van die struktuur van

aftrekkings binne die Australiese Inkomstebelastingwetgewing. Die werking van aftrekkings binne die Australiese belastingomgewing word vervolgens kortliks bespreek.

4.2.2 Die struktuur en werking van aftrekkings binne die Australiese Inkomste-