• No results found

Hoofstuk 5: Oorweging en bespreking van die moontlike aftrekbaarheid van franchisefooie vir inkomstebelastingdoeleindes onder bestaande Suid-

23. Aftrekkings nie by vasstelling van belasbare inkomste toegestaan nie – Aftrekkings vind in geen geval ten opsigte van die volgende aangeleenthede

6.3 Terugvoer vanaf respondente

7.2.1 Die herhalende franchisefoo

Die bevinding dat die herhalende fooi inkomste van aard is, word gebaseer op die feit dat die deurlopende herhalende franchisefooi betaal word as teenprestasie vir die gebruik van die franchisegewer se eiendom. Die herhalende franchisefooi word dus as soortgelyk aan

ʼn gewone huurbetaling beskou en is gevolglik aftrekbaar ingevolge die algemene

aftrekkingsformule soos vervat in artikels 11(a) en 23(g) van die Wet. Vanweë die feit dat die herhalende fooi inkomste van aard is, bestaan daar geen Kapitaalwinsbelasting-

implikasies ingevolge die Agste Bylae tot die Wet, daarvoor nie. ʼn Vloeidiagram is

opgestel wat ʼn diagrammatiese opsomming en uiteensetting verskaf van die proses(se)

wat gevolg moet word om die aftrekbaarheid van die herhalende franchisefooi te bepaal. Sien Vloeidiagram in Bylaag C.

7.2.2 Die aanvangsfranchisefooi

Dit is bevind dat die aanvangsfranchisefooi nie aftrekbaar is ingevolge die algemene aftrekkingsformule nie weens die kapitale aard daarvan. Die aanvangsfranchisefooi word as kapitaal van aard beskou omrede:

Die doel van die fooi is om die inkomste genererende struktuur van die

belastingpligtige daar te stel naamlik die franchise besigheid en alle voordele wat daaraan gekoppel is – ‘inkomste-genererende struktuur’-toets.

Die vorm van die fooi is dié van ʼn eenmalige, nie-terugbetaalbare enkelbedrag – ‘eens-

en-vir-altyd’-toets; en

Die effek daarvan is dat dit die belastingpligtige in ʼn posisie plaas om vir ʼn relatief lang

tydperk (binne die franchise konteks) ʼn voordeel te geniet in die vorm van brandstof-

en handelsvoorraadverkope. Dit blyk ʼn bate, alhoewel ontasbaar, van ʼn blywende

aard te wees – ‘blywende voordeel’-toets.

Die feit dat daar geen aftrekking ingevolge die algemene aftrekkingsformule moontlik is nie, het die soeke na alternatiewe aftrekkingsmoontlikhede genoodsaak. Artikel 11(f),

11(gC) asook die uitwerking van die klassifikasie van die aanvangsfranchisefooi as ʼn

moontlike tantième of lisensiefooi op die aftrekbaarheid daarvan, is oorweeg.

Die aftrekbaarheid van die aanvangsfranchisefooi ingevolge artikel 11(f)

ʼn Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die fooi moontlik ingevolge artikel 11(f)

aftrekbaar kan wees. Die doel waarmee die fooi aangegaan word en waarvoor die fooi aangegaan word sal van deurslaggewende belang wees ten einde te bepaal of die

betaling van die fooi sal kwalifiseer vir ʼn aftrekking ingevolge artikel 11(f). Die

aanvangsfranchisefooi moet dus duidelik uit die bewoording van die franchise-ooreenkoms tesame met die bedoeling van die franchisehouer en franchisegewer betaal word as teenprestasie vir die reg van gebruik (doel) van eiendom (waarvoor) van die franchisegewer.

Voorts moet die betaling aan die omskrywing van ʼn ‘premie of dergelike vergoeding’

voldoen en moet die reg van gebruik toegeken word ten opsigte van die items gelys onder

artikel 11(f) (die twee primêre vereistes van artikel 11(f)). ʼn Aspek wat die franchisehouer

in gedagte moet hou is dat die frase ‘van ʼn dergelike aard’, soos wat dit gebruik word in

artikel 11(f)(iii), slegs betrekking het op intellektuele eiendom en sal moet voldoen aan die vereistes daar gestel deur die howe rondom hierdie aangeleentheid ten einde te

kwalifiseer vir ʼn aftrekking ingevolge artikel 11(f).

Artikel 11(f) sal verder slegs van toepassing wees as die reg wat verkry word, ʼn reg van

gebruik is, en nie ʼn algemene verkrygingsreg nie (eerste sekondêre vereiste). Die

aanvangsfranchisefooi moet ook inkomste in die hande van die franchisegewer wees alvorens artikel 11(f) deur die franchisehouer oorweeg kan word (tweede sekondêre

vereiste). Laastens moet die bate, waarvan die reg van gebruik deur die betaling van die fooi bekom is, ter voortbrenging van inkomste deur die franchisehouer aangewend word

(derde sekondêre vereiste). Artikel 11(f) bied dus aan die franchisehouer ʼn moontlike

aftrekking vir die aanvangsfranchisefooi mits daar aan die vereistes (soos breedvoerig bespreek in Hoofstuk 5) van artikel 11(f) voldoen word.

Die aftrekbaarheid van die fooi ingevolge artikel 11(gC)

Die moontlikheid van ʼn aftrekking ingevolge artikel 11(gC) is ondersoek. Daar is egter

bevind dat die fooi nie behoort te kwalifiseer vir ʼn aftrekking ingevolge hierdie artikel nie,

weens die feit dat artikel 11(gC) ʼn aftrekking bied vir ʼn onkoste aangegaan ten opsigte van

die verkryging van intellektuele eiendom (of eiendom van ʼn soortgelyke aard) en nie die

onkoste aangegaan as teenprestasie vir die gebruik of reg van gebruik van intellektuele

eiendom of soortgelyke eiendom nie. Voorts is bevind dat die fooi nie as eiendom van ʼn

soortgelyke aard aan intellektuele eiendom beskou kan word waar die fooi nie die vereistes soos uiteengesit op bladsye 97 tot 99 van hierdie tesis aan voldoen nie.

Die klassifikasie van die fooi as ʼn lisensiefooi of tantième en die uitwerking daarvan

Die hipotese dat die klassifikasie van die aanvangsfranchisefooi as ʼn lisensiefooi of

tantième die aftrekbaarheid van die fooi kan bevorder is in afdeling 5.2.5.4 getoets. Die

gevolgtrekking is gemaak dat die fooi in sekere gevalle die eienskappe van ʼn lisensiefooi

en tantième ten toon stel en as sulks geklassifiseer kan word, maar dat hierdie feit egter

nie die aftrekbaarheid van die fooi verander nie. In die afwesigheid van ʼn spesiale

aftrekking wat spesifiek ʼn aftrekking bied vir ʼn lisensiefooi of tantième, sal die

aftrekbaarheid van die fooi (hoe dit ook al geklassifiseer is), nog steeds aan die hand van die algemene aftrekkingsformule beoordeel word en die toetse wat daarvoor gebruik word

van krag wees. ʼn Nuwe artikel in die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet soortgelyk

aan artikel 26-25 van die Australiese Inkomstebelastingwet behoort egter ʼn aftrekking te

bied vir die aanvangsfranchisefooi waar die fooi voldoen aan die omskrywing van

Kapitaalwinsbelastingimplikasies

Ten slotte, weens die feit dat die aanvangsfranchisefooi as kapitaal van aard beskou word, moet die kapitaalwinsbelastingimplikasies vir die fooi oorweeg word. Dit word aan die

hand gedoen dat die aangaan van die aanvangsfranchisefooi, waar dit bedoel is om ʼn

kontraktuele reg te bekom, lei tot die skep van ʼn kapitaalwinsbelastingbate. Die

basiskoste van hierdie bate word verteenwoordig deur die bedrag van die aanvangsfranchisefooi wat betaal is. Die basiskoste van die aanvangsfranchisefooi sal in die toekoms deel vorm van die totale basiskoste van die franchise indien die franchisehouer sy regte met betrekking tot die franchise verkoop. Slegs in hierdie geval word die basiskoste afgetrek van die opbrengs wat die franchisehouer uit die beskikking realiseer het, om sodoende die kapitaalwins- of verlies vir die transaksie te bereken. Voorts moet die basiskoste van die fooi ingevolge paragraaf 20(3)(a) van die Agste Bylae

van die Wet verminder word met enige bedrag wat as ʼn aftrekking toelaatbaar is of was of

geag word toegelaat te gewees het by die vasstelling van belasbare inkomste van die belastingpligtige voor die insluiting van enige belasbare kapitaalwins.

ʼn Vloeidiagram is opgestel wat ʼn diagrammatiese opsomming en uiteensetting verskaf van

die proses(se) wat gevolg moet word om die aftrekbaarheid van die aanvangsfranchisefooi te bepaal. Sien Vloeidiagram in Bylaag D.