• No results found

MISSIO DEI AS BASIS VIR ʼn KOHERENTE BYBELSE

In document Dans met Triniteit (pagina 99-103)

6. MISSIO DEI: BASIS VAN ʼn NUWE SISTEEMSTORIE

6.6 MISSIO DEI AS BASIS VIR ʼn KOHERENTE BYBELSE

TEEMSTORIE VIR DIE KERK

Die huidige sisteemstorie wat onnadenkend die grondslag vorm vir die bedieningspraktyk in die Ring van Parow word steeds gevoed vanuit die Christen- dom paradigma. Die Christendom sisteemstorie kom in praktyk daarop neer dat die herder kudde model van gemeente-wees mense se denke oor gemeentewees steeds heeltemal oorheers. Die kerk funksioneer soos ʼn klub met ledegeld, die do- minee is ʼn betaalde amptenaar en die lede het die reg om aan te dring dat die kerk moet funksioneer soos hulle dit verkies. Die kerk versorg die gebou en mense moet die gemeente se programme ondersteun en bywoon. God is daar om die individu te help om gelukkig en suksesvol te wees. Die predikant is God se verteenwoordiger wat teen betaling die gemeente moet dien!

Dit is onvolhoubaar. Douglas Hall beskryf die metamorfose of verandering wat die kerk beleef in ons tyd soos volg (Van Gelder, 1999:68-69):

―The alteration in the ...shape of Christianity that is occurring in our historical period is a momentous one. It is not to be compared with other historical transitions through which the Christian religion has passed, such as the Great Schism between the East

86 na West (1053), or ... even the Reformation of the sixteenth century. There is only one previous transformation... that adequately matches, in reverse order, this meta- morphis. This is the fourth-century transition of the Christian movement from the vo- luntary, minority, scattered, and often persecuted church ... to the imperial church of the roman Empire.‖

Missio Dei teologie het transformerende implikasies vir die bediening van die NG Kerk in Parow. ʼn Nuwe era het aangebreek. Soos Patrick Keifert skryf (2006:30): ―In die nuwe era van kerkwees – van gestuurde-kerk-wees – sal gemeentes wat ge- trou en doeltreffend funksioneer, deel word van God se transformerende missie met die mensdom. Hulleself sal deur die missie verander word – geroep, versamel, gefo- kus op die Woord en die sakramente, en uitgestuur om deel te neem aan God se werk in die wêreld.‖

Die nuwe insigte rondom missio Dei het ook gelei tot die besef dat daar ʼn verwording en verlies van die fundamentele Bybelse sisteemstorie in die gevestigde, institusio- nele kerke reg deur die wêreld is. Hierdie verwording en verlies rondom die Bybelse sisteemstorie het ook in die NG kerk in Suid Afrika en ook in Parow gebeur. Ons pluk die sistemiese vrugte daarvan. Ons was intens bewus daarvan reeds in die apart- heidstyd en dit het in baie gemeentes tot erge konflik aanleiding gegee. Nou is dit onder die radarskerm, maar net so sterk werksaam as tevore. Die probleem is na- tuurlik dat dit uiters moeilik is om raak te sien, want die geestelike leiers is self ge- vorm deur die verworde sisteem-storie en tegelyk die mede-skeppers van daarvan. Hierdie insig en waarheid is van wesensbelang en gaan die kerk nog vir baie lank aan bande lê. Roxburgh se ontleding van die verskille tussen liminale en ontluikende geestelike leiers met hul wantroue in die bestaande sisteem hou hiermee verband (Roxburgh, 2005:79). Dit is ook verduidelikend waarom geestelike leiers dit so moei- lik vind om vernuwing in gemeentes te vestig as hulle self lank in die gemeente is. Indien die leier nie self sy eie veronderstellinge en sisteemstorie uitdaag nie, kan nie veel gebeur behalwe interessante programme nie. Hy/sy gaan onwetend en onna- denkend voort om daaruit te opereer.

Leslie Newbegin

Leslie Newbegin het in sy dertig jaar van sendingwerk in Indië besef dat die onder- liggende sisteemstorie in die Weste deur die Verligting bepaal word en nie deur die Bybelse sisteemstorie nie.

―What he came to see was that the basic story assumed in much of modern Western culture is humanistic and has its roots in the European Enlightenment of the seven- teenth and eighteenth centuries. The belief that human reason is the measure of all things and that ―knowledge is power‖ permeated European society. People believed that through science and technology alone, and utterly apart from God, humankind could build a perfect world. Newbegin adamantly maintains that this comprehensive story is unhelpful and untrue. Because it has become the foundation for human life, it also is dangerous. It is a false story, in stark contradiction to the truth of the biblical story.‖ (Bartholomew & Goheen, 2004:19)

87

Wat is ʼn sisteemstorie?

Wat is ʼn sisteemstorie? Dit is die mees basiese verklaring wat ons gee oor hoe dinge in die lewe werk. Dit is ʼn konstruk van waarhede en dinge wat ons glo wat ons help om besluite te neem. Dit is ʼn versameling van waardes, houdings en kennis van waaruit ons opereer, meestal totaal onbewus dat ons vanuit so ʼn sisteemstorie opereer.

― In order to understand our world, to make sense of our lives and to make our most important decisions about how we ought to be living, we depend upon some story. In fact, among some philosophers, theologians, and biblical scholars, there is growing recognition that a ―story…is … the best way of talking about the way the world actu- ally is‖ (Wright, 1992:40).

Daar is klein stories wat ons help om sekere areas van ons lewe te verklaar en ons te help met besluitneming, byvoorbeeld in die veld van ekonomie, sport of politiek is daar kleiner stories waaruit ons wysheid put en ons begelei. Ander stories is funda- menteel van waaruit ons onsself en die lewe verstaan.

―But there are also stories that are basic or foundational: they provide us with an un- derstanding of our whole world and our own place within it. Such comprehensive stories give us the meaning of universal history. These have been called ―grand narratives,‖ ―grand stories‖ or ―metanarratives.‖ Each of us (whether we are conscious of it or not) has one. To frame and give shape and meaning to our expe- rience of life, all of us depend upon some particular story‖ (Bartholomew & Goheen, 2004:18).

Leslie Newbegin skryf dat ons behoefte het aan ʼn groot storie van waaruit ons kan leef (1989:15):

―The way we understand human life depends on what conception we have of the human story. What is the real story of which my life story is part?‖

Die filosoof Alasdair MacIntyre stem hiermee saam, naamlik dat ons lewenskeuses gevorm word deur ons aannames oor hoe ons inpas by die groter konteks. Dit be- teken ons lewenskeuses en besluite word bepaal deur die groter storie wat ek glo oor die lewe.

―I can only answer the question, ―What am I to do?‖ if I can answer the prior question, ―Of what story do I find myself a part?‖ (MacIntyre, 1981:216).

Die storie wat ‘n persoon kies om vanuit sin te maak, bepaal sy keuses en het ‘n groot invloed.

―Which story a person lives out of makes a huge difference in how one interprets events in life. The modern Western worldview is not the only such grand story avai- lable‖ (Bartholomew & Goheen, 2004:19).

Kompeterende sisteemstories

Daar is kompeterende sisteemstories is wat mense gebruik om sin te maak uit hul lewens. Die groot probleem is natuurlik dat ons onbewustelik vanuit ‘n sisteemstorie

88 funksioneer. Verskille, konflik en gesprek ontstaan juis omdat ons vanuit verskil- lende sisteemstories funksioneer. Die genade is natuurlik ook dat ons ‘n keuse het. Ons kan bewustelik kies uit watter storie ons wil leef.

―To be human means to embrace some basic story through which we understand our world and chart our course through it. This does not mean that individuals are necesarily conscious of the story they are living out or of the moulding effect that such a story has had on their thought and actions‖ (Bartholomew & Goheen, 2004:20).

Dit is baie belangrik om te verstaan dat dit moontlik is om sisteemstorie aan te hang en te vertel sonder dat jy self bewustelik daaruit leef. Dit is die kernprobleem waa- rom die Ring van Parow nie daarin kon slaag om die uitdaging van verskuiwende demografie in die periode van twintig jaar behoorlik op die tafel te sit en ook nie kon aanspreek in die praktyk nie.

Christendom sisteemstorie

Dit is die kernprobleem van die Christendom waarmee die kerk ernstig worstel. In die Christendom sisteem storie word daar nog vasgehou aan die verhale van die Bybel en van God, maar nie meer daaruit geleef nie. Ongemerk en onnadenkend, vanweë verskeie redes het daar ‘n vermenging van sisteemstories plaasgevind. Die Bybelse sisteemstorie is aangevul met ‘n Westerse rasionalisme en individualisme tot op die punt dat ons dit kan beskryf as ‘n unieke sisteemstorie, naamlik die Christendom paradigma: Dit is ’n kerk vol gelowige mense wat nie meer leef net vanuit die

sentrale waarhede van die Bybel nie. Hulle leef ook vanuit ’n Westers-mo- dernistiese lewens en wêreld beskouing wat die Bybel aanvul tot ʼn Christen- dom sisteemstorie waarvolgens hulle hul lewe inrig en waarvolgens hulle be- sluite neem.

Leslie Newbegin beskryf die brandpunt soos volg (1986:61):

 ―The question is whether the faith that finds its focus in Jesus is the faith with which we seek to understand the whole of history, or whether we limit this faith to a private world of religion and hand over the public history of the world to their principles of explanation.‖

 Dit is wat die kerk nodig het, ʼn nuwe gesuiwerde sisteemstorie en die keuse om radikaal, gelowig, net vanuit die sisteemstorie van die Bybel te leef.

―In other words, the Bible provides us with the basic story that we need in order to understand our world and to live in it as God‘s people. We know that it is one thing to confess the Bible to be the Word of God, but often quite another thing to know how to read the Bible in a way that lets it influence the whole of our lives. There can easily be a gap between what we say and how we live‖ (Bartholomew & Goheen, 2004:21).

 In die Christendom sisteem storie is die kerk ‘n plek waarheen individue gaan om bedien te word en in hul persoonlike geestelike behoeftes bevredig te word. Bybelse sisteemstorie

89

 Die basiese elemente van hierdie Bybelse sisteemstorie is volgens Bartholomew & Goheen die volgende (Bartholomew & Goheen, 2004:27):

 God skep Sy koninkryk: (Skepping)

 Rebellie teen die koninkryk. (Sondeval)

 God kies ‘n volk: (Redding en seën word beloof)

 Die Koning kom: (Immanuel: Redding word waar / Koninkryk daag op)

 Die Nuus Versprei: (Sending van die kerk na die wêreld)

 Die Koning keer terug: (Verlossing word voltooi)

Missio Dei

Missio Dei in die Bybelse sisteemstorie beteken God is intensioneel besig met Sy ganse skepping en dit is ‘n uitspelende drama waarin die kerk, maar ook alle mense deel.

God is werksaam en teenwoordig in die storms van verandering en ook in die verskuiwende demografie in Parow. God is reeds betrokke by die nuwe mense wat in die area intrek en ander tale praat en ʼn ander kultuur beoefen. Deur uit te reik in liefde na hulle en hulle in gasvryheid te ontvang en ruimte te maak vir hulle is om aan te sluit by die Triniteit.

In die Bybelse sisteem storie met missio Dei as basis is die kerk ‘n plek van waar God se mense gestuur word na die mense buite om ‘n seën te wees vir hulle.

Hiervolgens is die Afrikaanse Christene in Parow se roeping om in gasvryheid en diensbaarheid plek te maak vir die nuwe mense wat in die stad ingetrek het, om nuwe netwerke met hulle te vorm, ʼn nuwe diverse gemeenskap wat bou op die waardes van Jesus Christus wat alle grense deurbreek om Sy koninkryk se aankoms te vergestalt. Ons neem deel aan Sy bediening as ons bereid is om diversiteit te omhels en prakties veranderinge aan te bring in die aanbied van eredienste, musiek, gedrag wat ander, vreemde mense insluit en nie uitsluit nie. Solank ons voortgaan om aan te dring op die vervulling van eie behoeftes omdat ons betaal daarvoor en dit nog altyd so gedoen het, is die kerk net besig om te leef vanuit die Christendom paradigma, besig met haarself en nie betrokke by missio Dei nie.

Daarom help die insigte van missio Dei ons om weer die ware Bybelse sisteem- storie te ontdek en ernstig te neem. Wie dit doen, begin met nuwe oorgawe Gods- vrae vra: Waarmee is God besig? Hoe kan ek/ons inskakel by God se werk?

In document Dans met Triniteit (pagina 99-103)