• No results found

DIE PROSES VAN SOSIALE WERKLIKHEIDSFORMASIE:

In document Dans met Triniteit (pagina 123-127)

8. ONTLUIKENDE LEIERSKAPVAARDIGHEID:PRESENCING: LEER UIT DIE

8.3 DIE PROSES VAN SOSIALE WERKLIKHEIDSFORMASIE:

BEWUSSYN EN WIL

Hoe kom iets nuuts tot stand? Hoe gebeur verandering? Hoe vind nuwe sosiale werklikhede plaas? Scharmer sê dit vind plaas deur ʼn nuwe opdagende bewussyn en die wil om die bewussyn te beliggaam (Fig 4.) (2000:14-15).

110 Wanneer die groep of individu deur die opeenvolging van die eerste drie fases van begrip gegaan het, ―aandag gee (paying attention), sien, (seeing), aanvoel (paying attention), en presencing, is die werk maar halfpad voltooi. Dan het bewussyn, ʼn ―awareness‖ ontwikkel van die probleem. Die eerste helfte van Figuur 4 handel oor hierdie bewuswording. Die tweede helfte van van die siklus in Figuur 4 is die deur- volg en beliggaming van dit wat ―na vore gekom het‖, waarvan die groep ―aware‖ geraak het, deur vorming, inspirasie en beliggaamde, geaktiveerde wil, of wil forma- sie. Die proses van sosiale werklikheidsformasie is eers voltooi wanneer dit wat pre- senteer, deur wil geformeer word in aksie en beliggaming (Scharmer, 2000:14-15): ―The “gift” or insights received during the stages of sensing and presencing are only fully realized when embodied in action. The first half of the cycle involves accessing experience and becoming aware, and the second half of the cycle involves forming, inspiring, and enacting will.‖

Volgens Scharmer is daar drie prosesse in die vorming van nuwe sosiale werklik- hede. Dit is nie nuut nie. Wat nuut is, is hoe die kennis oor wat moet gebeur, op- daag. Kom dit vanuit die verlede, of vanuit die toekoms, presencing?

Visonering: Die vorming van ʼn dwingende visie of droom kom vanuit leiers.

Aksie: Sosiale realiteit bestaan slegs insoverre dit in aksie gebring word deur

mense.

Institusionalisering: Sosiale verandering is slegs volhoubaar as dit ge-institusiona-

liseer is in organisatoriese roetines. Dit is vorming van kultuur (Scharmer, 2000:15- 16).

Scharmer beskryf in detail wat gebeur in hierdie prosesse van sosiale transformasie. Hy noem sy teorie: U teorie. Daarmee bedoel hy die proses loop in ʼn U vorm: Aan- dag gee, sien, aanvoel, presencing, visie, aksie, beliggaam.

Scharmer sê die moeilike deel is dat mense om verskeie redes nie altyd die lang pad van die U wil loop nie. Die belangrikste rede is natuurlik dat mense die model van leer uit die verlede outomaties toepas. Hulle leer uit die verlede en wil hul kennis uit die verlede sonder veel refleksie toepas op die hede. Dit is wat normaalweg in organisasies gebeur.

Scharmer skryf dat daar vier vlakke van kennis is, wat elke keer dieper gaan en ge- volglik is elke volgende vlak moeiliker om te bereik. Dit is ʼn moeisame proses, maar ʼn persoon of groep moet deur al vier hierdie vlakke van kennis gaan om by die on- derpunt van die U te kom, waar die diepste kennis is, waar presencing gebeur en vanuit die toekoms geleer word. Scharmer sê dit nie, maar die meeste transformasie prosesse wat in sosiale organisasies aangepak word misluk, omdat mense vanuit oppervlakkige vlakke van kennis die transformasie prosesse aanpak. ʼn oppervlak- kige verstaan van die vier vlakke van kennis sal reeds duidelik wys waarom die transformasie pogings in die Ring van Parow konsekwent misluk het.

111 Die eerste vlak van kennis is:

Aflaai van ou verstaanmodelle (Vlak 1 kennis)

Vlak een kennis gebeur wanneer leiers oppervlakkig aandag gee aan ʼn sosiale situ- asie en sonder veel gesprek oplossings voorstel. Hulle pas eenvoudig hul ou ver- staanmodelle en kennis toe op die situasie. Hulle projekteer hul eie oordeel op die sosiale situasie (Scharmer, 2000:12).

Die oplossings wat kom vanuit die ou verstaansraamwerke en gewoonte-denke werk egter nie meer in die nuwe werklikheid nie (Scharmer 2000:11):

―All deeper and more profound cognition and knowledge creation require the suspension of this habitual judgment, thus opening a space that allows for a more deep and profound encounter with the phenomenon.‖

Refleksie en Herinterpretasie (Vlak 2 kennis)

Vlak twee kennis gebeur wanneer leiers besef die sosiale situasie is ingewikkelder as wat aanvanklik besef is. Die probleem word nie opgelos met die aanvanklike voorstelle nie. Verdere gesprekke ontwikkel. Daar is meer nadenke en refleksie oor die saak, meer tyd word spandeer daaraan. In die refleksie word nuwe begrip ont- wikkel vir die probleem. Begrip ontwikkel hier deur nie die ou verstaansraamwerke af te laai op die fenomeen nie, maar deur herinterpretasie en die verstaansraamwerk aan te pas by die waargenome situasie (Scharmer, 2000:12).

Verbeelding (Vlak 3 kennis)

Die eerste twee vlakke van begrip vir die sosiale situasie is egter steeds baie opper- vlakkig. Vlak drie kennis is gebaseer op ʼn nog dieper vlak van aandag gee aan die probleem-situasie of fenomeen. Hier word die skuif gemaak van ―sien‖ (“seeing”) na ―aanvoel‖ (“sensing”). Die skuif word genoem ʼn skuif vanaf die fenomeen, na die bron wat die fenomeen voortgebring het (Scharmer, 2000:12).

Vlak 3 begrip fokus nie op die fenomeen nie, ―but on the coming-into-being of these objects‖ (Scharmer, 2000:12).

Op hierdie vlak begin mense droom en begin ʼn nuwe visie gestalte kry dat iets nuuts gebore moet word. Hul gebruik hul verbeelding en probeer nie die situasie oplos nie, maar begin droom oor hoe dit moontlik kan gebeur (Scharmer, 2000:12).

8.3.1 Primêre weet (presencing) (vlak 4 kennis)

Scharmer beskryf vlak vier kennis soos volg (Scharmer, 2000:13):

―At level 4 cognition, the quality of attention is at its highest and most subtle level, which allows it to become one with the intention of the emerging whole. This level of cognition is what Rosch (forthcoming) refers to as primary knowing of wis-

dom awareness. The discipline here is to become aware that mind and world are

112 Vlak vier kennis is ʼn diep religieuse ervaring. Scharmer gebruik religieuse taal om dit te beskryf, sonder om dit so te bedoel. Verstaan vanuit die Bybelse sisteemstorie, is wat hy beskryf niks anders as ʼn diep religieuse ervaring nie. Dit is op hierdie vlak van weet dat dans met Triniteit plaasvind, die ontmoeting met God en die transfor- masie van individue en mense. God is Gees en mens is gees. God is die grond van ons bestaan, uit Hom leef ons beweeg ons en is ons. Die Gees van Christus is in ons. Ons is Sy mense en Hy is onderweg met ons. Daar is kommunikasie tussen ons en God. Ons menslike probleem is ons oormatige klem op ons rasionaliteit en wetenskaplike kennis en ons behoeftes aan beheer. Daarom kom ons min op vlak vier, want ons is bang vir intuïsie en emosie.

Op hierdie vlak is die aandag gekonsentreerd, want ons raak bewus van die teen- woordigheid van die Gees van Christus in hierdie momente. Daar is ʼn bewussyn dat God praat, diep binne ons. Daar is ʼn gevoel van diep sekerheid en dringendheid, ʼn bewussyn van weet en wysheid. Dit is ʼn diep emosionele ervaring wat rasioneel ver- staan en beskryf kan word en omgesit kan word in intensionele wil en aksie. Dit is lewenstransformerend.

Scharmer beskryf dit vlak 4 kennis as ʼn “inskakel by”, dat jy dit net ontvang en nie dit self kan produseer nie (2000:13-14):

―Nothing you do can produce this realization, can produce the original way of being. It's a matter of tuning into it and its way of acting. It actually has a great intention to be itself (so to speak) and it will do so if you just let it. When acting on this level of knowing, action appears without conscious control—even without the sense of ‗me‘ doing it.‖

Dit is die transformasie wat die Gees van Christus bring, misterieus, in die momente van luister en stilword en bewuswees van Sy teenwoordigheid in liefde tussen Sy mense. Sy transformasie vul ons met nuwe sekerheid en intensie. Dit lei tot spon- tane nuwe aksie, sosiale aksie wat ons laat aansluit in die wêreld by missio Dei. Die kennis in vlak 4 aan die onderpunt van die U kom van diep binne, dit is ʼn diep weet, ʼn oortuiging, sekerheid wat dieper as rasionele kennis en weet is. En dit lei tot spontane aksie.

―Knowing on such a level differs from our standard way of cognition, by knowing through ―interconnected wholes‖ (rather than isolated contingent parts) and by means of timeless, direct, presentation (rather than through stored re-presentations). Such knowing is ―open‖, rather than determinate; and a sense of unconditional value, rather than conditional usefulness, is an inherent part of the act of knowing itself. Action from awareness is claimed to be spontaneous, rather than the result of decision making; it is compassionate, since it is based on wholes larger than the self; and it can be shockingly effective‖ (Scharmer, 2000:4).

Dit is hierdie diep ‗weet en oortuiging‖ wat die kerk nodig het en wat sal gebeur, as ons bewusword van die teenwoordigheid van Triniteit. Dit is die ―weet‖ wat ons sal help om oor sosiale grense, wat die verskuiwende demografie gebring het, te gaan en nuwe vorme van kerkwees te skep sodat nuwe lewenstransformerende geloofs- gemeenskappe kan ontstaan uit die diversiteit van mense, wat nou saamleef in die demografies veranderende Parow. Dit is die vaardigheid wat geestelike leiers moet

113 aanleer, die taak wat Roxburgh bedoel wanneer hy sê dat geestelike leiers mense moet help om innerlike oorgange te maak. Geestelike leiers moet mense help om te kom in spasies van bewussyn van die teenwoordigheid van Triniteit.

Dit beteken egter dat geestelike leiers nuwe vaardighede moet ontwikkel, die van liturg, liefde vir mense en diep geloof dat bewuswording van die teenwoordigheid van die Gees van Christus transformasie sal bring. Geestelike leiers moet ook aan- vaar dat vlak 1, 2 en selfs vlak 3 kennis, nie vir ons gaan help om transformasie te- weeg te bring nie. Op daardie vlakke is daar nog nie bewussyn van die teenwoordig- heid van Triniteit nie.

Hierdie fenomenologiese beskrywing van Scharmer oor die vlakke van kennis waar- deur ons moet beweeg om aan die onderpunt van die U te kom waar ons bewus- word van God se liefdevolle en transformerende teenwoordigheid, onderstreep net dat dit geen maklike leierskapsvaardigheid is om aan te leer nie, nie vir mense wat onnadenkend en onkrities vanuit ʼn Westerse sisteemstorie met geloof in rasionele kennis, beplanning, bestuur en tegniek leef nie.

Scharmer het beskryf wat gebeur in die proses van beweeg na dieper vlakke van kennis waar transformasie gebeur. Die vraag is nou: Hoe doen mens dit? Wat is die praktiese stappe wat leiers kan volg om dit te doen?

In die volgende afdeling beskryf ek die doelbewuste, praktiese stappe wat gedoen moet word. Scharmer sê die praktiese manier hoe om dit te doen is om mense te help om hul aandag en fokus te skuif. Dit beteken nie dat Scharmer ʼn metode be- skryf nie. Dit is eerder sosiale bewussyns vaardighede wat ontwikkel moet word.

In document Dans met Triniteit (pagina 123-127)