• No results found

GEREEDSKAPSTUK 1: LUISTER

In document Dans met Triniteit (pagina 136-139)

8. ONTLUIKENDE LEIERSKAPVAARDIGHEID:PRESENCING: LEER UIT DIE

8.15 GEREEDSKAPSTUK 1: LUISTER

Figuur 6 stel vier verskillende plekke voor van waaruit ʼn sisteem kan opereer en luister tussen individue plaasvind.

123

In luister vlak 1 is my aandag net op myself (Ek-in-ego). Wat ek hoor is wat ek al-

reeds weet. Daarom is al my luister gewoon aflaai (downloading) en bevestiging van my eie verstaansmodelle en vooroordele. Ek kan weet ek luister op vlak 1 as die situasie al my verstaansmodelle en vooropgestelde veronderstellings bevestig (Scharmer, 2000:30).

In luister op vlak 2 skuif die aandag weg van myself na die periferie. (Ek-in-dit). Ek

gee aandag aan elke woord wat gesê word. Ek soek na dit wat my eie verwagtinge en verstaanmodelle kan deurbreek. Ek sien die ander persoon as ʼn ―dit‖, ʼn ―entiteit‖, apart van myself. Ek weet ek luister op vlak 2 wanneer ek verras word deur iets nuuts daar buite (Scharmer, 2000:31).

In luister op vlak 3 ervaar ek nie die ander persoon as ʼn ―dit‖ of ―ding‖ nie, maar as

ʼn ―jy‖, ʼn ander persoon. (Ek-in-jou). Dit is die begin van dialoog. Dit beteken dat jy dit regkry om op subtiele wyse die wêreld deur die oog van die ander persoon te sien (Scharmer, 2000:31).

Hier gebeur ʼn betekenisvolle skuif in die luisteraar, weg van ―sien‖ (vlak 2) na ―aan- voeling‖ (vlak 3). Ek weet ek het buite die grense van myself en my organisasie be- weeg wanneer ek selfs net vir ʼn oomblik die ervaring van konneksie, eenheid met die ander persoon beleef (Scharmer, 2000:31).

124

In luister vlak 4 is die aandag nog verder weg van self en ego. Hier is ʼn self-

transenderende ervaring waar die afstand tussen ek en jy verdwyn en ons beide deelword in iets groter. Hier is die skuif weg van ―aanvoeling‖ na ―opdaag‘ (presencing) (Scharmer, 2000:31).

―The difference between the two is that sensing taps into emerging futures in one‘s environment while presencing uses one‘s highest self to sense and embody what is about to emerge‖ (Scharmer, 2000:32).

Ek weet ek gebruik my vlak 4 luistervaardigheid wanneer die grense tussen my en ander verdwyn en die luister geskuif het na die luister na die geheel, na die ander, na alles (Scharmer, 2000:32).

So ʼn luister is transformerend en dit is die soort luister wat geestelike leiers graag wil kweek, die gesamentlike of kollektiewe luister na die opdaag van Triniteit, die Geheel, God self. So ʼn kollektiewe ―hoor van God‖ sal ons transformeer en ons al- meer maak wie ons werklik is. Dit sal ons nuwe identiteit laat aanbreek vanuit die bewussyn van die teenwoordige God. Die skuif vanaf die bevestigde identiteit as

NG kerk na missionale kerk wat aansluit by missio Dei kan slegs luisterend in geloofsonderskeiding gebeur.

Hierdie beskrywing van luister as die gereedskap van leiers is baie waardevol en dui ook aan watter vaardighede ons moet ontwikkel by leiers as ons hulle wil help om lewenstransformerende geloofsgemeenskappe te ontwikkel.

Sentrale navorsingsvraag

Dit help ook om eensklaps te verstaan waarom die pogings van die Ring om veran- dering in die Ring van Parow teweeg te bring nooit wou werk in twintig jaar nie. Fokus op strukture is nie die antwoord nie. Fokus op luister en dialoog is die weg tot verandering. Dit verklaar ook waarom die retraites in die Ring gehelp het om beter insig te bring. Die luister wat in die prosesse plaasgevind het was van waarde. Die kerk is bewus van die waarde van luister. Die vraag is of ons genoeg doen om die vaardighede van geestelike leiers rondom luister en dialoog te ontwikkel?

Dit is presies op die vlak van luister dat ons meer effektief moet begin word en baie het om te leer. Hierdie insigte het baie groot implikasies vir die ontwikkeling van geestelike leiers en hul fasiliterings en liturgiese vaardighede. Die antwoord lê nie noodwendig in meer en beter kennis nie, maar groter vaardigheid in luister en dia- loog voer. Dit kan ons help in ons geloofsonderskeidende saamluister na en wag vir die opdaag van bewuswording van God, die ―Whole, (W)Hole, (W)Hole-in-One, (W)Holiness.‖

Luister is groot uitdaging

Dit is ʼn groot uitdaging vir geestelike leiers, want die basis van waar ons opereer is om te praat, te vertel, te verkondig, aan die woord te wees, in die sentrum of beter, op die preekstoel te staan. Ons basis of vertrekpunt moet skuif, weg van die plek waar ons in beheer voel en ons dink ons mag lê, na ʼn ander plek, om te luister, nie net na ander nie, maar veral na die Gans Andere. Die uitdaging is ten diepste, om die hele organisasie, die gemeente te help om te skuif, van praters na luisteraars, na

125 mekaar en na die teenwoordige Gans Andere. Luister is die roete na dieper bewus- syn, daarom is dit so ʼn uiters belangrike vaardigheid. Dit help ons om begrip te ont- wikkel van ons deelhê in die groter geheel, die Groter Geheel van missio Dei.

Scharmer beskryf hierdie uitdaging soos volg:

―This account captures a critical challenge that most leaders of organizational change face today: learning to shift from playing the small instrument (i.e., operating from listening 1 and cognition 1, which are bounded by what we already know) to playing the macro violin (i.e., operating from listening and cognition 4, which go beyond the current boundaries and tap into the sources of emergence). From this

view, the essence of leadership is the capacity to switch the place from which a system operates” (Scharmer, 2000:33).

Die belangrikheid van bostaande paragraaf kan nie onderskat word vir geestelike leiers se taak in hul transformasie pogings nie.

In document Dans met Triniteit (pagina 136-139)