• No results found

Melodieë deur Cillié ingestuur vir voorlegging aan die Psalmkommissie

Suid-Afrika

5.4. Cillié se betrokkenheid by die Liedboek van die Kerk (2001)

5.4.2. Melodieë deur Cillié ingestuur vir voorlegging aan die Psalmkommissie

In antwoord op die eerste aanvraag na toonsettings vir die nuwe psalmberymings het Cillié melodieë ingestuur vir Psalms 15, 24, 87 en 101, en in antwoord op die tweede aanvraag, melodieë vir Psalms 13, 26 en 59 (Prinsloo, 1996b:1–2).

6 Verwys na Bylaag E vir 'n lys van korrespondensie, notules en konsertprogramme. Alle notules en

• Voorlegging van Cillié se toonsettings van Psalms 15 en 101 aan die sinodale

vergaderings7

In die notule voorgehou aan die vergadering van die Afrikaanse Psalmkommissie gehou op 9 en 10 Augustus 1994, is aangeteken dat die toestemming van Cillié verkry moet word om sy melodieë vir Psalms 15 en 101 aan die onderskeie sinodale vergaderings voor te lê (Prinsloo, 1994a:2). In 'n skrywe, gedateer 23 Augustus 1994, word Cillié deur ds. W.P. Prinsloo (sekretaris van die Psalmkommissie) in kennis gestel dat sy melodieë vir die nuwe Psalms 15 en 101 deur die Afrikaanse Psalmkommissie aanvaar is en word skriftelike toestemming gevra dat die melodieë voorgelê mag word by die Algemene Sinodes van die Nederduits Gereformeerde Kerk en die Gereformeerde Kerke, asook die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (Prinsloo, 1994b:i).

• Aanbeveling en goedkeuring van Cillié se melodie vir Psalms 24 en 13 (39)8

Op 13 Maart 1996 lê die kommissie 'n aantal gekeurde melodieë vir Psalms 3, 5, 24, 59, 114 en 126 voor en word Cillié se melodie vir Psalm 24 aanvaar (Prinsloo, 1996a:1). In 'n skrywe deur Albert Troskie aan die musici op die Psalmkommissie, gedateer 3 Julie 1996, vra Troskie (1996a:i) of 'n harmonisasie van Cillié se Psalm 24-melodie verkry kan word. Op 24 April 1996 rig Cillié 'n skrywe aan Troskie rakende 'n aanbeveling deur die

7 Verwys na Bylaag D, musiekvoorbeelde 1 en 2. 8 Verwys na Bylaag D, musiekvoorbeelde 3 en 4.

musiekkommissie aan die Breë Kommissie aangaande 'n wysiging van die nootwaardes in die laaste reël. Hiermee het Cillié saamgestem. Ten opsigte van 'n voorstel deur lede van die Breë Kommissie dat die twee kwartnote in die eerste reël deur 'n halfnoot vervang moes word om dit sodoende meer singbaar te maak, pleit Cillié dat sodanige wysiging nie aangebring moet word nie, aangesien hy van mening was dat dit die melodie sou verswak (Cillié, 1996:i). Troskie (1996b:i) ondersteun Cillié hierin, wanneer hy noem dat dit volgens hom ook onaanvaarbaar sou wees as die hele eerste reël dan net uit halwenote sou bestaan. Cillié en Troskie se argumente ten gunste van die ritmiese verskeidenheid is deur die Breë Kommissie aanvaar en die melodie is dus gevolglik in sy oorspronklike vorm, sonder genoemde wysiging, in die Liedboek van die Kerk (2001) opgeneem.

Die notule voorgehou aan die vergadering van die Afrikaanse Psalmkommissie gehou op 3 en 4 Maart 1997, berig dat die musiekkommissie die volgende melodieë en harmonisasies laat druk het vir verspreiding in gemeentes: Psalms 3, 5, 15, 24 (Cillié), 59 101 (114), 126 en 131. Cillié se melodie vir Psalm 13 is vir goedkeuring voorgelê en deur die vergadering aanvaar (Prinsloo, 1997a:2). In 'n skrywe, gedateer 11 Maart 1997, word Cillié deur ds. W.P. Prinsloo hiervan in kennis gestel en word sy skriftelike toestemming gevra vir die gebruik van die melodie deur belangstellende gemeentes in die meewerkende kerke (Prinsloo, 1997b:i).

• Ander melodieë deur Cillié ingestuur

Cillié het ook melodieë vir Psalms 16, 20, 26, 29, 59, 87, 126 en 139 ingestuur (Prinsloo, 1996b:1–2). In 'n skrywe, gedateer 14 Oktober 1994, stel Cillié voor dat, in die geval van Psalm 599, strofe 4, reël 4, 'n geringe wysiging in die teks aangebring word. In stede van “U wat as vesting vir my dien” stel hy voor “U wat vir my as vesting dien”. Cillié (1994:i) is van mening dat sodanige wysiging die vloei van die betrokke reël meer in lyn bring met die vierde reëls van al die ander strofes, aangesien die aksent dan op die “ves”- van “vesting”, in plaas van op die “vir” val.

5.4.3. 'n Bespreking van die melodieë deur Cillié wat opgeneem is in die

Liedboek van die Kerk (2001)

By wyse van 'n musikale evaluering van die bogemelde melodieë identifiseer Nicol Viljoen dat daar in almal tipiese melodiese wendings aanwesig is.10 Volgens hom is Cillié se melodieë geskryf in navolging van 'n sestiende-eeuse Geneefse styl. Sekere frases herinner ook sterk aan bestaande Geneefse melodieë. As voorbeeld word verwys na Cillié se melodie vir Psalm 13, wat merkbare ooreenkomste toon met die Geneefse melodieë van Psalms 18 en 130. Opvallend is ook die ooreenkomste tussen die laaste frases van Cillié se Psalm 15-melodie en dié van die Geneefse melodie by Psalm 145. Die

9 Verwys na Bylaag D, musiekvoorbeeld 5. 10 Onderhoud gevoer op 26 Oktober 2006.

tweede frase van sy Psalm 24-melodie kom in alle opsigte ooreen met die vierde frase van die Geneefse melodie by Psalm 84. Cillié se melodieë is dus saamgestel uit bekende “styl-stereotipes”. Alhoewel dit ontleen is aan bestaande melodieë, noem Viljoen dat dit tog geloofwaardig klink. Die melodieë is toeganklik, die omvang is binne die stemvermoë van die gemiddelde sanger en die ritmiese verloop is eenvoudig. Voorts slaag Cillié daarin om 'n bepaalde historisiteit in sy melodieë te vervat, deurdat die Geneefse praktyk daardeur bewaar word.

Viljoen het egter meer kritiek ten opsigte van Cillié se harmonisasies. Oor die algemeen is die harmonieë konvensioneel en in 'n agtiende- en negentiende-eeuse styl gedoen, wat teenstrydig is met die sestiende-eeuse styl waarin die melodieë gekomponeer is. Daar is 'n effense “lompheid” in die keuse van harmonie en Viljoen noem dat, alhoewel dit korrek en “volgens die teksboeke is”, dit kunsmatig oorkom, veral die gebruik van dominant-vierklanke. Die balans in soberheid word effens deur die akkoordkeuses versteur.